Skep asem vir vandag: 26 Junie 2025

Dagstukkies April

26 Junie

Liewe ….

Ek hoop dit gaan met jou baie goed. Gister het jy gehoor dat die Here alle gawes, talente en kennis sal gee wat jy nodig het om die wêreld beter te maak. My wens is dat jy sal onthou dat God jou voorberei vir take om op jou lewensreis uit te voer. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Die omstandighede word voorberei

Teks:“Daarna het Moses na sy skoonpa Jetro toe teruggegaan en vir hom gesê: “Ek wil graag teruggaan na my mense toe in Egipte om te sien hoe dit met hulle gaan.” Jetro antwoord hom: “Gaan gerus.” (Eks 4:18)

  • Jou lewe lê oop en bloot vir die Here God.
  • Hy ken jou hede, maar ook jou verlede en gelukkig ook die toekoms wat op jou wag.
  • Kyk, die Here is op die punt om iets nuuts in jou lewe te doen (Jes. 43:19).
  • Kan jy dit dan nie agterkom nie? Dit het alreeds begin gebeur (Jes. 43:19).
  • Die Here, jou God van genade ontmoet jou presies waar jy is.
  • Leef voluit. Wees positief. Wees gelukkig.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U reeds begin om ‘n nuwe era in my lewe moontlik te maak.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 25 Junie 2025

Dagstukkies April

25 Junie

Liewe ….

My wens is ook dat jy gesond sal voel en inderdaad ook gesond sal wees – fisies, emosioneel en geestelik. Jy weet teen die tyd dat dit nie saak maak of mense jou ken of nie. As die Here jou stuur, moet jy gaan. My gebed is dat jy nie meer skaam sal wees nie. Ontvang die volgende boodskap vandag.

Tema: Verskoning nommer vier: Ek het nie die talente hiervoor nie

Teks:“ Toe sê Moses vir die Here: ‘Ag, Here, ek kan nie goed praat nie…’”. (Eks. 4:10)

  • Die Here weet presies wat jy nodig het.
  • Hy ken die plekke waar jy hulp nodig het en waar jy teleurstellings beleef het.
  • Jou terugslae is geen probleem vir God nie, want Hy verander teleurstellings en mislukkings in geleenthede en oorwinnings.
  • Die Here gee aan jou die gawes, talente en hulp om die take wat op jou wag suksesvol uit te voer.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U aan my alles gee sodat ek kan doen wat U wil hê ek moet doen.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

GEBEDSGIDS – JULIE  2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Gebed

1 Julie – Dinsdag – Siekes      

Ons Bid vandag vir alle siek mense en allerhande soorte siektes van ons tyd en bid dat hulle die nodige geduld sal hê om dit te hanteer en ook bid ons vir U genesende hand.

2 Julie – Woensdag – Besluite

Liewe Vader,  ek wil nie net besluite neem en my kop stamp nie. Laat ek volgens U wil bid en in U spoor loop sodat ek die regte optrede aan die dag sal lê.   

Lees meer “GEBEDSGIDS – JULIE  2025 NG Kerk Groot-Brakrivier”

Skep asem vir vandag: 24 Junie 2025

Dagstukkies April

24 Junie

Liewe ….

Jy weet nou dat dit nie saak maak of mense Christusgelowiges is of nie. As die Here jou roep, help Hy jou. Verder hoop ek dat jy gelukkig is en gemoedsrus het. Die boodskap wat vandag na jou kom is om te glo dat God alles moontlik maak. Die boodskap vandag vir jou is die volgende.

 Tema: Verskoning nommer drie: Die mense sal nie my nie aanvaar nie

Teks: “Maar toe sê Moses: ‘Sê nou maar die Israeliete glo my nie…’” (Eks 4:1)

  • Moses was onbekend. Hy was ‘n skaapwagter. Hy het geen eienskap van ‘n leier gehad nie.
  • Jy is ook dikwels bang dat jy nie goed genoeg is nie en nie aanvaarbaar sal wees nie.
  • Die Here het jou gedurende jou lewensreis voorberei om jou taak uit te voer.
  • Wanneer God toetree, verander alles. Hy maak jou bekwaam om te doen wat van jou verwag word om te doen (Fil 2:13).
  • Jou bekwaamheid kom van Hom wat die opdrag gee: Wees op puntdiens!

