18 Junie
Liewe ….
Ek hoop jy is vandag gelukkig en gesond. Ek bid dat jy regtig sal glo dat die Here jou sal help wanneer jy swaar kry. Jy het gister mos geleer dat die Here baie groter as wat jy kan dink, is. Vandag wil die Here die volgende vir jou vertel.
Tema: Die Here God weet wat jou probleme en uitdagings is
Teks: “Ek het die ellende van my volk in Egipte duidelik gesien en hulle noodkrete … gehoor” (Eks 3:7)
- Die swaarkry en laste van die lewe is soms oorweldigend.
- Die Here soek oor die hele aarde na mense wat Hom volkome vertrou (2 Kron. 16:9).
- Die Here hoor elke gebed van jou, Hy sien elke swaarkry en vrees van jou.
- Die Here help mense wat Hom volkome vertrou (2 Kron. 16:9).
- Leef met moed! Leef met hoop! Leef in geloof dat God die onmoontlike moontlik maak.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U my lewe vir my leefbaar maak.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


