19 Junie
Liewe ….
Is dit nie wonderlik dat die Here al jou probleme en uitdagings ken nie? Ek wens dat jy vandag sal sien dat mense werklik goed is en dat hulle vir jou omgee. My gebed is dat jy sal weet en glo dat die Here God elke slegte situasie in iets goeds sal verander. Hier is Sy Woord vir jou.
Tema: Slegte situasies word goeie uitkomste
Teks: “Daarom het Ek afgekom om hulle uit die mag van Egipte te bevry en om hulle daarvandaan te laat trek” (Eks 3:8)
- Wees stil en dink vir ‘n oomblik…
- Die God van liefde en genade se liefde vir jou is onverstaanbaar groot.
- Die Here is nie in jou pyn en probleme afwesig nie.
- Hy is reeds besig om vandag ‘n verskil te maak sodat jou lewe ‘n positiewe draai sal maak.
- Weet dat Hy jou nie in die steek sal laat nie.
- Hy sal jou toevou en Hy sal jou beskerm.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U in goeie en slegte tye vir my sorg.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


