Skep asem vir vandag: 9 November 2025

Dagstukkies April

9 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here hanteer jou regverdig en sonder diskriminasie. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Die Here diskrimineer nie teenoor jou nie

Teks:“Hy tree altyd reg en goed teenoor almal op” (Deut. 32:4b – Die Boodskap)

  • Anders as mense, hanteer die Here alle mense dieselfde – Hy diskrimineer nie.
  • Die Here hanteer jou dieselfde as wat Hy belangrike mense hanteer – dit is jou troos.
  • Doen vandag dieselfde as Hy – hanteer alle mense dieselfde, ongeag hulle status.
  • Wees ‘n instrument van God se regverdigheid deur alle mense met respek te behandel.
  • Hanteer ander mense met menswaardigheid, en hulle sal jou versorg.

Gebed

Liewe Vader, help my om alle mense dieselfde te hanteer.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 8 November 2025

Dagstukkies April

8 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet jy is veilig by die Here omdat Hy jou onwrikbare fondament is. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Jy is veilig by die Here

Teks: “Hy is die Rots waarop ons ons lewe bou, en ons is veilig omdat ons by Hom is” (Deut. 32:4a – Die Boodskap)

  • Die Here is onveranderlik, permanent, betroubaar en veilig – anders as aardse goed.
  • Jou sekuriteit is nie werklik in die beveiliging van jou huis, jou werk, finansies, jou eiendom of kontrakte nie – dit alles is wisselvallig.
  • Ware veiligheid lê by die Here – soek eers beskerming en hulp by Hom.
  • Bou jou lewe vandag op die Rots wat nooit skuif nie – dan sal jy veilig en rustig leef.

Gebed

Liewe Vader, laat ek in U as die Rots van my lewe glo.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 46+ van 2025

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 9 November 2025 : Belydenisaflegging, Afsluiting van Kategese vir 2025 Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen 
Woensdag 9 November 2025 : Kooroefening by die orrel om 16:45.
18 November 2025 Ondersteuningsbediening Jaarafsluiting 10:00
Wolwedans. Die datums vir die vierde kwartaal is  19 November en 10 Desember.
Sondag 16 November 2025 :Erediens om 09:00 – Ds Danie Goosen.
Sondag 23 November 2025: Kerssangdiens 19:00

Lees die volledige afkondigings hier:Afkondigings 9 – 16 November 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings 9 – 16 November 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 9 November 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Habakuk 1-3.
  • Die tema van die prediking is: Hier is ek.
  • Afsluiting van Katagese vir 2025 & Kinderdankoffer.
  • Belydenisaflegging.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Up with Downs-Skool by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Kategese

  • Ons kategese sluit vandag af.
  • Katkisante ontvang sertifikate in die kerk en ons hou ’n afsluitings “koek & tee” in die kerksaal na die erediens.

Woensdag 12 November 2025 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – Kontak Ons    Alle belangstellendes welkom.

Dankfees

Ons wil u graag in hierdie tyd bedank vir al u harde werk tydens ons dankfees. Ons is ook dankbaar vir elke bydrae. Ons lof en dank aan die Here!

Sondag 16 November 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Danie Goosen.
  • Biddag vir beskermingsdienste.
  • Doop.
  • GEEN Kategese.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Kankervereniging by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen.
Kerssangdiens NG Kerk Groot-Brakrivier
Kerssangdiens NG Kerk Groot-Brakrivier

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. 

Ds Charné besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.

Verjaarsdae Week 46 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 46 NG Kerk Groot-Brakrivier
Ou mense bederf Francois en Elizabeth NG Kerk Groot-Brakrivier
Ou mense bederf Francois en Elizabeth NG Kerk Groot-Brakrivier

18 November 2025 om 10:00

NG Groot-Brakrivier Kerksaal

RSVP voor 10 November 2025 by

Riana Kontak Ons /

Minette Kontak Ons 

Slegs nog 10 gratis plekke beskikbaar

As u 60+ jaar oud is nooi Seeds of Hope, in samewerking met die Ondersteuningsbediening van NG Kerk Groot-Brakrivier, u uit na die afsluitingsfunksie vir hierdie jaar.

