Koop nou jou kaartjies vir Magda Louw se bekroonde vertoning:
- ‘n Les in (K)letterkunde
- Datum: 20 Junie 2025
- Plek : NG Kerk Groot-Brakrivier Kerksaal
- Tyd: 18:00
- Koste: R180 pp
Beperkte aantal kaartjies.
Koop jou kaartjie nou by die Kerkkantoor. Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.
Daar sal heerlike gebak en koffie te koop wees tydens die vertoning vanaf ons plaaslike bakkery “Daily Bread“.

Magda Louw, die kletskous wat presies sê wat sy dink, praat oor die waarde en waansin van woorde. Van lag en hartseer in jou moedertaal, tot die dinge wat ons soms sê wat net ‘n gedagte moes gebly het.
Van haar kop in ‘n byekorf steek tot uit die bos kom, sy speel oop kaarte sonder om enigiemand heuning om die mond te smeer.
Beperkte aantal kaartjies.
Koop jou kaartjie nou!



