Skep asem vir vandag: 18 Junie 2025

Dagstukkies April

18 Junie

Liewe ….

Ek hoop jy is vandag gelukkig en gesond. Ek bid dat jy regtig sal glo dat die Here jou sal help wanneer jy swaar kry. Jy het gister mos geleer dat die Here baie groter as wat jy kan dink, is. Vandag wil die Here die volgende vir jou vertel.

Tema: Die Here God weet wat jou probleme en uitdagings is

Teks: “Ek het die ellende van my volk in Egipte duidelik gesien en hulle noodkrete … gehoor” (Eks 3:7)

  • Die swaarkry en laste van die lewe is soms oorweldigend.
  • Die Here soek oor die hele aarde na mense wat Hom volkome vertrou (2 Kron. 16:9).
  • Die Here hoor elke gebed van jou, Hy sien elke swaarkry en vrees van jou.
  • Die Here help mense wat Hom volkome vertrou (2 Kron. 16:9).
  • Leef met moed! Leef met hoop! Leef in geloof dat God die onmoontlike moontlik maak.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my lewe vir my leefbaar maak.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 17 Junie 2025

Dagstukkies April

17 Junie

Liewe ….

Mag dit vandag met jou baie goed gaan. Jy weet nou dat die Here jou roep en stuur om die wêreld ‘n beter plek te maak. Mag jy die nuwe geleenthede wat die Here vir jou gee, raaksien. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Ken jou plek voor God

Teks:“Toe maak Moses sy gesig toe, want hy was bang om na God te kyk” (Eks 3:6)

  • Moet nooit die grootheid en heiligheid van God in jou lewe en denke beperk nie.
  • Hy is baie groter en magtiger as jou grootste probleem of uitdaging, selfs groter as die rykste of magtigste mens op aarde.
  • God sal elkeen wat Hom reg dien, help om die regte keuses te maak (Ps. 25:12).
  • Wie die Here liefhet en nederig lewe, geniet die goeie van die lewe (Spr. 22.4).
  • Wie die Here liefhet en nederig lewe, geniet respek by die mense (Spr. 22.4).

Gebed

Liewe Vader, ek wil U in nederigheid dien. Dankie dat U dit moontlik maak.

In Jesus se Naam

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 16 Junie 2025

Dagstukkies April

16 Junie

Liewe ….

Vandag is ‘n nasionale vakansiedag. Ek hoop dat jy wonderwerke in jou lewe sal geniet, soos ons gister gesien het. Daarom is my gebed dat dit met jou goed sal gaan. Hier is Sy Woord vandag vir jou.

Tema: Antwoord wanneer jy die roepstem hoor

Teks: “Moses! Moses!. En hy antwoord: ‘Hier is ek.’” “ (Eks 3:4)

  • Die Here wil aan jou die pad wat jy moet stap wys.
  • God roep jou dus op verskillende maniere om jou lewensdoel vir die tydperk van jou huidige lewensreis uit te voer.
  • Stel jouself onvoorwaardelik tot God se beskikking.
  • Soos Moses, sal jy dan ook groot en wonderlike dinge vir God en mense in jou lewe doen.
  • Leef voluit. Wees passievol. Leef positief.

Gebed

Liewe Vader, gee my die wysheid om U roepstem reg te hoor en die krag om dit uit te voer.

In Jesus se Naam. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: “Die koninkryk van die hemele”

Koninkryk van die hemele

“Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar net diegene wat die wil doen van my Vader in die hemele.”

Matt. 7: 21

Ons is nou, na Pinkster, in die Koninkrykstyd op die kerk kalender. Wat beteken dit vir ons? Waarvan praat die Bybel wanneer daar na die koninkryk van die hemele verwys word? Waarvoor is ons veronderstel om ons in hierdie tyd te beywer? Hoe moet ons hierdie tyd benader? Wanneer ons die Bybel lees, sien ons dat dit net Matteus is wat deurgaans verwys na die koninkryk van die hemele, terwyl Markus en Lukas verwys na die koninkryk van God. Ons besef dat dit die hoof rede was vir Jesus Christus se koms na die aarde, sodat ons van ons sondes verlos kan word; en dit tot eer en verheerliking van God se koninkryk!

Lees meer “Stof tot nadenke: “Die koninkryk van die hemele””

Skep asem vir vandag: 15 Junie 2025

Dagstukkies April

15 Junie

Liewe ….

