‘n Lig in die Duisternis: ‘n Inleiding tot Advent en die Vyf Kerse

Advent - NG Kerk Groot-Brakrvier

Inleiding

Terwyl die somer son warmer word en helder skyn, wend ons, ons harte en gedagtes na ‘n ander soort lig โ€“ die soort wat nie uit die son skyn nie, maar uit die hart van God. Die Adventseisoen, wat ons so vreugdevol inlei met ons Kerssangdiens van 23 November, is ‘n heilige uitnodiging. Dit is ‘n oproep om kalm te word, te besin en voor te berei, nie net vir ‘n historiese herinnering van Christus se geboorte nie, maar vir ‘n lewende, huidige ontmoeting met Jesus Christus.

Ons gaan in hierdie reeks van 6 artikels stil staan by die dieper betekenis van Advent en die spesifieke kers wat ons elke week aansteek.

Lees meer “‘n Lig in die Duisternis: ‘n Inleiding tot Advent en die Vyf Kerse”

Skep asem vir vandag: 19 November 2025

Dagstukkies April

19 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om naby die Here te leef en die beste vir ander te soek. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Watter getuienis laat jy agter?

Teks:“Daar was nie nog ‘n man soos Moses nie” (Deut. 34:10a โ€“ Die Boodskap)

  • Moses was uniek omdat hy so naby die Here geleef het. Hy wou net die beste vir die volk gehad het.
  • Net so moet jy ‘n punt maak om naby die Here te leef- deur gebed, Bybel te lees en โ€˜n goeie voorbeeld te stel.
  • Soek vandag die beste vir alle ander mense, nie vir jouself nie.
  • Jou nabyheid aan die Here God is sigbaar in wyse waarop jy ander mense behandel.

Gebed

Liewe Vader, laat ek naby U leef en die beste vir ander mense soek.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

ยฉ NG Kerk Lynnwoodrif โ€“ word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 18 November 2025

Dagstukkies April

18 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal leef op so ‘n manier dat mense jou geestelike voorbeeld sal mis. Hier is geestelike brood vir vandag.

Tema: Sal mense jou dan ook mis?

Teks: “Die mense van Israel was baie hartseer oor Moses, hulle leier” (Deut. 34:8)

  • Die Israeliete het lank oor Moses getreur omdat hy hulle geestelike leier was.
  • Mense treur oor die verlies van baie dinge – rykdom, status, besittings of selfs vriende en familie.
  • Rou jy oor geestelike agteruitgang???
  • Leef so dat as jy sterf, mense sal treur omdat hulle jou liefde en geestelike voorbeeld gaan mis.
  • Maak vandag ‘n verskil in mense se geestelike lewens, nie net in hulle omstandighede nie.

Gebed

Liewe Vader, laat ek so leef dat mense my geestelike voorbeeld raaksien.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

ยฉ NG Kerk Lynnwoodrif โ€“ word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 17 November 2025

Dagstukkies April

17 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal glo en vertrou in die unieke, Almagtige God. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Die Here is uniek

Teks:“Daar is niemand soos die God van Israel nie!… Hy is die Koning van die heelal” (Deut. 33:26 โ€“ Die Boodskap)

  • Die Here God is uniek, spesiaal, heilig en Almagtig – niemand is soos Hy nie.
  • Dit is omdat Hy so groot is dat Hy die verlede, hede en toekoms bepaal en uitvoer.
  • Glo en vertrou hierdie enigste ware God wat oor alles is en heers.
  • Hy sal jou, jou hele lewe lank ondersteun en wysheid gee.
  • Hy is die Koning van die heelal.

Gebed

Liewe Vader, help my om te glo en te vertrou dat U die Koning van die heelal is.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

ยฉ NG Kerk Lynnwoodrif โ€“ word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Die Pottebakker en Sy klei…

โ€œMaar nou, Here, U is ons Vader. Ons is die klei en U is ons pottebakker – ons almal is die werk van u hande. Moenie mateloos toornig wees nie, Here, moenie vir altyd ons sondeskuld onthou nie! Ja, sien tog in: Ons almal is u volk.

