25 Julie
Mag jy vandag van die emosionele slawerny van bitterheid vergewe word. God het hierdie boodskap spesiaal net vir jou.
Tema: God bevry jou van die slawerny van bitterheid
Teks:“Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. ” (Eks 20:1)
- Baie dinge plaas ‘n binding op jou – gebrek aan ware vergifnis, boekhou van die kwaad wat oorloop tot bitterheid is maar sommige van hierdie sake.
- God die Redder, bevry jou van al jou sonde teen Hom (Joh. 3:16).
- Soos jy ander mense vergewe wat teenoor jou verkeerd optree, so vergewe die Vader jou ook (Matt 6:14).
- Jy is God se spesiale ambassadeur van versoening – wees dan een (2 Kor 5:18-20).
- Tree elke dag op soos ‘n burger van God se nuwe wêreld.
Gebed
Liewe Vader, maak my vry van sonde. Laat mense wat teen my sondig, my ook vrymaak.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