Laat weet voor 10 November 2025 vir Riana of Minette of u wil bywoon.

Bedieninge

Ondersteuningsbediening :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  Kontak Ons    / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak Ons   .

Groenewaldfonds NG Kerk Groot-Brakrivier
Groenewaldfonds NG Kerk Groot-Brakrivier

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

Baie dankie aan almal wat so getrou help met die voorsiening van sop vir 115 gesinne elke twee weke. Die uitreikdatums vir die vierde kwartaal 19 November & 10 Desember.

Wolwedans kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier
Wolwedans kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Daar is ’n deurlopende behoefte aan wol. Ons benodig asseblief ook ‘n enkel bed en indien moontlik ‘n matras vir ‘n ouma in Wolwedans. Ons waardeer die oop harte en hande opreg!

Grootbrak Senior Persone Vereniging nooi u vriendelik uit na die CAROLS BY CANDLE LIGHT wat sal plaasvind op 14  Desember 2025 op die Markplein oorkant die Munisipale gebou in Groot Brakrivier.

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons   .
Gevulde koffieflesse vir kersfees
Gevulde koffieflesse vir kersfees

“Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo” (Ef. 1:18-19 Afr83).

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Indonesië

Indonesië het die grootste Moslembevolking in ’n enkele land en baie van hulle weet nie van Christenradio se bestaan nie. Nou het FEBA Indonesië ’n nuwe bediening deur sy “Outside Broadcasting (OB)” van stapel gestuur, wat die evangelie na stadstrate en landelike gebiede toe neem. Die span voer onderhoude met mense op straat, raak betrokke by mense wat nog nie luisteraars is nie, en doen regstreekse uitsendings van byeenkomste soos Christelike konserte of feeste.

Ons gebed vir die week: Bid vir FEBA Indonesië se span waar hulle hierdie nuwe uitdaging aanpak en vra God vir ’n groot oes.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 9 November 2025

  • Erediensbediening:
    • Die skakel na die YouTube Erediens van 9 November, gelei deur Ds Charné Viljoen, is beskikbaar.
  • Bybelstudiereeks:
    •  Die ‘Skep asem vir vandag’, ‘n verkwikkende begin vir elke dag.
    •  Vind die Weeklikse:Stof tot nadenke: Verwondering…”
  • Die weeklikse Afkondigings en ander opkomende aktiwiteite is op die webtuiste te vind, indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag: 7 November 2025

Dagstukkies April

7 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om eerder aan ander mense te dink as net aan jouself. Hier is God se Boodskap.

Tema: Dink aan ander mense

Teks:“Hy (Moses) het tot die laaste woord toe alles neergeskryf wat die Here van Sy volk verwag” (Deut. 31:24 – Die Boodskap)

  • Hoewel Moses op sterwe was, het hy steeds alles wat vir hulle goed was, neergeskryf.
  • Jy moet ook eerder aan ander mense as aan jouself dink – dis hoe Christene optree.
  • Kies vandag om vir ander mense te leef – soek dit wat vir hulle goed is.
  • Doen vandag mooi en goeie dinge vir ander – dit is wat ware leierskap en diensbaarheid beteken.

Gebed

Liewe Vader, help my om die beswil van ander mense te soek.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Hier is ek! Oase gemeente, Lirieke video.

Hier is ek (Official Lyric Video) - Oase Gemeente NG Kerk Groot-Brakrivier

‘Hier is ek’ is ñ lied vanaf die 3e Ons Vader album van Oase Gemeente.

Die oomblik wanneer ons besef dat ons identiteit gegrond is in wie Christus is, verander ons vraag van Wie is ek na Hier is ek.