โ€Jes. 64: 8-920

Wanneer mens โ€˜n pottebakker beleef, vanaf die klei se voorbereiding tot die finale eindproduk, besef mens wat hierdie inleidende en opvolgende verse vir mens probeer sรช oor God, die Pottebakker van ons bestaan. Die Pottebakker het reeds โ€˜n beeld van die eindproduk in gedagte. Daar is egter โ€˜n groot hoeveelheid voorbereidings wat gedoen moet word, voordat daar hoegenaamd begin word. Die klei word in voorbereiding gebrei, sag gemaak, klamgemaak en gesif om alle onsuiwerhede uit die klei te verwyder. Daarna kom dit as โ€˜n bondel klei op die draaitafel of pottebakkers tafel waar dit verder met deeglikheid en noukeurigheid verder verwerk word.

Daar word met oorleg en met ervarings-kennis van alle beskikbare pottebakkersgereedskap gebruik gemaak. โ€˜n Draadsnyer, spons, ribbes, metaal skraper, hout modelerings werkstuk, โ€˜n lint werkstuk en โ€˜n skerp naaldwerkstuk, โ€˜n rand werkstuk en โ€˜n klei-gat werkstuk. Al hierdie gereedskap stukke word gebruik om die klei te vorm. Met โ€˜n baie stil en standvastige hand word die klei bewerk. Enige onsekerheid kan lei tot die her-begin van die finale produk. Deur al die werkery word die klei klam en nat gehou, sodat dit nie te vinnig uitdroog nie. Daar word gedurig weer her-beplan, om te verseker dat die beste produk op die tafel oorbly. Die klei word met die hande van die pottebakker in die aanvanklike proses bewerk en gevorm. Die hande hou die klei liefdevol vas, om die gewenste groote, holtes, openinge en vorm aan die gang te sit. Die rand word met die draadsnyer gelyk gemaak, en die vorm word verder met die ribbes, metaal skraper en hout modelerings werkstukke gevorm. Daarna word die versiering met skerp en snydende werkstuk gereedskap gevorm, ingesny en versier. In die proses word baie onnodige klei weggewerk. Aan die einde van die proses, word die produk losgesny van die tafel. Dit word verder stadig en stelselmatig uitgedroog, om enige barste en skeef trek te vermy. Dan word die finale produk geglasuur met verskillende kleure glasuur en word dan in โ€˜n baie warm potebakkersoond gebak om uiteindelik die finale produk te kry.

“Is Ek nie in staat om soos hierdie pottebakker met julle te maak nie, huis van Israel?โ€ is die uitspraak van die Here. โ€˜Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, huis van Israel.” (Jer. 18: 620); โ€œJy sal nou vir my sรช: Hoe kan Hy dan nog โ€˜n mens die skuld gee? Want wie kan sy wil tog teengaan?โ€ Wie is jy tog, o mens, om God te weerspreek? Sal die maaksel vir sy maker sรช: โ€œWaarom het jy my so gemaak?โ€ Of het die pottebakker dan nie die reg om uit dieselfde stuk klei โ€˜n voorwerp vir edele gebruik of vir onedele gebruik te maak nie?โ€ (Rom. 9: 19-2120)

Net so vorm God ons deur ons lewe. Ons word geskuur en geskaaf. Ons kry dikwels seer soos wat die klei met die skerp en snyers gereedskap gevorm word. God het ons reeds beplan nog voordat ons in die moederskoot gevorm is, om die beste ons te wees, soos wat Hy dit beplan het. Deur ons lewe ervaar ons terugslae en teenslae, wat ons nie altyd begryp nie, maar dit alles is deel van God se Pottebakkers Hand in ons lewens. Ons word dikwels losgesny van dinge wat ons standvastigheid gegee het. Ons word versier met genade gawes en die liefde van die Pottebakker. Ons moet egter onthou dat die Pottebakker ook die mag het om die kleipot wat nie voldoen aan sy skeppingsdoel nie, te breek en te vernietig.

โ€Het Hy, wat my in die moederskoot gemaak het, hulle nie ook gemaak nie? Het Een ons nie in die baarmoeder voorberei nie?โ€ (Job 31: 1520); โ€œOp U is ek aangewese van die moederskoot af; van my geboorte af is U my God.โ€ (Ps. 22: 1120); โ€œDit is immers U wat my niere geskep het, my in die moederskoot geweef het.โ€ (Ps. 139: 1320); โ€œJy moet vir hulle sรช: โ€œSo sรช die Here, Heerser oor alle magte: โ€œSรณ sal Ek hierdie volk en hierdie stad breek – soos mens die kleipot van โ€˜n pottebakker breek, sodat dit nie weer heelgemaak kan word nie. In Tofet sal mense begrawe word weens gebrek aan begraafplek.โ€ โ€ (Jer. 19: 1120)

