14 Mei
Liewe ….
Ek bid dat die Heilige Gees jou die krag sal gee om op te hou om die verkeerde dinge te herhaal. Hier is Sy Woord vir jou.
Tema: As jy jammer is, sal jy anders begin optree
Teks: “Juda het vir sy pa Israel gesê: “Stuur tog maar die kind saam met my sodat ons dadelik kan vertrek.” (Gén 43:8)
- Wie die lesse van die lewe ernstig opneem (soos Juda), is slim. So iemand ken die kuns van die lewe (Spr. 12:1).
- Niemand kry uit verkeerde dade iets reg nie (Spr. 12:3).
- Christusgelowiges dink altyd hoe hulle reg kan leef en die verlede beter oor kan doen (Spr. 12:5).
- Jy is baie kosbaar vir die Here. Hy belê in jou sodat jy presies sal word wat Hy wil hê jy moet wees.
- Hy wil jou as ‘n instrument in Sy hande gebruik.
Gebed
Liewe Vader, gee my die wysheid om in te sien waar ek verkeerd leef, en die moed om heeltemal nuut te leef.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


