16 Mei
Liewe ….
Ek hoop dat jy sensitief sal wees vir die nuwe uitkomste wat die Here in die lewe gee. Hier is Sy Woord vir jou.
Tema: Moet jou nie bekommer nie
Teks: “Toe sê die amptenaar vir hulle: “Wees gerus! Moenie bekommerd wees nie.” (Gen 43:23)
- Soms bekommer jy jou omdat die lewe nie verloop soos jy dit beplan nie.
- Dit is die Here se manier hoe Hy jou gelukkig gaan maak.
- Verwag die geluk van die Here op die heel vreemdste maniere. Aanvaar en ontvang dit dan.
- Dit is Sy wens dat jy wel die voordeel en vrugte van jou werk en lewe sal geniet.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U selfs in onverwagse oomblikke sorg.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


