Sondag 11 Mei 2025 Erediens en Kategese 09:00.
Woensdag 14 Mei 2025 Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 9B (Vogelsang tot Duinelaagte)
Woensdag 14 Mei 2025 Koor oefening 16:45
Sondag 18 Mei 2025 : Kategese en Erediens om 09:00
Wolwedans Boodskap Sop en Brood – 21 Mei en 4 & 18 Junie.
22 Mei 2025 – Bloedskenk 14:00-19:00
Vrydag 20 Junie 2025 – Magda Louw – (K)Letterkunde 18:30
Ramot – ‘n Nuwe lewe, ‘n Nuwe begin
RAMOT VERSTAAN DIE BELANGRIKHEID VAN REHABILITASIE EN DIE IMPAK OP INDIVIDUE, GESINNE EN GEMEENSKAPPE, VERAL GEDURENDE DIE TYD VAN ONSTABILITEIT EN EMOSIONELE NOOD.
Ramot is ‘n holistiese behandelingsfasiliteit vir alkohol-, pil- en dwelmverslawing. Hul doel is om meer te doen as om net die siklus van verslawing te breek; hul benadering tot dwelm- en alkoholrehabilitasie maak fisiese, sielkundige en geestelike genesing moontlik. Hulle unieke benadering, wat intensiewe, individuele aandag insluit, verseker dat hul pasiënte die rehabilitasiesentrum verlaat met die selfvertroue en vaardighede om hul lewens tot hul volle potensiaal te leef.
As ‘n baken van hoop, lewer RAMOT voortdurend ‘n boodskap van optimisme deur hul uitreike na gemeenskappe regoor die Wes-Kaap, wat mense herinner aan hul onwrikbare slagspreuk: “’n Nuwe lewe, ‘n Nuwe begin”.
Die span is daartoe verbind om uitstekende behandeling en diens aan pasiënte en hul gesinne te lewer. RAMOT bied virtuele nasorgsessies wat baie positief deur pasiënte en uitgebreide familie ondersteun word. Daarbenewens het ons ons samewerking met die media verbreed om die publiek op hoogte te hou en ‘n tasbare oplossing te bied aan diegene wat met substansafhanklikheid worstel.
RAMOT dien as ‘n veilige omgewing van hoop, sodat pasiënte hul oë vorentoe gevestig hou – om nie te fokus op die nederlae nie, maar om hul “rock-bottom” die vaste fondament vir ‘n nuwe toekoms te laat word.
Die lirieke van Koos du Plessis se bekende lied, Gebed is as volg: “Wat ek is, is net genade, wat ek het, is net geleen,” RAMOT ontvang eindelose genade van ons Hemelse Vader.
U kan meer lees oor RAMOT hier.
Webtuiste: https://www.ramot.org.za/
Afkondigings 11-18 Mei 2025
Sondag 11 Mei 2025 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Handelinge 9:1-17.
- Die tema van die prediking is: Koers Aanpassings.
- Moedersdag.
- Kategese.
- Spesiale offer vir Ramot by die deure. (Sien ook: Ramot: ‘n Nuwe lewe ‘n Nuwe begin)
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Dr Gerrie van Deventer.
Woensdag 14 Mei 2025 :
Lees meer “Afkondigings 11-18 Mei 2025”Skep asem vir vandag: 10 Mei 2025
10 Mei
Liewe ….
Vandag bid ek dat jy ander mense sal vergewe soos God jou vergewe. Hier is die boodskap van die Here en dit is spesiaal vir jou.
Tema: Vergewe ander mense
Teks: “Josef het van hulle af weggegaan en gaan huil” (Gen 42:24)
- Gaan uit jou pad om in vrede met ander mense te leef (Rom. 12:18).
- Wraakplanne pas glad by Christusgelowiges nie (Rom. 12:19).
- Laat die Here die situasie hanteer. Hy sal jou teenstanders rooi in die gesig van skaamte maak (Rom. 12:20).
