Kerssangdiens – 23 November 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

2025-11-23 Kerssangdiens NG Kerk Groot-Brakrivier

Kerssangdiens 2025

Onder leiding van Marida Bridges

Datum: 23 November 2025

Die Kerssangdiens was sielsverrykend vir elkeen wat dit bygewoon het. Die hele program was uitstekend beplan, en het goed opgevolg, om die verhaal van Christus se koms aan te kondig.

Die sang en musiek was uit die boonste rakke en ons kan met dankbaarheid onthou. Vir Marida en die span kan die hele gemeente net dankie sê vir onvergeetlike koor en solo musiek; asook’ n heerlike saam sing geleentheid vir almal.

Lees meer “Kerssangdiens – 23 November 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier”

Skep asem vir vandag: 26 November 2025

Dagstukkies April

26 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal bid vir goeie huweliksmaats vir jouself en jou geliefdes. Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema: Goeie huweliksmaats kom van die Here af

Teks: “Ek bid dat die Here vir julle elkeen weer ‘n goeie huweliksmaat gee” (Rut 1:9 – Die Boodskap)

  • Naomi gun vir haar skoondogters goeie mans en nageslag!
  • Dit is belangrik om te verstaan dat goeie huweliksmaats van die Here af kom.
  • Bid vir jouself, jou kinders en familie dat elkeen die goeie huweliksmaat sal ontvang wat God stuur.
  • Vertrou dat die Here die regte persoon op die regte tyd sal bring vir jou en jou geliefdes.

Gebed

Liewe Vader, laat ons die goeie huweliksmaats wat U stuur omarm.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 25 November 2025

Dagstukkies April

25 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies wat die beste vir ander mense is, nie net vir jouself nie. Hier is God se Boodskap vir vandag.

Tema: Dink aan ander mense

Teks: “Mag die Here julle met Sy liefde versorg omdat julle so goed was vir my en julle mans” (Rut 1:8 – Die Boodskap)

  • Naomi het nie aan haarself gedink nie, maar aan haar skoondogters.
  • Dikwels soek jy na dit wat vir jou gemaklik is, nie wat vir ander die beste is nie.
  • Voor jy vandag kies en besluit, dink na oor wat die beste keuse vir ander rondom jou is.
  • Maak daardie keuse wat ander sal bevoordeel, selfs al kos dit jou iets.
  • Jy sal sien hoe gelukkig dit jou maak as jy so leef.

Gebed

Liewe Vader, help my om so te kies dat ek dit wat vir ander mense goed is, sal doen.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 24 November 2025

Dagstukkies April

24 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here draai altyd die wiel en gee uitkoms. Hier is God se Boodskap.

Tema: Die Here sal uitkoms gee

Teks:“‘n Rukkie later het Naomi… gehoor dat die Here dit weer beter laat gaan het in Juda” (Rut 1:6 – Die Boodskap)

  • Die goeie nuus is dat die wiel altyd draai – dinge sal verander.
  • Net wanneer jy dink dit kan nie slegter gaan nie, gee die Here uitkoms.
  • Hou jou oë oop vir die uitkoms wat wag – dit is reeds daar!
  • Gryp die uitkoms wat Hy gee met beide hande aan. Stap vorentoe in geloof.

Gebed

Liewe Vader, laat my U genade raaksien. Dankie dat U altyd uitkoms gee.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

‘n Musikale Herinnering

Dinsdag, 18 November 2025, het die Ondersteuningsbediening, van die NG Kerk Groot-Brakrivier, in same werking met Seeds of Hope, ‘n heerlike Musikale Herinnering gereël.

Francois en Elizabeth Fourie het opgetree met Konsert Tema: “Wil jy dans Carina” en die groep mense saamgesleur deur die lewe. Van jonk wees, met drome…tot by die ouderdom waarin baie van ons vandag lewe. Ons is op humoristiese wyse deur hierdie wonderlike sangpaar, deur die verhaal van hulle lewe, geneem. Dit was regtig ‘n onvergeetlike belewenis, met lekker lag, maar ook soms ‘n hartseer traan in die oog.

Lees meer “‘n Musikale Herinnering”

Stof tot nadenke

Vertrou op die Here en doen die goeie, bewoon die land en waak oor betroubaarheid.

Ps. 37: 320

Die Psalmdigter wys daarop dat ons moet waak oor betroubaarheid. Kan ons as mense egter betroubaar wees? Selfs Salomo het gereken dat geen man betroubaar is nie. Kan ons deur ons lewe hoegenaamd poog om betroubaar te wees?

