Afkondigings: 4 – 11 Desember 2022

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 4 Desember 2022:

  • Baie welkom by die erediens.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Psalm 72. Kruip die Koning weg?
  • Bevestiging van kerkraadslede.
  • Spesiale Offer by die deure vir die Hugenote-Kollege.
  • Tee in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir Desember 2022 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Desember eredienstye

Daar sal gedurende Desember slegs een erediens om 10:00 Sondae wees, met uitsondering van 25 Desember – Kersdag. Kersdag eredienstye is 07:00; 08:00; 09:00 & 10:00.

Ds. Danie sal met verlof wees vanaf 26 Desember 2022 tot 5 Januarie 2023

Sondag – 11 Desember 2022

  • Prediker:  Ds. Fanie Bergh.
  • Spesiale Offer vir die Stranddiensspan.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.

14 Desember – Skole sluit

Sluiting van die Kerkkantoor:

Die kerkkantoor sal gesluit wees vir die tydperk 15 Desember 2022 tot 3 Januarie 2023.

31 Desember – Oujaarsdiens

Die Oujaarsdiens sal om 18:00 plaasvind in die kerkgebou en nie om 23:30 soos op die kalender aangedui nie.

Ondersteuningsgroep

Ons groep wil graag mense ondersteun met:

  • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
  • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.

Skakel ons by 081 039 8853 – Kontak persoon Riana Briers.

Getuienisbediening

Baie dankie aan almal wat so getrou deur die jaar betrokke was, op watter basis ookal, om te help met ons uitreike na Wolwedans asook ons sendelinge. Met u ondersteuning het dit ’n groot verskil in die lewens van kinders en bejaardes gemaak.

Ons laaste besoek vir die jaar is 7 Desember waartydens die Kerspakkies uitgedeel sal word.

Kerspakkies vir 45 Wolwedans kinders

Spar en Pick ‘n Pay neem weer saam deel aan ons Kerskoepon projek waar ons vir 80 gesinne ‘n R400 koepon gaan gee op 7 Desember om hulle te help om Kersfees te geniet. Ons wil ook graag vir 45 kinders elkeen ‘n bederfpakkie gee van ‘n sappie, ‘n vrug, koekie en springmielies.

  • Baie dankie vir elkeen wat ook met hierdie projek gehelp het.

Indien u ‘n EFT bydrae tot die Kerspakkies maak, meld asseblief by die verwysing baie duidelik : Kersprojek.

  • D&M van Himalayas se kalenders is ontvang en is beskikbaar by die kerkkantoor teen R120 elk. Dit is ’n manier hoe ons hulle kan ondersteun vir die werk wat hulle doen met die uitdra van die Evangelie in moeilike omstandighede.

OMGEEBEDIENING:  KERSPAKKIES

Ons probeer altyd met ons Desember kospakkies iets spesiaals vir Kersfees in die pakkies sit. Hierdie jaar het ons leë koffieflesse in die voorportaal vir u geplaas om enige iets wat harte sal bly maak daarmee te vul. Baie dankie vir u getroue ondersteuning en die pragtige gevulde flesse wat ons ontvang het. Ons is oortuig daarvan dat hierdie “bederfie” baie gaan beteken vir diegene wat dit ontvang.

FEBA RADIO SA:  GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBA KOREA:

Ons prys God vir die unieke Koreaanse Kerk! Die eerste Protestantse gemeente is in 1884 gestig, en vandaar het Suid-Korea ‘n groei beleef en het nou sowat 50 000 gemeentes. God het die Kerk geseën met ‘n reeks herlewings en vernuwing gebring, ook deur die tye van vervolging. Die leierskap is tans goed opgelei, en die sterk visie van die bediening is ‘n voorbeeld vir die wêreld. Korea het van die grootste gemeentes in die wêreld met gebedsbyeenkomste vroegoggend en saans.

(Inligtingsbron: https://operationworld.org/prayer-calendar/09-03/)

Ons gebed vir die week: Bid dat God sal voortgaan om die personeel van ons 13 FM – en 2 kortgolf stasies kragtig te gebruik in beide Suid – en Noord Korea. Bid ook vir die 50ste herdenkingsviering van FEBC-Korea se Jeju-kortgolfstasie in Junie 2023.

Almanakke 2023

Die almanakke vir 2023 is beskikbaar. Kerkraadslede en Dienswerkers wat nog nie hul blok se almanakke ontvang het nie kan gedurende kantoorure kom afhaal.

Die webtuiste(nggrootbrak.co.za)

Nuut op 4 Desember 2022

1. Link na die YouTube Preek van 4 Desember 2022.

2. Getuienisbediening: Die week se nuusflits van België, Madagaskar en Oekraïne.

3. Gebedsgids Desember 2022: Is beskikbaar op die webtuiste.

4. Gemeentebrief Desember 2022: Is beskikbaar op die webtuiste.

5. Kommunikasiebediening: Stof tot nadenke: “Eer aan God”. ‘n Kort

boodskap vir die week.

YouTube Eredienste

YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314

Gebedsgids Desember 2022

Gebed

1 Desember – Hartseer en vreugdes:

Gedurende die jaar het ons hartseer en vreugdes beleef. Kom ons dank God vir vertroosting en blydskap wat ons ervaar het.

2 Desember – Vakansiemaand:

Dit is vakansiemaand in Suid Afrika. Almal is in ‘n vrolike gees en dit is so maklik om van ons Skepper te vergeet. Kom ons bid vir die veiligheid van elke vakansieganger en dat die Heilige Gees met elke persoon sal wees en sodoende ‘n verantwoordelikheid in elke persoon sal vaslê.

3 Desember – Eensaamheid:

Desember is die laaste maand waarin ‘n persoon eensaam wil wees. Tog is daar vele bejaardes wat na kinders verlang wat miskien oorsee woonagtig is. Selfs kinders wat na ouers verlang. Kom ons vra vir Vader om al die eensames in Sy arms te neem en styf vas te hou sodat hulle van Sy teenwoordigheid bewus sal wees en troos daarin sal vind.

4 Desember – Sending:

Oor die hele wêreld heen is daar pragtige mense wat die evangelie aan ander bekendstel en baie mense wat die evangelie aanvaar of dalk twyfel of hulle dit moet aanvaar. In sekere wêrelddele is dit ‘n lewensgevaarlike taak vir beide partye. Kom ons bid dat Vader hulle onder sy vleuels sal intrek, veral nou waar die geboorte van Christus binne dae herdenk sal word.

5 Desember – Oues van dae:

In ons gemeente is daar baie mense wat hier kom aftree het en hier kom oud word het. Kom ons dank Vader vir die voorreg wat ons het om hier in die pragtige Eden te kan woon en dit kan geniet. Dat ons heelwaarskynlik weer Sy geboorte in hierdie pragtige area sal kan vier met vreugde en dankbaarheid.

6 Desember – Mediese Wetenskap:

Ons bid en dank Vader vir die hulp en leiding wat Hy aan die mediese Wetenskap gee in die ontwikkeling van medikasie. Medikasie wat siekes oor die hele wêreld van ‘n beter lewe verseker. Maar ook vir voordeel wat ons hier in die Brak daaruit kan put.

7 Desember – Vroue en kinders:

In ons land word vroue en kinders elke dag deur ongenaakbare mans

aangerand en verkrag. Ons bid dat die Here hierdie haatlike kultuur

sal verander in ‘n liefdevolle gesindheid.

8 Desember – Skooldogters:

Skooldogters is vandag onder geweldige sosiale druk. Duisende is swanger juis as gevolg van hulle weerloosheid. Kom ons dra hulle almal aan die Here op vir Sy beskerming.

9 Desember – Ons gemeente werkers:

Ons bid vir ds. Danie en ds. Frans en vir al die kantoorwerkers en ander helpers en hulle gesinne . Ons dra hulle aan Vader op met dank vir wat hulle in ons gemeente met soveel liefde doen.