- Begin ander mense heeltemal vergewe. Spreek hulle regtig vry.
- Dan sal dit jou nie meer pla nie en sal jy regtig vry wees.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U my help om nie self kwaad met kwaad te vergeld nie.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag: 9 Mei 2025
9 Mei
Liewe ….
Mag jy aanvaar dat God jou ook vir jou verkeerde optrede van die verlede, vergewe. Hier is Sy Woord vir jou.
Tema: Vergewe jouself
Teks: “Dit het ons nou van alles wat ons destyds ons broer aangedoen het…” (Gen 42:21)
- Soms voel jy baie sleg oor dinge van die verlede. Jy hou dan aan om jou daarvoor te verwyt.
- As iets tussen jou en iemand anders verkeerd geloop het, praat dit eers mooi uit (Spr. 25:9).
- Jesus bevry jou van die dinge wat in die verlede tussen jou en ander mense verkeerd geloop het.
- God het jou vergewe. Begin vry leef. Vergewe jouself.
- Hou vas aan God se liefde en deernis.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U my losmaak van die foute van my verlede.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag: 1 Mei 2025
8 Mei
Liewe ….
Ek bid dat jy iemand sal wees wat ‘n goeie naam het. Hier is Sy Woord vir jou.
Tema: Leef eerlik en met integriteit
Teks: “ Ons is eerlike mense…” (Gen 42:11, 31; 44:7)
- ‘n Goeie naam is baie beter as geld en goud – as edelmetale (Spr. 22:1).
- Die goeie gesindheid en liefde van ander mense is kosbaarder as groot rykdom (Spr. 22:1).
- Mense hou baie van iemand wat eerlik is en reguit op vrae antwoord (Spr. 24:26).
- Maak hierdie spel van die lewe klaar en bly op God vertrou (2 Tim. 4:7-8).
- Onthou, speel hierdie spel van die lewe met die doel om te wen (1 Kor. 9:24).
- God is altyd by jou.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat ek die spel van die lewe kan speel met die oog om die regte doel te wen.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag: 7 Mei 2025
7 Mei
Liewe ….
Ek bid dat jy sal glo dat die Here in absolute beheer van die lewe is. Laat dit jou troos wees. Hier is God se spesiale Woord vir vandag.
Tema: Wat die Here belowe, laat Hy gebeur
Teks: “Hy het aan sy drome van vroeër gedink…” (Gen 42:9)
- Toe Josef se broers voor hom buig, onthou hy die drome wat hy meer as 20-jaar gelede gedroom het.
- Die Here beplan ‘n mens se lewe jare vooruit. Die goeie wat Hy beplan, word waar.
- Wees daarom rustig en leef in absolute geloofsvertroue, vrede en lewensvreugde.
- Die goeie dinge wat die Here vir jou beplan, sal ook waar word.
- Hy is by jou. Hy is jou God (Jes. 41:10).
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U die goeie dinge wat U vir my beplan, waar maak.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag: 6 Mei 2025
6 Mei
Liewe ….
My gebed is dat jy deur die Heilige Gees gedring sal word om aktief vooruit te werk. Hier is Sy Woord vir jou.
Tema: Sit skouer aan die wiel
Teks: “Waarom sit julle vir mekaar ek kyk” (Gen 42:1)
- Dikwels tref teenspoed jou. Jy doen niks om self daaruit te kom nie en verwag ander mense moet jou uithelp.
- akob berispe sy seuns wat ook so opgetree het.
- Doen liewer positiewe beplanning om self uit die moeilikheid en probleme te kom.
- Slegte dinge kan jy deur goeie positiewe beplanning uit die weg ruim.
- Verwag dat die Here wat met orde geskep het, jou ook hierin gelukkig sal maak.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U my help om deur positiewe optrede alle moeilikhede baas te raak.
In Jesus se Naam.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Mari-Alena Potgieter se verdere behandeling – Mei 2025
Mari-Alena update
Baie dankie dat julle bid.
