Stof tot nadenke: Lewe met oorgawe

Daarom sê Ek vir julle, moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle sal eet, of oor wat julle sal drink, of oor julle liggaam, wat julle sal aantrek nie. Is die lewe dan nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Let op die voëls van die hemel: Hulle saai nie en hulle maai nie, en hulle versamel niks in skure nie. Tog sorg julle hemelse Vader vir hulle. Is julle nie meer werd as hulle nie?

Matt. 6: 25-26

Hoe kom ons by die punt om in totale oorgawe aan God te leef? Ons is so besig om te beplan, te bespreek, beangs te wees oor die toekoms, om bymekaar te maak, sodat ons genoeg kan hê in ons oudag. Tog het Christus self vir ons daarop gewys hoe sinloos dit alles is. Net soos God vir die insekte, die voëls en alle ander diere sorg, deur middel van die seisoene. Plante groei sonder kunsmis en produseer die saad en vrugte, volgens elke plant se tyd, wat elke dier nodig het om te oorleef. God wys ons elke dag hoe Hy sorg vir die wêreld. Dis nie nodig om ons te bekommer oor die dag van môre nie. Ons kan slegs wik, maar God beskik oor wat op die lewenspad gebeur.

Hierdie oorgawe beteken nie noodwendig dat mens alles wat jy doen met oorgawe doen nie; veral nie as jy dit wat jy doen op eie inisiatief aanpak en alles insit wat jy het nie. Dit moet deur God geïnisieer wees en gedryf deur die leiding van die Heilige Gees. Elke ding wat jy doen moet tot eer van God wees. Ons moet dus elke dag met volle oorgawe aan God leef. In ons woorde; in ons dade; in ons gedagtes, moet elke ding tot eer van God wees. ‘n Anonieme aanhaling stel dit so goed: “My lewe is ‘n melodie van God. Op my eie kan ek slegs klank voortbring, maar as my lewe ten volle aan Hom oorgegee is, sing Hy sy lied deur my – ‘n perfekte melodie.”

“Want wie sy lewe wil red, sal dit verloor, maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind. Wat sal dit ‘n mens dan baat as hy die hele wêreld as wins bekom, maar sy lewe verloor?” (Matt. 16: 25-26)

Dit is nie altyd so maklik nie. Hoe maklik vorm ons ‘n verkeerde oordeel oor iemand, of iets wat iemand doen? Dit is asof ons net regstaan om fout te vind in wat ander doen of aanpak. Ons ken dikwels nie die agtergrond, of het enige idee van die rede vir ‘n daad van diens van ‘n ander nie. Tog vind ons dit so maklik om daardie splinter in ‘n ander se oog raak te sien. Laat ons mekaar as broers en susters aanvaar as mense wat ook met oorgawe vir Christus wil leef. Want Christus het ons duidelik daarop gewys dat ons nie Sy volgeling kan wees, as ons nie vir Hom liewer het as enigeen waaraan ons kan dink in hierdie wêreld nie.

“Want ook die Seun van die Mens het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys.” (Mark. 10: 45); “As iemand na My kom en My nie liefhet bo sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja selfs sy eie lewe nie, kan nie my dissipel wees nie.” (Luk. 14: 26)

Laat elkeen van ons na Jesus Christus kom en deur ons oorgawe word soos die borrelende fontein, wat Christus vir ons kom moontlik maak het. Laat ons die woorde van Christus inneem sodat ons ook deur die Gees kan lewe in die lig. Laat ons ook in verwondering praat oor God, die Vader, die Seun, Jesus Christus, en die Trooster, die Heilige Gees, wat dit vir ons moontlik maak om in oorgawe te kan leef, deur die genade wat hulle ons gegee het. Laat ons saam sing tot eer en verheerliking van al hulle wonder dade elke dag van ons lewe.

“Die water wat Ek hom gee, sal in hom ‘n fontein van water word wat opborrel tot die ewige lewe.” (Joh. 4: 14): “…julle ondersoek die Skrifte, omdat julle dink dat die ewige lewe daarin te vinde is. Maar julle wil nie na My kom, sodat julle lewe kan hê nie.” (Joh. 5: 39-40); “Die woorde wat Ek tot julle gespreek het, is Gees en is lewe.” (Joh. 6:63); “Wie My volg, sal beslis nie in die duisternis leef nie, maar sal die lig van die lewe hê” (Joh. 8: 12); “Sing vir Hom, besing Hom; praat met oorgawe oor al sy wonderwerke.” (1 Kron. 16: 9)

Skep asem vir vandag: 18 Mei 2025

Dagstukkies April

18 Mei

Liewe ….