Lees meer “Stof tot nadenke”

Libera – Carol of the Bells Music Video

-Libera - Carol of the Bells NG Kerk Groot-Brakrivier

Carol of the Bells

Song by M Leontovych Arranged – Robert Prizeman

Lyrics

Hark how the bells

Sweet silver bells

All seem to say
Throw cares away

Christmas is here
Bringing good cheer
To young and old
Meek and the bold
Ding dong ding dong
That is their song
With joyful ring
All caroling

One seems to hear
Words of good cheer
From everywhere
Filling the air

Oh how they pound
Raising the sound
O’er hill and dale
Telling their tale

Gloria in excelsis deo
Gloria, gloria

Hark how the bells

All seem to say

Christmas is here
Bringing good cheer
To young and old
Meek and the bold
Ding dong ding dong
That is their song
With joyful ring
All caroling

One seems to hear
Words of good cheer
From everywhere
Filling the air

Oh how they pound
Raising the sound
O’er hill and dale
Telling their tale

Gaily they ring
While people sing
Songs of good cheer
Christmas is here

Gaily they ring
While people sing
Songs of good cheer
Christmas is here

Gloria in excelsis deo
Gloria, gloria

Hark how the bells
All seem to say
Christmas is here
Bringing good cheer
One seems to hear
Words of good cheer
From everywhere
Filling the air

Oh how they pound
Raising the sound
O’er hill and dale
Telling their tale

Gaily they ring
While people sing
Songs of good cheer
Christmas is here

Gaily they ring
While people sing
Songs of good cheer
Christmas is here

Hark how the bells
All seem to say
Christmas is here
Bringing good cheer
One seems to hear
Words of good cheer
From everywhere
Filling the air

Oh how they pound
Raising the sound
O’er hill and dale
Telling their tale

Gaily they ring
While people sing
Songs of good cheer
Christmas is here

Gaily they ring
While people sing
Songs of good cheer
Christmas is here

Merry, merry, merry, merry Christmas
Merry, merry, merry, merry Christmas
On, on they send
On without end
Their joyful tone
To every home

Hark how the bells

All seem to say

Gloria, Gloria

Ding dong ding dong

That is their song

Rendition

Songwriters: William King Ross, Paul Mark Oakenfold, Mykola Leontovych.

The song is based on the Ukrainian folk chant “Shchedryk”, also known as the “Bell Carol”.

Performed by LIBERA, from the 2019 album ‘Christmas Carols with Libera’

Conductor – Robert Prizeman

Music – M Leontovych Arranged – Robert Prizeman

Soloist – Luca Brugnoli

Filmed at St Augustine’s Church, Kilburn

VIdeo director – Emyr Afan

Video editor – Scott Jaeger

Skep asem vir vandag: 23 November 2025

Dagstukkies April

23 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here dra jou wanneer jou lewe uiteen val. Hier is God se Woord.

Tema: Soms maak dinge net nie sin nie

Teks: “Naomi was toe sonder enige familie van haar eie in die land Moab” (Rut 1:5 – Die Boodskap)

  • Naomi het alles verloor – besittings, man en seuns – en dit het geen sin gemaak nie.
  • Soms gebeur dinge met jou wat jou lewe uit mekaar skud en geen sin maak nie.
  • Hou vandag vas aan die Here omdat Hy steeds saam met jou die pad stap.
  • Hy dra jou wanneer dit voel asof jy die wêreld dra omdat jou lewe inmekaarstort.
  • Doodloopstrate is slegs rusplekke. Dit is die wegspringplek vir ‘n nuwe seisoen.

Gebed

Liewe Vader, gee my krag om deur my probleme te leef en oorwinning te behaal.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 49+ van 2025

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 23 November 2025 :Erediens om 09:00 – Ds Herman Burger
Sondag 23 November 2025: Kerssangdiens 19:00
Woensdag 26 November 2025  GEEN kooroefening
Donderdag 27 November 2025 : Bloedskenk
Sondag 30 November 2025 : Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
Sondag 30 November 2025: 14:00 16 Days of Activism against Gender-based Violence
Woensdag 10 Desember 2025: Wolwedans boodskap, sop en brood:

Lees die volledige afkondigings hier:Afkondigings 23-30 November 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings 23 – 30 November 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 23 November 2025 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan ds Herman Burger wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Johannes 4:7-21 (2020-vertaling).
  • Die tema van die prediking is: Die hoogste beginsel in die koninkryk van God.
  • GEEN Kategese.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Radio FEBA by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • Kerssangdiens om 19:00 – Ds Danie Goosen.