10 Desember – Ons land:

Ons land word vandag regeer en geadministreer deur mense wat eerder na hul eie belange omsien aswat hulle na die land en sy mense se belang omsien. Ons bid dat die Here hierdie situasie sal omkeer en ons land weer vooruitstrewend sal maak.

11 Desember – U Skepping:

Soos Adam en Eva in ‘n pragtuin gewoon het, woon ons steeds in U tuin Here. Deur ‘n “klein” oortreding het U hulle verblyf opgeskort in teenstelling bemors en vernietig ons U Skepping teen ‘n ongehoorde tempo. Ons gebede is om Vader te vra om elke mens se gesindheid teenoor U Skepping positief te verander.

12 Desember – Misdaad:

In hierdie vakansietydperk skiet die misdaadsyfer die hoogte in. Dit is diefstal, rooftogte, aanrandings, moord, verkragtings, dronkenskapens ens. Ons vra Vader se dringende ingrype hier.

13 Desember – Diens aan oues van dae:

In ons gemeenskap is daar Dokters, Verpleegpersoneel, Verpleeg-assistente en omsien-peroneel wat na vele van ons gemeenskap omsien. Kom ons dra hulle almal aan die Here op.

14 Desember – Herlewing van gebede:

Baie van ons verwaarloos ons gebede. Behoed ons daarvan en help ons om ons gesprekke met U nooit na te laat nie.

15 Desember – Suid Afrika:

Ons land is by breekpunt.Daarom moet ons volhard in gebed en nie toegee aan wanhoop nie.Ons God is steeds op die troon en in beheer. Daarom moet ons bid en glo dat Hy redding sal bring.

16 Desember – Versoeningsdag:

Here, na baie jare wat baie van ons ‘n gelofte aan U nagekom het, bid ons nou vir versoening in ons land. Net U kan dit bewerkstellig Here en daarom smeek ons dit van U.

17 Desember – Oorvloedige reën:

Vader U het U hemelsluise oorvloedig oopgemaak oor dele van ons land. Baie dankie daarvoor, maar wees met die gedeeltes waar oorstromings dreig en mootlik reeds plaasgevind het en met ons boere wat skades gelei het.

18 Desember – Plaasmoorde:

Here ons boere gemeenskap is so uitgelewer aan die welluste van moordenaars. Ons bid dat U elke boer en sy gesin sal beskerm. Dat U hulle deurentyd in U veilige hande sal toevou en beskerm.

19 Desember – Bloedvergieting:

O Vader die bloedvergieting in ons land is erg. Daagliks word mense en kinders koeëlbloedig doodgeskiet deur bendes. Tree tog in Here en bring vrede.

20 Desember – Siektes:

Daar is so baie persone wat aan ernstige siektes ly. Ons dra almal, ook ons gemeentelede wat siek is, aan Vader op en ons vra vir genesing of verligting van pyn.

21 Desember : Omgeebediening

Ons dra almal aan Vader op wat na ander omsien. Van ons gemeentelede sien om na siekes, dan is daar die persone wat hulp nodig het, maar nie die moed het om te vra nie. O Vader gee hulle die vrymoedigheid om vir hulp aan te klop.

22 Desember – Blokbyeenkomste:

Ons vra dat U, Vader by elke blokbyeenkoms teenwoordig sal wees en deur die Heilige Gees in elkeen se hart sal werk.

23 Desember – Beskermingsdienste:

Ons vra Vader om met ons beskermingsdienste personeel te wees. Dat Hy hulle sal bystaan met hulle ontsaglike taak en om dit eerlik en opreg te doen.

24 Desember – Verslawing:

Ons bid dat Vader met elke verslaafde sal wees en hulle sal motiveer om “skoon” te kom.

25 Desember – Dis Kersfees !!!

Ons ewige koning, die onverganklike en enigste Seun van ons God is baie jare gelede op hierdie dag gebore. Ons herdenk dit met eerbiedige vreugde en dank Hom dat Hy nog steeds na Sy kinders omsien.

26 Desember – Welwillendheidsdag (Gesinsdag):

Kom ons vra Vader om hierdie dag ‘n dag van liefde te maak. Binne ons gesinne, families, vriendekringe en bowe al ook in ons land tussen ons burgers.

27 Desember – Ukraïne:

Die oorlog in die Ukraïne verwoes alles daar. Mense se lewens, hulle huise en dink aan die kindertjies wat alles moet beleef. Kom ons soebat Vader vir vrede daar en dat Hy die aanstigters van die oorlog tot orde sal roep.

28 Desember – Bybelgenootskap:

Ons weet wat die Bybelgenootskap doen. Kom ons vra Vader om in al hulle behoeftes te voorsien en hulle wonderlike werk te seën.

29 Desember – Gesindheid:

Ons vra Vader om ‘n positiewe gesindheid in ons gemeente, ons gemeenskap en in ons land te skep sodat ons die nuwe jaar met reikhalsende hoop sal ingaan met die wete dat ons God steeds regeer.

30 Desember – Ons neem Afskeid:

2022 Is bykans verby. Kom ons dank God vir ‘n jaar waarin ons kon staan en leef en waarin Hy ons beskerm het, onderskraag het en vertroos het.

31 Desember – Dankie:

Dankie Here vir ‘n jaar waarin ons die voorreg gehad het om in U wonderlike en enorme Skepping te kon staan en leef. Dankie dat U ons behoed en bewaar het. Met liefde, die NG gemeente Groot Brakrivier.

Nuusflitse Week 49+ van 2022

Nuusflitse

Sondag 27 November 2022 Kerssangdiens om 19:00 in die kerkgebou
Woensdag – 30 November 2022 Die laaste kooroefening vir die jaar – 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751)
Sondag – 4 Desember 2022 Erediens 10:00 Ds. Danie Goosen
 25 Desember – Kersdag. Kersdag eredienstye is 07:00; 08:00; 09:00 & 10:00
31 Desember – Oujaarsdiens 18:00
Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022
Groenewaldfonds Aansoek sluit 30 November 2022

Stof tot nadenke: Danksegging

deur: Carin Van Ginkel

Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het… ”

1 Pet. 1: 3

Die gebruik van ‘Thanksgiving’ wat in die 1600’s in Amerika sy oorsprong het, is ‘n wonderlike gebruik van jaarliks dankie sê vir dit wat mildelik aan hulle uitgedeel is. Dit is ‘n feestelike geleentheid van deel met almal wat betrokke was by die oeste van die jaar; familie, vriende, bure en werkers. Dit is ook ’n tyd van versoening. Dit is ‘n fisiese gebaar wat hande uitsteek na almal rondom jou. Dit is ‘n wonderlike gebaar wat sekerlik ook in ander lande kan posvat. Maar kan ons die danksegging net tot eenmaal per jaar beperk?

Lees meer “Stof tot nadenke: Danksegging”

Skenk bloed

Skenk Bloed

Die bloeddiens wil graag die gemeente bedank vir die 58 pinte bloed wat ontvang is tydens die laaste bloedskenking in ons gemeentesaal.

Dit is egter vakansie en die fees-seisoen en veel meer donansies is nodig om ons deur hierdie moeilike tyd te sien. Die Bloeddiens vra daarom as dit moontlik is dat u asseblief by ander donasie sentrums bloed sal skenk tydens hierdie periode.

Nogmaals dankie vir u elkeen se bydrae tot die bloedbank.

Gemeentebrief – Desember 2022

Gemeentebrief

Goeiemôre gemeente
Mag die tyd van die jaar vir elkeen van u die vrede bring wat Jesus Christus met Sy koms na ons gebring het. ‘n Vrede “te midde van …”

Ons het ons eerste Kerssangdiens in drie jaar eerskomende Sondag om 19h00. Dit beloof om ‘n wonderlike lofprysingsgeleentheid te wees. Na afloop van die diens kuier ons saam in die kerksaal met iets te ete en te drinke.

