Afkondigings 2 – 9 November 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 2 November 2025 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Handelinge 16:6-15.
  • Die tema van die prediking is: Die Gesig in Troas.
  • GEEN Kategese as gevolg van Familiekamp.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Geopende Deure by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Dinsdag 4 November 2025 :

  • Die Bestuurspan vergader om 17:30 in lokaal 6 onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 5 November 2025 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – Kontak Ons  . Alle belangstellendes welkom.

Sondag 9 November 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Afsluiting van Katagese vir 2025.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Up with Downs-Skool by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Kategese

  • Ons kategese sluit op 9 November af.
  • Katkisante ontvang getrouheidsertifikate in die kerk
  •  en ons hou ’n afsluitingstee na die erediens.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir November 2025 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Dankfees Oktober 2025

Ons wil u graag in hierdie tyd bedank vir al u harde werk tydens ons dankfees. Ons is ook dankbaar vir elke bydrae en ons het tydens die dankfees. Ons lof en dank aan die Here!

Skakel na Konsert video

Skakel na Dunk ‘n Dominee video

Skakel na Dankfees video

Verjaarsdae Week 45 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 45 NG Kerk Groot-Brakrivier

Groenewaldfonds

Groenewaldfonds NG Kerk Groot-Brakrivier
Groenewaldfonds NG Kerk Groot-Brakrivier

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 29, asook die antwoorde vir nommer 28, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Ondersteuningsbediening :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  Kontak Ons  / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak Ons  

Ou mense bederf Francois en Elizabeth NG Kerk Groot-Brakrivier
Ou mense bederf Francois en Elizabeth NG Kerk Groot-Brakrivier

Getuienisbediening :

Wolwedans kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier
Wolwedans kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier

Wolwedans boodskap, sop en brood

Baie dankie aan almal wat so getrou help met die voorsiening van sop vir 115 gesinne elke twee weke. Die uitreikdatums vir die vierde kwartaal is 5 & 19 November en 10 Desember.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Daar is ’n deurlopende behoefte aan wol. Ons benodig asseblief ook ‘n enkel bed en indien moontlik ‘n matras vir ‘n ouma in Wolwedans. Baie dankie weereens vir al die bekers (ons het eers genoeg) wat ons ontvang het, sowel as die twee selfone. Laasgenoemde vervul ‘n belangrike funksie om met die leiers in Wolwedans te kommunikeer. Ons waardeer die oop harte en hande opreg!

Omgeebediening :

Gevulde koffieflesse vir kersfees
Gevulde koffieflesse vir kersfees
  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons  

Opsoek na kamer te huur vir enkellopende ma met 2 kinders. Kontak Wendy – Kontak Ons   indien u kan help.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Wêreldwyd

November is Wêreld Bybelmaand. Om naby aan God se Woord te bly, is die basis van FEBA se bediening. Elke FEBA-span skep omvattende inhoud om die Bybel aan luisteraars bekend te stel en te help verstaan. Van Bybelstudies op Zoom in die berge van Suidoos-Asië tot Bybelprogramme in Malawi, maak FEBA God se Woord vir gelowiges en nie-gelowiges oop.

Ons gebed vir die week: Bid dat elkeen in FEBA wat Bybelonderrig gee, getrou aan God se Woord sal bly en dat elke Bybelprogram ’n saadjie sal saai wat vrug dra in luisteraars se harte.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

  • Erediensbediening:
  • Getuienisbediening:
    • Lynette van Madagaskar.
  • Gebedsgids
    • Gebedsgids vir November.
  • Bybelstudiereeks:
    •  Die ‘Skep asem vir vandag’, ‘n verkwikkende begin vir elke dag.
    •  Vind die Weeklikse: Stof tot nadenke: Grense”
  • Gemeente Nuus:
    • Die onvergeetlike Dankfees van Oktober 2025.
    • Hou die webtuiste dop om SS Konsert se video nuut van die ‘press’ te kry.
    • Die weeklikse Afkondigings en ander opkomende aktiwiteite is op die webtuiste te vind, indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier