Nadia Marais – Gelukkige Vrouedag? – Kerkbode

Nadia Marais

Dit is opvallend hoeveel TV-reekse en flieks die laaste tyd verskyn het, waarin gendergebaseerde geweld sentraal staan tot die storielyn. Heelwat van hierdie reekse en flieks is gebaseer op ware verhale, ook in Suid-Afrika. Dink aan Maid, The staircase, Last blue ride, Strangers you know, om enkeles te noem. Dit het my laat wonder:

Lees meer “Nadia Marais – Gelukkige Vrouedag? – Kerkbode”

Nuusflitse Week 33+ van 2022

Nuusflitse

Sondag – 21 Augustus 2022 Kategese om 09:00. Prediker:  Ds. Danie Goosen.Bestuurspanvergadering – 16 Augustus 2022Getuienisbediening Die derde kwartaal se uitreikdatums vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is as volg: 24 Augustus 2022, 7 en 21 September 2022.

Omgeebediening Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.

Ondersteuningsgroep eerskomende Donderdag, 18 Augustus 2022 om 14h00 in Lokaal 6.

Nuusflitse week 32+ van 2022

Nuusflitse

Sondag – 14 Augustus 2022 • Ds. Danie Goosen se afnaweek. • Kategese om 09:00. • Prediker:  Ds. G van Deventer.
Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is as volg: 10 en 24 Augustus 2022, 7 en 21 September 2022
Omgeebediening Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting
Klub 50+ hou hulle jaarlikse pannekoekdag op 10 Augustus in die kerksaal

Afkondigings 7 – 14 Augustus 2022

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Afkondigings

Ned. Geref. Kerk Groot-Brakrivier
7 – 14 Augustus 2022


Vandag – Sondag 7 Augustus 2022:

• Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan Marida Bridges ons nuwe orreliste.  

• Die gemeente vier nagmaal en nooi graag alle besoekers om dit saam met ons te gebruik.  Plaas asb. u leë nagmaalkelkie in die houers in die voorportaal na die erediens.

• Ons skriflesing vanoggend kom uit Lukas 12 vers 49 tot 56. Die tema van die prediking is: ‘n Verrassende wending?  

• Spesiale offer vir die Groenewaldfonds.

• Geen Kategese.

‘n Verwelkomingstee vir nuwe lidmate word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Lees meer “Afkondigings 7 – 14 Augustus 2022”

