13 Mei
Liewe ….
Vandag bid ek weer ‘n praktiese saak vir jou: dat jy ‘n verantwoordelike mens sal wees. Hier is Sy Woord vir jou.
Tema: Neem verantwoordelikheid
Teks: “Maak my verantwoordelik vir hom, en ek sal hom vir Pa terugbesorg.” (Gen 42:37)
- Ruben staan nie terug om verantwoordelikheid te neem nie. Hy het verantwoordelikheid vir Benjamin en Josef op hom geneem.
- Miere neem ook verantwoordelikheid vir hul toekoms – sonder druk van ‘n baas of ‘n toesighouer werk miere self en gaar vroegtydig kos.(Spr. 6:6-7).
- Wie nie selfdissipline het nie, neem nie verantwoordelikheid vir hulle toekoms nie, want hulle sterf as gevolg daarvan (Spr. 5:23).
- Harde werk het sy voordele. Praatjies bring jou nie ver nie (Spr. 14:23).
- Vir jou vandag, kyk na die Here en wag vir die geleenthede om verantwoordelikheid te neem. Hy sal jou baie gelukkig maak.
Gebed
Liewe Vader, dankie vir geleenthede om verantwoordelikheid vir dinge in die lewe te neem.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


