17 Mei
Liewe ….
Ek bid dat jy sal verstaan dat jy ook ander mense moet dien. My wens is dat jy sal begryp wat dit beteken. Hier is ‘n boodskap uit die Bybel vir jou.
Tema: Kies om ander te dien
Teks: “Nadat die amptenaar hulle in Josef se huis ingebring het, het hy vir hulle water gegee, en hulle het hulle voete gewas.” (Gén 43:24)
- Voetwassing was ‘n groot vernedering – ‘n slaaf kon kies om nie iemand se voete te was nie, maar Josef was sy broers se voete.
- Moenie wraak neem oor seer wat jou aangedoen is nie.
- Maak ander ,mense vry deur hulle te dien – wees die minste.
- So sal jy groot innerlike vrede, wat van die Here van Vrede kom, kry en ervaar.
Gebed
Liewe Vader, ek het U krag nodig om mense wat my seergemaak het te dien. Help my hierin.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