Wanneer ons oorgee aan die leiding van God deur die Heilige Gees kan ons ook vashou aan die belofte wat God vir Jakob gee in Jesaja. Ons hoef nie bang te wees nie, want God het ons met โ€˜n rede, en vir โ€˜n doel geskep in die moederskoot. Hy sal ons met waterstrome lawe en seรซn. Ons grootse Pottebakker het ons geseรซn met die ewige lewe, wat vir ons gegee is as genadegawe, deur Jesus Christus ons Verlosser, en die bystand en leiding van die Heilige Gees. Ons kan dus as oorwinnaars lewe, wat nie van ons Skepper geskei kan word nie.

โ€So sรช die Here, wat jou gemaak het, jou in die moederskoot al gevorm het, wat jou help; โ€œMoenie bang wees nie, my dienskneg, Jakob, ja, Jeserum, wat Ek uitgekies het. Want Ek sal water uitgiet op dorre aarde, waterstrome op droeรซ grond. Ek sal my Gees uitgiet op jou nageslag, en my seรซn op jou nakomelinge. Hulle sal groei tussen gras, soos rivierwilgers langs waterstrome.โ€ (Jes. 44: 2-420); โ€œMaar in dit alles is ons selfs meer as oorwinnaars deur Hom wat sy liefde aan ons bewys het. Ek is immers daarvan oortuig dat nรณg dood, nรณg lewe, nรณg engele, nรณg magte, nรณg teenswoordige, nรณg toekomstige gebeure, nรณg kragte, nรณg hoogte, nรณg diepte, nรณg enigiets anders in die skepping, ons sal kan skei van die liefde van God in Christus Jesus ons Here.โ€ (Rom. 8: 37-3920)

Kategese Afsluiting 2025

Die oggend van 9 November 2025 het die gemeente weer die voorreg gehad om die jongmense van die gemeente se afsluiting mee te maak.

Die kleiner kinders het sertifikate ontvang vir hul bywoning, en die Belydende Kategete kon ‘n kers aansteek om hulle te herinner om God se lig in die wรชreld te wees.

Dit was ‘n mooi en vreugdevolle oggend wat afgesluit is met koek en drinkgoed in die Kerksaal. Ons bid God’s rykste seรซn op al die jongmense se pad vorentoe.

Klub50 Afsluiting 2025

Klub50 se lede het ‘n heerlike saamkuier afsluitings funksie by Searle Village Restaurant gehou 5 November 2025. Daar is gesels, heerlike etes genuttig, En selfs vlugvoetig gedans.

Dit was ‘n genotvolle aand vir almal betrokke, soos blyk uit die momentopname galery.

Skep asem vir vandag: 16 November 2025

Dagstukkies April

16 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om ander mense te seรซn en voorspoed toe te wens. Hier is God se Woord.

Tema: Wens mense voorspoed toe

Teks:“Toe het Moses die Israeliete voorspoed toegebid” (Deut. 33:1 โ€“ Die Boodskap)

  • Hoe wonderlik is dit om mense te seรซn en voorspoed toe te wens nie.
  • Ongeag hoe jy in die lewe voel, fokus op die positiewe en wens ander voorspoed toe.
  • Wees vandag ‘n bron van seรซn en hoop vir almal wat jou pad kruis.
  • Wees โ€˜n hoopdraer. Skep โ€˜n oase van hoop. Bou โ€˜n omgewing van hoop!

Gebed

Liewe Vader, help my om ander mense te seรซn.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

ยฉ NG Kerk Lynnwoodrif โ€“ word gebruik met toestemming.

Afkondigings 16 -23 November 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 16 November 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen en โ€™n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Wessel & Shanelle Roon (seuntjie โ€“ Wessel Roon) en Reuben & Anestashia Terblanche (dogtertjie โ€“ Amรฉ Terblanche).
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Psalm 46.
  • Die tema van die prediking is: Val jou in die rede….?
  • Doop.
  • Biddag vir beskermingsdienste.
  • GEEN Kategese.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Kankervereniging by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 โ€“ Ds Danie Goosen.

Dinsdag 18 November 2025 :

  • โ€™n Musiek Storie om 10:00 in die kerksaal (slegs vir persone wat bespreek het).