Lees meer “Gemeentebrief – Desember 2022”

Afkondigings – 27 November tot 4 Desember 2022

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 27 November 2022:

  • Baie welkom by die erediens.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Psalm 122. Die tema van die prediking is : Aanstap rooies?
  • Spesiale Offer by die deure vir die Burger-Kersfonds.
  • Tee in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Kerssangdiens om 19:00 in die kerkgebou:

‘n Spesiale offer sal by die deure ingesamel word vir die Burger-Kersfonds. Hierdie fonds stel jaarliks ‘n paar honderd minder bevoorregte kinders in staat om by die Burger- Strandhuis te gaan bly vir ‘n lekker vyfdag-vakansie by die see.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir Desember 2022 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Woensdag – 30 November 2022

  • Die laaste kooroefening vir die jaar – 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.

Sondag – 4 Desember 2022

  • Prediker:  Ds. Danie Goosen.
  • Bevestiging van nuwe kerkraadslede.
  • Spesiale Offer vir die Hugenote-Kollege.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.

Desember eredienstye

Daar sal gedurende Desember slegs een erediens om 10:00 Sondae wees, met uitsondering van 25 Desember – Kersdag. Kersdag eredienstye is 07:00; 08:00; 09:00 & 10:00.

31 Desember – Oujaarsdiens

Die Oujaarsdiens sal om 18:00 plaasvind in die kerkgebou en nie om 23:30 soos op die kalender aangedui nie.

Sluiting van die Kerkkantoor:

Die kerkkantoor sal gesluit wees vir die tydperk 15 Desember 2022 tot 3 Januarie 2023.

HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS 17 DESEMBER 2022

Ons wil asseblief ‘n beroep op al ons gemeentes doen om hulle harte en hande oop te maak ten bate van ons jaarlikse basaar.

Ons benodig poeding en gebak bestanddele asook gebak in enige vorm. Beskuit, klein koekies, groot koeke, terte, beskuit, ens.

Roomys bakke en plastiese sakke is ook ‘n groot behoefte.

Kontak Elize Zinser 044 695 2386 / 044 695 1948.

Ondersteuningsgroep

Ons groep wil graag mense ondersteun met:

  • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopie.
  • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.

Skakel ons by 081 039 8853 – Kontak persoon Riana Briers.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.

Getuienisbediening

Die vierde kwartaal se laaste uitreikdatum vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022.

Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

  • Kerspakkies vir 45 Wolwedans kinders

Spar en Pick ‘n Pay neem weer saam deel aan ons Kerskoepon projek waar ons vir 80 gesinne ‘n R400 koepon gaan gee op 7 Desember om hulle te help om Kersfees te geniet. Ons wil ook graag vir 45 kinders elkeen ‘n bederfpakkie gee van ‘n sappie, ‘n vrug, koekie en springmielies. Ons het ook gedink om die gemeente te vra om deel te wees van die projek deur of ‘n pakkie te pak en dit op 2 Desember by die kerkkantoor af te gee of ‘n bydrae te maak. By voorbaat baie dankie dat ons hierdie jaar op hierdie wyse kan afsluit.

Indien u ‘n EFT bydrae tot die Kerspakkies maak, meld asseblief by die verwysing baie duidelik : Kersprojek.

OMGEEBEDIENING:  KERSPAKKIES

Ons probeer altyd met ons Desember kospakkies iets spesiaals vir Kersfees in die pakkies sit.

Hierdie jaar het ons leë koffieflesse in die voorportaal vir u geplaas.  Neem asseblief een en vul dit met wat u wil vir Kersfees – lekkers, waslap, ens. Enige iets wat harte sal bly maak. Bring dit asseblief terug voor begin Desember 2022. Ons moet 40 bottels vul.

Baie dankie vir u getroue ondersteuning en die pragtige flesse wat ons reeds ontvang het. Alle uitstaande flesse moet asseblief nie later as 30 November by die kerkkantoor afgegee word nie.

Groenewaldfonds:

Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022. Die voorgeskrewe aansoekvorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb. die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.

KERKRAADSVERGADERING

Tydens die kerkraadsvergadering gehou 15 November 2022 is die volgende persone as kerkraadslede verkies:

Ouderlinge:

Sarel Venter Voorsitter : Rentmeesterskapbediening

Dirk Visser Blok 4B Onder-Langstraat tot Kiewietlaan

Diaken:

Dorette Visser Blok 4B Onder-Langstraat tot Kiewietlaan

FEBA RADIO SA:  GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBC MONGOLIЁ:

Christenskap in Mongolië is vir die eerste keer in die moderne geskiedenis ‘n werklikheid! In 1989 het ons geweet van slegs tien Mongoolse gelowiges, maar teen 2022 het die aantal gelowiges tot ongeveer 100 000 gegroei, en die getalle groei steeds. Die kerk bestaan vir slegs een generasie, maar dit stuur honderde sendelinge na die mees onbereikte gebiede, bestuur nasionale bedienings en ontwikkel ‘n unieke aanbiddingsmusiek  in Mongoolse styl. Daar is steeds baie onbereikte nomadiese groepe wat die evangelie moet hoor, dus speel FEBC Mongolië ‘n sleutelrol om nuwe strategiese leiers op te lei om uit te gaan en die nomadiese groepe te bereik.

(Inligtingsbron: https://operationworld.org/prayer-calendar/09-03/)

Ons gebed vir die week: Bid vir Bat en Boogii, FEBC Mongolië se leierskap, dat God aan hul die nodige wysheid sal gee vir daaglikse bestuur en leierskap. Bid dat God hul passie brandend sal hou om die evangelie uit te dra na die mees onbereiktes! 

Almanakke 2023

Die almanakke vir 2023 is beskikbaar. Kerkraadslede en Dienswerkers wat nog nie hul blok se kalenders ontvang het nie kan gedurende kantoorure kom afhaal.

Die webtuiste(nggrootbrak.co.za)

Nuut op 27 November 2022

1. Link na die YouTube Preek van 27 November 2022.

2. Getuienisbediening: Die week se nuusflits van België, Madagaskar en Portugal.

3. Gebedsgids Desember 2022:Is beskikbaar op die webtuiste.

4. Kommunikasiebediening: Stof tot nadenke: “Danksegging”. ‘n Kort

boodskap vir die week.

