Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: 2 Konings 5: 1-14
Tema: Na Wie Luister Ons?
Datum: 6 Julie 2025
Lees meer “Erediens: Na wie luister ons? Sondag 6 Julie 2025 Ds. Danie Goosen. 2 Konings 5: 1-14 NG Kerk Groot-Brakrivier”Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: 2 Konings 5: 1-14
Tema: Na Wie Luister Ons?
Datum: 6 Julie 2025
Lees meer “Erediens: Na wie luister ons? Sondag 6 Julie 2025 Ds. Danie Goosen. 2 Konings 5: 1-14 NG Kerk Groot-Brakrivier”Mag jy vandag fyn ingestel wees op die stem en leiding van die Here. Hierdie is God se persoonlike boodskap aan jou.
Teks: “Dit het Moses toe aan die Israeliete vertel, maar in hulle moedeloosheid oor die harde werk het hulle nie na hom geluister nie.” (Eks 6:8)
Liewe Vader, leer my om te luister wanneer U deur mense met my praat, en om U beloftes vas te hou.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Sondag 6 Julie 2025: Erediens 10:00 Geen Kategese. Groenkloof preek om 10:00
Woensdag 9 Julie 2025 : GEEN Kooroefening
Sondag 13 Julie 2025 : GEEN Kategese. Erediens om 10:00
Wolwedans boodskap, sop en brood: 9 & 23 Julie, 6 & 20 Augustus, 3 & 17 September

Gebedsgidse vir Julie 2025 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 25, asook die antwoorde vir nommer 24, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.



Resep –
100g sopmengsel,
100g rys,
100g lensies,
150g soja,
1 blokkie aftreksel,
1 pakkie sop.
Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.
U kan dit skenk in die volgende twee formate:
1. Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
2. Gekook en gevries in 2 liter roomysbak.
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Daar is geen Kategese tydens die skoolvakansie nie. Kategese begin weer 27 Julie en vind plaas tydens die erediens (10:00-11:00). Die kinders kom in die kerksaal bymekaar. Vir meer inligting kontak die kerkkantoor.
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Die leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.
“Met my hele hart wil ek U prys, Here, wil ek van u magtige reddingsdade vertel” (Ps. 9:2 Afr83).
Prys God dat FEBA Soedan se fasiliteite suksesvol opgerig is! Deur Sy genade is die radiostasie, personeelverblyf en ‘n 90-meter hoë toring in slegs drie maande voltooi. FEBA Soedan het ’n potensiële gehoor van sowat 4 miljoen – weens die aantal vlugtelinge in die gebied – maar die span benodig steeds toegewyde en kundige personeel om uitsendings te vervaardig.
Ons gebed vir die week: Bid dat die regte mense by FEBA Soedan sal aansluit en vra vir God se leiding waar hulle nou moet begin inhoud skep om Christus aan hul luisteraars te bring.
1. Erediensbediening:
Die skakel na die YouTube Erediens van 6 Julie, gelei deur ds Danie Goosen, is beskikbaar.
Danie Goosen
Charné Viljoen
Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525 ‘
044 620 2205
e-pos: Kontak Ons
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Mag jy vandag rus vind in die wete dat God alles van jou lewe ken. Hierdie is Sy persoonlike boodskap aan jou.
Teks: “Ek het die gekerm van die Israeliete, … duidelik gehoor en Ek het aan my verbond gedink.” (Eks 6:4)
Liewe Vader, dankie dat U my nood hoor en getrou bly aan U beloftes.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Mag jy vandag die nuwe geleenthede wat die Here vir jou voorberei het, raaksien. Hierdie is Sy spesiale boodskap aan jou.
Teks: “God het vir Moses gesê: ‘Ek is die Here!’ ” (Eks 6:1)
Liewe Vader, dankie dat U nuwe geleenthede bring en my roep om ‘n verskil te maak.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Mag jou oë vandag oopgaan om raak te sien hoe die Here vir jou uitkoms gee. Ontvang hierdie boodskap vandag uit Sy Woord.
Teks: “Nou sal jy sien wat Ek met die farao gaan doen: Ek gaan hom dwing om my volk te laat gaan; ja, Ek gaan hom dwing om hulle uit sy land uit weg te jaag.” (Eks 5:24)
Liewe Vader, maak my geestesoë oop sodat ek U hand duidelik kan sien.
In Jesus se Naam.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Mag jy vandag vrede beleef om saam met die Here te bly wandel – al verstaan jy nie wat Hy doen nie. Hierdie boodskap is direk uit die Woord van God en net vir jou bedoel.
Teks: “Here, waarom werk U so sleg met hierdie volk? Waarom het U my nou eintlik gestuur?” (Eks 5:22)
Liewe Vader, dankie dat ek met U mag worstel en U altyd uitkoms gee.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Mag jy vandag ware vreugde beleef omdat jy die Here ken en weet Hy lei jou. Hierdie is ’n boodskap uit God se Woord – spesiaal net vir jou.
Teks: “Ek ken die Here nie, en ek sal Israel nie laat gaan nie!” (Eks 5:2)
Liewe Vader, help my om elke dag vanuit my verhouding met U te leef.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Liewe ….
My wens is dat jy gelukkig sal wees. Gister het jy gehoor dat dit belangrik is om die regte keuses te maak. Ek bid dat jy jou sonde opreg voor die Here en ander mense sal bely. Hier is ‘n boodskap uit die Woord vir jou.
Teks:“ Ek het verkeerd gedoen teen julle God, die Here, en teen julle…” (Eks 10:16)
Liewe Vader, baie dankie dat ek opreg my sonde voor U kan bely.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
“Die saad wat egter op die goeie grond gesaai is, dit is hy wat hierdie woord hoor en begryp.“
Matt. 13: 23
In die geesteswetenskappe is daar allerlei teorie oor die verstaan en verklaar van die Bybel. Daar word geredeneer dat ons nie regtig objektief teenoor enigiets in die lewe kan staan nie. Dat dit wat ons raak lees of hoor in ons eie gemoed verwerk word om by ons ervarings te pas. Ons verklaar dinge uit ons eie perspektief. Die vraag ontstaan of dit nie dalk juis die manier is wat God met ons praat nie? Want daar kan antwoorde in ons lewe wees, wat alleen van God af kom. Hoe weet ons dus of dit wat ons hoor wel van God af kom?
Lees meer “Stof tot nadenke: Hoe lees ons die Bybel?”Liewe ….
Ek hoop dat jy vandag vrede en rustigheid sal ervaar. Jy weet nou dat jy ‘n persoonlike verhouding met God moet hê. My gebed is dat jy God as die Een wat regverdig is, sal leer ken. Hier is Sy Woord vir jou.
Teks:“Die Here sal onderskeid maak tussen die vee van Israel en die van Egipte… “(Eks. 9:4)
Liewe Vader, baie dankie dat ek deur U Gees reg kan kies.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Prediker: Ds. Charné Viljoen
Skriflesing: 2 Korintiërs 3: 1-11
Tema: Laat dit skyn!
Datum: 29 Junie 2025
Lees meer “Erediens: Laat dit Skyn! Sondag 29 Junie 2025 Ds. Charné Viljoen. 2 Korintiërs 3: 1-11 NG Kerk Groot-Brakrivier”Sondag 29 Junie 2025 : Doop. Erediens om 10:00 GEEN Kategese. Doop ouers: Ruan & ds Charné Viljoen (seuntjie – Sion Viljoen
Woensdag 2 Julie 2025 – GEEN Kooroefening nie.
Woensdag 2 Julie 2025 : Klub 50 Bingo – 10:00
Woensdag 9 Julie 2025: Ondersteuningsgroep 60+ bederf 10:00
Sondag 6 Julie 2025 : Erediens 10:00 GEEN Kategese.
Wolwedans boodskap, sop en brood: 9 & 23 Julie, 6 & 20 Augustus, 3 & 17 September
.
Sterftes 2025:
Dit is met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van:
21 Junie – Matthys Johannes Engelbrecht: Wyk 01
22 Junie – Hannes van Eeden: Wyk 14 Ons innige meegevoel aan hul familie & vriende.
Ons enige meegevoel aan hul familie en vriende.

