17 November
My wens en gebed is dat jy vandag sal glo en vertrou in die unieke, Almagtige God. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: Die Here is uniek
Teks:“Daar is niemand soos die God van Israel nie!… Hy is die Koning van die heelal” (Deut. 33:26 – Die Boodskap)
- Die Here God is uniek, spesiaal, heilig en Almagtig – niemand is soos Hy nie.
- Dit is omdat Hy so groot is dat Hy die verlede, hede en toekoms bepaal en uitvoer.
- Glo en vertrou hierdie enigste ware God wat oor alles is en heers.
- Hy sal jou, jou hele lewe lank ondersteun en wysheid gee.
- Hy is die Koning van die heelal.
Gebed
Liewe Vader, help my om te glo en te vertrou dat U die Koning van die heelal is.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


