18 Julie
Mag jy vandag begin vertel van die wonderwerke wat die Here in jou lewe gedoen het. Hier is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.
Tema: Vertel van God se wonderwerke.
Teks: “Dan kan jy aan jou kinders en kleinkinders vertel wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het en watter wonders Ek onder hulle verrig het om julle te laat besef dat Ek die Here is.” (Eks 10:2)
- Hoe kan mens van die Here weet as jy nog nooit van Hom gehoor het nie? (Rom. 10:14)
- Hoe kan mens in die Here glo as jy nog nooit van Hom gehoor het nie? (Rom. 10:14)
- Hoe kan mens van die groot dinge van die Here weet?
- Vertel van God se wonderwerke.
- Wanneer jy oor God se wonderwerke praat, help jy ander om tot geloof te kom.
- Hoe wonderlik klink die voetstappe van iemand wat vir ander mense van God se groot en wonderlike dinge vertel (Rom. 10:15).
Gebed
Liewe Vader, dankie vir die wonderwerke in my lewe en help my om daarvan te vertel. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