Gebedsgids vir Augustus 2022

Gebed


Maandag 1 Augustus: Ons Kerk
Ons kerke is by ‘n kruispad. Baie mense verlaat die kerk of woon nie meer eredienste by nie. Kom ons dra dit aan die Here op en bid vir herbesinning en ‘n omkeer.
Dinsdag 2 Augustus: Eensaamheid
“My God My God waarom het u My verlaat” was Sy woorde met Sy kruisiging. Eensaamheid kan erg wees en daar kan tye kom dat ons ook so mag voel. Kom ons bid tot die Here vir Sy alomteenwoordigheid en nabyheid.
Woensdag 3 Augustus: Misbruik van kinders (Markus 9:42)
Miljoene kinders van alle ouderdomme word dwars oor die wêreld misbruik en verniel. Hulle word seksueel misbruik, hulle word as slawe verkoop, op allerlei wyses mishandel en verniel. Ons dra die kinders se lot deur ons gebede aan die Here op.
Donderdag 4 Augustus: Verwoesting van die aarde
Adam en Eva is uit Eden uitgegooi oor ongehoorsaamheid. Ons bly steeds in ‘n Eden en verwoes dit deur ons onverantwoordelike optrede mbt. besoedeling. Bid vir ‘n verandering in gesindheid wêreldwyd.
Vrydag 5 Augustus: Terneergedrukte mense
Vele mense om ons leef om een of ander rede as terneergedruktes. Kom ons dra hulle aan die Here op en vra vir vreugde in hulle lewens.
Saterdag 6 Augustus: Bekommerde mense
In ons gemeenskap kan vele bekommerde geliefdes wees. Bekommerd oor finansies, behuising, gesondheid, kinders, ouers ens. Kom ons dra hulle almal aan Vader op.
Sondag 7 Augustus: Stop van bendegeweld
Bendegeweld is ‘n groot probleem in ons samelewing. Gepaardgaande daarmee ook baie misdaad en moord. Kom ons vra Vader vir vrede op hierdie gebied en dat Hy dit sal omskakel na iets wat Sy grote naam tot eer sal strek.
Maandag 8 Augustus: Sending regoor die wêreld
Reg oor die wêreld is daar pragtige mense wat hierdie saak onderneem. In vele gevalle is hulle lewens en die wat hulle bedien in doodsgevaar. Kom ons dra hulle veiligheid en beskerming en sukses aan die Here op.
Dinsdag 9 Augustus: Nasionale Vrouedag
Ons rig ons gebede tot Vader om sy vleuels van liefde en beskerming oor die ganse vroulike geslag uit te sprei en hulle te seën vir die enorme positiewe bydrae wat vroue oor die wêreld, in die wêreld maak.
Woensdag 10 Augustus: Plaasmoorde
Ons land word geteister met plaasmoorde en sommige politici hits dit aan. Ons gaan Vader vra om drasties hier in te tree ter beskerming van ons land se boere, maar ook om die hele ingesteldheid van moordenaars en potensiële moordenaars en aanhitsers te verander.
Donderdag 11 Augustus: Hawelose mense
Dit is winter en snags bitter koud buite. Hawelose mense moet hierdie toestande op sypaadjies trotseer. Kom ons bid dat ons gemeente se program vrugte sal afwerp en dat ons sal help waar ons kan.
Vrydag 12 Augustus: Radelose mense
Vele mense in ons omgewing en in ons land is raadop met omstandighede wat hulle deel is. Dit mag hulle finansies wees, hulle kinders, hulle ouers, hulle vriende en dalk nog hulle kerk ook. Kom ons dra hulle aan die Here op vir verligting van hulle omstandighede.
Saterdag 13 Augustus: Ekonomiese oplewing
Miljoene mense in ons land is werkloos. Miljoene se huislike ekonomië is aan flarde. Miljoene kan niks meer bekostig nie en ly gebrek. Ons gaan Vader deur ons gebede vra om ons land se ekonomie sodanig te verbeter dat hierdie tragiese omstandighede die hoof gebied kan word.
Sondag 14 Augustus: Werkskepping
Die Staat en nywerhede kan nie al die werkloses akkommodeer nie. Laat ons in ons gebede die Here vra om die werkloses sodanig met kennis, insig, ywer en entoesiasme te bemagtig dat hulle hul eie werk kan skep en sodoende ook ‘n bydrae tot die land se ekonomie kan lewer
Maandag 15 Augustus: Ons skole
Dit is van groot belang dat ons jeug ‘n goeie skoolopleiding kry. Ongelukkig is dit nie oral die geval nie en is daar groot leemtes. Kom ons pleit ons Here om ons skolestelsel ter wille te wees en dit sodanig op te hef dat ons dankbaar trots sal wees op die kinders wat dit sal lewer en wat hierdie pragtige land van ons die toekoms sal kan inlei.
Dinsdag 16 Augustus: Ons Universiteite
Op ons universiteite is daar tans geweldig baie studente. Ons vra Vader om met elke jong mens daar te wees en ‘n verantwoordelikheid te kweek in die sin dat elkeen sal besef dat hy/sy een of ander toekomstige leier sal wees en so ‘n posisie met verantwoordelikheid sal moet beklee wat die Vader se naam ter ere sal wees.