KERKRAADSVERGADERING

Tydens die kerkraadsvergadering gehou op 18 November 2025 is die volgende persone as blokleier/diaken/ouderling verkies ten einde vakatures te vul wat ontstaan met die nuwe blokindeling in ons gemeente:

Christo Smith                           –       BLOK 1: Plaas gedeeltes
Heidi Erasmus                          –       BLOK 2: Voorbrug
Pieter van der Merwe            –       BLOK 4: Langstraat-Bo & Pine Creek
Robbie Katthage                      –       BLOK 7: Onder-Bergsig
Koos van Zyl                              –       BLOK 10: Bergsig-Bo
Mona de Wet                             –       BLOK 11: Sandhoogte pad
Whitey van der Merwe         –       BLOK 13: Suiderkruis
Koos van der Merwe              –       BLOK 14: Die Eiland & BLOK 15: Dolphin Creek
Pieter Theron                           –       BLOK 24: Reebok Village
Johan Spies                                –       BLOK 25: Seegenot tot Tergniethoogte

Woensdag 26 November 2025 :

  • Daar is GEEN kooroefening die week nie. Oefening hervat weer 3 Desember by die orrel om 16:45. Marida – Kontak Ons   Alle belangstellendes welkom.

Donderdag 27 November 2025 : Bloedskenk

Bloedskenk 27 November 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier
Bloedskenk 27 November 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 30 November 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Eerste Advent.
  • GEEN Kategese.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Kindersorg by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Groenewaldfonds aansoeke sluit.

16 Days of Activism against Gender-based Violence

16 days of activism NG Kerk Groot-Brakrivier
16 days of activism NG Kerk Groot-Brakrivier

Verjaarsdae Week 49 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 49 NG Kerk Groot-Brakrivier

Groenewald Fonds

Groenewaldfonds NG Kerk Groot-Brakrivier
Groenewaldfonds NG Kerk Groot-Brakrivier

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons  
Omgeebediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgeebediening NG Kerk Groot-Brakrivier

Ondersteuningsbediening :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  Kontak Ons   / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak Ons  

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

Baie dankie aan almal wat so getrou help met die voorsiening van sop vir 115 gesinne elke twee weke. Die laaste uitreikdatum vir die jaar is  10 Desember.

Wolwedans kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier
Wolwedans kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Daar is ’n deurlopende behoefte aan wol.

Dankie vir die skenking van die twee enkelbeddens, sowel as die drie selfone. Ons waardeer die oop harte en hande opreg!

CAROLS BY CANDLE LIGHT

Grootbrak Senior Persone Vereniging nooi u vriendelik uit na die CAROLS BY CANDLE LIGHT wat sal plaasvind op 14 Desember 2025 op die Markplein oorkant die Munisipale gebou in Groot Brakrivier.

Hartenbos Bejaardesorg Basaar

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. 

Ds Charné besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.

“Volhard in gebed. Wees waaksaam en dankbaar as julle bid” (Kol. 4:2 Afr20).

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Korea

Na raming word tussen 50 000 en 70 000 Christene in Noord-Koreaanse gevangeniskampe aangehou. Die land is bo-aan Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys van die slegste plekke om ’n Christen te wees, en tog volhard die ondergrondse kerk. FEBA Korea saai die Goeie Nuus vir 18 ure per dag na Noord-Korea toe uit, met programme wat vervaardig en aangebied word deur Noord-Koreaanse oorlopers.

Ons gebed vir die week: Bid dat die kerk in Noord-Korea sal floreer en dat FEBA Korea se uitsendings luisteraars sal help om in die geloof te volhard.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 23 November 2025

  • Erediensbediening:
    • Die skakel na die YouTube Erediens van 23 November, gelei deur Ds Herman Burger, is beskikbaar.
  • Bybelstudiereeks:
    •  Die ‘Skep asem vir vandag’, ‘n verfrissende begin vir elke dag.
    •  Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: Betroubaarheid”
  • Gemeentenuus:
    • ‘n Musikale herinnering aangebied deur die Ondersteuningsgroep en Seeds of Hope.
    • Die weeklikse Afkondigings en ander opkomende aktiwiteite is op die webtuiste te vind, indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag: 22 November 2025

Dagstukkies April

22 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal begin werk aan ‘n persoonlike verhouding met God. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Ken God persoonlik

Teks:“Hulle het met mekaar gepraat, en hulle het mekaar persoonlik geken” (Deut. 34:10d – Die Boodskap)

  • Die grootste item op Moses se getuigskrif was dat hy en God met mekaar gepraat en mekaar persoonlik geken het.
  • Wat ‘n aangrypende getuienis – dat jy met God kommunikeer en julle mekaar persoonlik ken!
  • Begin nou skuiwe maak sodat jy deur gebed met God kommunikeer en deur die Bybel Hom hoor praat.
  • Werk daaraan om ‘n persoonlike verhouding met Hom te hê, nie net kennis van Hom nie.

Gebed

Liewe Vader, help my om U persoonlik te ken.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 21 November 2025

Dagstukkies April

21 November

My wens en gebed is dat jy vandag so sal leef dat ander jou as God se vriend sal beskou. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Wees ‘n vriend van God

Teks:“Want die Here het Moses as Sy vriend beskou” (Deut. 34:10c – Die Boodskap)

  • Wat ‘n wonderlike item op Moses se getuigskrif – Moses was God se vriend!
  • Hoe dink jou gesin, familie en vriende oor jou? Sien hulle jou as God se vriend?
  • Begin vandag so leef dat almal wat jou ken jou as die Here God se vriend sal beskou.
  • Vriendskap met God kom deur gehoorsaamheid, vertroue en om tyd saam met Hom deur te bring.