YouTube Eredienste

YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314

Kerkbode November 2022

Kerkbode

View this in your browser. By die ASM: 33% afname in voltydse predikantsposte Tydens ‘n onlangse vergadering van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen (ASM) is, ondermeer, sake bespreek soos die uitslae van die nuutste sensusopname onder gemeentes. ’n Paar belangrike syfers kom na vore, luidens ’n bondige Kerkspieël-verslag:
Van 2018 tot 2022 het 47 gemeentes ophou bestaan deur saam te smelt met ’n ander gemeente. Dit verteenwoordig 4,2% van die gemeentes wat in 2018 bestaan het. In dieselfde tyd het voltydse predikantsposte met 33,36% afgeneem. Lees meer hieroor asook oor sake soos ‘n “langtafel”-inisiatief vir 16 Desember, klarigheid oor die formulier vir selfdegeslagverbindtenisse, teologiese opleiding en belangrike datums vir 2023 HIER. Gemeentes kan dienspligveterane help afsluiting vind Daar is verskeie redes waarom ’n groot groep voormalige nasionale dienspligveterane op die vooraand van pensioenouderdom nog onverwerkte trauma het. Dr Roelf Schoeman verduidelik hoekom hulp aan hierdie groep nie net ’n saak tussen ’n veteraan en ’n berader behoort te wees nie, maar in hulle plaaslike gemeenskappe geanker moet wees en hoe gemeentes ’n groot bydrae in hierdie verband kan maak. Lees verder Biografie: ‘Sonder liefde is ek bankrot,’ skryf rockster Bono (doopnaam Paul David Hewson) se outobiografie is deurtrek met Bybelse verwysings, geloofsworstelinge en nederige geloofsbelydenisse, skryf Francois Mulder met die verskyning van Surrender: 40 songs, one story deur die hoofsanger van die Ierse rockgroep U2. Lees verder Bybelgenootskap van SA kry tussentydse hoof Ds Rodney van Wyk is onlangs as die tussentydse uitvoerende hoof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) aangewys. Hy het op 1 November die leisels by ds Dirk Gevers oorgeneem. Lees verder Neem deel: Nuwe peiling wil hoor hoe lees NG lidmate en leraars die Bybel Hoe lees, verstaan en interpreteer jy die Bybel? Die Algemene Taakspan Navorsing van die Algemene Sinode is besig met ’n meningsopname om juis dit by respondente te hoor. Vul hierdie kort, anonieme vraelys in om deel te neem: https://www.surveymonkey.com/r/PKF82RZ Afrikaanse Kersoratorium blaas nuwe lewe in ou liedere Die storie van die geboorte van Christus word op ’n baie besonderse manier vertel deur koorsang. Met sy nuwe Afrikaanse Kersoratorium, Lig van waarheid, wil hy die luisteraars neem na ’n magiese plek waar gehore hulleself in die storie kan verdiep, vertel komponis Franco Prinsloo.
Lees verder Leraarspos: NG Sydenham (Gqeberha) Die NG Gemeente Sydenham in Port Elizabeth (Gqeberha) nooi biddend gelegitimeerdes van die NG Kerk uit om aansoek te doen vir ’n deeltydse pos
(onbepaalde termyn). Lees verder Leraarspos: NG Fraserburg (Karoo) Fraserburg is ’n klein plattelandse Karoogemeenskap met ongeveer 240 lidmate. Die gemeente soek ’n meelewende geestelike leier. Lees verder LOOPBAANSKUIWE in die NG Kerkfamilie VRYSTAAT BEVESTIGING Ds HHS (Mias) Nortier van Despatch-Eendrag het die beroep as voltydse leraar na NG Kerk Jacobsdal aanvaar. Sy bevestiging het plaasgevind op 6 November 2022. Ds Ampie Swanevelder het die bevestiging waargeneem. . Lees meer NUWE BOEK: Oor liggame gepraat … wie se stories en stemme word (nie) gehoor? Daar is min publikasies met ’n tema en aanslag waarin beide Tinder en Luther figureer. En nog minder publikasies waarin jy Luther, Tinder, Netflix en ART (Assisted Reproductive Technologies) sal raaklees. ‘Sexual reformation?’ is so ’n boek … en een met ’n belangrike vraagteken in die titel, verduidelik dr Manitza Kotzé, een van die drie redakteurs van hierdie nuwe bundel. Lees meer Kersfonds: Jou bydrae help jonges inspireer Nuwe loopbaangeleenthede Besoek Vakatures vir loopbaangeleenthede in die NG Kerk asook in kerklike maatskaplike sowel as ander Christelike nieregeringsorganisasies. Teken uit op hierdie nuusbrief | Meer inligting

Nuusflitse Week 48+ van 2022

Nuusflitse

Woensdag – 23 November 2022 Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751)
Sondag – 27 November 2022 Erediens 10:00 Prediker:  Ds. Danie Goosen
Sondag – 27 November 2022 Kerssangdiens Om 19:00 in die kerkgebou.
Bloedskenk:  Donderdag 24 November 2022, vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.
Sondag – 4 Desember – Bevestiging van Kerkraadslede
Desember eredienstye gedurende Desember slegs een erediens om 10:00 Sondae wees, met uitsondering van 25 Desember – Kersdag. Kersdag eredienstye is 07:00; 08:00; 09:00 & 10:00
31 Desember – Oujaarsdiens Die Oujaarsdiens sal om 18:00 plaasvind
Die kerkkantoor sal gesluit wees vir die tydperk 15 Desember 2022 tot 3 Januarie 2023
Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022.
Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022

Afkondigings 20 – 27 November 2022

Afkondigings

Vandag – Sondag 20 November 2022:

  • Baie welkom by die erediens wat vanoggend gelei word deur dr. Nadia Marais.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Markus 5:21-24, 35-43. Die tema van die prediking is : Die kind is nie dood nie.
  • Spesiale Offer by die deure vir die Kankervereniging.
  • Tee in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir November 2022 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Woensdag – 23 November 2022

  • Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.

Sondag – 27 November 2022

  • Prediker:  Ds. Danie Goosen.
  • Spesiale Offer vir die Burger-Kersfonds.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Kerssangdiens

Om 19:00 in die kerkgebou. ‘n Spesiale offer sal by die deure ingesamel word vir die Burger-Kersfonds. Hierdie fonds stel jaarliks ‘n paar honderd minder bevoorregte kinders in staat om by die Burger-Strandhuis te gaan bly vir ‘n lekker vyfdag-vakansie by die see.

Donderdag – 24 November 2022

Bloedskenk: Ons herinner u aan die bloedskenkingsgeleentheid, Donderdag 24 November 2022, vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.

Sondag – 4 Desember – Bevestiging van Kerkraadslede

Desember eredienstye:

Daar sal gedurende Desember slegs een erediens om 10:00 Sondae wees, met uitsondering van 25 Desember – Kersdag. Kersdag eredienstye is 07:00; 08:00; 09:00 & 10:00.

31 Desember – Oujaarsdiens

Die Oujaarsdiens sal om 18:00 plaasvind in die kerkgebou en nie om 23:30 soos op die kalender aangedui nie.

Sluiting van die Kerkkantoor:

Die kerkkantoor sal gesluit wees vir die tydperk 15 Desember 2022 tot 3 Januarie 2023.

HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS 17 DESEMBER 2022

Ons wil asseblief ‘n beroep op al ons gemeentes doen om hulle harte en hande oop te maak ten bate van ons jaarlikse basaar.

Ons benodig poeding en gebak bestanddele asook gebak in enige vorm. Beskuit, klein koekies, groot koeke, terte, beskuit, ens.

Roomys bakke en plastiese sakke is ook ‘n groot behoefte.

Kontak Elize Zinser 044 695 2386 / 044 695 1948

Ondersteuningsgroep

Ons groep wil graag mense ondersteun met:

  • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies; maar ook
    vir emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
  • Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.

Skakel ons by 081 039 8853 – Kontak persoon Riana Briers.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.

Getuienisbediening

Die vierde kwartaal se laaste uitreikdatum vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022.

Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

  • Kerspakkies vir 45 Wolwedans kinders

Spar en Pick ‘n Pay neem weer saam deel aan ons Kerskoepon projek waar ons vir 80 gesinne ‘n R400 koepon gaan gee op 7 Desember om hulle te help om Kersfees te geniet. Ons wil ook graag vir 45 kinders elkeen ‘n bederfpakkie gee van ‘n sappie, ‘n vrug, koekie en springmielies. Ons het ook gedink om die gemeente te vra om deel te wees van die projek deur of ‘n pakkie te pak en dit op 2 Desember by die kerkkantoor af te gee of ‘n bydrae te maak. By voorbaat baie dankie dat ons hierdie jaar op hierdie wyse kan afsluit.

Indien u ‘n EFT bydrae tot die Kerspakkkies maak, meld asseblief by die verwysing baie duidelik : Kersprojek.

OMGEEBEDIENING:  KERSPAKKIES

Ons probeer altyd met ons Desember kospakkies iets spesiaals vir Kersfees in die pakkies sit.

Hierdie jaar het ons leë koffieflesse in die voorportaal vir u geplaas.  Neem asseblief een en vul dit met wat u wil vir Kersfees – lekkers, waslap, ens. Enige iets wat harte sal bly maak. Bring dit asseblief terug voor begin Desember 2022. Ons moet 40 bottels vul.