‘Hier is ek’ – geskryf deur die Oase kreatiewespan.

Alle kopiereg behoort aan Oase Gemeente.

Skep asem vir vandag: 6 November 2025

Dagstukkies April

6 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here sal jou meer as genoeg gee van alles wat jy nodig het. Word getroos deur vandag se boodskap.

Tema: Jy sal genoeg ontvang

Teks:“Ek gee vir hulle ‘n land wat oorgenoeg van alles het” (Deut. 31:20 – Die Boodskap)

  • Soms laat die Here jou ‘n lang pad stap, maar op die ou einde kry jy meer as genoeg.
  • God se voorsiening is nie min nie – Hy gee oorgenoeg van alles wat jy werklik nodig het.
  • Hou jou oë vandag oop vir die dinge wat jy van die Here sal ontvang.
  • Verwag meer as wat jy nou dink jy gaan ontvang – Hy is ‘n God van oorvloed.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U aan my meer as genoeg gee.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Missie Japan: AMPTELIKE TERUGVOER OOR BESOEK AAN JAPAN

Missie Japan 2025-11-05-04 NG Kerk Groot-Brakrivier

Inleiding

Hierdie kort nuusbrief se doel is om u as ondersteuners op die hoogte te bring van al die verwikkelinge hier by Missie Japan (MJ) asook om terugvoer te gee oor besluite wat geneem is tydens ons afgelope besoek aan Japan. 

 Die afgelope jaar was ‘n redelike besige tyd vir MJ. In Maart vanjaar was Dr Nico Mostert (Uitvoerende Amptenaar van MJ), Ds Gawie Gouws (Sameroeper van MJ se werwingskomitee) en Dr Daniël De Wet (Uitvoerende Amptenaar van die Wes-Kaap Sinode se Getuienis Aksie) op ‘n amptelike besoek aan Japan. Die doel van die besoek was om die nuwe Mission Partnership Agreement (MPA) te finaliseer en ook om te vergader met die Samewerkende Sending Kommissie van die Ring van Shikoku, oor die huidige sendelinge se werk asook oor hulle vroeëre versoek vir nog sendelinge (verkieslik ‘n sendeling-egpaar) wat hulle moet aansluit by die werk in Japan. 

 Tydens die Maart-besoek is daar in-diepte gesprek gevoer oor die profiel van voornemende sendeling-kandidate en die behoefte van die kerk in Japan. Daar is ooreengekom dat ‘n gesamentlike werwings-kommissie die proses sal hanteer. Daar is ook ‘n versoek vanaf die Ring van Shikoku ontvang dat Ds Tobie en sy vrou Annelie De Wet se kontrak met nog 3 jaar verleng moet word. Dit sal dan wees vanaf April 2026 vir ‘n verdere 3 jaar. 

Missie Japan 2025-11-05-04 NG Kerk Groot-Brakrivier
Missie Japan 2025-11-05-04 NG Kerk Groot-Brakrivier

Proses om ‘n sendeling-egpaar te beroep

Die kommissie onder leiding van Ds Gawie en Ds Ogawa het sedertdien ‘n profiel en advertensie saamgestel wat wyd in Suid Afrika versprei is. Daar was egter tot op hede nog min belangstelling gewees met slegs een egpaar wat die aansoek vorms aangevra het. Hulle het egter hulle aansoek vir eers teruggetrek weens persoonlike gesinsredes. Die pos word tans weer geadverteer.

 

Verlenging van die De Wets se diens tydperk in Japan

Tobie en Annelie se werk in die klein gemeente van Niihama loop ten einde in Maart 2026. Die Ring van Shikoku het egter besluit dat, sou hulle verder aanbly vir diens binne die Ring, dit nie weer in Niihama sal wees nie. Die gemeente van Tokushima-Wes (Seibu) het aangedui dat hulle graag die De Wets as sendeling-egpaar sou wou beroep. Die Ring van Shikoku het toestemming gegee dat hulle beroep kan word na Tokushima-Wes en die beroep is alreeds uitgebring. 

