20 Junie
Liewe ….
Ek hoop dit gaan steeds goed met jou. Gister het jy weer gehoor dat God slegte dinge in goeie oomblikke verander. My gebed is dat jy nou aktief besig sal wees om die wêreld ‘n beter plek te maak. Leer vandag die volgende uit God se Woord.
Tema: Wees op puntdiens!
Teks: “Daarom stuur Ek jou na die farao toe sodat jy my volk, … kan bevry.”’ (Eks 3:10)
- Die Here stuur jou om die wêreld ‘n beter plek te maak. As Christusgelowige is jy ‘n voorloper hierin.
- God die alwyse stuur jou om almal hier op aarde te help om Sy wil te doen (Matt 6:10).
- Hy stuur jou om die nood van mense ligter te maak.
- Stap agter die Here aan om Sy planne uit te voer.
- Beplan dit goed en werk hard om dit waar te maak. Leef in geloof.
Gebed
Liewe Vader, gee my genade om uit my gemaksone te breek sodat ek die wêreld beter kan maak.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


