Prediker: Ds. Charné Viljoen
Skriflesing:
- Handelinge 1:6-11
- Openbaring 5: 7-14
- Romeine 6: 6-11
Tema: Hemelvaart
Datum: 29 Mei 2025
Lees meer “Hemelvaart 2025. Handelinge 1, Openbaring 5, Romeine 6. Ds. Charné Viljoen. NG Kerk Groot-Brakrivier”Prediker: Ds. Charné Viljoen
Skriflesing:
Tema: Hemelvaart
Datum: 29 Mei 2025
Lees meer “Hemelvaart 2025. Handelinge 1, Openbaring 5, Romeine 6. Ds. Charné Viljoen. NG Kerk Groot-Brakrivier”Mag jy sien hoeveel keer God presies vir jou goeie dinge in jou lewe laat gebeur. Hier is ‘n spesiale gedagte uit God se Woord vir vandag.
Teks: “En hulle pa Israel het gesê: “Ek verlang niks meer nie. My seun Josef leef, en ek wil hom net sien voor ek sterf.” (Gen. 45:28)
Liewe Vader, baie dankie dat U my altyd gelukkig maak.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Our island had a visit from the President. On the one hand, that was a very exciting prospect, simply because we knew that we’ll have uninterrupted electricity and water, but on the other hand it meant that just about the whole population was called upon to clean, sweep and then clean some more. Not something that all people here are naturally inclined to.
Lees meer “Sendingnuus: Madagaskar – The Week 18 Mei 2025”Leer/Lees die Bybel vinnig op ‘n prettige manier.
Woorde hoofsaaklik uit die Afrikaanse Bybel, 1992 (AFR83) vertaling geneem, maar sommige woorde ook uit die Afrikaanse Bybel 2020(AFR20) vertaling.
(Dit werk die beste op ‘n rekenaar maar kan ook op ‘n horisontaal gedraaide foon gespeel word.) Die Bybel APP werk goed hiervoor.
Klik op die prentjie hieronder om te speel.

God se stem in die seisoene
“U wat al die seisoene van die aarde vasgestel het; somer en winter is die werk van U hand” – Psalm 74:17.
Mag jy iemand van hoop en geloof wees. Hier is God se spesiale Woord vir jou.
Teks: “Moenie langs die pad bang word en begin twyfel nie.” (Gen. 45:25).
Liewe Vader, dankie dat U my ‘n vol lewe gee.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Ek bid dat jy sal hoor hoe die Here jou roep om na Hom te gaan. Ek bid dat jy na Hom sal gaan. Hier is Sy Woord vir jou.
Teks: “Kom na my toe. Moenie talm nie, kom bly in die Gosenstreek.” (Gen. 45:10)
Liewe Vader, so baie dankie vir al die geluk wat U oor my pad bring.
In die Naam van Jesus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Ek hoop dat jy sensitief sal wees vir die nuwe uitkomste wat die Here in die lewe gee. Hier is Sy Woord vir jou.
Teks: “Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uitgestuur om lewens te red.” (Gen. 45:5)
Liewe Vader, baie dankie dat U altyd vir my genoeg gee.
In die Naam van Jesus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
“…Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, en dit in oorvloed.”
Joh. 10: 10
Oorvloed word deur mense dikwels verskillend geïnterpreteer. Sommige dink dit het te doen met rykdom en finansiële gewin, ander met die genietinge van die lewe. In die Ou Testament is dit dikwels verstaan dat oorvloed uit die Here se hand kom; hetsy of dit oorvloed in rykdom is, of die opbrengs van die jaar, of die liefde in jou lewe. Die hele Ps. 65 is ‘n pragtige danklied aan God, uit wie se hand alles ontvang word. In Christus se woorde het Hy gekom sodat ons lewe in oorvloed kan hê! Weereens is almal se persepsie van wat dit beteken verskillend.
Daar is egter ook ander dinge wat in oorvloed uit God se hand kom, naamlik oorvloed in genade, geloof, kennis, vrede, liefde, vrygewigheid en omgee vir ander.