Woensdag 17 Augustus: Ons plaaslike regerings
Met meeste plaaslike regerings gaan dit nie goed nie. Dienslewering en herstelwerk het tot stilstand gekom, korrupsie vier hoogty, miljarde Rande word aan leweransiers geskuld en inwoners ly daaronder. Ons bid tot God om hier in te tree en ‘n verantwoordelikheid by amptenare te skep wat hierdie tragiek sal regstel.
Donderdag 18 Augustus: Vermiste mense
Gereeld word daar op sosiale media fotos van volwassenes en kindertjies so jonk as 10 jaar en selfs jonger gesirkuleer wat op een of ander tragiese wyse vermis geraak het. Ons bid vir kalmte en hoop by families en gesinne, maar ook vir die ingesteldheid of vrees wat by die vermistes aanwesig mag wees. Ons vra vir Vader vir hulle veiligheid en spoedige terugkeer.
Vrydag 19 Augustus: Dwelmverslawing
Baie volwassenes, jong mense en jong-jong kinders is verslaaf aan dwelms. Ons kan maar net vir God vra om hulle van hulp te wees met genesing, want dit vra Goddelike krag om van die verslaafdheid ontslae te raak. Mag God se gramskap ook fel neerkom op hulle wat die dwelms verskaf sodat hulle eerder smokkelaars van Sy Woord sal word.
Saterdag 20 Augustus: Bybelverspreiding
Die opdrag in Markus 16:15 is duidelik. Kom ons dra almal wat met hierdie taak besig is aan Vader op. Ons bid vir sukses maar ook vir hulle veiligheid.
Sondag 21 Augustus: Verdraagsaamheid
In ons pragtige land is daar ‘n groot mate van onverdraagsaamheid en veral tussen verskillende rasse. God het ons almal saam hier aan die Suidpunt van Afrika met ‘n doel geplaas. Bid God dat Hy deur Sy Heilige Gees ‘n gees van verdraagsaamheid tussen almal hier sal skep sodat ons nie Sy doel sal verydel nie.
Maandag 22 Augustus: Siekes en mense wat terminaal siek is
Jesus het vele siekes genees tydens Sy verblyf by ons. Ons vra Hom deur gebed om ook weer die siekes in ons midde te genees en hulle wat terminaal siek is, styf vas te hou en hulle te oorlaai met Sy liefde, krag en bemoediging, en as dit Sy wil is hulle ook met genesing te bevry van hulle bekommernis.
Dinsdag 23 Augustus: Beskermingsdienste
Die land se Beskermingsdienste verkeer onder groot druk. Ons dra hulle aan Vader op.
Woensdag 24 Augustus: Eerbiedwaardige optrede
Ons kan ons soms so skuldig maak aan ruwe en onbeskofte optrede teenoor ons medemens en naaste. Kom ons vra Vader deur gebed om Sy Heilige Gees in ons harte te vestig en dat ons gelei kan word tot eerbiedwaardige en vreugdevolle optrede.
Donderdag 25 Augustus: Gestremdes
Gestremdheid van watter aard ookal is nie maklik nie. Die gestremde asook hulle gesinne het ‘n swaar las om te dra. Ons smeek God in Sy almag om Sy genade oor gestemdes en hul gesinne in oormaat uit te stort
Vrydag 26 Augustus: Onrus en oorloë in die wêreld
Die wêreld word geteister deur onrus en oorloë. Miljoene onskuldige mense en kinders word daardeur dood of vreesbevange gelaat. Kom ons vra die Heer om vrede te bring en die wat daarteen stribbel soos in die dae van Israel uiteen te jaag en te verstrooi.
Saterdag 27 Augustus: Beskerming van gelowiges in die Middeooste
Ons broers en susters in die Here in die Middeooste het dit geweldig swaar. Word hulle geïdentifiseer, is dood hulle voorland. Ons bid God vir ‘n versoenende gees aldaar en dat Hy hulle sal beskerm om Hom vrylik te kan aanbid en dien.
Sondag 28 Augustus: Oues van dae
In ons omgewing is daar vele oues van dae. Hulle woon by kinders, of ouetehuise of sorgsentrums. Van hulle is ook enkellopend en woon alleen. Ons bid vir hulle en vir mekaar en vra ons Almagtige Vader vir Sy liefde en beskerming en dat die laaste jare met vreugde, lag en liefde gevul sal wees
Maandag 29 Augustus: Klimaatsverandering
Klimaatsverandering is stadig besig om God se Skepping te verwoes. Die mens is direk daarvoor verantwoordelik deur die die atmosfeer te besoedel. Kom ons bid vir kennis en ‘n ingesteldheid om dit te bekamp.
Dinsdag 30 Augustus: Ons land se jeug
U, Here het eenkeer gesê dat die een wat die kinders leed aandoen, dit vir hom beter sal wees om met ‘n meulsteen om die nek in die see gewerp te word. Kom ons bid vir hulle en dat God Sy vleuels van beskerming oor elkeen sal hou
Woensdag 31 Augustus: Werkende mense
Ons dank en gebede gaan uit na werkende mense wat ons land instand hou. Ons vra vir Vader om hulle te onderskraag, ook in so ‘n mate dat hulle Hom nooit sal vergeet nie.