Baie dankie vir u getroue ondersteuning.

Groenewaldfonds:

Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022. Die voorgeskrewe aansoekvorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb. die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.

KERKRAADSVERGADERING

Tydens die kerkraadsvergadering gehou 15 November 2022 is die volgende persone as kerkraadslede verkies:

Ouderlinge:

Sarel Venter Voorsitter : Rentmeesterskapbediening

Dirk Visser Blok 4B Onder-Langstraat tot Kiewietlaan

Diaken:

Dorette Visser Blok 4B Onder-Langstraat tot Kiewietlaan

FEBA RADIO SA:  GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBC Pakistan:

Pakistan is  in die hartjie van die mins bereikte wêrelddeel geleë. Tans word die meer as 350 mensegroepe en uitgeworpenes as onbereik beskou. Baie van hierdie mensegroepe beskik nie oor kerke nie, en het ook geen Christene, sendelinge en getuies nie. Pakistan is die wêreld se tweede-grootste samevoeging van ontkoppelde en mins-bereikte mense asook die tweede-grootste Moslembevolking. Min lande, indien enige, bied ‘n groter uitdaging vir sendelinge. FEBC Pakistan speel ‘n baie belangrike rol in die klein Christengemeenskap en fokus hulle bediening daarop om meer siele vir Christus te werf. 

(Inligtingsbron: https://operationworld.org/prayer-calendar/09-28/)

Ons gebed vir die week: Die programvervaardigingspanne van FEBC Pakistan is druk besig om nuwe inhoud te skep vir die mense wat deur die onlangse vloede geraak is. Bid asseblief dat God wysheid en insig sal skenk aan die betrokke programvervaardigers, skrywers en aanbieders sodat die luisteraars bereik en bemoedig word deur middel van die onderskeie mediaplatforms. 

Almanakke 2023

Die almanakke vir 2023 is beskikbaar. Kerkraadslede en Dienswerkers wat nog nie hul blok se kalenders ontvang het nie kan gedurende kantoorure kom afhaal.

Die webtuiste(nggrootbrak.co.za)

Nuut op 20 November 2022

  1. Link na die YouTube Preek van 20 November 2022.
  2. Getuienisbediening: Die week se nuusflits van Madagaskar en Japan.
  3. Fondsinsameling: Sop, Sjerrie, Stoepstories en ander Stuitighede:
    ‘n Vollengte video van die konsert is beskikbaar op die webtuiste.
  4. Gebedsgids November 2022:Is beskikbaar op die webtuiste.
  5. Kommunikasiebediening: Stof tot nadenke: “ ‘n Gebed vir reën”. ‘n Kort boodskap vir die week.

YouTube Eredienste

YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314

Stof tot nadenke – ‘n Gebed vir Reën

Stof tot nadenke - Droogte

As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid… ”

Jak. 5: 13

“Hemelse Vader en almagtige Here, dit is 2 uur in die môre , en ek kan nie slaap nie. In 21 jaar wat ek boer was dit nog nooit so droog nie. Ek is vanmôre voor U om te bid vir reën.

Maar voor ek vir reën vra, moet ek U eers dank vir droogtes. Indien ons net vet jare en voorspoed gehad het, hoe arrogant, onafhanklik van U, en onbewus van U goedheid en genade, sou ons nie gelewe het nie. Daarom moet ek U ook dank vir die voorreg om hier te kan boer. Hier waar ek elke dag U handewerk sien en ervaar. Baie dankie ook, Here, vir die wonderlike mense wat u rondom my in hierdie wêreld geplaas het. ‘n Unieke groep mense wat almal saam in dieselfde stryd gewikkel is. U het elkeen persoonlik gevorm, met elkeen se uniekheid, harder as kameeldoringhout, om hier te kan bestaan.

Om die mooi van hierdie boerdery te beleef, het U ‘n besondere liefde vir die diere en die boerdery in my hart geplant, en daarvoor is ek U baie dankbaar. Maar Liewe Heer, dit is as gevolg van hierdie liefde, en my menslike nietigheid en tekort aan insig, wat maak dat ek U weë nie verstaan nie.

…ek verstaan nie wanneer die lammerooi aan die voet van die duin omval as gevolg van swakheid, en nog steeds net oor haar lam se welstand bekommerd is nie.

…ek verstaan nie as die koei met ‘n sug gaan sit en ons altwee weet sy sal nooit weer opstaan nie.

…ek verstaan nie as ek in die onskuldige bruin oë van die verswakte koedoe-koei wie se voet in die draad vasgehaak het – kyk, en sien sy wag op die verlossing van die dood, wat uiteindelik deur dors en hitte-uitputting onder die skroeiende woestynson, veroorsaak sal word nie.

…ek verstaan nie as ek “hart-se-punt” koeie by die slagpale moet aflaai, en nog onthou hoe hulle kalwers gelyk het, en selfs hoe ek sommige van hulle as klein kalwertjies onthoring het nie.

…ek verstaan nie as jong eerstelam-ooitjies net ribbes en gekoekte wol is en ek vaagweg kan onthou hoe glad-verhaarde ooi lank gelede vir haar vet lammetjie geblêr het terwyl die komkommersap teen haar wang afloop.

…ek verstaan nie as my ryperd een oggend stokstyf opstaan as gevolg van elke aand se kragvoer, omdat daar niks meer hooi in die veld is wat hy bedags kan vreet nie.

…ek verstaan nie as ek die donkie dood langs die pad sien lê, nog in die tuig, en ek weet sy eienaar het ook maar nie ‘n plan gehad nie.

…ek verstaan nie as die groot springbokram struikel-struikel voort sukkel nie.

…ek verstaan nie as die erdvark, wat ‘n nagdier is, in die middel van die dag, vermaer en verdonker, op die warm rooi sand rondploeter op soek na iets om te eet nie.

…ek verstaan nie dat graspolle, die bron van kos, in klein swart knoetsies verander het, sodat die wind hulle wortels oopkalwe en die woestynson hulle verdroog en verskrompel nie.

…ek verstaan nie as die windpomp net wind blaas nie, omdat die boorgat opgedroog het, terwyl my verstand verdof is deur ‘n wolk stof en ‘n gebulk en geblêr wat deur my bene en murg sny…

Here, ek verstaan nie hoekom U dit oor hierdie onskuldige diere laat kom, terwyl U vir my, sondaar, net goedheid en guns gee nie. Here ek verstaan dit nie, maar ek weet wel dat ek nooit die straf wat ek verdien, sal kan dra nie. Daarom, voor ek vir reën vra, smeek ek om U genade en vergifnis. Ek bid ook vir wysheid om tussen goed en kwaad te kan onderskei en dan die goeie te kies. Ek bid dat ons U Koningkryk en U geregtigheid EERSTE sal soek, soos Matt. 6: 33 dit duidelik vir ons sê: “…beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.”

Ek bid veral, Here, dat ek nooit arrogant sal word nie, want alle eer kom U alleen toe. Ek bid ook vir wysheid en krag vir die gemeenskap om op die regte manier deur hierdie droogte te kom. Ek verstaan nog steeds nie hoe die gemsbok in hierdie tyd so sterk kan bly nie, maar ek bid dat U ons almal die gemsbokke van hierdie droogte sal maak.

Here, nou dat U my hart ken, smeek ek by U: “Gee asseblief vir mens en dier en plant en grond milde reën.

Dankie Here.

Amen”

Gebed deur Pieter van Schalkwyk (Boer van Namibië)
(Uit die Afkondigings van NG Groot-Brakrivier – 15 November 2015)

Stof tot nadenke: Hoe weet ons virseker?

Stof tot nadenke - NGK Groot-Brakrivier

“…ons moet mekaar liefhê, want die liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God en ken God. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde.”

