24 Junie
Liewe ….
Jy weet nou dat dit nie saak maak of mense Christusgelowiges is of nie. As die Here jou roep, help Hy jou. Verder hoop ek dat jy gelukkig is en gemoedsrus het. Die boodskap wat vandag na jou kom is om te glo dat God alles moontlik maak. Die boodskap vandag vir jou is die volgende.
Tema: Verskoning nommer drie: Die mense sal nie my nie aanvaar nie
Teks: “Maar toe sê Moses: ‘Sê nou maar die Israeliete glo my nie…’” (Eks 4:1)
- Moses was onbekend. Hy was ‘n skaapwagter. Hy het geen eienskap van ‘n leier gehad nie.
- Jy is ook dikwels bang dat jy nie goed genoeg is nie en nie aanvaarbaar sal wees nie.
- Die Here het jou gedurende jou lewensreis voorberei om jou taak uit te voer.
- Wanneer God toetree, verander alles. Hy maak jou bekwaam om te doen wat van jou verwag word om te doen (Fil 2:13).
- Jou bekwaamheid kom van Hom wat die opdrag gee: Wees op puntdiens!
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U alles gee sodat ek kan doen wat U van my verwag om te doen.
In Jesus se Naam
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


