Skep asem vir vandag: 9 Maart 2025

9 Maart

Vandag bid ek vir jou. Ek bid dat jy die tweede, derde en vierde kanse wat die Here vir jou gee sal raaksien en aangryp. Hier is God se boodskap aan jou.

Tema: ‘n Tweede kans

Teks: “Gaan na Paddan-Aram toe,… en trou daar met ‘n dogter van jou oom Laban… ” (Gen. 28:2)

  • Het jy al agtergekom dat jy soms dom en dwase dinge gedoen en besluit het.
  • Tog gee die Here, die God van meer kanse aan jou ‘n tweede, ‘n derde, ‘n vierde of meer kanse om dinge weer reg te stel.
  • Herstel is deel van God se wonderlike plan vir jou.
  • Vertrou God volkome vir hierdie herstel en genade.
  • In Christus kry jy Sy vergifnis, maar ook baie ander geleenthede wat Hy gee.

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U vol van genade is en my meer geleenthede gee om dinge reg te stel. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 8 Maart 2025

8 Maart

Ek hoop en bid dat jy jou nie deur verkeerde advies sal laat mislei nie . Hier is die boodskap vir jou.

Tema: Kies reg en leef gelukkig
Teks: “Nou moet jy na my luister, my seun, en doen wat ek jou sê.” (Gen. 27:8)

  • Soos wat jy in die Here vertrou, moet jy ook verwag dat dinge sal gebeur.
  • Soms kom verleiding na jou toe terwyl dit mooi, goed en reg lyk en klink. 
  • Die Here verlos jou daaruit, want Hy is regtig getrou, goed en sal jou uit alles uithelp.
  • Leef binne die wil van die Drie-enige God. 
  • Hy sal jou beskerm en gelukkig maak.

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U my lei om die regte dinge te doen. In  Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 7 Maart 2025

Ek hoop dat jy vandag in moontlike moeilike tye ook God se uitkoms raak sal sien. God se Woord wil jou hierin raad gee.

Tema: ‘n Doodlooppad
Teks: “Trek weg van ons af. Jy het te sterk geword.” (Gen. 26:16)

  • Jaloesie, vrees en konflik veroorsaak dat ander mense die lewe vir jou moeilik kan maak.
  • Dit kan dan voel asof jy by doodloopstrate kom.
  • Wat vir jou na ‘n ramp lyk is vir die Here die begin van ‘n nuwe oplossing.
  • Jy weet mos die Here is altyd by jou.
  • Jy kan altyd op Hom vertrou. Hy beskerm jou en gee jou raad (Spr. 3:25-26).

Gebed
Liewe Vader. Dankie dat U my tydens krisisse en probleme
bystaan. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 6 Maart 2025

Mag jy die nuwe era en seisoen vir jou lewe wat God laat aanbreek, raaksien. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Die moeilike besluit is soms reg
Teks: “ Moenie Egipte toe trek nie. Bly waar Ek jou sê: in hierdie land” (Gen. 26:2)

  • Oënskynlike beter opsies is nie noodwendig die regte opsie en uitkoms nie.
  • Soms wys die Here vir jou om iets te doen wat teen die verloop van die lewe gaan
  • Dit lyk na ‘n dom besluit, maar dit is die wil van die Here – stap agter die Here aan.
  • Wie die wil van die Here doen, sal gelukkig wees.

Gebed
Liewe Vader. Gee my ‘n fyn aanvoeling sodat ek U wil sal doen. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 5 Maart 2025

My wens is dat jy vandag besonderse respek aan die Here sal wys. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Alles wat moontlik is, is nie aanvaarbaar nie
Teks: “ Dit is hoe min Esau gedink het van sy reg as eersgeborene.” (Gen. 25:34)

  • Ideale en volmaakte omstandighede bestaan nie altyd in die lewe nie. Moet nie daarvoor wag nie.
  • God is jou Beskermer, jou Rots, jou Skepper en jou Versorger.
  • Daarom kan jy onbesorg in die aande slaap en in die dag leef (Ps. 4:9)
  • Leef met jou oë gerig op die toekoms – ‘n beter toekoms.
  • Die Drie-enige God, Hy maak jou baie gelukkig.