Gebed

Liewe Vader, laat ek U voluit dien sodat ek U vriend kan wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 20 November 2025

Dagstukkies April

20 November

My wens en gebed is dat jy vandag nie skaam sal wees om te sê wat God in Sy Woord leer nie. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Luister na dit wat God sê

Teks:“Hy het vir die volk kom sê wat die Here hom beveel het” (Deut. 34:10b – Die Boodskap)

  • Moses se getuigskrif was dat hy geluister het na wat die Here gesê het en dit oorgedra het.
  • Dit moet ook op jou getuigskrif staan – jy het onwrikbaar die wil van die Here vertel en geglo.
  • Moenie skaam of bang wees om te vertel wat God in Sy Woord vir jou sê nie.
  • Begin vandag om dit te doen soos Moses dit gedoen het – wees ‘n boodskapper van God se waarheid.

Gebed

Liewe Vader, gee my moed om U waarheid met ander te deel.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Die Christuskers: Die Lig wat Beloof is

Advent - NG Kerk Groot-Brakrvier

Die bestemming

Vir vier weke het ons die lig sien groei. In die sagte gloed van die pers en pienk kerse het ons ons harte voorberei. Ons het die Hoop van die profete, die Liefde wat die hart van die Vader beweeg het, die Vreugde wat die herders ontstel het, en die Vrede wat alle verstand te bowe gaan, oordink. Hierdie vier vlamme was ons gidse, elk ‘n pragtige, gedeeltelike lig wat ‘n faset van ‘n glorieryke geheel verlig.

Maar nou is die wag verby.

Lees meer “Die Christuskers: Die Lig wat Beloof is”

Die Vierde Kers van Advent: Die Vrede wat die Storm Bedaar

Advent - NG Kerk Groot-Brakrvier

Vrede

Ons het deur die weke van Advent gereis in die lig van toenemende vlamme. Die hardnekkige hoop van die profete, die asemrowende liefde van die Vader, die ononderdrukbare vreugde van die herders – dit was ons gidse. Nou kom ons by die laaste Sondag voor Kersfees. Ons steek die vierde pers kers aan. Die tema daarvan is Vrede.

Lees meer “Die Vierde Kers van Advent: Die Vrede wat die Storm Bedaar”

Die Derde Kers van Advent: Die Vreugde wat Jou Vind

Advent - NG Kerk Groot-Brakrvier

Die Derde Kers – Vreugde

Daar is ‘n verandering in die lug op hierdie derde Sondag van Advent. As jy mooi na die krans kyk, kan jy dit sien. Te midde van die plegtige pers verskyn ‘n nuwe kleur: ‘n sagte, rooskleurige pienk. Dit is Gaudete Sondag—van die Latynse woord vir “Verbly jou!“—en hierdie klein kleurverskuiwing is soos ‘n glimlag wat deurbreek te midde van ‘n ernstige gesprek. Dit is die kerk se sagte stootjie wat vir ons harte sê dat dit tyd is om ons blik op te slaan. Die wag is amper verby; vreugde is nou in sig.

Lees meer “Die Derde Kers van Advent: Die Vreugde wat Jou Vind”

Die Tweede Kers van Advent: Die Waarom Agter die Wag

Advent - NG Kerk Groot-Brakrvier

Van “Wat” na “Waarom”

Verlede week het ons ‘n enkele vlam in die groeiende duisternis aangesteek. Ons het dit Hoop genoem. Dit was die stille, hardkoppige vertroue in ‘n belofte wat nog onvervuld is. Ons het saam met die profete en die voorgeslagte gestaan, vorentoe gekyk, gewag vir die “wat”—die Messias, die Redder, die komende Koning.

Lees meer “Die Tweede Kers van Advent: Die Waarom Agter die Wag”

Die Eerste Kers van Advent: Die Hardkoppige Vlam van Hoop

Advent - NG Kerk Groot-Brakrvier

Inleiding

As jy al ooit in die donker vir iets gewag het, ken jy die krag van ‘n enkele, klein liggie. Dit oorstroom nie die kamer met helderheid nie. Dit openbaar nie al die besonderhede nie. Maar dit hou die donkerte op ‘n afstand. Dit bewys dat die nag nie gewen het nie. Dit gee jou net genoeg lig om die volgende stap te neem, en die moed om aan te hou wag vir die dagbreek.

Dit is die hoop van die eerste Adventkers.

Lees meer “Die Eerste Kers van Advent: Die Hardkoppige Vlam van Hoop”