 

Tydens Missie Japan se tweede besoek in Oktober het ons dit egter duidelik gemaak dat hierdie ‘n nuwe 3 jaar diens periode is en daarom kan Missie Japan net volle finansiële ondersteuning vir De Wets gee vir die eerste jaar van die beplande 3 jaar termyn. Dit sal impliseer dat die gemeente daar ‘n groter finansiële verpligting sal moet opneem vir die laaste twee jaar en hulle het daartoe ingestem. MJ onderneem egter om nog steeds ondersteuning te verleen vir die 3 jaar en sal poog om in jaar 2 en 3, sover ondersteuners hulle weg oopsien om die ondersteuning voort te sit, finansieel by te dra tot die werk. Die besluit om langer in Japan te bly berus egter op die De Wets self – dit bly die keuse wat hulle voor die Here maak en ons sal hulle ondersteun wat ook al die uitkoms van hulle geloofsonderskeidende proses is. Ons vra u voorbidding vir hulle in hierdie proses om die pad vorentoe finaal te oorweeg in gebed. 

 

Indien die De Wets aanbly sal hulle egter eers na Suid-Afrika toe terugkom vir ‘n 2 maande besoek alvorens hulle in Tokushima-Wes begin. Die presiese datums sal nog bepaal word, afhangende van die goedkeuring van werkspermitte ensovoorts. 

 

Mission Partnership Agreement

Daar is oor die afgelope twee jaar baie hard gewerk om ‘n nuwe sending samewerkingsooreenkoms tussen Missie Japan en die Ring van Shikoku op te stel. Dit was ‘n gesamentlike proses tussen MJ en die Sending Samewerkings Kommissie van die Ring van Shikoku. Op Dinsdag 28 Oktober is die nuwe ooreenkoms amptelik onderteken. Dit baan nou die weg vir ons voortgaande werk saam met die Ring van Shikoku. 

 

Die ondertekening is waargeneem deur Ds Kovilan Moodley (ondervoorsitter MJ en RCA Moderator) en Dr Nico Mostert (Uitvoerende Amptenaar MJ). Ds Jan Lubbe (Moderator van die NG Kerk Algemene Sinode) en Dr Nioma Venter (Algemene Sekretaris van die NG Kerk Algemene Sinode) was ook teenwoordig. Beide Ds Lubbe en Ds Moodley het ook groete boodskappe oorgedra aan die Reformed Church in Japan tydens hulle pas afgelope Sinode vergadering in Kobe. 

 

Van der Watt-gesin

Dit gaan goed met hulle as gesin. Die kinders in bedrywig met skoolwerk en buitemuurse aktiwiteite. Stéphan se lesings en wyer kerklike bedienings is volstoom aan die gang en Carina se bediening met die kinders in hulle plaaslike gemeente, saam met voltydse tuisonderrig, maak haar program ook baie vol.  Dit is goed om te sien hoe hulle as gesin funksioneer en ‘n kragtige getuienis van Christelike liefde en gasvryheid beliggaam.

 

Vergadering met die Oos-Kantō Ring

Ds Taka Ashida en die Sending kommissie van Oos-Kantō Ring het ‘n skrywe gerig aan MJ vir ‘n gesprek tydens ons Oktober-besoek in Japan. Hulle versoek was om te gesels oor nouer samewerking tussen MJ en hulle Ring en die moontlikheid van wedersydse besoeke om blootstelling te bewerkstellig met lede van hulle Ring en gemeentes in SA. ‘n Baie goeie gesprek het plaasgevind op 28 Oktober. Daar is ooreengekom om vroeg in 2026 ‘n opvolg gesprek te hê via Zoom. 