Kerkbode: GRATIS E-KOERANT

Kerkbode
In hierdie uitgawe: “Die antwoord vir ons verskille lê nie in kortsigtige kerkregtelike afwykings van die Kerkorde en die kerkbegrip wat dit verteenwoordig nie … Dit lê in verdraagsaamheid en eensgesindheid,” luidens ’n verklaring wat die dagbestuur van die NG Kerk se Algemene Sinode onlangs uitgereik het. Kwessies soos die kerkverband se getrouheid aan haar belydenisskrifte, teologiese opleiding en hantering van die ‘interne verdeeldheid’ word hierin aangeraak. Lees meer hierOostelike Sinode is die eerste streeksinode om ‘n voorstel goed te keur vir ‘n proses wat ‘n plan vir ‘n moontlike ‘nuwe sinode of kerk’ binne die NG Kerk ondersoek. Streeknuus: Een dominee doen ‘n ‘mal ding’ en begin ‘n ‘Wyk Zero’ en ‘n ander een kry ‘n roomkoek in die gesig by ‘n basaar. Vind uit wat het nuwe ‘inhoudskeppers’ geleer by die tweede Slypskool vir Skrywers wat Kerkbode en die Taakspan Navorsing saam op Wellington gehou het. Rubriek: Augustus is Vrouemaand – Dr Nadia Marais vra of ons dan iets het om te vier vanjaar? Boek: Is ‘n nuwe Nuwe Testament in Afrikaans regtig nodig? Soos altyd, die nuutste amptelike skuiwe en loopbaangeleenthede binne die NG Kerk. Geniet jy om Kerkbode te lees? Jy kan ons help om hierdie kerkjoernalistieke diens op volhoubare wyse verniet te hou. Word vandag nog ‘n Vriend van Kerkbode! Dis maklik. Lees meer hier.

Groete,

Heléne Meissenheimer namens die Kerkbode-redaksie
Oostelike Sinode: Plan vir nuwe sinode of kerk Oostelike Sinode het met ’n proses begin om ’n nuwe “model van kerkverband” te ontwerp – gemik daarop om lidmate te behou vir wie die Algemene Sinode (AS) se besluit oor selfdegeslagverhoudings “onaanvaarbaar” is. Lees meer hierNUUS: NGK praat saam by WRK oor sake soos klimaatsverandering, rassisme, geweld teen vroue en konfliksituasies in Oekraïne en Israel/Palestina
Rubriek: Wat kan ons vanjaar met Vrouedag vier?
“Midde-in ’n pandemie van geslagsgeweld en gekonfronteer deur die bykans daaglikse nuusberigte oor vroue wat verkrag en vermoor word, weet ek nie of daar enigiets gelukkig is aan Vrouedag nie. Hoe vier ’n mens dit wat jou soms beangs maak, wat van jou ’n teiken maak wanneer jy draf of fietsry, waar jy in ’n winkelsentrum of op straat stap, in die verkeer of op ’n bus of trein of vliegtuig, en oraloor: tussen vreemdelinge, tussen vriende, tussen familie?,” skryf Nadia Marais in haar nuutste Kerkbode-rubriek. Lees meer hier.
#slypskool2022: ‘Help ons mensestories van data maak’ hoor deelnemers
Nuwe woema danksy ‘n ‘Wyk Zero’
Die eerste inwoners van sy grootste waagkans het van “Wyk Zero” gekom. Vier mense bly nou in die vervalle ou huis op Volksrust wat Charl van Schalkwyk met sy erfgeld gekoop het. ’n Mal aankoop, so kort voor aftrede, het oorblufde vriende hom gewaarsku, vertel die 63-jarige dominee van Mpumalanga. Lees meer hier sowel as in die jongste Kerkbode.
Loopbaangeleenthede in die NG Kerk
HOËVELD: LIgbaken Gemeente en Mellville Kruisgemeente soek beide ‘n voltydse leraar. OOS-KAAPLAND: NG Vrede-Wes het ‘n opening vir ‘n voltydse leraar en PE Hoogland vir ‘n medeleraar. NOORDELIKE SINODE: NG Overkruin benodig ‘n medeleraar en NG Sanddrift ‘n voltydse leraar. NOORDKAAPLAND: Die NG gemeente Kuruman Die Oog wag aansoeke vir ‘n voltydse leraar in. VRYSTAAT: Vrede-Wes vra vir ‘n voltydse leraar. WESKAAP: Die NG gemeente Hartenbos soek ‘n voltydse leraar.
Loopbaanskuiwe van Julie tot Augustus
Beroep aanvaar Ds Francois Christiaan Victor (Tiaan) van Heilbron-Suid het die beroep as leraar aanvaar na NG Gemeente Standerton-Wes. Sy intreepreek het op Sondag 7 Augustus 2022 plaasgevind. Besoek Amptelik vir meer nuus oor onlangse loopbaanskuiwe.
… toe kry ds ‘n roomkoek in die gesig by kerkbasaar
#Bybelsondag: Is nog ‘n nuwe Nuwe Testament in Afrikaans regtig nodig?
“Is daar regtig nog ’n Afrikaanse vertaling van die Bybel nodig? Dit is sekerlik die eerste vraag wat almal vra, maar dis ook my eerste vraag wanneer ek met Stephan Joubert en Jan van der Watt gesels,” skryf Rethie oor haar gesprek met die manne agter die nuutste Afrikaanse vertaling van die Nuwe Testament, ‘Die Nuwe Nuwe Testament – ’n Getroue vertaling in vars Afrikaans’. “Vir seker is daar altyd te veel vertalings en vir seker is daar altyd te min,” antwoord Joubert. Lees meer hier.
Teken uit op hierdie nuusbrief | Meer inligting
Lees meer “Kerkbode: GRATIS E-KOERANT”

