Sondag 16 November 2025 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Wessel & Shanelle Roon (seuntjie – Wessel Roon) en Reuben & Anestashia Terblanche (dogtertjie – Amé Terblanche).
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Psalm 46.
- Die tema van die prediking is: Val jou in die rede….?
- Doop.
- Biddag vir beskermingsdienste.
- GEEN Kategese.
- Kleuterkerk in die konsistorie.
- Spesiale offer vir Kankervereniging by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen.
Dinsdag 18 November 2025 :
- ’n Musiek Storie om 10:00 in die kerksaal (slegs vir persone wat bespreek het).
Kerkraadsvergadering
- Die Kerkraad vergader Dinsdag 18 November 2025 om 18:00 in die kerksaal onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.
Woensdag 19 November 2025 :
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – Kontak Ons .
- Alle belangstellendes welkom.
Sondag 23 November 2025 :
- Erediens om 09:00 – Ds Danie Goosen.
- GEEN Kategese.
- Kleuterkerk in die konsistorie.
- Spesiale offer vir Radio FEBA by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- Kerssangdiens om 19:00.


Omgeebediening :
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons .

Ondersteuningsbediening :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
- Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
- Hulp met inkopies.
- Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
- Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak: Riana Briers – Kontak Ons / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak Ons
Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood
Baie dankie aan almal wat so getrou help met die voorsiening van sop vir 115 gesinne elke twee weke. Die uitreikdatums vir die vierde kwartaal 19 November & 10 Desember.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Daar is ’n deurlopende behoefte aan wol.
Ons benodig asseblief ‘n enkelbed en indien moontlik ‘n matras. Ons waardeer die oop harte en hande opreg!
CAROLS BY CANDLE LIGHT
Grootbrak Senior Persone Vereniging nooi u vriendelik uit na die CAROLS BY CANDLE LIGHT wat sal plaasvind op 14 Desember 2025 op die Markplein oorkant die Munisipale gebou in Groot Brakrivier.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds Charné besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.
“By elke geleentheid wanneer julle bid en smeek, moet julle telkens deur die Gees bid. Daarom moet julle waaksaam wees, deur volhardend te pleit vir al die heiliges” Ef. 6:18
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Mali
’n Geweldige storm het onlangs FEBA Mali se stasie beskadig en hulle gedwing om uitsendings vir ’n paar dae te staak. Die direkteur vertel: “Ons het die ingenieur en sy assistent van Bamako af laat kom, ten spyte van verskriklike moeilike toestande … die twee mans het alles reg- en skoongemaak. Hulle het ook die toring geverf. Ons is nou terug op die lug en ons luisteraars is baie, baie bly.”
Ons gebed vir die week: Prys God vir Sy seën op FEBA Mali en vir Sy voorsiening wat hulle op die lug hou.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
- Erediensbediening:
- Die skakel na die YouTube Erediens van 16 November, gelei deur Ds Danie Goosen, is beskikbaar.
- Bybelstudiereeks:
- Die ‘Skep asem vir vandag’, ‘n verfrissende begin vir elke dag.
- Die Weeklikse: ‘Stof tot nadenke’tema is: “Die Pottebakker en Sy klei…”
- Gemeentenuus:
- ‘n Kort artikel oor die Familiekamp te Hakerville is op die webtuiste.
- Die momentopname van Klub50 se 2025 afsluitingsfunksie.
- Kategese: Afsluiting van ‘n vrugbare jaar.
- Afkondigings
- Die weeklikse Afkondigings en ander opkomende aktiwiteite is op die webtuiste te vind, indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars:
Danie Goosen
Charné Viljoen
Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525 ‘
044 620 2205
e-pos: Kontak Ons
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