Kerkraadsvergadering

  • Die Kerkraad vergader Dinsdag 18 November 2025 om 18:00 in die kerksaal onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 19 November 2025 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – Kontak Onsย .
  • Alle belangstellendes welkom.

Sondag 23 November 2025 :

  • Erediens om 09:00 โ€“ Ds Danie Goosen.
  • GEEN Kategese.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Radio FEBA by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 โ€“ Digitaal.
  • Kerssangdiens om 19:00.
Kerssangdiens NG Kerk Groot-Brakrivier
Kerssangdiens NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 48
Verjaarsdae Week 48

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte ofย  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Onsย .
Gevulde koffieflesse vir kersfees
Gevulde koffieflesse vir kersfees

Ondersteuningsbediening :

Ons groep bestaan uit โ€™n klompie toegewyde lidmate wat een keer โ€™n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dร ร r te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak: Riana Briers โ€“ย Kontak Onsย  / Riรซtte Jansen van Rensburg โ€“ Kontak Onsย 

Getuienisbediening :

Wolwedans kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier
Wolwedans kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier

Wolwedans boodskap, sop en brood

Baie dankie aan almal wat so getrou help met die voorsiening van sop vir 115 gesinne elke twee weke. Die uitreikdatums vir die vierde kwartaal 19 November & 10 Desember.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Daar is โ€™n deurlopende behoefte aan wol.
Ons benodig asseblief ‘n enkelbed en indien moontlik ‘n matras. Ons waardeer die oop harte en hande opreg!

CAROLS BY CANDLE LIGHT

Grootbrak Senior Persone Vereniging nooi u vriendelik uit na die CAROLS BY CANDLE LIGHT wat sal plaasvind op 14 Desember 2025 op die Markplein oorkant die Munisipale gebou in Groot Brakrivier.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. 

Ds Charnรฉ besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie โ€™n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om โ€™n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat โ€™n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om โ€™n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.


โ€œBy elke geleentheid wanneer julle bid en smeek, moet julle telkens deur die Gees bid. Daarom moet julle waaksaam wees, deur volhardend te pleit vir al die heiligesโ€ Ef. 6:18

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Mali

โ€™n Geweldige storm het onlangs FEBA Mali se stasie beskadig en hulle gedwing om uitsendings vir โ€™n paar dae te staak. Die direkteur vertel: โ€œOns het die ingenieur en sy assistent van Bamako af laat kom, ten spyte van verskriklike moeilike toestande … die twee mans het alles reg- en skoongemaak. Hulle het ook die toring geverf. Ons is nou terug op die lug en ons luisteraars is baie, baie bly.โ€

Ons gebed vir die week: Prys God vir Sy seรซn op FEBA Mali en vir Sy voorsiening wat hulle op die lug hou.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

  • Erediensbediening:
    • Die skakel na die YouTube Erediens van 16 November, gelei deur Ds Danie Goosen, is beskikbaar.
  • Bybelstudiereeks:
    • Die โ€˜Skep asem vir vandagโ€™, โ€˜n verfrissende begin vir elke dag.
    • Die Weeklikse: โ€˜Stof tot nadenkeโ€™tema is: โ€œDie Pottebakker en Sy kleiโ€ฆโ€
  • Gemeentenuus:
    • โ€˜n Kort artikel oor die Familiekamp te Hakerville is op die webtuiste.
    • Die momentopname van Klub50 se 2025 afsluitingsfunksie.
    • Kategese: Afsluiting van ‘n vrugbare jaar.
  • Afkondigings
    • Die weeklikse Afkondigings en ander opkomende aktiwiteite is op die webtuiste te vind, indien u wil seker maak van enigiets.

    Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

    Leraars:

    Danie Goosen
    Charnรฉ Viljoen

    Langstraat 10,
    Groot-Brakrivier, 6525  โ€˜
    044 620 2205

     e-pos: Kontak Ons             

    Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

    Bankbesonderhede:  

    FNB tjekrekening

    Rek Nr.  530 831 865 11

    Takkode 210314

    SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

    Skep asem vir vandag: 15 November 2025

    Dagstukkies April

    15 November

    My wens en gebed is dat jy vandag sal weet daar wag nog beter dinge vir jou in die toekoms. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

    Tema: Daar wag beter dinge vir jou

    Teks: “Daarom sal jy die land net op ‘n afstand sien, die land wat Ek vir jou volk gaan gee(Deut. 32:52 โ€“ Die Boodskap)

    • Al het Moses nie die Beloofde Land ingegaan nie, het hy wel gesien wat die vrugte van sy werk was.
    • Soms kry jy nie wat jy verwag nie, maar die Here sal vir jou steeds goeie dinge gee. Dit is beter as jou eie drome.
    • Wanneer jy sien wat die Here vir jou gee, gryp dit aan en woeker daarmee โ€“ maak dit meer en beter.
    • Leef met verwagting dat God se beste nog vir jou voorlรช, selfs al lyk dit nou nie so nie.
    • Hy doen die onmoontlike. Wat vir mense onmoontlik is, is by God moontlik!