Ek bid dat jy elke dag sal sien hoe God se beloftes vir jou waar word. Hier is Sy woord vir vandag.

Tema: Wat die Here aan jou belowe sal Hy waar maak

Teks:“Toe Josef inkom, bring hulle vir hom die geskenk wat hulle saamgebring het, na die huis toe. Toe buig hulle diep voor hom. ” (Gen 43:26)

  • Om die Here te raadpleeg, is nooit ‘n mors van tyd nie.
  • Wanneer die Here sê dat Hy iets sal doen, doen Hy dit.
  • Soms neem Hy ‘n tydjie voordat Hy Sy beloftes waar maak, maar Hy doen dit.
  • Neem die Here op Sy woord, en leef vanuit Sy beloftes.
  • Kry daarom vrede dat die goeie dinge wat Hy belowe ‘n werklikheid sal word – geloof is nodig.

Gebed

Liewe Vader, maak U beloftes in my lewe waar.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 21+ van 2025

Nuusflitse

Sondag 18 Mei 2025 Erediens en Kategese 09:00.
Dinsdag 20 Mei 2025: Kerkraadsvergadering
Woensdag 21 Mei 2025Blokbyeenkoms om 16:00 in Blok: 9C (Tergniethoogte & Groenkloof Rheebok)
Woensdag 21 Mei 2025Kooroefening 16:45
Woensdag 21 Mei 2025: Wolwedans Boodskap Sop en Brood
Donderdag 22 Mei 2025: Bloedskenk 14:00-19:00
Sondag 25 Mei 2025 : Kategese en Erediens om 09:00
Wolwedans Boodskap Sop en Brood 4 & 18 Junie.
Donderdag 29 Mei 2025Hemelvaart 18:00
Vrydag 20 Junie 2025 – Magda Louw – (K)Letterkunde 18:30

Afkondigings 18-25 Mei 2025

Afkondigings

Sondag 18 Mei 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Handelinge 11: 1-18
  • Die tema van die prediking is: Die Rooi Tapyt
  • Kategese.
  • Sinodale offer vir Arbeidsbediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Lees meer “Afkondigings 18-25 Mei 2025”

Skep asem vir vandag: 17 Mei 2025

Dagstukkies April

17 Mei

Liewe ….

Ek bid dat jy sal verstaan dat jy ook ander mense moet dien. My wens is dat jy sal begryp wat dit beteken. Hier is ‘n boodskap uit die Bybel vir jou.

Tema: Kies om ander te dien

Teks: “Nadat die amptenaar hulle in Josef se huis ingebring het, het hy vir hulle water gegee, en hulle het hulle voete gewas.” (Gén 43:24)

  • Voetwassing was ‘n groot vernedering – ‘n slaaf kon kies om nie iemand se voete te was nie, maar Josef was sy broers se voete.
  • Moenie wraak neem oor seer wat jou aangedoen is nie.
  • Maak ander ,mense vry deur hulle te dien – wees die minste.
  • So sal jy groot innerlike vrede, wat van die Here van Vrede kom, kry en ervaar.

Gebed

Liewe Vader, ek het U krag nodig om mense wat my seergemaak het te dien. Help my hierin.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 16 Mei 2025

Dagstukkies April

16 Mei

Liewe ….

Ek hoop dat jy sensitief sal wees vir die nuwe uitkomste wat die Here in die lewe gee. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Moet jou nie bekommer nie

Teks: “Toe sê die amptenaar vir hulle: “Wees gerus! Moenie bekommerd wees nie.” (Gen 43:23)

  • Soms bekommer jy jou omdat die lewe nie verloop soos jy dit beplan nie.
  • Dit is die Here se manier hoe Hy jou gelukkig gaan maak.
  • Verwag die geluk van die Here op die heel vreemdste maniere. Aanvaar en ontvang dit dan.
  • Dit is Sy wens dat jy wel die voordeel en vrugte van jou werk en lewe sal geniet.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U selfs in onverwagse oomblikke sorg.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 15 Mei 2025

Dagstukkies April

15 Mei

Liewe ….

