Skep asem vir vandag: 26 Junie 2025

26 Junie

Liewe ….

Ek hoop dit gaan met jou baie goed. Gister het jy gehoor dat die Here alle gawes, talente en kennis sal gee wat jy nodig het om die wêreld beter te maak. My wens is dat jy sal onthou dat God jou voorberei vir take om op jou lewensreis uit te voer. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Die omstandighede word voorberei

Teks:“Daarna het Moses na sy skoonpa Jetro toe teruggegaan en vir hom gesê: “Ek wil graag teruggaan na my mense toe in Egipte om te sien hoe dit met hulle gaan.” Jetro antwoord hom: “Gaan gerus.” (Eks 4:18)

  • Jou lewe lê oop en bloot vir die Here God.
  • Hy ken jou hede, maar ook jou verlede en gelukkig ook die toekoms wat op jou wag.
  • Kyk, die Here is op die punt om iets nuuts in jou lewe te doen (Jes. 43:19).
  • Kan jy dit dan nie agterkom nie? Dit het alreeds begin gebeur (Jes. 43:19).
  • Die Here, jou God van genade ontmoet jou presies waar jy is.
  • Leef voluit. Wees positief. Wees gelukkig.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U reeds begin om ‘n nuwe era in my lewe moontlik te maak.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.