    Gebed

    Liewe Vader, wys vir my watter seรซninge op my wag.

    In die Naam van Jesus Christus die Here
    Amen

    Vorige dagstukkies

    ยฉ NG Kerk Lynnwoodrif โ€“ word gebruik met toestemming.

    Skep asem vir vandag: 14 November 2025

    Dagstukkies April

    14 November

    My wens en gebed is dat jy vandag sal besef al die goeie dinge in jou lewe kom van die Here af. God het hierdie goeie nuus vandag vir jou.

    Tema: Jy sal mooi dinge ontvang

    Teks:“Dis die Here wat vir Sy volk hierdie mooi land gegee het… Die Here het dit vir hulle gegee” (Deut. 32:13, 14 โ€“ Die Boodskap)

    • Dit was nie Israel wat self die mooi land verkry het nie – dis die Here wat alles gegee het.
    • Jy kan niks self regkry nie, die Here God gee mooi en goeie dinge. Jy kry dit nie self nie.
    • Gryp elke goeie geleentheid wat die Here gee. Benut dit ten volle.
    • Erken vandag dat jou volle geluk ‘n geskenk van die Hom is.

    Gebed:

    Liewe Vader, dankie vir die mooi dinge wat U aan my gee.

    In die Naam van Jesus Christus die Here
    Amen

    Vorige dagstukkies

    ยฉ NG Kerk Lynnwoodrif โ€“ word gebruik met toestemming.

    Skep asem vir vandag: 13 November 2025

    Dagstukkies April

    13 November

    My wens en gebed is dat jy vandag sal weet jy is die Here se oogappel en Hy vertroetel jou. Hier is God se Woord.

    Tema: Jy is die Here se oogappel

    Teks:“Die Here het sy volk omhels, hom vertroetel en versorg soos die appel van sy oog” (Deut. 32:10)

    • Hoewel dit vir Israel gevoel het asof hulle alleen is, het die Here hulle vertroetel soos Sy oogappel.
    • Wanneer jy stoksiel alleen en in ‘n donker put voel, onthou dan, dit is nie die werklikheid nie.
    • Die waarheid is: Jy is die Here se oogappel! Hy sal jou vertroetel en omhels.
    • Al jou probleme sal verdamp soos vog met sonsopkoms.
    • Leef vandag met die sekerheid dat jy kosbaar en geliefd in God se oรซ is.

    Gebed

    Liewe Vader, laat ek glo dat ek U oogappel is.

    In die Naam van Jesus Christus die Here
    Amen

    Vorige dagstukkies

    ยฉ NG Kerk Lynnwoodrif โ€“ word gebruik met toestemming.

    Skep asem vir vandag: 12 November 2025

    Dagstukkies April

    12 November

    My wens en gebed is dat jy vandag sal leer om volkome op die Here te vertrou vir alle uitkomste. Hier is God se Boodskap net vir jou.

    Tema: Die Here gee aan jou die uitkoms

    Teks:“Julle kan maar op Hom vertrou” (Deut. 32:4e โ€“ Die Boodskap)

    • Wanneer jy angstig raak, maak jy jou eie planne. Dit is egter God wat werklike uitkomste gee.
    • Glo en vertrou dat Hy alleen jou op jou lewenspad kan help – niemand anders nie.
    • Stap hierdie pad agter Hom aan, al vra dit praktiese geloof en praktiese vertroue.
    • Laat Hom die uitkomste bepaal terwyl jy gehoorsaam volg.
    • Jy sal verwonderd wees oor die wonders wat Hy in jou liewe waar maak.

    Gebed

    Liewe Vader, gee my vertroue in U.

    In die Naam van Jesus Christus die Here
    Amen

    Vorige dagstukkies

    ยฉ NG Kerk Lynnwoodrif โ€“ word gebruik met toestemming.

