Vandag – Sondag 4 September 2022:
- Baie welkom by vanoggend se erediens.
- Ons Skriflesing vanoggend kom uit Jeremia 18 vers 1 tot 12. Die tema van die prediking is: ‘n Gedaanteverwisseling?
- Kategese om 09h00.
- Sinodale offer vir Bediening aan die Dowes.
- Nasionale biddag vir Dowes.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Sondag – 11 September 2022
- Kategese om 09:00.
- Prediker: Dr. Gerdrie van der Merwe.
- Leprosedag (Melaatses).
- Spes. Offer Sending onder Melaatses.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
Maandag – 12 September 2022
Dinsdag – 13 September 2022 Ringsitting
- Die Ring van Mosselbaai vergader vanjaar op 13 September by die NG Gemeente Groot-Brakrivier. Ons vra asseblief u voorbidding in die verband.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Gebedsgidse:
Gebedsgidse vir September 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
KERKRAADSVERGADERING
Tydens die kerkraadsvergadering gehou 23 Augustus 2022 is die volgende persone as kerkraadslede verkies:
Ouderlinge:
Hynn Engelbrecht Blok 1 Gonnakraal, Sorgfontein en Vlakte
Dr. Jurie Vermeulen Blok 5C & 5D Hersham
Kobus Stander Blok 6B Eurekapark
Diakens:
René Vorster Blok 1 Gonnakraal, Sorgfontein en Vlakte
Annette Smalberger Blok 10A Tergniet-Oos
Geouditeerde finansiële jaarstate
Die geouditeerde finansiële jaarstate vir die jaar tot 28 Februarie 2022 toon ‘n mooi toename in inkomste oor 2021 inaggenome dat 2021 finansieel uitdagend was as gevolg van Covid-19.
Die uitgawes is goed onder beheer. Die kostes van die herstel en verbeteringe aan die Langstraat-pastorie het die eiendomsuitgawes opgestoot.
Ons kon die jaar afsluit met ‘n surplus van R259 522 wat R27 103 minder is as 2021. Ons dank die Here vir sy genade en ook vir u vir u getroue bydraes.
Die geouditeerde finansiële jaarstate is ter insae by die kerkkantoor tydens kantoorure beskikbaar.
U kan enige vrae aan Anton Gericke rig by 083 277 2777.
Verandering in eredienstye
Tydens die kerkraadsvergadering van 23 Augustus 2022, is daar besluit om vanaf 1 Januarie 2023 die eredienstye op Sondae te vervroeg vanaf 10h00 die oggend na 09h00 die oggend. Die Kategese sal skuif na 10h00 in die oggend direk na die erediens. Indien u nie die 09h00 oggenddiens by die kerk kan bywoon nie, is u welkom om die erediens by Groenkloof om 10h00 die oggend by te woon.
Indien u enige beswaar het teen die besluit vra ons dat u dit asseblief skriftelik so gou moontlik by die kerkkantoor indien.
Getuienisbediening

Die derde kwartaal se uitreikdatums vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is as volg: 7 en 21 September 2022.
Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte en ons voorraad na Woensdag se uitreik is baie laag. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.
Omgeebediening
Groentepakkieprojek:
Die Omgeebediening was die afgelope 2 jaar weekliks betrokke by die verspreiding van 20 groentepakke per week in die Groot-Brakrivier gemeenskap. Nou wil ons veral die 35 lidmate wat gehelp het met die verpakking en 7 voertuigbestuurders wie die aankope gedoen het tussen 11 April en 30 Augustus 2022, bedank vir hul hulp wat dit moontlik gemaak het om 40 pakke per week gereed te kon kry vir verspreiding hier en tot in Mosselbaai. Met Covid-19 nou baie afgeplat, kom hierdie projek tot ‘n einde. Ons loof die Here vir ‘n donateur se vrygewige hand die afgelope 2 jaar.
Daar is tans ‘n behoefte by een van die gesinne in die gemeenskap vir ‘n klein yskassie. Indien iemand kan help, skakel asseblief vir Koos van Zyl (082 200 9480).

Daar word tans herstelwerk gedoen binne die kerkgebou. Ons vra verskoning vir enige ongerief / stof wat hierdeur veroorsaak word. Ons bedank u vir u begrip en geduld.
FEBA RADIO SE GEBEDSPUNT VIR SONDAG 4 SEPTEMBER 2022
GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR KAMBODJA
Slegs 2% van die ongeveer 15 miljoen mense wat in Kambodja woon, is Christene en dit sluit Katolieke en Protestante in. Die “Voice of Love” (Stem van Liefde) mobiele program teiken 7 provinsies in Kambodja. Dit is inwoners wat nie tradisionele uitsendings kan opvang nie. Hierdie oudio-toestel sal hulle help om God se Woord te hoor – dikwels vir die eerste keer. Bid asseblief vir hierdie inisiatief en dat die mense na die uitsendings sal luister. Vir meer inligting, kontak ons: Kantoornommer – (012) 335 5708; WhatsApp – 081 265 4801.
DIE WEBTUISTE
Nuut op 4 September 2022
- Skakel na die YouTube preek van 4 September 2022.
- “Stof tot nadenke: Die onuitputbare Kragbron …”. ‘n Kort boodskap vir die week.
YouTube Eredienste
YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314
