19 Julie
Mag jy vandag jou vrese aan die Here gee en vertrou dat Hy jou sal red. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.
Tema: Moenie vrees nie
Teks: “Toe die Farao nader kom, sien die Israeliete skielik die Egiptenaars sit hulle agterna. Hulle het baie bang geword en benoud na die Here geroep.” (Eks 14:10)
- Nou op hierdie oomblik, in die middel van die uitdagings wat jy in die gesig staar, kan jy die Here vertrou.
- God die Almagtige en Beskermer sal jou deur jou donker water lei.
- God van wonderwerke sal jou deur jou Rietsee droogvoets laat gaan.
- Jy het hierdie versekering – wat benodig jy meer?
- Roep na die Here. Hy help jou uit elke probleem, uitdaging en nood.
Gebed
Liewe Vader, vandag gee ek my vrese aan U sodat U my kan leer om te glo. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


