23 Junie
Liewe ….
Ek hoop dat dit met jou emosies, verstand en fisies goed gaan. Gister het jy gehoor dat die Here jou toerus om Sy wil te doen My gebed is dat jy meer vrymoedigheid sal hê. Breek uit jou “veiligheidsnessie” uit. Hier is Sy Woord wat vandag na jou kom.
Tema: Verskoning nommer twee: Die mense ken nie vir God wat my stuur nie
Teks:“… en hulle vra my: ‘Wat is Sy Naam?’ wat moet ek dan vir hulle sê?” (Eks. 3:13)
- Daar is baie verskonings om nie jou roeping uit te voer nie – ek praat nie goed nie; ek is te jonk; ek is nie goed genoeg opgelei nie of weet te min; my geld is te min; ek is te oud en nog so baie ander (Jer. 1:4).
- Vir die Here is geen verskoning die regte verskoning nie.
- Al die dinge wat nodig is kom van God die Heilige Gees. Hy gee aan jou die gawes, kennis en talente soos Hy wil en wanneer Hy wil (1 Kor. 12:11).
- Die Here ken jou by die naam. Hy sê vir jou: “Jy behoort aan my! Ek wil jou graag gebruik!”
- Moenie bang wees nie. Hy sal jou red. Hy het jou naam aan Hom vasgemaak. Jy behoort aan Hom (Jes. 43:1).
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U my help om my take voluit uit te voer.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