Bid asseblief saam vir die pad vorentoe.
Vandag het die dokters bevestig dat Mari-Alena nie meer met chemoterapie sal voortgaan nie, aangesien dit ondoeltreffend was teen haar aggressiewe kanker. Op hierdie stadium maak dit nie meer sin vir haar om die newe-effekte van beide die behandeling en siekte te verduur nie. Haar maaggewas het in grootte verdubbel, en haar Burkitt-limfoom het bewys dat dit bestand is teen selfs die mees intensiewe reddingsterapie (weerstandige kanker).
Sy ontvang tans gereelde dosisse morfien om die pyn te hanteer wat veroorsaak word deur die gewas wat teen omliggende organe druk. In die toekoms sal haar sorg verskuif na palliatiewe behandeling gefokus op gemak en simptoombestuur. Môre sal die radiologie-span bepaal of bestraling kan help om die gewas te krimp, pyn te verlig en blokkasies in belangrike organe soos die lewer of galblaas te voorkom.
Ons is dankbaar vir al julle gebede en ondersteuning.
Na maande se skanderings, toetse en biopsie is Burkitt limfoom by haar gediagnoseer – een van die vinnigste groeiende en gevaarlikste bloedkankers.
Sy het elke behandeling verduur wat na haar gegooi is:
Eerste-lyn chemoterapie (R-HyperCVAD)
Tweede-lyn reddingschemo (CODOX-M/IVAC)
Pyn, naarheid, hospitalisasies, bloedoortappings – en tog het die kanker nie gereageer nie.
Ten spyte van haar ongelooflike krag en positiewe gees, sê haar dokters nou chemoterapie alleen is nie genoeg nie. Haar beste kans is ‘n gevorderde, eksperimentele behandeling genaamd CAR T-selterapie – maar dit is nie hier in Suid-Afrika beskikbaar nie.
Die ongelooflike span by Sheba Mediese Sentrum in Israel, het haar saak hersien en is bereid om te help. Hulle het Mari-Alena ‘n plek in hul CAR T-sel-terapieprogram aangebied, wat die kanker heeltemal kan uitwis en haar ‘n tweede kans op die lewe kan gee.
Bid asseblief saam met ons vir hierdie geleentheid.
GoFundMe vir Mari-Alena, ‘n 23-jarige wat teen ‘n aggressiewe kanker veg. As jy kan, oorweeg dit om te skenk of net die plasing te deel om die woord te help versprei.
👇🏻
⚠️ Bankbesonderhede in SA
*Donasies vir Mari-Alena se behandeling in Israel*
Bank: Capitec
Rekeninghouer: Juffrou MARI ALENA POTGIETER
Rekeningtipe: Hoofrekening
Rekeningnommer/IBAN: 1687370603
SWIFT/BIC-nommer: CABLZAJJ
Takkode: 470010
https://www.gofundme.com/f/give-marialena-a-chance-at-life
Michele Potgieter
Reni, Ukraine
Skep asem vir vandag: 5 Mei 2025
5 Mei
Liewe ….
Mag die Here gee dat jy vandag werklik sal sien dat Hy baie goed is. Hier is die Woord van God vir jou vir vandag.
Tema: Daar sal in jou behoeftes voorsien word.
Teks: “… Josef het die graanskure oopgesluit en wat daarin was, … begin verkoop. ” (Gen 41:56)
- Daar is dikwels behoeftes of nood in jou lewe.
- Die hand van die Here kan dikwels gesien word as jy terugkyk.
- Daar sal vir jou gesorg word, soos in die verlede vir jou gesorg is.
- Hy sal jou vandag uithelp net soos Hy jou in die verlede gedoen het.
- Soos Hy vandag help, sal Hy ook in die toekoms help.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U my altyd help.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Gemeentefees: 3 Mei 2025
Die gemeente fees van 3 Mei was ‘n heerlike saamwerk en saamkuier geleentheid. Die dag is geopen met ‘n gebed deur Ds Danie Goosen.
