Liewe vriende en familie
Baie dankie dat julle bid.
Dankie dat julle hierdie geloofspad saam met ons stap.
Soms voel dit asof ons op water loop en met kere voel dot asof ons sink, maar die Here se hand is altyd daar. Naby om vas te hou en te red. Al gaan onder deur die dal van doodskaduwee weet ons waar ons hulp vandaan kom.
Die dokters het vol hoop weer met ‘n reeks chemo begin, vol hoop dat die gewas krimp, maar na die volgende CT scan het hulle besluit om finaal te stop. Die gewas het elke week verdubbel.
Intussen het my seuns vir alternatiewe behandelings begin soek en met ‘n hospitaal in Israel wat CAR-T cell therapy doen begin kommunikeer. Ons het elke verslag en bloed toets aan gestuur en hulle het vir Mari-Alena aanvaar om te behandel! Intussen het sy ook 5 dae van bestraling after die rug. Die gewas was reeds groot en na die bestraling het sy die ergste pyn ooit gehad. Die staatshospitaal het nie voldoende medikasie oor die naweek gehad nie, aangesien hul apteek toe was. Hulle het op al die voere van die hospitaal morfien gesoek en na vier ure het sy eers rustig begin raak. Dit was erg om my kind so te sien. Daardie dag het ek net gebid en vir die Here gesê dat Sy wil moet geskiet. Mari-Alena se lewe is in Sy hande. Ons het alles gedoen wat ons kon.
Sy is oorgeskuif na ‘n hospice waar hulle nou beter haar pyn kan bestuur. Sy het begin geelsig kry en moes baie dringend stents in haar lewer en galblaas pypies kry. ‘n Dokter het ingestem om haar vinnig te help. Hy het voor die prosedure vir ons alles vertel wat kon fout gaan en weer kon ons net bid en op die Here vertrou. Israel het ook gesê dat haar bloed tellings nie goed lyk nie en hulle haar eers kan aanvaar wanneer dit hoog genoeg is. Die dokter het vertel hoe moeilik dit was om die stents in te sit aangesien alles binne haar rondgeskuif het na die bestraling. Die gewas het die pypies toegedruk. Hy moes amper blindelings om ‘n draai die een stent insit. Hy het baie gesukkel, maar dit reg gekry! Die pypie het dadelik begin dreineer! Ons prys die Here! Na net ‘n drie dae kan mens reeds sien hoe haar kleur verander. Op die oomblik is ons tasse gepak. Sodra haar witbloedtelling opgetel het en Israel gee die groen lig wil ons vlieg, aangesien die gewas in die verlede baie vinnig gegroei het.
Gisteraand het Mari-Alena vir die eerste keer in drie weke gelê en slaap! Elke aand sit sy regop en slaap, aangesien die gewas so groot was.
Bid asseblief saam vir voldoende finansies. My seuns het ‘n “gofundme” bladsy begin want die bedrag wat ons benodig, is ver bo wat ons kan bekostig, maar vir die Here is alles moontlik!
Bid asseblief vir die reis, die vlug, duane, die behandeling in Israël. Vir guns en oop deure. Dit is net ek en Mari-Alena en ‘n rolstoel.
In Oekraïne gaan al die bedieninge aan.
Die week het Love Oekraïne 2025 begin en al die skole neem weer deel behalwe die twee klein dorpies, waar die Ortodokse priester daar teen gekant is. Ons span besoek elke dag ‘n skool vir die volgende twee weke.
Dit gaan goed met die leiers en elke Sondag se diens is so geseënd. Ons begin ook herstelwerk aan die Ark, ‘n toevlug vir kindertjies. Ons het vir drie jaar vlugtelinge in die ark laat gratis bly, maar daar is soveel werk om dit weer reg te kry. Drie klein kindertjies het dringend bly plek nodig. Jana in Eva gaan in die Ark bly en die kindertjies versorg. Die sosiale dienste het die kindertjies na ons gebring. Hul ma se voogskap is weg geneem, aangesien sy nie na hulle gekyk het nie.
Ons bly bid vir vrede in Oekraïne asook die Here se beskerming vir ons jong manne indie gemeente wat veg. Bid asseblief vir medewerkers daar, as ook van ons mammas se seuns wat veg. Een van die meisies in ons gemeente, se broer en oom is op een dag oorlede in die oorlog terwyl hulle geveg het.
Baie liefde en seen
Dienswerker in Oekraïne.
Capitec
MRS M POTGIETER
Savings Account Number: 1554335599
Branch: 470010
SWIFT/BIC code (CABLZAJJ)
International Sort/Routing/Clearing Code: 470010
Account number/IBAN: 1554335599



Kommentare is gesluit.