22 Junie
Liewe ….
Noudat jy weet dat ons net die God van die Bybel mag aanbid, is my gebed dat jy die moed van ‘n leeu sal kry. Waag en bereik baie. Ek hoop dat dit met jou liggaam en gees goed sal gaan. Die boodskap wat vandag na jou kom is die van dapperheid. Hier is Sy Woord vir jou.
Tema: Verskoning nommer een: Ek is nie goed genoeg nie
Teks:“Toe sê Moses vir God: “Wie is ék dat ek dit by die farao sou waag en dat ék die Israeliete uit Egipte sou bevry?” ” (Eks 3:11)
- Die Gees werk op verskillende maniere in jou. Hy gee die seisoene in jou lewe.
- Om op puntdiens te wees, werk te doen, mense te help en die lewe te verbeter, vra dikwels moeite, harde werk en naïewe geloof.
- Tog, niks van jou is toevallig nie. Hy het jou met ‘n plan en ‘n doel gemaak.
- Nog voor jy mens geword het, het Hy jou beplan en versorg (Ps. 139:16).
- Sedert jy mens geword het, is jou lewe in Sy hand en het Hy beheer oor jou lewe (Ps. 139:15, 16)
- Gryp vandag alle goeie goed met oorgawe aan! Help ander mense! Doen jou bes en leef voluit!
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U aan my die gawes en talente gee om U wil uit te voer.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