Ek hoop jy aanvaar dat jou lewe binne God se hand is. Gee jouself in Sy hande. Hy sal vir jou sorg. Jy sal dit sien. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Vertrou die Here vir jou toekoms

Teks: “God die Almagtige sal sorg dat die man julle goedgesind is en julle ander broer terugstuur en ook vir Benjamin. En ek, as ek dan my kinders moet verloor, moet ek hulle maar verloor.” (Gen. 43:14)

  • Uiteindelik gee Jakob die saak van Josef en Benjamin aan die Here oor. Hy sorg en versorg.
  • Hy kry vrede met die wete dat ook hulle toekoms in die hande van die Here veilig is – al is Hy nie by hulle nie.
  • Jy kan op die Here staatmaak. Jy kan Hom vertrou. Hy sal jou help en uitkoms gee.
  • Wees van die Here afhanklik, want Hy is getrou. Hy sal jou deur elke uitdaging lei en help.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my deur alles help.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 14 Mei 2025

Dagstukkies April

14 Mei

Liewe ….

Ek bid dat die Heilige Gees jou die krag sal gee om op te hou om die verkeerde dinge te herhaal. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: As jy jammer is, sal jy anders begin optree

Teks: “Juda het vir sy pa Israel gesê: “Stuur tog maar die kind saam met my sodat ons dadelik kan vertrek.” (Gén 43:8)

  • Wie die lesse van die lewe ernstig opneem (soos Juda), is slim. So iemand ken die kuns van die lewe (Spr. 12:1).
  • Niemand kry uit verkeerde dade iets reg nie (Spr. 12:3).
  • Christusgelowiges dink altyd hoe hulle reg kan leef en die verlede beter oor kan doen (Spr. 12:5).
  • Jy is baie kosbaar vir die Here. Hy belê in jou sodat jy presies sal word wat Hy wil hê jy moet wees.
  • Hy wil jou as ‘n instrument in Sy hande gebruik.

Gebed

Liewe Vader, gee my die wysheid om in te sien waar ek verkeerd leef, en die moed om heeltemal nuut te leef.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Sendingnuus uit Madagaskar – The Week 4 May 2025

Charles Haddon Spurgeon (19th June 1834[1] – 31st January 1892)

You would think that starting off a new week with a morning devotional from Charles Spurgeon, is simply the best thing.

“And all the children of Israel murmured.” Numbers 14:2

This devotion was not for me as I am not the murmuring kind…that was my last thought before Mr. Spurgeon started admonishing me in his best King James English. It was intense; both keeping up with the doths, thous and thees, but at the same time thinking that Spurgeon had it in for those murmurers, grumblers, complainers, whiners etc.

Lees meer “Sendingnuus uit Madagaskar – The Week 4 May 2025”

Sendingnuus Oekraïne – Dankie dat julle hierdie geloofspad saam met ons stap

Mari-Alena Potgieter Mei 2025

Liewe vriende en familie

Baie dankie dat julle bid. 

Dankie dat julle hierdie geloofspad saam met ons stap.

Soms voel dit asof ons op water loop en met kere voel dot asof ons sink, maar die Here se hand is altyd daar. Naby om vas te hou en te red. Al gaan onder deur die dal van doodskaduwee weet ons waar ons hulp vandaan kom. 

Die dokters het vol hoop weer met ‘n reeks chemo begin, vol hoop dat die gewas krimp, maar na die volgende CT scan het hulle besluit om finaal te stop. Die gewas het elke week verdubbel.

Lees meer “Sendingnuus Oekraïne – Dankie dat julle hierdie geloofspad saam met ons stap”

Skep asem vir vandag: 13 Mei 2025

Dagstukkies April

13 Mei

Liewe ….

Vandag bid ek weer ‘n praktiese saak vir jou: dat jy ‘n verantwoordelike mens sal wees. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Neem verantwoordelikheid

Teks: “Maak my verantwoordelik vir hom, en ek sal hom vir Pa terugbesorg.” (Gen 42:37)

  • Ruben staan nie terug om verantwoordelikheid te neem nie. Hy het verantwoordelikheid vir Benjamin en Josef op hom geneem.
  • Miere neem ook verantwoordelikheid vir hul toekoms – sonder druk van ‘n baas of ‘n toesighouer werk miere self en gaar vroegtydig kos.(Spr. 6:6-7).
  • Wie nie selfdissipline het nie, neem nie verantwoordelikheid vir hulle toekoms nie, want hulle sterf as gevolg daarvan (Spr. 5:23).
  • Harde werk het sy voordele. Praatjies bring jou nie ver nie (Spr. 14:23).
  • Vir jou vandag, kyk na die Here en wag vir die geleenthede om verantwoordelikheid te neem. Hy sal jou baie gelukkig maak.