 

Ons staan net verstom oor die Here se voorsiening vir hierdie bediening deur julle as ondersteuners. Ons is diep dankbaar vir julle getroue ondersteuning. Die ekonomie is traag en in Japan word die lewenskostes baie duurder omdat inflasie daar ook sy kloue ingeslaan het. 

 

Hier is ‘n kort opsomming van die belangrikste besluite wat geneem is:

  • Tobie en Annelie bly in Japan tot die einde van hulle huidige 3 jaar tydperk waarna hulle na Suid-Afrika sal terugkeer (2 maande) en dan weer (sou hulle so besluit) terugkeer na Japan vir ‘n volgende dienstydperk.  
  • Missie Japan ondersteun hulle ten volle vir een jaar, waarna die Tokushima-Wes gemeente bydra tot hulle ondersteuning.
  • Die werksaamhede van Missie Japan in samewerking met die Ring van Shikoku is vervat in ‘n nuwe samewerkingsooreenkoms wat onderteken is. 
  • Die werwingsproses van nog sendelinge na Japan gaan voort in samewerking met die Ring van Shikoku. 

 

Ons sê vir elkeen dankie vir:

  • Die volgehoue ondersteuning (finansieël, emosioneel en deur gebed)
  • Volgehoue meelewing met ons sendelinge in Japan (eposse, whatsapp-boodskappe, oproepe, ens.) 

 

Ons vra vir:

  • Volgehoue voorbidding vir die Van der Watt-gesin en die De Wets se werk en bediening.
  • Voorbidding vir die De Wets in hulle oorweging van die nuwe diens tydperk asook verdere finansiële ondersteuning van hulle ondersteuners. 
  • Die proses om nuwe sendelinge te vind en te beroep vir werk in Japan saam met die Ring van Shikoku.

 

 Groete in Christus Jesus

                                                      

 Ds Johann Winterbach                                                                Dr Nico Mostert

(Voorsitter Missie Japan)                                               (Sekretaris Missie Japan)

Facebook: https://web.facebook.com/missiejapan/

Copyright (C) 2025 Mission Japan. All rights reserved.

Our mailing address is:
Shobu Ga Oka 3-1-3, Kita Ku, Kobe City, JAPAN, 651-1306

Skep asem vir vandag: 5 November 2025

Dagstukkies April

5 November

My wens en gebed is dat jy weet dat God Sy beloftes altyd nakom. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Leef met verwagting

Teks: “Hy het dit reeds vir hulle oupagrootjies belowe” (Deut. 31:7 – Die Boodskap)

  • Die Here hou Sy beloftes wat Hy aan jou gemaak het – Glo dit! Wees verseker daar! Vertrou Hom!
  • Wat nou in jou lewe gebeur, het Hy reeds vooraf beplan en belowe.
  • Kyk na die storie van jou lewe. Sien jy dat God Sy beloftes gister en vandag waar gemaak het.
  • Vertrou dat Hy dit more weer sal doen. Hy hou Sy Woord.
  • Wees gerus! Wees tevrede! Word nou rustig!

Gebed

Liewe Vader, laat ek glo dat U vir my sorg.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 4 November 2025

Dagstukkies April

4 November

Ek hoop dat jy vandag sal raaksien dat God nuwe geleenthede vir jou gee. Hier is God se Woord.

Tema: Begin ‘n nuwe lewe

Teks:“Jy moet hierdie volk die land inlei wat die Here belowe het om vir hulle te gee” (Deut. 31:7 – Die Boodskap)

  • Soos Moses aan Josua nuwe opdragte gegee het, gee God ook aan jou nuwe opdragte, geleenthede en nuwe seisoene.
  • Kyk nuut na jou lewe en sien hoe God se beloftes in jou lewe waar word.
  • Verwag dat die Here ook vandag nuwe geleenthede aan jou sal gee – wees gereed daarvoor!
  • Gryp elke nuwe seisoen en nuwe begin wat Hy bied met beide hande aan.
  • Stap hierdie nuwe seisoen met volle vertroue vorentoe.