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U alles gee sodat ek kan doen wat U van my verwag om te doen.

In Jesus se Naam

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 23 Junie 2025

Dagstukkies April

23 Junie

Liewe ….

Ek hoop dat dit met jou emosies, verstand en fisies goed gaan. Gister het jy gehoor dat die Here jou toerus om Sy wil te doen My gebed is dat jy meer vrymoedigheid sal hê. Breek uit jou “veiligheidsnessie” uit. Hier is Sy Woord wat vandag na jou kom.

Tema: Verskoning nommer twee: Die mense ken nie vir God wat my stuur nie

Teks:“… en hulle vra my: ‘Wat is Sy Naam?’ wat moet ek dan vir hulle sê?” (Eks. 3:13)

  • Daar is baie verskonings om nie jou roeping uit te voer nie – ek praat nie goed nie; ek is te jonk; ek is nie goed genoeg opgelei nie of weet te min; my geld is te min; ek is te oud en nog so baie ander (Jer. 1:4).
  • Vir die Here is geen verskoning die regte verskoning nie.
  • Al die dinge wat nodig is kom van God die Heilige Gees. Hy gee aan jou die gawes, kennis en talente soos Hy wil en wanneer Hy wil (1 Kor. 12:11).
  • Die Here ken jou by die naam. Hy sê vir jou: “Jy behoort aan my! Ek wil jou graag gebruik!”
  • Moenie bang wees nie. Hy sal jou red. Hy het jou naam aan Hom vasgemaak. Jy behoort aan Hom (Jes. 43:1).

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my help om my take voluit uit te voer.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Waarheid

Waarheid

Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie”.

Joh. 14: 6

Menslike waarheid

Daar word so dikwels met die waarheid gedobbel. Ons dink so dikwels dat ‘n witleuentjie nie so erg is as ‘n ernstige onwaarheid nie. Ons pas dus die waarheid so dikwels aan soos dit ons pas; maar ons moet besef dat ‘n gedeeltelike waarheid, niks anders as ‘n volbloed leuen is nie!

Ons moet dus die waarheid dien deur volkome eerlik te wees. Ons moet bereid wees om verantwoordelikheid te aanvaar vir enige besluit, en ook die moontlike nagevolge daarvan, sonder dat dit nodig is dat ons enigsins leuens gebruik om aan gevolge te ontduik. Dit is vir ons as mens nie altyd so maklik nie, maar Christus het vir ons kom lei in die waarheid.

Teksverse:

Hulle kom toe en sê vir Hom:”Meester, ons weet dat u opreg is en u aan niemand steur nie, want u neem nie die aansien van persone in aanmerking nie, maar onderrig die weg van God waarheidsgetrou.” (Mark. 12: 14);

U sê dat Ek ‘n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek na die wêreld gekom: om oor die waarheid te getuig. Elkeen wie se bestaan in die waarheid gegrond is, luister na My stem.” (Joh. 18: 37)

Om by die waarheid te bly

Jy kan sê dat dit vir ons onmoontlik is as sondige mense, maar is dit? Dit is ‘n behoefte van die Vader dat ons in gees en waarheid sal aanbid! Dit is die waarheid wat ons vrymaak; in alle opsigte. Want wanneer mens begin om onwaarhede in jou lewe toe te laat, hou dit jou gevange.

Teksverse:

En die Woord het vlees geword en onder ons kom woon, en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos dié van die unieke Seun van die Vader – vol genade en waarheid.” (Joh. 1: 14);

Daar kom ‘n tyd en dit is nou, dat die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis sulke aanbidders hê. God is Gees, en wie Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” (Joh 4: 23- 24);

…en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” (Joh. 8: 32)

Leiding in waarheid

Dit is nie vir ons moontlik om te alle tye in beheer van die waarheid te wees sonder die leiding van die Heilige Gees nie. Dit is wanneer ons, ons afhanklikheid van die Vader, die Seun en die Heilige Gees besef, dat die Heilige Gees ons in die waarheid lei, en mens laat besef dat die vermoë om volkome in die waarheid te leef, alleen van Hom af kom. Dit is daardie volkome oorgawe wat ons bevry van onwaarhede, sodat ons in opregtheid en waarheid kan leef.

