20 Julie
Ek bid vir jou. Ek bid dat jy sal sien dat die Here God in jou behoeftes voorsien. Hier is die boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou is.
Tema: God voorsien in skaarsheid
Teks: “Die volk het by Moses gekla: ‘Wat moet ons drink?'” (Eks 15:24)
- Ten spyte van wonderwerke, twyfel die Israeliete elke keer of die Here hulle ‘n volgende keer sal help.
- Dink gou vir 30 sekondes… Watter wonderwerke het die Here alles vir jou gedoen?
- Dan twyfel jy nog steeds of die Here in jou behoeftes en uitdagings vandag en môre sal voorsien.
- Elke probleem, uitdaging en krisis is ‘n geloofstoets.
- Hoe jy geloofstoetse hanteer wys of jy God regtig vertrou.
- Onthou altyd: God maak die onmoontlike moontlik! Hy doen dit spesiaal ook vir jou!
Gebed
Liewe Vader, gee my genade om elke geloofstoets te slaag. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


