24 Julie
Mag jy vandag wysheid kry om jou las ligter te maak en verstandig te beplan. Hier is God se Woord vir vandag.
Tema: Voorkom uitbranding
Teks: “Jy en al hierdie mense by jou sal uitgeput raak…” (Eks 18:18)
- Dikwels wil jy dinge alleen doen. Jy vertrou nie ander mense nie. Jy dink: Net ek kan hierdie saak reg hanteer.
- Daar is baie ander Christusgelowiges wat jou kan help – moenie die las alleen dra nie.
- Jy is nie die enigste persoon met gawes nie. Vra advies en gebruik ander se wysheid en insig.
- Die Gees se teenwoordigheid in jou en ander gelowiges maak ‘n groot verskil.
- Daarom sal die Here jou wys wat om te doen – selfs al maak dit nie onmiddellik sin nie.
- Vertrou Hom! Leef in vrede en hoop! Wees gelukkig!
Gebed
Liewe Vader, dankie dat ander mense die lewe vir my ligter maak. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