“Soos julle nou van alles oorvloed het, geloof en welsprekendheid en kennis en alle ywer en die liefde, wat deur ons toedoen onder julle is, sorg dat julle ook in hierdie genadewerk oorvloedig is.” (2 Kor. 8: 7);
“…hulle wat uitverkies is volgens die voorkennis van God, die Vader, om deur die heiligmaking van die Gees gehoorsaam te wees, en met die bloed van Jesus Christus besprinkel te word: Mag genade en vrede in oorvloed aan julle geskenk word!” (1 Pet. 1: 2);
“Judas, dienskneg van Jesus Christus, en broer van Jakobus, aan die geroepenes, diegene wat hulle in die liefde van God die Vader bevind, en vir Jesus Christus bewaar is: Mag barmhartigheid, vrede en liefde in oorvloed aan julle gegee word.” (Jud. 1: 2)
‘n Oorvloedige lewe, met diepte en betekenis, kan lekker en heel eenvoudig wees. Soos wanneer ons ontdek dat God ons elkeen in ons uniekheid lief het, net soos ons is. Daar is ook verseker ‘n spesiale doel vir elkeen van ons. Ons moet leer om almal lief te hê, want liefde is iets wat mens moet uitdeel en weggee. Dit gaan nie net oor onsself nie, en dis wonderlik om die vreugde en dankbaarheid te ervaar van mense wat ontvang.
“Julle huidige oorvloed vul hulle tekort aan, sodat hulle oorvloed weer julle tekort aanvul, en dan so ewewig kan wees. Soos daar geskryf staan: “Die een met baie, het nie te veel gehad nie, en die een met net ‘n bietjie, nie te min nie.”” (2 Kor. 8: 14-15);
“So word julle in elke opsig verryk, om in alles vrygewig te wees, en dit loop deur ons bemiddeling uit op danksegging aan God. Want die hulp van hierdie bediening voorsien nie net in die heiliges se behoeftes nie, maar lei ook tot ‘n oorvloed van baie uitinge van danksegging aan God.” (2 Kor 9: 11-12);
“Beveel die rykes in die huidige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie, en nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom te vestig nie, maar op God, wat alle dinge in oorvloed aan ons gee om te geniet. Beveel hulle om eerder goed te doen, ryk aan goeie dade, vrygewig en mededeelsaam te wees, om sodoende vir hulleself ‘n skat op te bou as goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe kan verkry.” (1 Tim. 6: 17-19);
“’n Gulhartige persoon geniet oorvloed, en wie ‘n ander se dors les, kry self genoeg te drinke.” (Spr. 11: 25)
Hoe vind ons uit wat ons doel hier op aarde is? Ons moet saam met God die pad stap. Dit is Hy wat ons hier gewil het. Dit is Hy wat weet waarheen ons oppad is. Hoe kan ons uitvind wat ons doel is, as ons nie saam met ons Skepper die pad stap, om uit te vind nie. Deur Jesus Christus as jou Verlosser te aanvaar, en die pad van heiligmaking (om nader aan God te leef) en meer soos Jesus Christus te wees, kan ons onder leiding van die Heilige Gees ons doel bereik; in en deur die genade wat God aan ons geskenk het. ‘n Gesindheid van oorvloed maak jou nie gemaksugtig nie, maar laat jou gemaklik, veilig in die hande van God, want waar God ookal gaan is daar oorvloed.
“U kroon die jaar met u goeie gawes. Waar U ook gaan, is daar oorvloed.” (Ps. 65: 12)
Die lewe saam met God, die Vader, Jesus Christus, die Verlosser en die Heilige Gees, die Trooster gee ons ‘n innerlike vrede en onuitspreeklike vreugde. Jesus Christus is die weg en die waarheid en die lewe!