Jy weet nou dat God regtig vir jou omgee. Mag dit daarom vandag met jou goed gaan. My gebed vandag vir jou is dat jy die wonderlike dinge van God sal raaksien. God het die volgende boodskap vir jou.

Tema: Sien die groot wonders van die Here raak

Teks: “En Moses sê: Laat ek tog nader gaan en hierdie groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie. ” (Eks 3:3)

  • Hou aan om op die Here te fokus en moenie moed en hoop verloor nie.
  • Maak jou oë oop en fokus reg – sien die wonderlike bonatuurlike dinge wat God doen raak.
  • Besef dat die Here vir jou omgee. Hy help jou wanneer jy dit vra (Ps. 4:4).
  • Die Here doen asemrowende dinge, stiptelik en presies soos Hy beplan (Jes. 25:1).
  • Leef in vrede en met goeie verwagting.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U vir my uitkomste gee deur bonatuurlike verskynsels.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 14 Junie 2025

Dagstukkies April

14 Junie

Liewe ….

Noudat jy weet dat die Here nuwe tydperke laat aanbreek, hoop ek dat jy vandag sal sien hoe nuwe deure in jou lewe oopgaan. My gebed is dat jy die genade en omgee van die Drie-enige God sal raaksien en persoonlik beleef. Hier is Sy Woord spesiaal net vir jou.

Tema:God gee regtig vir jou om

Teks:“ God het hulle gekerm gehoor en aan sy verbond … gedink. ” (Eks. 2:24)

  • Die warrelwinde van die lewe ontstaan skielik en kan jou heeltemal deurmekaar maak.
  • Gelukkig duur dit nie vir altyd nie. Dit gaan verby.
  • Die Here wat jou helper is, sal jou uitkomste gee.
  • Mense sal elke dag vertel van die wonderwerke wat jy beleef (Ps. 71:7).
  • God bly vir jou ‘n veilige toevlug, ‘n magtige vesting (Ps.71:7).

Gebed

Liewe Vader, kyk na die nood en probleme in my lewe. Gee asseblief uitkoms.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 13 Junie 2025

Dagstukkies April

13 Junie

Liewe ….

My wens is dat dit vandag met jou goed sal gaan en dat jy voorspoedig sal wees. Jy het gister gesien dat alles vir die Here bekend is. Hier is die Woord van God vir jou vandag.

Tema: ‘n Nuwe lewe word begin

Teks:“Waarom het julle die man daar laat staan? Gaan nooi hom huis toe dat hy by ons kom eet.” (Eks. 2:20)

  • Wanneer jou lewe met God se wil belyn is, kan jy voorspoed en sukses verwag.
  • Onthou dat jy nie alleen is nie. Die Here God wat alles weet en almagtig is, Hy is by jou.
  • God is jou helper. Hy gee jou nuwe geleenthede, nuwe uitkomste en nuwe hoop – gryp dit aan.
  • Wees positief en vertrou die Here.
  • Dit wat vandag met jou gebeur sal ‘n positiewe uitwerking op jou lewe hê.
  • Die Here is goed vir jou.

Gebed

Liewe Vader, ek gee my hele lewe aan U oor.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 12 Junie 2025

Dagstukkies April

12 Junie

Liewe ….

My wens is dat jy vandag oorspoel sal wees met die liefde, goedheid en genade van ander mense. Jy weet nou alreeds dat Hy wonderwerke doen. Ek hoop dat jy verstaan dat die Here alles weet en dat niks vir Hom ‘n geheim is nie. Hier is vandag se boodskap spesiaal vir jou.

Tema: Alles sal bekend word

Teks:“ Toe skrik Moses en dink: die ding het bekend geword.” (Eks 2:14.)

  • Die Here se oog sien oor die hele wêreld (2 Kron. 16:9).
  • Niks kan vir hom weggesteek word nie. Die waarheid sal uitkom vir almal om te hoor (Matt 10:26).
  • Dit is ‘n skande om selfs te praat oor die dinge wat mense in die geheim doen (Ef. 5:12).
  • Van die Nuwejaar tot die Oujaar kyk die Here heeltyd na jou en sien Hy jou raak (Deut. 11:12).
  • Dank Hom. Prys Sy Naam. Leef hoopvol.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat my lewe heeltyd oop en bloot vir U is om te sien. Maak my gelukkig.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 11 Junie 2025

Dagstukkies April

11 Junie

Liewe ….