Gebed

Liewe Vader, dankie vir geleenthede om verantwoordelikheid vir dinge in die lewe te neem.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Klub50 Wegbreek 2025

Klub 50 Mei 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Klub50 het weer van 5 tot 9 Mei ‘n heerlike saamkuier, son en see wegbreek week gehad by Keurbooms rivier se Forever Resort.

Daar is soos, altyd lekker gekuier om die braaivleis vure en ander kospotte. Deel van die pret was die stap op Keurboom se strand en die bootritte op die Keurbooms rivier.

Die sukses van die onvergeetlike week is die uitstekende reëlings van Frans en Anina Geldenhuys. Die groep sê baie dankie.

Skep asem vir vandag: 12 Mei 2025

Dagstukkies April

12 Mei

Liewe ….

Mag jy gelukkig wees oor die oorvloed wat jy van God ontvang. Hier is vandag ‘n spesiale boodskap vir jou.

Tema: Wees bly wanneer die Here jou gelukkig maak

Teks: “Toe hulle dit sien, was hulle en hulle pa baie bang, ” (Gen 42:35)

  • Wees rustig wanneer jy by die Here is. Hy maak jou lewe heel (Ps. 62:1).
  • Om by die Here te wees gee hoop. Niks sal jou onderkry nie (Ps. 62:6).
  • Die pad na ‘n lewe van rus-en-vrede is deur te glo dat God altyd sorg.
  • Kies om positief en bly te wees.
  • Hou aan om vir Sy goedheid te bid. Wees dankbaar dat Hy altyd meer as genoeg gee.

Gebed

Liewe Vader, leer my om U oorvloed in my lewe raak te sien en dit te aanvaar.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Keuses

Keuses - stof tot nadenke

Ek roep vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle. Die lewe en die dood, die sëen en die vervloeking, hou ek aan jou voor” Kies dan die lewe, sodat jy kan leef, jy en jou nageslag, deur die Here jou God lief te hê, na sy stem te luister en aan Hom vas te hou.

Deut. 30: 19-20

Ons hele lewe is deurspek met keuses wat ons moet maak. Volgens Nina Smit kan ‘Verkeerde keuses jou lewensritme versteur, terwyl die regte keuses jou in harmonie brng met hoe die Here jou gemaak het. Net soos jou verhouding met God jou hele lewe bepaal, word ook jou keuses gebore uit jou eie verhouding met die Here. Omdat jy Hom ken en dien, weet jy baie goed watter keuses jou negatief sal beïnvloed en watter positief.’ Ons het dus ook die keuse om vrylik te besluit watter keuses ons maak. Omdat dit vandag moedersdag is het ek dit goed gedink om ook ‘n paar vroue uit die Bybel uit te lig, wat lewens-omkeerende keuses moes maak.

Maar ons kies dikwels die verkeerde pad, of is selfs dit deur God so gewil? As mens nou dink aan Jakob wat eerstens sy broer se eergeboortereg van hom afgekoop (afgepers?) het. Esau darenteen het nie baie erg gehad aan die eersgeboortereg op daardie stadium nie, want hy was uiters moeg, en honger. Toe Rebekka Jakob aanpraat om sy Pa, Isak, om die bos te lei, het hy besef dat alhoewel sy Pa nie meer goed kan sien nie, hy defnitief die verskil tussen die twee broers sou kon onderskei, as gevolg van hulle fisiese verskille. Hy het dus geweet wat hy doen is verkeerd, maar het tog voort gegaan om die eersgeboortereg van Isak te ontvang. En so het Jakob met bedrog die seën ontvang wat staande sou bly. Maar hy moes vlug vir sy lewe.

Jakob was besig om ‘n gereg gaar te maak, toe Esau van die veld af kom – hy was uitgeput. Esau sê toe vir Jakob: “Gee vir my asseblief ‘n sluk van die rooi goed, hierdie rooi goed, want ek is uitgeput.” Jakob het geantwoord: “Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my,” Toe sê Esau “Kyk, ek is op die punt om dood te gaan; wat is ‘n eersgeboortereg dan vir my werk?” ” (Gen. 25: 29-33); “Jakob sê toe vir sy vader: “EK is Esau, u eersgeborene. Ek het gedoen wat u vir my gesê het. Kom regop, sit en eet van my wildsvleis, sodat u my kan seën.”” (Gen. 27: 19).