Liewe ….
My wens vir jou is dat jy vandag gelukkig sal wees. My wens is dat jy ‘n goeie dag sal beleef. Gister het jy gehoor dat jy nie moed moet opgee as jy teenstand kry nie, want dit kom. Ek bid dat jy die onverstaanbare God daarom persoonlik sal leer ken. Ontvang Sy spesiale Woord vandag.
Teks:“’Ek is wat Ek is’… ‘ Ek is’ het my na julle toe gestuur” (Eks 3:14)
Liewe Vader, dankie dat ek “Ek is wat Ek is” persoonlik as my liefdevolle Redder kan ken.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Liewe ….
Mag dit met jou geestelik, fisies en emosioneel goed gaan. Jy weet nou reeds dat jou omstandighede vandag jou vir jou toekoms voorberei. Hier is God se Woord vir jou.
Teks:“… Maar Ek sal hom hardkoppig maak, en hy sal die volk nie laat gaan nie. ” (Eks 4:21)
Liewe Vader, baie dankie dat U uitdagings gebruik om my te leer sodat dit oorwinnings kan word.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Leer/Lees die Bybel vinnig op ‘n prettige manier.
Woorde hoofsaaklik uit die Afrikaanse Bybel, 1992 (AFR83) vertaling geneem, maar sommige woorde ook uit die Afrikaanse Bybel 2020(AFR20) vertaling.
(Dit werk die beste op ‘n rekenaar maar kan ook op ‘n horisontaal gedraaide foon gespeel word.) Die Bybel APP werk goed hiervoor.
Klik op die prentjie hieronder om te speel.