Teksverse:

Maar wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die volle waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself praat nie, maar Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die toekomstige dinge aan julle bekend maak.” (Joh. 16: 13);

Laat ons daarom feesvier, nie met ou suurdeeg, die suurdeeg van kwaad en boosheid nie, maar met die ongesuurde brood van opregtheid en waarheid.” (1 Kor. 5: 8);

In Hom is julle, toe julle die woord van waarheid, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het, verseël met die Heilige Gees, wat beloof is.” (Ef. 1: 13)

Waarheid as wapenrusting

Laat ons die wapenrusting van geloof en waarheid aangord, en in bevryding die waarheid beleef. Want dit is dan dat ons in waarheid teenoor ons naaste kan leef. Laat ons ons oorgee sodat almal die waarheid deur ons leefwyse kan raaksien en beleef. Dan sal ons met vreugde en in vrymoedigheid voor God kan staan, wanneer ons dag aanbreek vir die groot ontmoeting.

Teksverse:

Daarom, vermy die leuen, en praat ellkeen die waarheid met sy naaste, want ons is lede van een liggaam.” (Ef. 4: 25);

Staan dan vas, deur julle heupe te omgord met die waarheid, julle te bedek met die borsplaat van geregtigheid,…” (Ef. 6: 14);

Lê jou daarop toe om jou voor God te stel as iemand wat die toets deurstaan het, as ‘n arbeider wat hom nie hoef te skaam nie, wat met die woord van die waarheid die reguit pad aandui.” (2 Tim. 2: 15);

Kinders, ons moenie net met woorde, met die tong, liefhê nie, maar met die daad, in waarheid. En hieraan sal ons weet dat ons uit die waarheid kom, en met ‘n geruste gewete voor God kan staan: Wanneer ons gewete ons veroordeel, God is groter as ons gewete en Hy weet alles. Geliefdes as ons gewete ons nie veroordeel nie, kan ons met vrymoedigheid voor God staan.” (1 Joh. 3: 18 – 21)

Skep asem vir vandag: 22 Junie 2025

Dagstukkies April

22 Junie

Liewe ….

Noudat jy weet dat ons net die God van die Bybel mag aanbid, is my gebed dat jy die moed van ‘n leeu sal kry. Waag en bereik baie. Ek hoop dat dit met jou liggaam en gees goed sal gaan. Die boodskap wat vandag na jou kom is die van dapperheid. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Verskoning nommer een: Ek is nie goed genoeg nie

Teks:“Toe sê Moses vir God: “Wie is ék dat ek dit by die farao sou waag en dat ék die Israeliete uit Egipte sou bevry?” ” (Eks 3:11)

  • Die Gees werk op verskillende maniere in jou. Hy gee die seisoene in jou lewe.
  • Om op puntdiens te wees, werk te doen, mense te help en die lewe te verbeter, vra dikwels moeite, harde werk en naïewe geloof.
  • Tog, niks van jou is toevallig nie. Hy het jou met ‘n plan en ‘n doel gemaak.
  • Nog voor jy mens geword het, het Hy jou beplan en versorg (Ps. 139:16).
  • Sedert jy mens geword het, is jou lewe in Sy hand en het Hy beheer oor jou lewe (Ps. 139:15, 16)
  • Gryp vandag alle goeie goed met oorgawe aan! Help ander mense! Doen jou bes en leef voluit!

