11 Mei
Liewe ….
Ek hoop dat jy sal sien dat die Here regtig goed is en werklik baie vir jou omgee. Hier is Sy Woord vir jou.
Tema: Jy kry meer as wat jy behoort te kry
Teks: “Josef het opdrag gegee dat die broers se sakke vol koring gemaak moet word en dat elkeen se geld in die sakke teruggesit moet word.” (Gen. 42:25)
- Die Here hou baie van jou. Hy stel in elke detail van jou lewe belang.
- Soos jy die Here vertrou en op Hom steun, verwag buitengewone goeie dinge.
- Hy sal jou meer gee as wat jy verwag.
- Die Here sorg dat die regte dinge gebeur en beloon die wat Hom dien (Ps. 58:12).
- Kyk, die Here maak jou gelukkig. Hy gee jou meer geluk as wat jy verwag of verdien.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U vir my sorg.
In Jesus se Naam. Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