Mag jy vandag sien dat dit lekker is om te leef en dat mense vir jou omgee. Gister het jy gehoor dat God die onmoontlike moontlik maak. Ek bid dat jy vandag deur jou geestesoë Sy wonderwerke in jou lewe sal begin raaksien. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Sien God se wonderwerke in jou lewe raak.

Teks: “Toe beveel die Farao se dogter die ma: “Neem hierdie seuntjie en laat hom vir my drink. Ek sal jou daarvoor betaal.” (Eks 2:9)

  • Fokus op die God van wonderwerke en moenie hoop verloor nie.
  • Wanneer jy die Here God vertrou, is jy oortuig dat Hy goed is, genade het en almagtig is.
  • Verwag die wonderwerke wat God in jou lewe doen.
  • Hy tel jou op en hou jou bo. Hy is reeds gereed om aan jou te wys hoe groot Hy is.
  • Leef met rus en vrede.

Gebed

Liewe Vader, ek gee aan U alles wat ek het oor, en vertrou dat U bo verwagting vir my sal sorg.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 10 Junie 2025

Dagstukkies April

10 Junie

Liewe ….

Ek hoop dat jy ‘n wonderlike dag sal hê en gesond sal wees. Jy weet nou dat die Here uit slegte dinge goeie goed na vore bring. Ek bid dat jy elke dag sal ervaar dat God die toe deure in jou lewe oopmaak. Hier is ‘n boodskap uit die Woord van die Here vir jou.

Tema: Die Here maak toe deure oop

Teks:“ Toe sy sien hoe mooi is hy, het sy hom drie maande lank weggesteek. ” (Eks. 2:2)

  • Dit is deel van jou lewe om deur die storms van die lewe te gaan.
  • Wanneer God ingryp, maak Hy die onmoontlike moontlik! – glo jy dit regtig?
  • Staan terug. Hou op om self jou lewe te bestuur. Gee jouself aan Hom oor.
  • Kyk en ervaar dat die Here goed is. Hy doen wonderwerke vir jou.
  • Geniet die goedheid en geluk wat die Almagtige God gee.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U wonderwerke in my lewe doen.

Ek bid dit in die Naam van Jesus dié Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 9 Junie 2025

Dagstukkies April

9 Junie

Liewe ….

Gister het jy gehoor dat jy jouself en ander mense moet vergewe soos Jesus jou vergewe – sonder ophou. Ek bid dat jy vandag net gesondheid en voorspoed sal geniet. Ek hoop dat jy sal leer dat God uit slegte dinge goeie dinge kan voortbring.. Hier is Sy Woord vir jou.

 Tema: Goeie goed kom uit slegte ervarings

Teks: “Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen:” (Gen 50:20).

  • Hy is alwetend, alsiende en almagtig.
  • Die Here God bewaar jou en hou jou veilig.
  • Hy verander slegte dinge in goeie uitkomste.
  • Kyk terug op die reis van jou lewe – sien raak hoe die Here jou probleme elke keer weggeneem het.
  • Jy sal vrede, vreugde, geluk en rus vir jou hart kry.

Gebed

Liewe Vader. Maak my oë oop om te sien hoe U die slegte dinge in my lewe in positiewes verander.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Ontvanklik?

Ontvanklik

“As broers moet julle mekaar altyd liefhê. Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves. Dink aan die gevangenes asof julle self ook gevangenes is, en aan dié wat mishandel word, asof julle self ook mishandel word.“

(Heb. 13: 1-3)

Vandag is die tema ‘ontvanklik? ’. Die begrip van ontvanklik word gedefinieer as die manier om iets met openheid, oplettendheid of gewillheid te ontvang, of te aanvaar. Wanneer ons ontvanklik is gee ons aandag aan die behoeftes van ander. Ons luister en kyk met empatie en begrip na ‘n ander se lewe. Dis om te probeeer verstaan hoe dit is om in die skoene van ‘n ander te staan. Dit is nie altyd vir ons maklik om so na ander te kyk nie. Ons is so gewoond aan ons manier van dinge doen; ons is so gewoond aan dinge wat by ons uitkyk inpas, dat ons dikwels nie die emosionele toestand en behoefte van ‘n ander raak sien nie. Wanneer ons lewe sonder uitermate rukke en stote gegaan het, besef ons nie altyd hoe ‘n ander getref kan word, en emosioneel afgebreek kan wees nie.

Tog wys Christus ons daarop om bedag te wees op die behoefte van ander, want in hoedanig ons goed was vir ander, het ons dit vir Christus gedoen!