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U aan my die gawes en talente gee om U wil uit te voer.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 26+ van 2025

Nuusflitse

Sondag 22 Junie 2025 : Geen Kategese en Erediens om 10:00
Sondag 22 Junie 2025 (Blokbyeenkoms van Blok: 12A & 12B (Reebok tot Mosselbaai) vind Sondag 22 Junie direk na die erediens plaas in lokaal 6)
Woensdag 25 Junie 2025Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751.
Sondag 29 Junie 2025 : Doop. Erediens om 10:00 GEEN Kategese.
Woensdag 9 Julie 2025: Ondersteuningsgroep 60+ bederf 10:00
Wolwedans boodskap, sop en brood: 9 & 23 Julie, 6 & 20 Augustus, 3 & 17 September

Afkondigings 22 – 29 Junie 2025

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 22 Junie 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 8:26-39.
  • Die tema van die prediking is: Wat is jou naam?
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Blokbyeenkoms van Blok: 12A & 12B (Reebok tot Mosselbaai) vind vandag direk na die erediens plaas in lokaal 6.

Woensdag 25 Junie 2025 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.

Vrydag 27 Junie 2025 :

  • Skole sluit.

Sondag 29 Junie 2025 :

  • Erediens om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • GEEN Kategese.
  • Doop.
  • Spesiale offer vir Jan Kriel-Instituut (Kuilsrivier) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

“Mag my gebed voor U wees soos ‘n wierookoffer, die uitstrek van my hande soos ‘n graanoffer in die aand” (Ps. 141:2).

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Soedan

Die konstruksie van FEBA Soedan se radiostasie in die Nuba-berge is voltooi, maar daar lê nog werk voor! Die gebied het bitter min infrastruktuur, swak paaie, geen elektrisiteit- of waterinfrastruktuur nie, en swak selfoonopvangs. Die omliggende gemeenskap is die radiostasie egter baie goedgesind.

Ons gebed vir die week: Prys die Here dat die bouwerk veilig voltooi is. Bid dat die regte personeel gestuur sal word, en vra vir sterk verhoudings en oop harte. Vra ook vir God se wysheid waar die span oplossings vir elke hindernis soek.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. 

Die leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.

Bedieninge

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

  • Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die derde kwartaal is 9 & 23 Julie, 6 & 20 Augustus, 3 & 17 September.
    • Ons grootste sopverskaffer is vir 2 maande uitstedig, ons nooi meer mense uit om asseblief te help met sopvoorsiening vir die volgende 2 maande.

Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies, 150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop. Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.

U kan dit skenk in die volgende twee formate:
1. Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
2. Gekook en gevries in 2 liter roomysbak.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.

Sterftes 2025:

19 Junie – Johan de Klerk: Wyk 06A
Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak: Riana Briers –  081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 22 Junie 2025

Erediensbediening:

  • Die skakel na die YouTube Erediensvan 22 Junie, gelei deur ds Danie Goosen, is beskikbaar.

Getuienisbediening

  • Michele se opdatering van Mari-Alena se behandeling en gebedsversoek vir die werk in die Oekraïne.
  • Die weeklikse nuusbrief van Lynette uit Madagskar.

Bybelstudiereeks:

  • Die Junie ‘Skep asem vir vandag’ is elke dag beskikbaar.
  • Vind die Weeklikse: Stof tot nadenke: “Waarheid?”

Die Afkondigings is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag: 21 Junie 2025

Dagstukkies April

21 Junie

Liewe ….

Jy is nou bewus dat jy nie agteroor kan sit en niks doen nie. Nee, jy moet op puntdiens wees. Mag jy ‘n wonderlike dag met goeie gesondheid geniet. Ek bid dat jy die erns van die aanbidding van die ware God besef. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Daar is net een God wat aanbid mag word

Teks:“… wanneer jy die volk uit Egipte bevry het, sal julle My by hierdie berg aanbid.” ” (Eks 3:12)

  • Raak stil. Maak tyd om te dink. Neem ‘n oomblik en herinner jou daaraan dat God groot en goed is.
  • Hy is lief vir jou en gee aan jou genade op genade (Joh. 1:16).
  • God jou Vader is soos ‘n fontein van goeie dinge wat ‘n oorvloed hiervan onverdiend vir jou gee (Joh. 1:14).
  • Hy verlos jou in Jesus Christus en help jou met elke aardse uitdaging.
  • God het gewys hoe lief Hy jou het. Hy het Sy unieke Seun gegee sodat jy altyd by Hom kan wees (Joh. 3:16).