Gebed

Liewe Vader, help my om nuut te leef.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 3 November 2025

Dagstukkies April

3 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet dat jy nooit alleen is nie, want die Here is altyd by jou. Hier is God se boodskap.

Tema: Jy is nie alleen nie

Teks: “Hy sal julle nie in die steek laat nie. Julle is nie alleen nie. Die Here is saam met julle.” (Deut. 31:6 – Die Boodskap)

  • Die Here belowe: ongeag jou uitdagings sal Hy jou nooit in die steek laat nie.
  • Met jou God kan jy ’n oormag oorwin (Ps. 18:30).
  • Met die Almagtige God by jou kan jy oor ’n muur spring (Ps. 18:30).
  • Leef vandag met moed en geloof, omdat jy weet Hy wat oorwinnings gee, is by jou.
  • Begin vandag waag en stap vorentoe, omdat die Almagtige God aan jou kant is.

Gebed

Liewe Vader, gee my die geloof om te waag, omdat U by my is.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Grense

Moenie ou grense verskuif wat jou voorouers gelê het nie.

Spr. 22: 2820

Dwarsdeur ons lewe stel ons grense aan alles om ons en in ons. Sommiges se grense is nou en beperk, terwyl ander wye ruimtes nodig het, en dus hulle grense daarby aanpas. Dis lewens grense, dorp grense en landsgrense. Dit is grense oor wie ons toelaat om ons lewensruimte binne te kom, of buite te hou. Dis grense van wat ons doen of nie doen nie. Hoe bepaal ons hierdie grense? Wie gee ons leiding om hierdie grense daar te stel? Die beste voorbeeld is sekerlik die Tien Gebooie wat deur God self aan sy volgelinge gegee is. Sy vereiste was dat hierdie grense nagevolg moet word om kinders van God genoem te word.

Hy het op die kliptafels die woorde van die verbond, die Tien gebooie geskryf. ” (Eks. 34: 2820)

…maar troue liefde bewys aan duisende, aan hulle wat My liefhet en my gebooie nakom.” (Eks. 20: 620)

Mense hou daarvan om grense te verskuif om by hulle leefstyl aan te pas. Maar het ons werklik die insig en vaste fondamente om dit te doen? Of leef ons in die illusie dat ons die mag het om grense te verskuif? Dit is God wat alle grense vasgestel het. Hy het selfs die seisonale grense daar gestel by die skepping. Dit is God wat besluit wat hier op aarde aanvaarbaar is of nie. Binne en buite Israel.

Mense verskuif grense, hulle buit troppe vee en laat dit wei.” (Job 24: 220);

U het al die grense van die aarde vasgestel; somer en winter, U het dit gevorm.” (Ps. 74: 1720);

…omdat hy gesê het: “Met krag van my hand het ek opgetree, en in my wysheid – ja, ek het insig. Ek verwyder die grense van volke, hulle voorraadkamers plunder Ek, en as die sterke, slaan ek wie op trone sit, neer.” (Jes. 10: 1320);

Ja, Edom sê: “Ons is verpletter, maar ons sal weer die puinhope opbou.” Maar so sê die Here, Heerser oor alle magte: “Húlle kan maar bou, maar Ék sal afbreek. Hulle sal die goddelose gebied genoem word, en die volk vir wie die Here vir altyd vervloek het. “Met julle eie oë sal julle dit sien en julle sal self erken: “Die Here is groot buite die grense van Israel.”” (Mal. 1: 4-520)

Ons as gelowige Christene word ook gemaan om nie ons grense te verskuif wat deur ons gelowige voorouers vir ons daar gestel is nie. Dit wat gabaseer was op wat God in hulle harte ingelê het. Mens kan ook nie dink om verkeerd teen vaderlose kinders op te tree nie, want God sal self as hulle losser optree. Ons word gebind om die regte ding dwarsdeur ons lewe te doen, want daar sal onvermydelik nagevolge wees, indien ons nie gedurig poog om binne God se wet te bly nie. Ons moet alles in ons vermoë doen om nie struikelblokke vir ander te wees nie, sodat hulle nie van God weggehou word nie.

