18 Mei
Liewe ….
Ek bid dat jy elke dag sal sien hoe God se beloftes vir jou waar word. Hier is Sy woord vir vandag.
Tema: Wat die Here aan jou belowe sal Hy waar maak
Teks:“Toe Josef inkom, bring hulle vir hom die geskenk wat hulle saamgebring het, na die huis toe. Toe buig hulle diep voor hom. ” (Gen 43:26)
- Om die Here te raadpleeg, is nooit ‘n mors van tyd nie.
- Wanneer die Here sê dat Hy iets sal doen, doen Hy dit.
- Soms neem Hy ‘n tydjie voordat Hy Sy beloftes waar maak, maar Hy doen dit.
- Neem die Here op Sy woord, en leef vanuit Sy beloftes.
- Kry daarom vrede dat die goeie dinge wat Hy belowe ‘n werklikheid sal word – geloof is nodig.
Gebed
Liewe Vader, maak U beloftes in my lewe waar.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