Gebed

Liewe Vader, dankie dat ek U kan aanbid en dat U my vrymaak van alles wat my bind en vashou.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 20 Junie 2025

Dagstukkies April

20 Junie

Liewe ….

Ek hoop dit gaan steeds goed met jou. Gister het jy weer gehoor dat God slegte dinge in goeie oomblikke verander. My gebed is dat jy nou aktief besig sal wees om die wêreld ‘n beter plek te maak. Leer vandag die volgende uit God se Woord.

Tema: Wees op puntdiens!

Teks: “Daarom stuur Ek jou na die farao toe sodat jy my volk, … kan bevry.”’ (Eks 3:10)

  • Die Here stuur jou om die wêreld ‘n beter plek te maak. As Christusgelowige is jy ‘n voorloper hierin.
  • God die alwyse stuur jou om almal hier op aarde te help om Sy wil te doen (Matt 6:10).
  • Hy stuur jou om die nood van mense ligter te maak.
  • Stap agter die Here aan om Sy planne uit te voer.
  • Beplan dit goed en werk hard om dit waar te maak. Leef in geloof.

Gebed

Liewe Vader, gee my genade om uit my gemaksone te breek sodat ek die wêreld beter kan maak.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Missie Japan – Jongmense sê “JA!” vir lewe in Christus

Missie Japan - Jongmense se ja vir Christus

Beste vriende,

Terwyl ons drup van die sweet in Japan, trek die kouefronte een na die ander verby jou in Suid-Afrika. Ek hoop dié nuusflits bereik jou hoog en droog (en warm!).

Daar is ‘n ellelange lys van goed waaroor ek kan terugvoer gee. Die afgelope tyd was propvol aktiwiteite vandat ons jaar (amptelik) in April afgeskop het in Japan. Nie dat daar ‘n kat se kans was vir leeglê tussen Januarie en Maart nie! Maar, eerder as om in detail oor alles te probeer uitbrei, vertel die foto’s hieronder self die storie.

Ek fokus daarom net op een bediening: ’n onlangse retreat vir jong werkendes, waar ek (Stéphan) die hoofspreker was. Meer as 90 jongmense het saamgetrek in Gifu area, nie te ver van waar ek nou is, vir die Reformed Church in Japan se jaarlikse sinode nie. My aanbiedings by die retreat het gefokus op wat dit beteken om voluit ‘Ja’ te sê vir die lewe—in Christus—in alle omstandighede

Pinkstertyd het ons pas herinner dat die werk van die Heilige Gees in menselewens verstommend bly. Ek het dit weer opnuut besef toe ek die volgende boodskap van een deelnemer ontvang het, ná die retreat: “My naam is Toshiko, ons het mekaar by die jeug retreat ontmoet ‘n paar dae gelede. Jou aanbieding het ’n blywende indruk op my gemaak, veral toe jy gesê het: ‘Dis goed om net jouself te wees, maar as jy net so bly, groei jy nie.’ Daardie woorde het my regtig diep geraak want dit het my moed gegee, ek waardeer dit opreg … Met hierdie e-pos wil ek graag ‘n paar goed deel en vra. Eerstens wil ek graag meer leer oor geloof, teologie en waarheid … verder wil ek meer oor die kerk leer. Ek het voorheen eredienste bygewoon, maar weens verskeie probleme met die leraar kan ek tans nie die kerk bywoon nie. Hierdie situasie het my laat wonder: ‘Wat is die kerk regtig?’ … Is daar iets wat jy kan aanbeveel om my hiermee te help?

  Die Here gebruik een (onbeplande!) sinnetjie uit 3 ure van aanbiedings, om ‘n saad te plant in iemand se gedagtes. Soos Paulus tereg sê in 1 Korintiërs 3:6: “Een plant, een maak nat en God sorg vir die groei.” Terloops, weet jy hoeveel generasies Christene voorheen in jou familie was? In Japan is meeste mense eerste of tweede generasie Christene. Die behoefte om te leer wat Christenwees beteken is diep en wyd.

