30 Julie
Ek bid dat jy jou huwelik sal beskerm en bewaar. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.
Tema: Respekteer die huwelik
Teks:“Jy mag nie egbreuk pleeg nie” (Eks 20:14)
- Alle huwelike is ‘n besonderse, diep en onbreekbare eenheid.
- Hierdie eenheid is die geheim vir jou om gelukkig te lewe.
- Hierdie eenheid is die grondslag vir jou gesonde gesinslewe.
- Hierdie eenheid is die hoeksteen vir ‘n stabiele samelewing waarbinne jy leef.
- Hierdie eenheid is die getuienis van Christusgelowiges sodat die mense ons Goeie liefdevolle God volg.
- Pas jou huwelik op. Begin vandag weer van voor af daarmee.
Gebed
Liewe Vader, gee my die krag om my huwelik ‘n diep, besonderse onbreekbare eenheid te maak.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