1 Joh. 4: 7-8

Die vraag “Waarom het Christus kans gesien om vir ons aan die kruis te sterf?” is menigmaal in ons gemoed. Waarom was Hy bereid om deur die vernietigende venyn van mense se woede, smaad en haat te gaan? Wat is dit wat hom gedryf het om, ten spyte van sy versugting om die beker by hom te laat verby gaan, steeds voortgegaan het om homself aan die kruisdood te onderwerp. Hy het geweet dat dit vir die Vader moontlik sou wees om hom daarvan vry te skeld. Die enigste antwoord wat ons hierop kan vind is “die liefde’.

Lees meer “Stof tot nadenke: Hoe weet ons virseker?”

Nuusflitse – Week 47+ van 2022

Nuusflitse

Dinsdag – 15 November 2022 Kerkraadsvergadering 18:00 in die kerksaal
Woensdag – 16 November 2022 Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751)
Sondag – 20 November 2022 Erediens 10:00 Prediker:  Dr. Nadia Marais.
Bloedskenk: Donderdag – 24 November 2022 vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.
HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS Kermis 17 DESEMBER 2022
Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 16 & 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022
Studieleningaansoeke uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022

Afkondigings 13 November – 20 November 2022

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 13 November 2022:

  • Baie welkom by die erediens.
  • Baie geluk aan die Bright gesin wat vanoggend gedoop en belydenis van geloof aflê.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Gal. 3 vers 23 – 29. Die tema van die prediking is : Brief?
  • Spesiale Offer by die deure vir Up with Downs-skool.
  • Tee in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Ons kategese sluit vanoggend af. Hulle ontvang hulle getrouheidsertifikate en bring hulle kinderdankoffers.

Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir November 2022 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Dinsdag – 15 November 2022

  • Kerkraadsvergadering 18:00 in die kerksaal.

Woensdag – 16 November 2022

  • Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.

Sondag – 20 November 2022

  • Prediker:  Dr. Nadia Marais.
  • Spesiale Offer vir die Kankervereniging.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.

Donderdag – 24 November 2022

  • Bloedskenk: Ons herinner u aan die bloedskenkingsgeleentheid, Donderdag 24 November 2022, vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.

HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS 17 DESEMBER 2022

‘Ons wil asseblief ‘n beroep op al ons gemeentes doen om hulle harte en hande oop te maak ten bate van ons jaarlikse basaar.

Ons benodig poeding en gebak bestanddele asook gebak in enige vorm. Beskuit, klein koekies, groot koeke, terte, beskuit, ens.

Roomys bakke en plastiese sakke is ook ‘n groot behoefte.’

Kontak Elize Zinser 044 695 2386 / 044 695 1948

Ondersteuningsgroep

Ons groep wil graag mense ondersteun met:

  • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies; maar ook
    vir emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
  • Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.

Skakel ons by 081 039 8853 – Kontak persoon Riana Briers.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.

Getuienisbediening

Die vierde kwartaal se uitreikdatums vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 16 & 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022.

Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

  • Kerspakkies vir 45 Wolwedans kinders

Spar en Pick ‘n Pay neem weer saam deel aan ons Kerskoepon projek waar ons vir 80 gesinne ‘n R400 koepon gaan gee op 7 Desember om hulle te help om Kersfees te geniet. Ons wil ook graag vir 45 kinders elkeen ‘n bederfpakkie gee van ‘n sappie, ‘n vrug, koekie en springmielies. Ons het ook gedink om die gemeente te vra om deel te wees van die projek deur of ‘n pakkie te pak en dit op 2 Desember by die kerkkantoor af te gee of ‘n bydrae te maak. By voorbaat baie dankie dat ons hierdie jaar op hierdie wyse kan afsluit.

OMGEEBEDIENING:  KERSPAKKIES

Ons probeer altyd met ons Desember kospakkies iets spesiaals vir Kersfees in die pakkies sit.

Hierdie jaar het ons leë koffieflesse in die voorportaal vir u geplaas.  Neem asseblief een en vul dit met wat u wil vir Kersfees – lekkers, waslap, ens. Enige iets wat harte sal bly maak. Bring dit asseblief terug voor begin Desember 2022. Ons moet 40 bottels vul.

Baie dankie vir u getroue ondersteuning.

Groenewaldfonds:

Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022. Die voorgeskrewe aansoekvorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb. die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.

FEBA RADIO SA:  GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBC Filippyne:

Die Filippyne het nog nie ten volle hulle ekonomiese en politieke potensiaal bereik nie. Die land het baie natuurlike hulpbronne; het demokratiese wortels en beskik oor ‘n goedopgeleide bevolking. Maar die regering versuim gereeld om die ernstige ekonomiese en maatskaplike kwessies aan te spreek. Dit beperk die ontwikkeling van die land, gevolglik leef die helfte van die bevolking in armoede. Hier volg enkele feite oor die Filippyne: Die bevolking is meer as 111 miljoen landsburgers. Ongeveer 30.5% van die bevolking is onder die ouderdom van 15 jaar. Daar is sowat 92.3% Christene in die land; en daarvan is sowat 12.3% Evangeliese Christene. (Inligtingsbron: https://operationworld.org/locations/philippines/ )

Ons gebed vir die week: Hou aan bid vir die luisteraars en vennote van die radioprogram,  Life-Changing,  en dat hulle gemotiveerd en in verbinding te bly met die radiostasie. Ons is dankbaar vir hul volgehoue ondersteuning en bid dat God hulle sal bewaar om tot seën vir ander te wees. 

Die webtuiste(nggrootbrak.co.za)

Nuut op 13 November 2022

  1. Link na die YouTube Preek van 13 November 2022.
  2. Getuienisbediening: Die weekse nuusflits van Madagaskar.
  3. Gebedsgids November 2022:Is beskikbaar op die webtuiste.
  4. Kommunikasiebediening: “Stof tot nadenke: “ Hoe weet ons verseker?”. ‘n Kort boodskap vir die week.

Konsert 28 Oktober & Gemeentefees 29 Oktober

  • Ons dank die Here vir die wonderlike wyse waarop Hy die geleentheid geseën het asook elke persoon wat daarby betrokke was en dit ondersteun het. Baie dankie aan almal wat bygedra en gehelp het om van die konsert Vrydagaand en die gemeentefees Saterdag ‘n groot sukses te maak.

Biddag vir beskermingsdienste : 13 November 2022

As die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm tevergeefs”.

Ps. 127:1(b)

Here ons vind troos in die feit dat ons U kan vertrou as ons Beskermer. Dankie, dat U ons beskerm soos die appel van U oog en ons wegsteek in die skaduwee van U vleuels (Ps. 17:8)

Dankie, Here, dat ons ons vrees met U kan deel oor die korrupsie in die beskermingsdienste. Dankie, vir dié wat diensbaar, passievol en met integriteit onder uiters moeilike omstandighede werk. Ons dra die beskermingsdienste se welvaart aan U op. Ons bid vir elke individu se:

  • Werksomstandighede (ure, vergoeding, bronne beskikbaar).
  • Naasbestaandes en geliefdes.
  • Verwerking van trauma.
  • Veiligheid.

Stel hulle in staat om standpunt in te neem vir dit wat reg is en nie vou onder die druk van die wêreld nie. Maak hul liggame sterk om die werklas te dra. Gee hulle die emosionele kapasiteit om die eise te hanteer. Rus U hulle geestelik toe om ligdraers vir U te wees.