Gebed
Liewe Vader. Dankie dat U vir my sorg.
In Jesus se Naam. Amen

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 4 Maart 2025

Ek bid dat jy sal leer om die regte waardes te hê. Geniet God se Woord vandag vir jou.

Tema: ʼn Droom vir iets beters
Teks: “Verkoop eers jou reg as eersgeborene aan my.” (Gen. 25:31)

  • Die Here sal die goeie dinge van die lewe vir jou gee(Spr. 3:4).
  • As die Here jou nie help nie, werk niks vir jou uit nie(Ps. 94:17).
  • Gryp na beter dinge in die lewe. Kry dit op ‘n eerlike en hardwerkende maniere. Jy sal vol geluk wees.
  • Moenie met die minder belangrike en middelmatige dinge tevrede wees nie.
  • Neem eerlike leiding en bereik die beste vir God en vir jouself.

Gebed
Liewe Vader. Maak my oë oop dat ek kan sien wat U vir my wil gee. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 3 Maart 2025

Ek hoop dat jy sal leer om alle mense dieselfde te hanteer.

Vandag se Woord vir jou is as volg:

Tema: Hanteer almal die dieselfde
Teks: Isak het vir Esau voorgetrek,… Rebekka het vir Jakob voorgetrek…” (Gen. 25:28).

  • Ons is geneig om sekere mense beter en met meer respek as ander mense te hanteer.
  • Wanneer sekere mense voorgetrek word, diskrimineer jy teen ander. Dit bring wrywing tussen mense.
  • Ongelukkig gebeur dit wel binne ons gesinne, ons families, werkplek, ons vriendekring, ons kerke, die regspraak, ons samelewing en ons land se politiek.
  • God werk nie so nie: Hy hanteer alle mense presies dieselfde. Almal is voor Hom gelyk (Job 36:4; Spr.18:5; 22:2; 29:7; Rom. 2:11; Kol 3:25).
  • Volg God se voorbeeld. Hanteer alle mense dieselfde.
  • Volg God se voorbeeld: Sien alle mense as Sy beeld en Sy verteenwoordigers op aarde.

Gebed

Liewe Vader. Laat ek U voorbeeld volg. Help my om almal regverdig te hanteer. In Jesus se Naam. Amen

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 2 Maart 2025

Bybel dagstukkies

My hoop vir jou is dat jou toekoms rooskleurig sal wees.

Vandag se Woord vir jou is as volg:

Tema: Weet: Dinge verbeter vir jou
Teks: “ Die Here het sy Gebed verhoor, en sy vrou Rebekka het swanger geword.” (Gen. 25:21)

  • Die Here se beloftes word altyd waar!
  • Jou geloof moet in jou alledaagse lewe kan waar word, anders beteken dit niks.
  • Selfs in donker oomblikke kan jou omstandighede goed en reg uitdraai.
  • Eers as jy die onmoontlike raaksien, sal jy ook God se wonderwerk in jou lewe raaksien.
  • So bring die Here God aan jou lig en hoop.

Gebed

Liewe Vader. Dankie dat U my lewe vol en gelukkig maak.
In Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – Gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 1 Maart 2025

Vandag begin die derde maand van hierdie jaar. Kan jy dit glo. Ek bid dat dit vir jou ‘n goeie maand sal wees. Mag jou drome waar word.

Hier is God se boodskap aan jou:

Tema: Kry hoop! Moenie onrustig en ontsteld wees nie.
Teks: “ Isak het tot die Here gebid oor sy vrou, want sy was
kinderloos. (Gen. 25:21)

  • Is jou hart onrustig en is jy ontsteld? (Ps. 4:5)
  • Jy voel so omdat jy dikwels voor toe deure staan.
  • Die Here wil jou troos: Wees geduldig, alles sal regkom. Los dit daarby.
  • Hy help jou en gee jou wysheid en insig. Volg Hom en kry hoop.

Gebed

Liewe Vader. Dankie dat U my probleme van gister, vandag en môre oplos. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – Gebruik met toestemming.