19 November
My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om naby die Here te leef en die beste vir ander te soek. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: Watter getuienis laat jy agter?
Teks:“Daar was nie nog ‘n man soos Moses nie” (Deut. 34:10a – Die Boodskap)
- Moses was uniek omdat hy so naby die Here geleef het. Hy wou net die beste vir die volk gehad het.
- Net so moet jy ‘n punt maak om naby die Here te leef- deur gebed, Bybel te lees en ‘n goeie voorbeeld te stel.
- Soek vandag die beste vir alle ander mense, nie vir jouself nie.
- Jou nabyheid aan die Here God is sigbaar in wyse waarop jy ander mense behandel.
Gebed
Liewe Vader, laat ek naby U leef en die beste vir ander mense soek.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