Bid saam met ons vir groei en vir die kragtige werk van die Heilige Gees in soekers soos Toshiko se lewens. Neem opnuut saam deel—as een liggaam van Christus—aan God se groot getuienis in die wêreld. (*Toshiko is ‘n skuilnaam. Haar epos is hier verkort). Lees meer oor die bedieninge waarin ons deel by https://missionjapan.co.za, asook by https://www.facebook.com/missiejapan  

Jou gebede, ondersteuning en belangstelling bemoedig ons diep.

Vrede en vrede, in Christus.

Stéphan, Carina en gesin; ook namens ds. Tobie en Annalie de Wet (RCJ Niihama)

Pinkstertyd het ons pas herinner dat die werk van die Heilige Gees in menselewens verstommend bly. Ek het dit weer opnuut besef toe ek die volgende boodskap van een deelnemer ontvang het, ná die retreat: “My naam is Toshiko, ons het mekaar by die jeug retreat ontmoet ‘n paar dae gelede. Jou aanbieding het ’n blywende indruk op my gemaak, veral toe jy gesê het: ‘Dis goed om net jouself te wees, maar as jy net so bly, groei jy nie.’ Daardie woorde het my regtig diep geraak want dit het my moed gegee, ek waardeer dit opreg … Met hierdie e-pos wil ek graag ‘n paar goed deel en vra. Eerstens wil ek graag meer leer oor geloof, teologie en waarheid … verder wil ek meer oor die kerk leer. Ek het voorheen eredienste bygewoon, maar weens verskeie probleme met die leraar kan ek tans nie die kerk bywoon nie. Hierdie situasie het my laat wonder: ‘Wat is die kerk regtig?’ … Is daar iets wat jy kan aanbeveel om my hiermee te help?

  Die Here gebruik een (onbeplande!) sinnetjie uit 3 ure van aanbiedings, om ‘n saad te plant in iemand se gedagtes. Soos Paulus tereg sê in 1 Korintiërs 3:6: “Een plant, een maak nat en God sorg vir die groei.” Terloops, weet jy hoeveel generasies Christene voorheen in jou familie was? In Japan is meeste mense eerste of tweede generasie Christene. Die behoefte om te leer wat Christenwees beteken is diep en wyd.

Bid saam met ons vir groei en vir die kragtige werk van die Heilige Gees in soekers soos Toshiko se lewens. Neem opnuut saam deel—as een liggaam van Christus—aan God se groot getuienis in die wêreld. (*Toshiko is ‘n skuilnaam. Haar epos is hier verkort). Lees meer oor die bedieninge waarin ons deel by https://missionjapan.co.za, asook by https://www.facebook.com/missiejapan  

Jou gebede, ondersteuning en belangstelling bemoedig ons diep.

Vrede en vrede, in Christus.

Stéphan, Carina en gesin; ook namens ds. Tobie en Annalie de Wet (RCJ Niihama)

braai vir ons studente @KRTS
 
Kobe kweekskool (KRTS)hou jaarlikse retreat
 
 
MAAK ‘n BYDRAE
 
iets van alles …  
# Kuier met familie uit SA# Ete by pastorie
# Stephan se rugby span# Tobie by RCJ sinode
 
Hoe ploeg jy ‘n rysland voor jy plant?
# Rysland rugbytoernooi# Cornelius in sy element
Party boere gebruik trekkers, ander laat rugbyspelers die ploegwerk doen!

Skep asem vir vandag: 19 Junie 2025

Dagstukkies April

19 Junie

Liewe ….

Is dit nie wonderlik dat die Here al jou probleme en uitdagings ken nie? Ek wens dat jy vandag sal sien dat mense werklik goed is en dat hulle vir jou omgee. My gebed is dat jy sal weet en glo dat die Here God elke slegte situasie in iets goeds sal verander. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Slegte situasies word goeie uitkomste

Teks: “Daarom het Ek afgekom om hulle uit die mag van Egipte te bevry en om hulle daarvandaan te laat trek” (Eks 3:8)

  • Wees stil en dink vir ‘n oomblik…
  • Die God van liefde en genade se liefde vir jou is onverstaanbaar groot.
  • Die Here is nie in jou pyn en probleme afwesig nie.
  • Hy is reeds besig om vandag ‘n verskil te maak sodat jou lewe ‘n positiewe draai sal maak.
  • Weet dat Hy jou nie in die steek sal laat nie.
  • Hy sal jou toevou en Hy sal jou beskerm.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U in goeie en slegte tye vir my sorg.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 18 Junie 2025

Dagstukkies April

18 Junie

Liewe ….