Die tafels met hul interessante name soos, ‘Kole & konfyt’, ‘Skatte & snaaksighede”, ‘Soet sondes’, ‘Kerrie ‘n bietjie’, ‘Stok & smul’, ‘Koek & klets’, ‘Strooi & rol’, ‘Kraakvars natuurlekkers’ en ‘JAM’ was genoeg om die aptytwekkers aan te skakel. Al die gebak, gebraai, vars groente en vleis, die wit olifant tafel, boeke; asook die kinders se Jam (Jesus and Me) tafels was keurig versier. In die agtergrond was die musiek’ n wonderlike toevoeging om van die dag ‘n reuse sukses te maak.
Die kinders kon heerlik speel, en die ‘Sea Rescue’ span het die kinders ingelig oor strand veiligheid. Daarna moes die kinders vasskop en toutrek teen die pulley en draad koord van hulle voertuig. Dit was verseker ‘n ongelyke stryd.
Dit was ‘n gesellige oggend midde in al die vooraf beplanning en harde werk wat daarmee gepaard gegaan het. Die Gemeente fees span kan net bedank word vir die heerlike oggend.
Stof tot nadenke: “Wat laat ons groei?”
“Laat altwee saam groei tot met die oes. In die oestyd sal ek vir dié wat oes, sê: ‘Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring na my skuur toe.’ ”
Matt. 13: 30
Ons weet dat ons hele lewe hier op aarde ‘n proses van groei is. Van voor geboorte vind daar groei plaas vanaf saad. Ons ontwikkel in baie klein mensies en ons hou nooit op groei tot ons fisiese volwassenheid bereik nie. Tydens hierdie fisiese groei proses, en selfs nadat ons fisiese volwassenheid bereik het, moet ons egter ook leer groei in begrip van ons aardse bestaan. Ons moet leer en groei om ook emosionele volwassenheid te bereik. Sodoende leer ons om werklik te lewe. Daar is ‘n bekende Ierse spreekwoord: “Dit maak nie saak hoe lank jou oupa was nie, jy moet self groei.” So moet ons elkeen groei tot volle potensiaal, wat ons slegs kan doen, as ons besef dat ons nooit regtig op ‘n punt kom waar ons kan ophou groei in hierdie lewe nie.
Daar is vele gesegdes en spreekwoorde oor groei, waarvan die een van Robert Browning nogal treffend is. “As jy tevrede is met wat jy is, het jy alreeds ophou groei. As jy sê’ “Dit is genoeg!” is jy verlore. Hou aan met loop, beweeg immer vorentoe, streef na die eindstreep. Moenie op die pad stilhou nie, of terugdraai nie, of van die pad afwyk nie.” So is ook die gesegde van Frank A Clark baie toepaslik op hierdie aardse bestaan: “Ons vind veiligheid en vertroosting tussen hulle wat met ons saamstem, maar groei tussen hulle wat van ons verskil.” In Matt. 13: 30 se gelykenis van die koring en die onkruid, hoor ons duidelik in die woorde van Jesus Christus ‘dat die onkruid en die koring saam sal groei op die land, maar dat dit aan die einde van mekaar geskei sal word’. Ons moet dus groei in die teenwoordigheid van die wat anders as ons is en selfs soms vir ons wil verdring.
Die groei van ‘n gelowige Christen is nou gekoppel aan God. Want dis God wat die groei nader aan Hom, in ons bewerkstellig. IL de villiers het dit so mooi gestel: “Maar wat ons vir God doen, is deel van die koninkryk, sê Jesus. Dit groei en word ongemerk ‘n groot boom. Laat ons maar werk en glo: God sal laat groei. God voorsien die saad in ons lewens wat ons laat groei nader aan Hom.