Nuusflitse Week 31+ van 2022

Nuusflitse

Sondag – 7 Augustus 2022 • Kategese om 09:00. • NAGMAAL om 10:00 • Prediker:  Ds. Danie Goosen.
Getuienisbediening 10 en 24 Augustus 2022, 7 en 21 September 2022
Omgeebediening – Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting
Ondersteuningsgroep 4 Augustus 2022
Klub 50+ hou hulle jaarlikse pannekoekdag op 10 Augustus in die kerksaal.
Bloedskenking – Donderdag 4 Augustus 2022, vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.

Afkondigings 31 Julie – 7 Augustus 2022

Afkondigings

Vandag – Sondag 31 Julie 2022:

• Baie welkom by vanoggend se erediens.

• Ons skriflesing vanoggend kom uit Lukas 12 vers 13 tot 21. Die tema van die prediking is:  Bou en vertrou?  

• Sinodale offer vir Gemeentebediening.

• Kategese om 09h00.

Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Lees meer “Afkondigings 31 Julie – 7 Augustus 2022”

Afkondigings 24 – 31 Julie 2022

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 24 Julie 2022:

  • Baie welkom by vanoggend se erediens.
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit Lukas 11 verse 1 tot 13. Die tema van die prediking is: Die Vrygewige Vriend?
  • Spesiale offer vir Studente bearbeiding.

Studente bearbeiding fokus op die ondersteuning van studente in Stellenbosch, Tygerberg en Wellington, asook die post-matriek fees. Navorsing word ook gedoen oor die veranderende aard van bediening aan studente en jong volwassenes, om die bediening aan te pas en te verbeter.

  • Kategese om 09h00.
Lees meer “Afkondigings 24 – 31 Julie 2022”

Nuusflitse Week 30+ van 2022

Nuusflitse

Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is as volg: 27 Julie 2022, 10 en 24 Augustus 2022, 7 en 21 September 2022
Sondag – 31 Julie 2022 Kategese om 09:00. Prediker:  Ds. Danie Goosen. Sinodale offer vir Gemeentebediening
Ondersteuningsgroep 4 Augustus 2022 Kontak gerus vir Riana Briers (081 039 8853)
Klub 50+ hou hulle jaarlikse pannekoekdag op 10 Augustus in die kerksaal.
Omgeebediening Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting

Nuusflitse Week 28+ van 2022

Nuusflitse

Ds. Danie is met verlof vanaf 4 tot 18 Julie 2022
Gebedsgidse vir Julie 2022 is beskikbaar met hierdie skakel (GebedsGids Julie 2022) op die webtuiste of in die ingangsportaal. 
Klub 50 Woensdag 10 Julie 2022 – Bingo-, Sop-, en Sjerriedag
Ondersteuningsgroep 4 Augustus 2022
Wolwedans boodskap, sop en brood bediening. Die derde kwartaal se uitreike is 13 & 27 Julie, 10 & 24 Augustus en 7 & 21 September 2022 Benodig: Sop en brood.
Omgeebediening  Ons probeer met die gemeente se hulp help waar daar nood is. Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.

Ondersteuningsgroep – 4 Augustus 2022

Depressie - Photo by Kat Smith: https://www.pexels.com/photo/woman-holding-her-head-551588/

Ons bestaan uit ‘n groepie passievolle mense wat daarop ingestel is om ‘n verskil te maak in ons gemeente en ons gemeenskap.

Die afgelope byeenkoms van 23 Junie, het ons gesprek hoofsaaklik gegaan rondom besondere behoeftes wat ons in ons omgewing raaksien en hoe ons dit kan aanspreek.

Indien iemand opsoek is na enige emosionele of fisiese bystand, kontak ons by die onderstaande telefoonnommer en ons sal ons bes doen om van hulp te wees.

Lees meer “Ondersteuningsgroep – 4 Augustus 2022”