Moenie ou grense verskuif nie, en in die landerye van vadderloses moet jy nie kom nie. Want hulle losser is sterk; Hy sal hulle regstryd teen jou voer.” (Spr. 23: 10-1120);

Uit een mens het Hy al die nasies van die mensdom gemaak om die hele aarde te bewoon. Hy het vir hulle vasgestelde tye gegee en die grense van hulle woongebied bepaal.” (Hand. 17: 2620);

Ek wil julle daaraan herinner – al weet julle dit alles – dat die Here, nadat Hy een keer die volk uit Egipteland gered het, die tweede keer diegene wat nie geglo het nie, omgebring het.” (Jud. 1: 620);

“Dit wat die wet ken – dat die wet seggenskap het oor mense vir solank as wat hy leef nie?” (Rom. 7: 120);

Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar struikelblokke kom, maar wee die een deur wie dit kom.”” (Luk. 17: 120);

Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle sluit die deur van die koninkryk in die mense se gesig toe. Julle gaan self nie in nie, en julle verhinder dié wat wel ingaan. ” (Matt. 23: 1620)

Hoe dankbaar kan ons nie wees dat ons ‘n liefdevolle God het nie. Wat ook vir elkeen van ons, wat in Hom glo, verlossing te weeg gebring het, deur Jesus Christus, wat alles gelei en gedoen het, om die wat in Hom glo, te verlos. Ook gee die Heilige Gees ons daagliks leiding, deur deure oop of toe te maak, van waar die Vader ons heen wil lei, net soos Paulus ook ervaar het in Troas. Laat ons ons grense bepaal deur die liefde van die genadegawes wat ons ontvang het, sodat ons ook God kan verheerlik in alles wat ons doen.

Daar sal nie langer iets oor geweld in jou land gehoor word nie, of oor verwoesting en vernietiging binne jou grense nie. Jy sal jou mure Verlossing noem, en jou poorte Lof.” (Jes. 60: 1820);

Hulle het deur Frigië en die landstreek van Galasië gereis, omdat hulle deur die Heilige Gees verhinder is om die woord in Asië te verkondig. Toe hulle naby Misië kom, het hulle probeer om na Bitinë te gaan, maar die Gees van Jesus het hulle nie toegelaat nie. Hulle het toe by Misië verbygereis en afgegaan na Troas. Daardie nag het Paulus ‘n visioen gehad. ‘n Macedoniese man het daar gestaan en hom gesmeek met die woorde: “Kom oor na Macedonië en help ons!”” (Hand. 16: 6-920);

Toe Ek by hulle was, het Ek hulle wat U My gegee het, in u Naam bewaar. Ek het hulle beskerm; en niemand van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word.” (Joh. 17: 1220)

Skep asem vir vandag: 2 November 2025

Dagstukkies April

2 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal leer om agter die Here aan te stap. Laat Hy jou gevegte veg. Hier is God se Woord.

Tema: Stap agter die Here aan

Teks: “Die Here trek voor julle uit. Hy sal julle vyande verslaan.” (Deut. 31:6 – Die Boodskap)

  • Wil jy sukses behaal? Stap agter die Here aan. Laat Hy jou reuse oorwin.
  • Verstaan wat Sy wil is en doen dit – Hy sal die res hanteer.
  • Leef en werk met vrede en rustigheid; jy weet die Here stap voor jou (Ps. 37:3).
  • Jy kan dit doen omdat Hy wat almagtig is, voor jou uitgaan. Hy gee wat jou hart begeer (Ps. 37:4).

