23 Julie
Ek bid dat jy sal begin om vir alle mense van die wonderlike dinge wat God in jou lewe doen te vertel. Geniet God se boodskap wat spesiaal vir jou gegee word.
Tema: Vertel van die werk van die Here
Teks: “Daar het Moses vir sy skoonpa alles vertel wat die Here gedoen het ter wille van Israel, en ook van al die ontberings wat die Israeliete op pad gehad het en hoe die Here hulle bevry het.” (Eks 18:8)
- Wanneer jy God se wonders in jou lewe raaksien, sal jy daaroor praat.
- Dit sal so goed soos ‘n loflied vir God klink.
- Van jou geboorte af, deur jou hele lewe, is en was die Here God altyd met jou.
- Die Here God was nog altyd jou Raadgewer en Beskermer.
- Beleef die vrede en vreugde wanneer jy oor Sy groot en magtige dade in jou lewe vertel.
- Dit sal jou gelukkig maak.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat ek oor U kan praat. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