Dan is daar die vrou Hanna, Samuel se ma. Wat kinderloos was, en so ‘n groot behoefte gehad het om kinders te hê. Haar man Elkana het nie verstaan hoekom hy nie genoeg vir haar was nie, maar in ‘n moederhart, waarvan die skoot leeg bly, is dit ‘n dringende behoefte. Sy het besluit om vir die Here te bid, en het ‘n eed afgelê dat sy, indien die Here vir haar ‘n seun sal gee, sal sy hom aan die Here teruggee. Die Here verstaan ons pyn hier op aarde en sal mens nie versaak, wanneer jy jou gelofte aan Hom nakom nie, net soos hy met Hanna gedoen het nie. Kan u dit indink om jou kindjie af te gee aan die opvoeding van ‘n ander? Dis verseker ‘n uiters traumatiese ervaring vir ‘n vrou.

Sy was bitter ongelukkig en het tot die Here gebid terwyl sy onbedaarlik huil. Sy het ‘n gelofte afgelê en gesê: “Here, Heersere oor alle magte, as U tog net die ellende van u slavin raaksien een aan my sal dink en u slavin nie vergeet nie, en as U aan u slavin ‘n manlike nasaat sal gee, dan sal ek hom aan U, Here, teruggee so lank as hy leef.” (1 Sam. 1: 10-11)

As ons ook aan Rut dink, wat die keuse gemaak het om haar skoonmoeder, Naomi, te volg na ‘n land wat sy nie geken het nie. Sy was bereid om hierdie vrou wat ‘n baie goeie skoonmoeder moes gewees het, te volg, en die keuse vir God is op die einde ryklik beloon. Sy kon nie die manier van geloof en lewe van haar skoonma agterlaat nie. Sy moes ‘n besondere liefde ervaar het uit die hart van Naomi, asook die lewenswyse en aanbidding van God, om so ‘n keuse te maak.

Naomi sê vir haar : “Kyk, jou skoonsuster het omgedraai na haar volk en haar gode toe. Gaan terug, agter jou skoonsuster aan.” Maar Rut het geantwoord: “Moet my nie probeer dwing om u te verlaat nie of om van u af weg te gaan nie, want waar u gaan, sal ek gaan, en waar u bly, sal ek bly. U volk is my volk en u God is my God. Waar u sterf, sal ek sterf, en daar sal ek begrawe word. Die Here kan my maar swaar straf as ek nie woord hou nie: Net die dood sal ons skei.”” (Rut 1: 15-17)

Wanneer ons aan die verhaal van Ester dink, wat bereid was om te sterf ter wille van haar volk, laat dit mens besef dat daar op verwagte en onverwagte plekke keuses gemaak moet word. Sy was geliefd deur die koning, maar sou sterf indien sy sonder om geroep te word, aan die koning sou verskyn. Ter wille van al die mense wat sou sterf, het sy die keuse gemaak om tog tot begenadiging van haar volk te vra.

Gaan versamel al die Jode wat hulle in SUsan bevind, en vas ter wille van my. Moet drie dae lank, dag en nag, niks eet of drink nie; ook ek en my diensmeisies sal so vas. Daarna sal ek na die koning gaan, al is dit teen die wet. As ek so moet omkom, kom ek so om.” (Est. 4: 16)

So plaas die Here ons ook in situasies, soms onverwags en onbeplan. Dit is dan wanneer ons die keuse vir God moet oorlaat. Want Hy help ons om te kies. Hy onderrig ons en rig ons gesonde verstand deur die voorbeeld van Jesus Christus en deur die leiding van die Heilige Gees, om die regte keuses te maak. Sodat ons nie weeskinders in die heelal hoef te wees nie; soos die wat bewustelik of onbewustelik kies om God te ignoreer nie. Want God gee altyd die beste aan hulle wat Hom toelaat om te kies.

Skep asem vir vandag: 11 Mei 2025

Dagstukkies April

11 Mei

Liewe ….

Ek hoop dat jy sal sien dat die Here regtig goed is en werklik baie vir jou omgee. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Jy kry meer as wat jy behoort te kry

Teks: “Josef het opdrag gegee dat die broers se sakke vol koring gemaak moet word en dat elkeen se geld in die sakke teruggesit moet word.” (Gen. 42:25)

  • Die Here hou baie van jou. Hy stel in elke detail van jou lewe belang.
  • Soos jy die Here vertrou en op Hom steun, verwag buitengewone goeie dinge.
  • Hy sal jou meer gee as wat jy verwag.
  • Die Here sorg dat die regte dinge gebeur en beloon die wat Hom dien (Ps. 58:12).
  • Kyk, die Here maak jou gelukkig. Hy gee jou meer geluk as wat jy verwag of verdien.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U vir my sorg.

In Jesus se Naam. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.