“Want Ek was honger, en julle het vir My iets te ete gegee; Ek was dors, en julle het vir My iets te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My as ‘n gas verwelkom; Ek was nakend, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My versorg; Ek was in die tronk, en julle het My besoek.” (Matt. 25: 35-36);
“Aristargus, my medegevangene, stuur groete vir julle, en ook Markus, Barnabas se neef. Oor hom het julle reeds opdragte ontvang – wanneer hy by julle kom, verwelkom hom.” (Kol. 4: 10)

Menige mense het oor gasvryheid en om ontvanklik vir ander se behoefte te wees gedink en hier is ook enkele aanhalings wat gasvryheid en die implikasies daarvan op ons lewe so goed beskryf, en ek glo, wat ook weerkaats wat Jesus Christus van ons sou verwag. Om ontvanklik te wees om situasies wat anders is as waaraan ons gewoond is te hanteer, is dikwels moeilik, maar kan ongelooflik verrykend wees vir elkeen wat die waagmoed het om in onbekende waters in te beweeg. Ons mense bestaan gaan nie net oor onsself nie, maar oor wat elkeen deur die leiding van die Heilige Gees vir ander mense kan beteken. Ons moet besef dat ons onlosmaaklik aan mekaar verbind is vir ‘n rede; om mekaar te dien soos wat Jesus Christus so wonderlik vir ons kom demonstreer het. Hy was ingestel op die behoefte van ander in nood, en het hulle innig lief gehad.

“Wanneer ons hart vol is van onsself, bly daar geen ruimte meer oor om ander gasvry te ontvang nie.” (Vader Deschacht); “Dis die diepste sin van gasvryheid: dat die een mens aan die ander ‘n rusplek verleen op sy groot tog na die ewige huis.” (Romano Guardini); “Gasvryheid gaan nie net oor ander mense nie, maar oor die vermoë om ‘n stukkie van jouself te kan weggee. Gasvryheid is ‘n konkrete manier waarmee jy die genade en goedheid wat jy van God ontvang het, kan aangee.” (Braam Hanekom); “Ons is deur ontelbare bande met mekaar verbind. Ek het ander nodig nie net omdat hulle soveel vir my kan doen nie, maar ook omdat ek soveel vir hulle kan beteken. Ek het oë en ore om ander te ontdek, voete om na hulle te gaan, hande om te gee en te help en ‘n hart om lief te hê.” (Phil Bosmans)

Jesus het besef dat dit nie vir ons maklik sal wees nie, en het dit vir ons duidelik kom sê, dat ons onsself sal verloor! Maar met watter onbeskryflike genade reddingsprys. Ons moet mekaar, en almal om ons liefhê! Dis slegs in innige liefde en deur leiding van die Heilige Gees, wat die omgee vir ‘n ander jou in staat stel om jouself te verloën, en elke dag die kruis op te neem. Laat ons elke dag die genade gawe van die Vader, die Seun en die Heilige Gees in gebed vra, sodat ons die vermoë kan ontwikkel om ontvanklik te wees vir mense wat anders is, en met empatie die nood van ander raak te sien en te verlig; en dit elke dag deel van ons lewe te maak.

“In al hulle nood was ook Hy in die nood. Die Engel van sy teenwoordigheid het hulle verlos. In sy liefde en medelye was dit Hy wat hulle vrygekoop het. Hy het hulle opgetel en hulle gedra, al die jare van lank gelede af.” (Jes. 63: 9);
“Toe het Hy vir almal gesê: “ As iemand My wil navolg, moet hy homself verloën, en elke dag sy kruis opneem en My volg; want wie sy lewe wil red, sal dit verloor, maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit red. Want wat help dit ‘n mens as hy die hele wêreld as wins bekom, maar homself verloor of skade aangedoen het?” (Luk. 9: 23-25);
“Bo alles moet julle mekaar innig liefhê, omdat die liefde ‘n menigte sondes bedek”. Wees gasvry teenoor mekaar, sonder om te mor.” (1 Pet 4: 8-9)

Skep asem vir vandag: 8 Junie 2025

Dagstukkies April

8 Junie

Liewe ….

My wens vir jou is dat vandag net ‘n goeie dag sal ervaar. Gister het jy gehoor dat jy ‘n vredemaker moet wees. My gebed is dat jy die diepte van Christus se vergifnisdaad aan die kruis sal verstaan. Ek hoop jy word werklik iemand wat ander mense vryspreek. Hier is God se Woord vir jou.