YouTube Eredienste

YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314

Week 9 Dag 43 – Dissipels van alle nasies… – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 9 Dag 43 Dissipelskap is meer as woorde Dis n leefstyl 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Vir die volgende twee dae gaan ons kyk wat die praktiese resultate is van die feit dat ons deel van God se plan is. Ons gaan na die vier Evangelies vanuit hierdie hoek kyk. In die Bybel vind die gemeente haar sendingdoel deur belydenis, diens, getuienis en liefde. (Kyk weer na Dag 29 en 30 oor die missionele karakter.) Dit gee onafwendbaar aanleiding tot praktiese uitkomste. ’n Mens sou kon sê: Die Bybel se klem op doen is die Evangelie-in aksie; daarsonder het die gemeente geen impak na buite nie en verloën sy haar vermoë om sout en lig vir die wêreld te wees (Jak 1:22-27; 2:14-26).

Jak 1:22-27;
22Wees doeners van die woord, en nie slegs hoorders wat julleself mislei nie. 23Want wie ‘n hoorder van die woord is en nie ‘n doener nie, is soos iemand wat sy eie gesig in ‘n spieël sien. 24Hy sien homself, gaan weg en vergeet onmiddellik hoe hy gelyk het. 25Maar wie diep in die volmaakte wet van vryheid inkyk en daaraan hou, sal gelukkig wees in wat hy doen, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n doener. 26As iemand dink dat hy godsdienstig is en nie sy tong kan beheer nie, mislei hy homself; so ‘n mens se godsdiens is vergeefs. 27Dít is suiwer en onbesmette godsdiens voor ons God en Vader: om na weeskinders en weduwees om te sien in hulle ellende, en jouself onbesmet van die wêreld te hou.

Jak 2:14-26
GELOOF EN DADE
14Wat baat dit, my broers, as iemand sê dat hy geloof het, maar hy het nie dade nie? Dié geloof kan hom tog nie verlos nie? 15As ‘n broer of ‘n suster sonder klere en daaglikse kos is, 16en een van julle sê vir hulle, “Gaan in vrede, word warm en word versadig,” maar julle gee nie vir hulle wat die liggaam nodig het nie, wat help dit? 17So is geloof alleen, as dit nie op dade uitloop nie, dood.

18Maar as iemand sê, “Jy het geloof en ek het dade,” wys dan vir my jou geloof sonder dade, en ek sal jou uit my dade my geloof wys. 19Glo jy dat God Een is? Goed so. Ook die demone glo dit, en hulle bewe. 20Wil jy weet, o nietige mens, dat geloof sonder dade nutteloos is? 21Is Abraham, ons vader, nie op grond van sy dade regverdig verklaar, omdat hy sy seun Isak op die altaar geplaas het nie? 22Kan jy sien dat die geloof meegewerk het met sy dade, en dat vanuit die dade die geloof volkome geword het? 23En die Skrif is vervul wat sê: “Abraham het God geglo, en God het sy geloof vir hom as regverdiging gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem.” 24Julle sien dus dat ‘n mens op grond van dade regverdig verklaar word, en nie deur geloof alleen nie. 25Is Ragab, die prostituut, nie ook net so op grond van dade regverdig verklaar, toe sy die boodskappers gasvry ontvang en met ‘n ander pad weggestuur het nie? 26Want net soos die liggaam sonder asem dood is, só is die geloof sonder dade dood.

Gebed

Bid en vra die Here om met jou te praat…

Lees die Skrif

Lees Matt 5:13-16; 7:15-27; 28:19-20.

Matt 5:13-16;

13“Julle is die sout vir die aarde, maar as die sout sy smaak verloor het, waarmee sal dit weer sout gemaak word? Dit deug vir niks meer nie, behalwe om buite gegooi te word sodat dit deur die mense vertrap kan word.

14“Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie. 15Mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n maatemmer nie, maar op ‘n lampstaander, en so gee dit lig vir almal in die huis.

16“Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.”

Matt 7:15-27;

15“Wees op julle hoede vir die vals profete wat in skaapsklere na julle kom, maar in hulle binneste wolwe is wat verskeur. 16Aan hulle vrugte sal julle hulle uitken. Pluk ‘n mens miskien druiwe van doringstruike of vye van dissels? 17Net so dra elke goeie boom goeie vrugte, maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte. 18‘n Goeie boom kan nie slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom kan nie goeie vrugte dra nie. 19Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. 20Aan hulle vrugte sal julle hulle dus uitken.

21“Nie elkeen wat vir My sê, ‘Here, Here,’ sal ingaan in die •koninkryk van die hemele nie, maar net diegene wat die wil doen van my Vader in die hemele. 22Baie sal op daardie dag vir My sê, ‘Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam demone uitgedryf en in u Naam baie kragtige dade verrig nie?’ 23Dan sal Ek openlik vir hulle sê, ‘Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat wetteloosheid bedryf!’ ”

24“Daarom sal elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, soos ‘n verstandige man wees wat sy huis op rots gebou het. 25Toe die reën begin val en die stormwaters kom en die winde waai en daardie huis tref, het dit nie ineengestort nie, omdat dit stewig op rots gevestig was. 26Maar elkeen wat hierdie woorde van My hoor en dit nie uitvoer nie, sal soos ‘n onverstandige man wees wat sy huis op sand gebou het. 27Toe die reën begin val en die stormwaters kom en die winde waai en daardie huis tref, het dit ineengestort, en die ineenstorting was geweldig.”

Matt 28:19-20

19Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees, 20en hulle te leer om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd.”

Skryf / Vul in

Dink ’n oomblik oor die volgende vrae:

  • Wat is die doel van sout?
  • Sou dit nie sinloos wees vir ’n huisvrou om te spog oor die suiwer sout in die soutpot, terwyl die kos onsmaaklik is nie? Of vir die boer om te spog oor die baie sakke sout op die plaas, terwyl die velle vol wurms en aan die vrot raak is nie? Wat van die sieke wat spog met skoon sout in die medisynetas, terwyl sy wond besmet is met kieme?
  • Is iets hiervan dalk waar in jou lewe?
  • Wat is die doel van lig? Beteken ’n brandende kers in ’n vertrek met buisligte ooit iets, of is dit net ’n vermorsing van die kers?
  • Wat dink jy sou Jesus met hierdie paar verse vir sy dissipels (Kerk) wou sê?

Wanneer ’n instrument nie die doel bereik waarvoor dit gemaak is nie, kan dit nie ’n positiewe bydrae lewer, of ’n verskil maak nie. So is sout se bedoeling om smaak te gee en bederfwerend in te werk. Lig se doel is om duisternis te verdryf.

Vgl Joh 1:4-5.
4In Hom was lewe,
en dié lewe was die lig vir die mense.
5En die lig skyn in die duisternis,
en die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

Die Kerk van Christus is ook geroep om ’n verskil te maak aan die wêreld waarbinne God ons geplaas het. Wanneer die Kerk begin getuig en Christus se liefde leef in ’n hooplose wêreld, kom daar hoop! Die bergpredikasie leer dat woord en daad nie van mekaar losgemaak kan word nie.

Dink na / Besin

Dink ook aan Jesus se woorde oor die laaste oordeel. Hier gaan dit oor die boom wat aan sy (geloofs-)vrugte geken moet word. So haal Matteus ’n paar voorbeelde aan waar Jesus beklemtoon dat die Kerk geroep is om ’n praktiese verskil in die wêreld te maak. Matt 28:1919Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees, leer ons dat sending kategetiese sending sal wees, met ander woorde: nie “ leer hulle om alles te ken en onthou” nie, maar: “ om alles te onderhou.” (Dit beteken: om sy wil te LEEF!)

