18 November
My wens en gebed is dat jy vandag sal leef op so ‘n manier dat mense jou geestelike voorbeeld sal mis. Hier is geestelike brood vir vandag.
Tema: Sal mense jou dan ook mis?
Teks: “Die mense van Israel was baie hartseer oor Moses, hulle leier” (Deut. 34:8)
- Die Israeliete het lank oor Moses getreur omdat hy hulle geestelike leier was.
- Mense treur oor die verlies van baie dinge – rykdom, status, besittings of selfs vriende en familie.
- Rou jy oor geestelike agteruitgang???
- Leef so dat as jy sterf, mense sal treur omdat hulle jou liefde en geestelike voorbeeld gaan mis.
- Maak vandag ‘n verskil in mense se geestelike lewens, nie net in hulle omstandighede nie.
Gebed
Liewe Vader, laat ek so leef dat mense my geestelike voorbeeld raaksien.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


