Sendingnuus – Oekraine Mari-Alena het verlede Vrydag die CAR-T selle terug ontvang

Liewe vriende en familie

Aan die einde van nog ‘n dag kan ons net weer verklaar dat die Here getrou is. 

Mari-Alena het verlede Vrydag die CAR-T selle terug ontvang. Op die oomblik is die dokters besig om al die newe effekte te behandel. Dit kan gering wees tot selfs geheueverlies, ‘n koma of erger. Ons bly biddend voor die Here. Gister kon Mari-Alena glad nie praat nie, sy kon verstaan wat ons se maar kon haarself glad nie uitdruk, of op enige vrae beantwoord nie. Sy het net voor haar gestaar. Ek kan nie vir julle vertel hoe erg dit vir my was nie! Sy moes met hulp omgedraai word en was baie swak. Vandag kan sy bietjie praat, maar sukkel steeds om woorde te kry. Van gister onthou sy niks nie. Ek dink nie sy onthou die ontploffings nie. Gisteraand het sy baie hoe koors gehad asook baie lae bloeddruk, juis toe die sirenes hier in Tel Aviv afgaan. Die hele hospitaal is ontruim, behalwe ons vloer, wat op die boonste vloer geleë is. Die pasiënte op ons vloer is in hoë sorg en kan nie gekuif word nie. Ons kon die ontploffings duidelik hoor en die vensters het geruk. Drie aanvalle deur die nag. 

Ek moes maar weer net in die Here se vrede bly, maar dit was moeilik. Maar tydens die derde aanval het ek soveel vrede gekry en geweet dat die Here ons toevou onder Sy vlerke en vashou. Ek leer om in Sy vrede te bly. Dit was dadelik twee  aanvalle vir my waarop ek nie voorbereid was nie. Mari-Alena se newe effekte en Iran se missiele. 

Vandag het Mari-Alena baie sleg gereageer op die bloed oortapping. Sy het erg begin ruk en bewe, was angstig, haar bloeddruk was baie laag. Alles op haar monitor het rooi begin flikker en skree. Haar bene het gepyn en sy het so gehuil. Weer eens moes ek kies om in Sy vrede te bly, te bly en op Hom te vertrou. Die dokters het die nodige bloed oortapping vir ‘n paar uur gestop en nou weer begin. 

Die lug aanvalle is veral in die aande. Gisteraand is daar glo twee mense dood en ‘n paar beseer. Heelwat huise en geboue is vernietig.

Ek weet nie hoe lank die behandeling nog gaan duur nie, of hoe lank ons nog in Israel gaan wees nie. Elke week is dit CT scans of MRI van haar brein, aangesien hulle selle in haar rugmurg opgetel het. Bid asseblief dat ons voldoende finansies sal hê vir die hele behandeling en verblyf hier, solank nodig is.

Dit alles gesê, is daar lig! Een dokter het gister opgewonde kom sê dat die behandeling werk! Mari-Alena se buik waar die tumor was het verklein en haar kanker tellings is af. Nou bid ons net vir die newe effekte. Die dokter het my gewaarsku dat sy dalk tydelike geheuverlies kan hê of in ‘n koma kan gaan en dat ek myself moet voorberei op alles. Al wat ek weet is dat alles in die Here se hand is en dat Hy getrou is. 

Nuus uit Oekraïne. Bid asseblief saam vir Masada Jeugkamp in Sui-Oekraïne wat op 30 Junie begin. Ons neem weer ‘n 100 mense. Bid asseblief vir borge vir elke jongmens wat op die kamp wil gaan. 

Baie liefde en seen

Michele Potgieter
Uit Tel Aviv


Michele Potgieter 

Capitec

MRS M POTGIETER

Savings Account Number: 1554335599

Branch: 470010

 SWIFT/BIC code (CABLZAJJ)

 International Sort/Routing/Clearing Code: 470010

Account number/IBAN: 1554335599

🌸

Account Name: Marialena Behandeling en Nasorg

Account Number: 2333274073

Bank: Capitec (Savings)

🌸

Projekte rekening:

Standardbank,

Lynnwood Ridge tak (met kode 012445),

rekeningnommer 014330067 

in die naam Nuwe Dag

🌸

https://gofund.me/903e1f8a