Gebed

Liewe Vader, help my om te weet hoe om agter U aan te stap.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Die onvergeetlike Dankfees van Oktober 2025

Gesellige saamkuier Dankfees 2025

Die Dankfees onder leiding van Ruan Viljoen en die Basaar sameroepers, was ‘n groot sukses. Daar is vooraf gereël en georganiseer om alle bestanddele, bydraes en medewerkers betrokke te kry.

Die fees naweek het reeds op Vrydagaand, 24 Oktober, ‘n aanvang geneem. Die humoristiese SS Konsert, wat deur Johan Smit gereël is, is met gelag en vrolikheid ontvang. Die ‘Dunk’ ‘n Dominee het groot byval gevind.

Saterdagoggend is daar reeds van vroeg af gereed gemaak vir die dag. Dit was ‘n wonderlike saamwerk dag, waar nuwe kennisse gemaak is en heerlik saam gewerk is. Al die verskillende stalletjies was in gereedheid gebring en het lekker vroeg reeds mense kon help.

Daar is heerlik aangekoop, gekuier en gesels onder die sambrele te midde van ‘n klam Saterdagoggend. Almal het in afwagting gewag vir Die ‘Dunk’ ‘n Dominee geleentheid, wat vanaf die Kerk se onderdak trappe aanskou is.

Die naweek is afgesluit met ‘n Nagmaal Erediens tydens Herforming Sondag, gelei Deur Ds. Charnè Viljoen. Die was voorwaar’ n onvergeetlike naweek.

Dankie vir elkeen wat vooraf beplan, bygedra en gedurende die dag saam gewerk het om die dag so groot sukses te maak.

In The Garden (I come to the Garden alone) || Harmony Souls | In die blomtuin – Manie Jackson

In The Garden (I come to the Garden alone) __ Harmony Souls - Praise & Worship

Background

I thought I was alone in that garden until I heard the birds above me; Are they hushing their singing? A new melody rises from my heart as I hear a sweet voice falling on my ears. I walk, I talk, I tarry. My joy knows no bounds. I’d stay here. Wouldn’t I?

“In the Garden” (also known as “I Come to the Garden Alone”) is a classic Christian hymn written by C. Austin Miles.

Lees meer “In The Garden (I come to the Garden alone) || Harmony Souls | In die blomtuin – Manie Jackson”

Skep asem vir vandag: 1 November 2025

Dagstukkies April

1 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal leef met geloof, moed en vertroue, omdat die Here vir jou sorg. Hier is God se boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Leef met geloof en moed

Teks: “Wees sterk! Wees dapper en vol geloofsvertroue! Moenie bang wees vir al hierdie mense nie!” (Deut. 31:6 – Die Boodskap)

  • God roep jou op om nie negatief oor die toekoms te wees nie – Hy sorg immers.
  • Al is jy bang oor jou eie omstandighede, jou gesin, gesondheid, finansies of die land se situasie – vertrou Hom.
  • Hy doen die onmoontlike (Jer. 32:17, 27).
  • Wees vandag spesifiek positief, dapper en emosioneel sterk.
  • Grýp elke geleentheid waar jy vandag is met moed aan en maak ’n positiewe verskil.

Gebed

Liewe Vader, gee my geloofsvertroue en maak my dapper en sterk.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 45+ van 2025

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

 Sondag 2 November 2025: Erediens 09:00 GEEN Kategese as gevolg van Familiekamp
Dinsdag 4 November 2025 : Die Bestuurspan vergader om 17:30
Wolwedans. Die datums vir die vierde kwartaal is  5 & 19 November en 10 Desember.
Woensdag 5 November 2025 : Kooroefening by die orrel om 16:45
Sondag 9 November 2025 : Afsluiting van Kategese vir 2025 Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
18 November 2025 Ondersteuningsbediening Jaarafsluiting 10:00

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 2-9 November 2025