6 Maart
Liewe Vriend
Mag jy die nuwe era en nuwe seisoen vir jou lewe wat God laat aanbreek, raaksien. Hier is Sy boodskap vir jou.
Tema: Die moeilike besluit is soms reg.
Teks: “God, help my asseblief wanneer ek by U kom hulp vra! U sorg altyd vir my. In ‘n krisis het U ‘n sagte hart. Wees asseblief goed vir my.”(Ps. 4:2 – Die Boodskap)
- Oënskynlike maklike keuses het dikwels slegte nagevolge, terwyl die moeilike besluit dikwels die beste gevolge het.
- God verstaan wanneer jy voor ‘n moeilike besluit staan – gaan na Hom toe en vra Sy leiding.
- Stap dan agter Hom aan!
- In elke krisis is God by jou met ‘n sagte hart – Hy sal jou help en lei om die regte besluit te neem.
- Moenie bang wees om moeilike besluite te neem nie – bid eers, dink deeglik na, en doen dan wat reg is, al voel jy onseker.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U altyd by my is, veral in moeilike tye. Help my om vandag die regte besluite te neem, selfs al is dit moeilik.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