    Skep asem vir vandag: 11 November 2025

    Dagstukkies April

    11 November

    My wens en gebed is dat jy vandag sal raaksien hoe goed die Here altyd vir jou is. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

    Tema: Die Here is goed vir jou

    Teks:“Alles wat Hy doen is goed en reg. … Hy doen net goed aan ons” (Deut. 32:4d โ€“ Die Boodskap)

    • Die Here behandel jou nie sleg nie – Hy behandel jou net goed en mooi.
    • Selfs in jou moeilike tye is dit Hy wat jou bystaan โ€“ so kan jy dit oorwin.
    • Hou jou oรซ oop vir die oorwinnings wat die Here oor jou pad bring.
    • Erken vandag sy hulp .

    Gebed

    Liewe Vader, dankie dat U net goed vir my is.

    In die Naam van Jesus Christus die Here
    Amen

    Vorige dagstukkies

    ยฉ NG Kerk Lynnwoodrif โ€“ word gebruik met toestemming.

    Skep asem vir vandag: 10 November 2025

    Dagstukkies April

    10 November

    My wens en gebed is dat jy vandag sal besef die Here sal jou nooit verkeerd behandel nie. Hier is God se Woord vir jou.

    Tema: Die Here benadeel jou nooit nie

    Teks:“Hy staan by ons, en Hy doen nooit iets verkeerd teenoor ons nie” (Deut. 32:4c โ€“ Die Boodskap)

    • Die Here kom jou nooit te na nie, maak jou nooit seer nie en tree nooit verkeerd teenoor jou op nie.
    • Jou probleme is dikwels weens die wรชreld se gebrokenheid, nie God se skuld nie.
    • Wees vandag bly, want jy dien die Here wat net die beste vir jou wil gee.
    • Vertrou en weet dat Hy vandag en in die toekoms slegs goeie dinge vir jou beplan.

    Gebed

    Liewe Vader, laat ek die goeie dinge wat U in my lewe doen, raaksien.

    In die Naam van Jesus Christus die Here
    Amen

    Vorige dagstukkies

    ยฉ NG Kerk Lynnwoodrif โ€“ word gebruik met toestemming.

    Familiekamp te Hakerville

    Harkerville November 2025

    Die naweek van 31 Oktober tot 2 November 2025, het die Familiekamp te Harkerville plaas gevind.

    Die naweek was ‘n heerlike ervaring, waar die gesinne lekker saamgekuier het. Saterdag is daar besoek afgelรช by die’ Knysna Elephant Sanctury’. Dit was ‘n lekker geleentheid vir almal om naderby kennis te maak met die reuse van die bos.

    Die klam weer van Saterdag het die groep genoodsaak om hulle tyd te verwyl met bordspeletjies om almal van die jonger geslag lekker besig te hou.

    Die naweek was ‘n verfrissende tyd van ouers en kinders, en families om mekaar beter te leer ken.

    dankie aan die organiseerders wat die heerlike naweek gereรซl het.

    Stof tot nadenke: Verwondering

    โ€œ…en Hy het hulle gesond gemaak, sodat die skare vol verwondering was toe hulle sien dat doofstommes praat, kreupeles gesond word, verlamdes loop en blindes sien. En hulle het die God van Israel verheerlik.โ€

    Matt. 15: 3120

    Wat is dit wat jou in verwondering laat? Die definisie vir verwondering is โ€œom met verwondering na iets te kyk; verbaas of verstom te wees. Lied 464 verwoord die verwondering van die mens by aanskoue van God se skeppingswerk. So verwoord ook Ps. 8 en 104 die verwondering van die psalmdigter by aanskoue van God se skeppingswerk en die natuur. Ons grootste verwondering as gelowiges van die evangelie van Jesus Christus, lรช egter daarin dat ons verwondering ervaar wanneer ons tot die besef kom dat God die Vader ons so lief kon hรช, ons wat swak en nietige mense is, dat Hy sy unieke Seun na hierdie wรชreld laat kom het. Sodat ons sy wonderdade, deur die ervarings van almal wat daar was, van bewus kan wees deur die woorde in die Bybel. Die menige vertellings van mense wat wonderwerke aanskou het; mense wat gesond gemaak is; mense waarvan geeste uitgedryf is deur bevele van Jesus Christus.

    Lees meer “Stof tot nadenke: Verwondering”