“Die doel was dat dit duidelik sou blyk dat die egtheid van geloof – ‘n egtheid wat baie kosbaarder is as goud, wat verganklik is, maar nogtans met vuur getoets moet word – uitloop op lof en heerlikheid en eer wanneer Jesus Christus geopenbaar word. Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie; en al sien julle Hom nie nou nie, glo julle in Hom, en jubel julle met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap, omdat julle reeds deel het aan die doel van julle geloof…” (1 Pet. 1: 7-9):
“Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”” (Joh. 14: 6)
My hoop vir jou is dat jy iemand van hoop en vreugde vir alle mense sal wees. Hier is Sy Woord net aan jou vandag.
Teks: “Vat die manne na my huis toe. Laat slag en laat ‘n ete voorberei, want hulle moet vanmiddag by my eet.” (Gen. 43:16)
Liewe Vader, baie dankie dat U vir my hoop en ‘n toekoms gee.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Prediker: Ds. Charné Viljoen
Skriflesing: Openbaring 21: 10 – 22:5 (AFR20)
Tema: Die nuwe Jerusalem
Datum: 25 Mei 2025
Lees meer “Erediens – Die nuwe Jerusalem. Openbaring 21,22. Ds. Charné Viljoen. NG Kerk Groot-Brakrivier”
Sondag 25 Mei 2025 Erediens en Kategese 09:00.
Woensdag 28 Mei 2025: Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 10A (Tergniet-Oos) & 10B (Tergniet-Sentraal & Wes)
Woensdag 28 Mei 2025: Kooroefening 16:45
Donderdag 29 Mei 2025: Hemelvaart 18:00
Sondag 1 Junie 2025 : Kategese en Erediens om 10:00
Wolwedans Boodskap Sop en Brood 4 & 18 Junie.
Pinksterdienste : 1- 5 Junie 2025 10:00 Groenkloof 18:00 Kerkgebou. Ds. Nelis Janse van Rensburg
Vrydag 20 Junie 2025 – Magda Louw – (K)Letterkunde 18:30
My gebed is dat jy sal leer om God vir jou lewe te vertrou. Hier is Sy Woord vir jou.
Teks: “Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uitgestuur om lewens te red.” (Gen 45:5)
Liewe Vader, dankie dat U die Een is wat altyd vir my omgee en my versorg.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Mag jy vandag vir ander mense die een seën op die ander wees. Maak God se Woord vandag jou eie.
Teks: “Toe Josef inkom, bring hulle vir hom die geskenk wat hulle saamgebring het, na die huis toe. Toe buig hulle diep voor hom.” (Gen 43:26)
Liewe Vader, baie dankie dat U mense gelukkig wil hou — gee my ook daardie dubbele geluk.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
My gebed is dat jy vandag gesondheid en hoop sal beleef. Hier is God se Woord vir jou.
Teks: “Nadat die amptenaar hulle in Josef se huis ingebring het, het hy vir hulle water gegee, en hulle het hulle voete gewas.” (Gen. 43:24)
Liewe Vader, dankie dat U Gees die Gees van vrede en liefde is.
In Jesus se Naam.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Liewe ….
Ek hoop en bid dat jy sal aanleer om nie jou oor jou lewe te bekommer nie. Hier is ‘n spesiale boodskap uit Sy Woord vir jou.
Teks: “Toe sê die amptenaar vir hulle: “Wees gerus! Moenie bekommerd wees nie.” (Gen 43:23)
Liewe Vader, baie dankie dat U negatiewe oomblikke in seën verander.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Liewe ….
My gebed is dat jy ontvanklik sal wees dat die Here op die mees onwaarskynlike plekke vir jou sal sorg. Hier is ‘n boodskap uit God se Woord vir jou.
Teks: “Vat die manne na my huis toe. Laat slag en laat ‘n ete voorberei, want hulle moet vanmiddag by my eet.” . ” (Gén 43:16)
Liewe Vader, baie dankie dat U altyd help en uitkoms gee.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Liewe ….
Ek hoop dat jy sensitief sal wees vir die nuwe positiewe uitkomste wat die Here vooruit vir jou beplan het. Hier is Sy Woord vir jou.
Teks: “Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uitgestuur om lewens te red.” (Gen 45:5 )
Liewe Vader, baie dankie dat ek in U hande veilig is.
In Jesus se Naam. Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.