Tema: Hou aan om mense te vergewe

Teks: “Maar Josef het hulle geantwoord: “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. (Gen 50:19)

  • Die Here se Naam is baie groot, daarom hou Hy aan om jou te vergewe (Ps. 25:11).
  • Moenie toelaat dat jou verlede, jou verkeerde keuses of selfs sondes uit die verlede jou vashou, bind en geluk wegneem nie.
  • Moenie ‘n wrok teen mense hou nie. Spreek hulle volkome vry.
  • Ware vergifnis vind ook plaas wanneer jy ook jouself vir die verkeerdhede van die verlede vergewe.
  • Die Here van genade vergeet alles wat jy verkeerd gedoen het (Eks 34:7).

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my help om ook te vergewe soos U vergewe.

Ek dank U dit in die Naam van Jesus dié Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 7 Junie 2025

Dagstukkies April

7 Junie

Liewe ….

Noudat jy weet dat jy terwyl hulle leef aan jou hartsmense liefde en waardering gee, hoop ek dat dit vandag met jou goed gaan. My gebed is dat jy die waarde van vergifnis sal ontdek. Hier is die Woord van die Here vir jou.

Tema: Vergewe en vra om vergewe te word

Teks: “’Julle moet vir Josef vra om tog die groot misdaad teen hom, die onreg wat julle hom aangedoen het, te vergewe.’ Vergeef ons tog nou die misdaad.” (Gen 50:17)

  • Jy kan nie los kom van verkeerde optrede nie – wat jy aan ander gedoen het of wat ander aan jou gedoen het.
  • Jou eerste instink is om ander mense in eie munt terug te kry.
  • Herstel eerder jou verhouding met hierdie mense – soek vergifnis en vra vergifnis.
  • Moenie skaam, bang of te trots wees om vandag vergifnis te vra of te gee nie.
  • Gelukkig is jy as jy vrede maak met mense wat in vyandskap met mekaar leef (Matt. 5:9).

Gebed

Liewe Vader, maak my iemand wat bekend staan as ‘n vredemaker.

Ek bid dit in die Naam van Jesus dié Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 6 Junie 2025

Dagstukkies April

6 Junie

Liewe ….

Ek wens jou vandag toe: gesondheid, genade en ‘n goeie lewe. Jy het gister gehoor dat God se optrede onverstaanbaar is. Ek hoop en bid dat jy die waarde van jou hartsmense sal verstaan. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Liefde vir hartsmense

Teks: “Josef het toe oor sy pa gebuk en hom al huilende gesoen.” (Gen 50:1)

  • Almal word met die dood van hartsmense gekonfronteer – ‘n man of vrou, kinders of ouers, broers of susters, oupas of oumas, vriende, kolegas of selfs kennisse.
  • Dit is goed as jy huil en treur wanneer so iemand naby aan jou sterf (1 Tess 4:13-14).
  • Dit beteken niks om, ná hul dood,l iets groots vir hulle te wil doen nie – hulle is nie daarvan bewus is nie – ‘n groot roudiens is nutteloos.
  • Dit is eerder belangriker om, terwyl hulle leef, met jou hartsmense goeie verhoudinge te hê.
  • Die is belangrik om op aarde aan jou hartsmense jou liefde en waardering oor te dra – ja, terwyl hulle leef.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat ek geleenthede het om aan mense te wys dat ek hulle waardeer.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 5 Junie 2025

Dagstukkies April

5 Junie

Liewe ….

Noudat jy weet dat dinge altyd weer reg kom, hoop ek dat mense vandag aan jou liefde en goedheid sal bewys. Mag jy jou oë oopmaak vir die nuwe geleenthede wat die Here vir jou gee. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Ons kan nie God se optrede verklaar nie

Teks: “Josef het vir sy pa gesê: “Dit hoort nie so nie, … Maar sy pa het geweier en gesê: “Ek weet dit, my seun. (Geb 48:18-19)

  • Daar is tye in jou lewe waar jy dink dat God verkeerd optree.
  • Die Here weet wat Hy doen en waarom Hy dit toelaat.
  • Die Here verduidelik nie altyd waarom sekere dinge gebeur nie.
  • Soms vra dit net geloof en nie ook verklarings nie.
  • Sê altyd vir die Here dankie. Wees hoopvol. Leef met verwagting. Leef voluit.

