26 Julie
Mag jy vandag met nuwe oorgawe die Here alleen dien. Dit is ‘n besonderse boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.
Tema: Dien net die Here
Teks:” Jy mag naas My geen ander gode hê nie. ” (Eks. 20:3)
- God is jou Redder, jou Beskermer, jou Versorger.
- Fokus op die kernsake van die lewe – op God se dinge.
- Stap agter die Heilige Gees se leiding aan – doen soos Hy in hierdie situasie sou doen.
- Die Here God is jou Voorloper.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U voor my uitloop en dat ek U kan volg.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


