28 Julie
EK bid dat jy insig sal kry om na jouself om te sien deur jouself geestelik, emosioneel en fisies te versorg. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.
Tema: Herstel jou geestelike, emosionele en fisiese batterye
Teks:” Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. ” (Eks 20:8)
- God die Vader het ‘n voorbeeld gestel dat almal iewers moet rus – hulself moet versorg (Gen 1:31-2:3).
- Die meeste van jou konflik, ongelukkigheid en foute ontstaan omdat jy uitgeput is.
- Rus is nodig vir jou geestelike en verstandelike groei en insig, emosionele en fisiese herstel.
- Gebrek aan selfversorging en selfdissipline lei tot die dood (Spr. 5:23).
- Prioriseer jou lewe –rus: geestelik, emosioneel en fisies.
Gebed
Liewe Vader, gee my die wil en die insig om rusdae soos U dit wil hê, deel van my lewe te maak.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