Gebed

Liewe Vader, gee my ‘n onwrikbare vertroue in U goedheid, selfs al verstaan ek dit nie.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 4 Junie 2025

Dagstukkies April

4 Junie

Liewe ….

My wens is dat vandag gesond sal wees. Gister het jy gehoor dat jy nie moet uitstel voordat jy dinge doen nie. Mag jy raaksien dat die Here jou altyd help. Hier is ‘n spesiale boodskap aan jou.

Tema: Dinge sal weer volkome regkom

Teks: “Hulle het vir Josef gesê: “U het ons lewe gered. Meneer is ons goedgesind.” (Gen 47:25)

  • Slegte dinge hou nie vir altyd aan nie.
  • Jy kan baie bly wees dat jy weer goeie tye sal ervaar.
  • Dit kan dalk ‘n rukkie neem, maar dit kom verseker.
  • Dan is daar meer geluk en voorspoed as wat jy vroeër gehad het.
  • Wees op die uitkyk vir die uitkomste wat die Here vir jou gee.
  • Die Here sorg, want Hy gee om vir jou.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie vir die nuwe geleenthede wat U vir my gee.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 3 Junie 2025

Dagstukkies April

3 Junie

Liewe ….

Noudat jy weet dat die lewe ewigheidswaarde het, is my wens dat jy vandag goeie nuus sal kry en gelukkig wees. Mag jy jou oë oopmaak vir die nuwe geleenthede wat die Here vir jou gee. Hier is Sy Woord vir jou.

 Tema: Van uitstel kom afstel

Teks:“Hoe lank gaan julle nog talm voor julle die land in besit gaan neem wat die Here die God van julle voorvaders aan julle gegee het?” (Jos 18:3).

  • Soms gee die Here ‘n nuwe seisoen en uitkoms aan jou, tog talm jy om dit te vat en jou eie te maak.
  • Die tyd het aangebreek om die oplossings, antwoorde en nuwe seisoene wat God aan jou gee aan te gryp.
  • Wanneer jy huiwerig is om God se nuwe seisoene en oplossings uit te voer, mis jy wonderlike nuwe geluk in jou lewe.
  • Moenie langer uitstel nie. Die Almagtige God sal jou help om dit waar te maak.

Gebed

Liewe Vader, ek dank U dat U my help om oor te begin en nuwe geleenthede in my lewe te kry.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 2 Junie 2025

Dagstukkies April

2 Junie

Liewe ….

Gister het ons gesien dat jy meer ontvang as wat jy verwag. Daarom hoop ek dat jy vandag ‘n goeie dag sal geniet. My gebed is dat jy jou geestesoë sal oopmaak en verstaan dat jy eintlik nie hier op aarde tuis hoort nie. Jy is op reis na die ewige lewe by God. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Op reis van die aarde na die lewe by God

Teks: “Jakob het vir hom gesê: “Ek is nou al honderd en dertig jaar ‘n vreemdeling hier op aarde.” (Gen 47:9)

  • Jy is soos ‘n besoeker hier op die aarde. Eintlik kuier jy net hier (1 Pet 2:11).
  • Dit mag gebeur dat in jou alledaagse lewe dinge gebeur wat nie vir jou lekker is nie (1 Pet 1:6).
  • Dit toets jou geloof. Moenie dat dit jou van stryk bring nie ( 1 Pet. 1:6-7).
  • Fokus op die dinge wat ewigheidswaarde het. Laat dit jou deur alles motiveer.
  • Bly op Jesus vertrou. Almal sal daaroor praat.

Gebed

Liewe Vader, help my dat ek soos iemand wat na U op reis is, leef – gefokus op U.

Ek bid dit in die Naam van Jesus dié Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Die Heilig Gees!

Stof tot nadenke - Die heilige Gees

“Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, as die eiendom van God beseël.”

Eff. 1: 13

In hierdie Pinkstertyd, word ons weereens bewus van die aandeel van die Heilige Gees in God se werk. Jesus Christus wat nie net met water gedoop was nie, maar ook met die Heilige Gees gedoop is, in die teenwoordigheid van God self. Christus self het ons attent gemaak op hoe belangrik die Heilige Gees is. Johannes Calvyn het dit ook mooi verwoord: “As ons die Heilige Gees van God erken as die fontein van waarheid, sal ons die waarheid nooit verag nie, in watter vorm dit ook al kan voorkom…”

Lees meer “Stof tot nadenke: Die Heilig Gees!”