Ek hoop jy is vandag gelukkig en gesond. Ek bid dat jy regtig sal glo dat die Here jou sal help wanneer jy swaar kry. Jy het gister mos geleer dat die Here baie groter as wat jy kan dink, is. Vandag wil die Here die volgende vir jou vertel.

Tema: Die Here God weet wat jou probleme en uitdagings is

Teks: “Ek het die ellende van my volk in Egipte duidelik gesien en hulle noodkrete … gehoor” (Eks 3:7)

  • Die swaarkry en laste van die lewe is soms oorweldigend.
  • Die Here soek oor die hele aarde na mense wat Hom volkome vertrou (2 Kron. 16:9).
  • Die Here hoor elke gebed van jou, Hy sien elke swaarkry en vrees van jou.
  • Die Here help mense wat Hom volkome vertrou (2 Kron. 16:9).
  • Leef met moed! Leef met hoop! Leef in geloof dat God die onmoontlike moontlik maak.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my lewe vir my leefbaar maak.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Sendingnuus – Oekraine Mari-Alena het verlede Vrydag die CAR-T selle terug ontvang

Mari-Alena Potgieter CAR-T kanker behandeking

Liewe vriende en familie

Aan die einde van nog ‘n dag kan ons net weer verklaar dat die Here getrou is. 

Mari-Alena het verlede Vrydag die CAR-T selle terug ontvang. Op die oomblik is die dokters besig om al die newe effekte te behandel. Dit kan gering wees tot selfs geheueverlies, ‘n koma of erger. Ons bly biddend voor die Here. Gister kon Mari-Alena glad nie praat nie, sy kon verstaan wat ons se maar kon haarself glad nie uitdruk, of op enige vrae beantwoord nie. Sy het net voor haar gestaar. Ek kan nie vir julle vertel hoe erg dit vir my was nie! Sy moes met hulp omgedraai word en was baie swak. Vandag kan sy bietjie praat, maar sukkel steeds om woorde te kry. Van gister onthou sy niks nie. Ek dink nie sy onthou die ontploffings nie. Gisteraand het sy baie hoe koors gehad asook baie lae bloeddruk, juis toe die sirenes hier in Tel Aviv afgaan. Die hele hospitaal is ontruim, behalwe ons vloer, wat op die boonste vloer geleë is. Die pasiënte op ons vloer is in hoë sorg en kan nie gekuif word nie. Ons kon die ontploffings duidelik hoor en die vensters het geruk. Drie aanvalle deur die nag. 

Lees meer “Sendingnuus – Oekraine Mari-Alena het verlede Vrydag die CAR-T selle terug ontvang”

Skep asem vir vandag: 17 Junie 2025

Dagstukkies April

17 Junie

Liewe ….

Mag dit vandag met jou baie goed gaan. Jy weet nou dat die Here jou roep en stuur om die wêreld ‘n beter plek te maak. Mag jy die nuwe geleenthede wat die Here vir jou gee, raaksien. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Ken jou plek voor God

Teks:“Toe maak Moses sy gesig toe, want hy was bang om na God te kyk” (Eks 3:6)

  • Moet nooit die grootheid en heiligheid van God in jou lewe en denke beperk nie.
  • Hy is baie groter en magtiger as jou grootste probleem of uitdaging, selfs groter as die rykste of magtigste mens op aarde.
  • God sal elkeen wat Hom reg dien, help om die regte keuses te maak (Ps. 25:12).
  • Wie die Here liefhet en nederig lewe, geniet die goeie van die lewe (Spr. 22.4).
  • Wie die Here liefhet en nederig lewe, geniet respek by die mense (Spr. 22.4).

Gebed

Liewe Vader, ek wil U in nederigheid dien. Dankie dat U dit moontlik maak.

In Jesus se Naam

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.