“Ek het geplant, Appolos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het. Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei. Die een wat plant en die een wat natgooi, staan op gelyke voet: God sal elkeen beloon volgens sy werk.” (1 Kor 3: 6-8); “God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ‘n ryk oes laat oplewer.” (2 Kor. 9: 10); “Uit Christus groei die hele liggaam, ondersteun deur die gewrigte en saamgebind deur die spiere, soos God dit laat groei.” (Kol. 2: 19)
Wat is die belangrikste groeipunt vir ons lewens? Ons moet groei in die liefde. Liefde vir God en die liefde vir ons medemens. Daardie medemens waartussen ons geplaas is, deur God self. Dit is hoe ons nader aan God en Jesus Christus groei. Al kan ons as mense vergelyk word met die belangrike daaglikse speserye, soos sout, peper en ook ander kruie, vul ons mekaar aan om die perfekte samestelling vir God se verheerliking te bewerkstellig. Ons moet besef dat wanneer ons ons oorgee aan die groei wat God in ons bewerkstellig, maak dit vir ons die pad oop om meer soos Christus te wees.
“Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof, en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggaamsdelee pas by mekaar en vorm saam ‘n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homselfop in liefde.” (Eff. 4: 15-16); “Mag God on Vader self en ons Here Jesus ons pad na julle toe oopmaak! En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle. So sal Hy julle innerlik sterk maak dat julle onberispelik en heilig voor God ons Vader sal staan wanneer ons Here Jesus kom saam met al sy heilige engele.” (1 Tess. 3: 11: 13)
Laat ons groei in die liefde vir God en die liefde vir mekaar en dan sal ons dalk ook soos Israel van harte liefgehê kan word, wanneer God se toorn afgewend is. Want dan sal God vir ons wees soos die dou vir die plante, en ons sal geil kan groei en sterk wees soos die olyfboom.
“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag. Die tweede is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Geen ander gebod is groter as dié twee nie.” (Mark. 12: 30-31); “Ek sal hulle van harte liefhê. Wanneer my toorn van hom afgewend is, sal Ek vir Israel wees soos die dou. Hy sal bloei soos ‘n lelie en hy sal vas staan soos die Libanon. Hy sal geil groei. Hy sal so sterk wees soos die olyfboom en hy sal ruik soos die plante van Libanon.” (Hos. 14: 5-7))
Skep asem vir vandag: 4 Mei 2025
4 Mei
Liewe ….
Ek hoop dat jy ware innerlike genesing van enige seer in jou lewe sal kry. Hier is ‘n boodskap van God vir jou.
Tema: Alles sal weer regkom
Teks: “God het my alles laat vergeet: al my swaarkry en alles wat my familie my aangedoen het.” (Gen 41:51)
- Emosionele herstel gebeur nie dadelik nie. Josef moes eers wag vir die geboorte van sy oudste seun om dit te kry.
- Die Here God wat trane afdroog, sal ook jou innerlike pyn gesond maak.
- Jy is vir Hom kosbaar. Hy ag jou hoog. Hy het jou ook lief (Jes. 43:4).
- Jy is op jou naam geroep en jy behoort aan Hom (Jes. 43:1).
- Dank die Groot Geneser God vir jou genesing.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U my volkome van elke letsel van my verlede sal genees.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Erediens – Die pad saam met God… Psalm 30. Ds. Danie Goosen. NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Psalm 30
Tema: Die Pad saam met God…
Datum: 4 Mei 2025
Lees meer “Erediens – Die pad saam met God… Psalm 30. Ds. Danie Goosen. NG Kerk Groot-Brakrivier”Nuusflitse Week 19+ van 2025
Sondag 4 Mei 2025 erediens gelei deur ds Danie Goosen.
Woensdag 7 Mei 2025 Geen Bolkbyeenkoms
Woensdag 7 Mei 2025 Koor oefening 16:45
Sondag 11 Mei 2025 : Erediens om 09:00 – Dr Gerrie van Deventer.
Wolwedans Boodskap Sop en Brood – 7 & 21 Mei en 4 & 18 Junie.
Vrydag 20 Junie 2025 – Magda Louw – (K)Letterkunde 18:30
Afkondigings 4 – 11 Mei 2025
Sondag 4 Mei 2025 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Psalm 30.
- Die tema van die prediking is: Die Pad saam met God…
- Arbeidsondag.
- GEEN Kategese.
- Sinodale offer vir Gemeenteondersteuning by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- Paul Smuts besoek – terugvoer oor Die Gideons
Lief en Leed Week 19 van 2025
Baie geluk aan al ons verjaardag maats. Mag die Here julle ryklik seën in hierdie jaar.
Lees meer “Lief en Leed Week 19 van 2025”Skep asem vir vandag: 3 Mei 2025
3 Mei
Liewe ….
Ek hoop dat jy saam met die Here hard sal werk. Jy sal sien hoeveel geluk die Here vir jou harde werk gee. Hier is Sy Woord vir jou.
Tema: Sorg vir jouself
Teks: Josef het so baie koring bymekaargemaak dat dit net soveel was as die sand van die see. Hy het later opgehou om aan te teken hoeveel daar was, want dit was te veel om te tel. ” (Gen 41:49)
- Maak jou planne dadelik. Doen jou planne deeglik. Voer jou planne uit. Werk hard.
- Sukses kom na goeie beplanning en weens harde werk.
- As jy vooruit beplan en vooruit werk, sal jy in tye van moeilikhede veilig wees.
- Die Here sorg vir jou as jy vir jouself ook sorg (2 Tess 3:10, 12).
Gebed
Liewe Vader, help my sodat ek hard werk.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag: 2 Mei 2025
2 Mei
Liewe ….
Vandag bid ek dat dit met jou baie goed sal gaan. Mag die Here jou goeie lewe en gesondheid gee. Net so bid ek dat wie nie goeie beplanners is nie, daardie talent van die Here sal kry. Hier is Sy Woord vir jou.
Tema: Leer om te beplan
Teks: “Die graan moet vir die land in reserwe gehou word, dit moet vir die sewe jaar van hongersnood beskikbaar wees in Egipte. Dan sal die hongersnood nie die land uitroei nie.” ” (Gén 41:36)
- Die lewe gebeur nie net sommer nie. Daar is orde, ritme, harmonie en balans.
- Daarom dat jy georden moet leef – in jou privaat lewe en in jou werk.
- Sommige mense dink beplanning is onnodig.
- Jy het dalk nie noodwendig die talent om te beplan nie, maar God se Gees help jou dit aanleer.
- Beplanning is noodsaaklik vir sukses.
- Wanneer jy jou lewe en werk beplan, sal jy met meer grasie hier op aarde leef.
Gebed
Liewe Vader, gee my wysheid, insig en die wilsvermoë om my lewe te beplan.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Skep asem vir vandag: 1 Mei 2025
1 Mei
Liewe ….
My gebed is dat jy vandag sal besef dat God dinge kan doen wat jy nie kan doen nie. Hier is Sy Woord vir jou.
Tema: God laat die onmoontlike plaasvind
Teks: “Josef het vir Farao gesê: Nie ek nie! God gee die goeie antwoord vir u” (Gen 41:16)
- Soms moet jy by die einde van jou vermoë, talente en eie planne kom en dit eers erken.
- Erken dat God kan doen wat jy nie kan doen nie, al wou jy dit doen.
- Die oplossings van die Here is ‘n prent van Sy krag, mag, wysheid, optrede en alom-teenwoordigheid.
- Laat toe dat die Here jou lewe se verhaal en reis skryf. Staan terug.
- Vanuit die Here God kom net liefde, genade, empatie, deernis en omgee, ja, tweede kanse.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U my lewe in geleenthede verander.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.








































