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Matt 25:31-46; 12:33

Matt 25:31-46;

31“Wanneer die •Seun van die Mens in sy heerlikheid kom, en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy glansryke troon gaan sit. 32Al die nasies sal voor Hom byeengebring word, en Hy sal hulle van mekaar skei soos ‘n herder die skape van die bokke skei. 33Die skape sal Hy aan sy regterhand laat staan en die bokke aan sy linkerhand. 34Dan sal die Koning vir dié aan sy regterhand sê, ‘Julle, geseëndes van my Vader, kom beërf die koninkryk, wat vir julle gereedgemaak is van die grondlegging van die wêreld af. 35Want Ek was honger, en julle het vir My iets te ete gegee; Ek was dors, en julle het vir My iets te drinke gegee; Ek was ‘n •vreemdeling, en julle het My as ‘n gas verwelkom; 36Ek was nakend, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My versorg; Ek was in die tronk, en julle het My besoek.’ 37Dan sal die •regverdiges Hom antwoord, ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed, of dors en iets te drinke gegee? 38En wanneer het ons U as ‘n vreemdeling gesien, en as gas verwelkom, of nakend, en U geklee? 39En wanneer het ons U siek of in die tronk gesien, en U besoek?’ 40Maar die Koning sal vir hulle sê, ‘•Amen, Ek sê vir julle: Wat julle ook al vir een van hierdie geringste broers van My gedoen het, het julle vir My gedoen.’

41“Dan sal Hy vir dié aan sy linkerhand sê, ‘Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur, wat gereedgemaak is vir die Duiwel en sy engele. 42Want Ek was honger, en julle het My nie iets te ete gegee nie, dors, en julle het My nie iets te drinke gegee nie. 43Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My nie as gas verwelkom nie, nakend, en julle het My nie geklee nie, siek en in die tronk, en julle het My nie besoek nie.’ 44Dan sal hulle antwoord, ‘Here, wanneer het ons U honger gesien, of dors, of as ‘n vreemdeling, of nakend, of siek, of in die tronk, en U nie versorg nie?’ 45Dan sal Hy hulle antwoord, ‘Amen, Ek sê vir julle: Wat julle vir een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle ook nie vir My gedoen nie.’ 46Hierdie mense sal weggaan na die ewige straf, maar die regverdiges na die ewige lewe.”

Matt 12:33

33“Óf julle beskou die boom as goed en sy vrugte as goed, óf julle beskou die boom as sleg en sy vrugte as sleg. Aan sy vrugte word die boom immers geken.

Skryf / Vul in

Wat vra Jesus se strategie vir sy Kerk (Matt 28:19) van kerkleiers oor die opbou en toerus van lidmate (Ef 4:11-16)?

Matt 28:19
9Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees,

Ef 4:11-1611En Hy het sommige as •apostels, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars gegee, 12om die •heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, om die liggaam van Christus op te bou, 13totdat ons almal kom tot eenheid in geloof en in kennis van die •Seun van God, en tot ‘n volwassenheid wat in ooreenstemming is met die volgroeide gestalte van die volheid van Christus. 14Die doel hiervan is dat ons nie meer klein kindertjies sal wees nie, wat deur onstuimige golwe rondgeslinger word en rondgewaai word deur elke wind van lering, deur mense se slinksheid en die gekonkel waardeur hulle dwaling beplan; 15maar dat ons eerder, terwyl ons in liefde aan die waarheid vashou, in alle opsigte na Hom toe sal groei. Hy, Christus, is die Hoof 16uit wie die hele liggaam, harmonieus saamgevoeg en saamgebind, deur die ondersteuning van elke gewrig, volgens die werking van elke deel afsonderlik, die groei van die liggaam bewerk tot sy eie opbou in liefde.


Wat vra dit met betrekking tot die skep van geleenthede vir lidmate om hierdie opdrag uit te voer?


Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Deut 6:1; Jak 1:22-25; 2:14-26(!)

Deut 6:1;
1“Dit dan is die gebod, die vaste voorskrifte en beslissings wat die Here julle God my beveel het om julle te leer, dat julle dit kan uitleef in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem – 

Jak 1:22-25;
22Wees doeners van die woord, en nie slegs hoorders wat julleself mislei nie. 23Want wie ‘n hoorder van die woord is en nie ‘n doener nie, is soos iemand wat sy eie gesig in ‘n spieël sien. 24Hy sien homself, gaan weg en vergeet onmiddellik hoe hy gelyk het. 25Maar wie diep in die volmaakte wet van vryheid inkyk en daaraan hou, sal gelukkig wees in wat hy doen, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n doener.

Jak 2:14-26(!)

14Wat baat dit, my broers, as iemand sê dat hy geloof het, maar hy het nie dade nie? Dié geloof kan hom tog nie verlos nie? 15As ‘n broer of ‘n suster sonder klere en daaglikse kos is, 16en een van julle sê vir hulle, “Gaan in vrede, word warm en word versadig,” maar julle gee nie vir hulle wat die liggaam nodig het nie, wat help dit? 17So is geloof alleen, as dit nie op dade uitloop nie, dood.

18Maar as iemand sê, “Jy het geloof en ek het dade,” wys dan vir my jou geloof sonder dade, en ek sal jou uit my dade my geloof wys. 19Glo jy dat God Een is? Goed so. Ook die demone glo dit, en hulle bewe. 20Wil jy weet, o nietige mens, dat geloof sonder dade nutteloos is? 21Is Abraham, ons vader, nie op grond van sy dade regverdig verklaar, omdat hy sy seun Isak op die altaar geplaas het nie? 22Kan jy sien dat die geloof meegewerk het met sy dade, en dat vanuit die dade die geloof volkome geword het? 23En die Skrif is vervul wat sê: “Abraham het God geglo, en God het sy geloof vir hom as regverdiging gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem.” 24Julle sien dus dat ‘n mens op grond van dade regverdig verklaar word, en nie deur geloof alleen nie. 25Is Ragab, die prostituut, nie ook net so op grond van dade regverdig verklaar, toe sy die boodskappers gasvry ontvang en met ‘n ander pad weggestuur het nie? 26Want net soos die liggaam sonder asem dood is, só is die geloof sonder dade dood.

Lees die Skrif

Lees Mark 1:14-15; 4:3-9; 13-20

Mark 1:14-15;
14Nadat Johannes gevange geneem is, het Jesus na Galilea gegaan, waar Hy die evangelie van God verkondig het. 15Hy het gesê: “Die bestemde tyd is vervul, en die •koninkryk van God is op hande. Bekeer julle en glo die evangelie.”

Mark 4:3-9; 13-20

3“Luister, julle! Kyk, ‘n saaier het uitgegaan om te saai. 4Tydens die saaiery het ‘n deel van die saad langs die pad geval, en voëls het gekom en dit opgepik. 5‘n Ander deel het op ‘n rotsagtige plek geval waar daar nie baie grond was nie, en dit het dadelik opgekom, omdat die grond nie diep was nie. 6Maar toe die son opkom, is dit verskroei. Omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog. 7‘n Ander deel het tussen die dorings geval. Die dorings het opgekom en dit verstik, en dit het nie vrug voortgebring nie. 8En nog ander saad het op goeie grond geval, en dit het opgekom, gegroei en opbrengs gelewer, een dertig-, ‘n ander sestig- en nog ‘n ander honderdvoudig.” 9Toe het Hy gesê: “Laat dié wat ore het om te hoor, luister!”

13En Hy sê vir hulle: “Begryp julle nie hierdie gelykenis nie? Hoe sal julle dan al die gelykenisse verstaan? 14Die saaier saai die woord. 15Die saad langs die pad is die mense by wie die woord gesaai word – sodra hulle dit hoor, kom Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle gesaai is. 16En die saad wat op die rotsagtige plekke gesaai is, is die mense wat die woord dadelik met blydskap aanneem wanneer hulle dit hoor; 17maar hulle het nie wortel geskiet nie en hou net ‘n rukkie. As verdrukking of vervolging vanweë die woord plaasvind, struikel hulle dadelik. 18En ander weer is die saad wat tussen die dorings gesaai is. Hulle is diegene wat die woord hoor, 19maar die bekommernisse van hierdie wêreld, die verleiding van rykdom en die begeertes na allerlei dinge dring in en verstik die woord, en dit bly sonder vrug. 20Maar die saad wat op die goeie grond gesaai is, is daardie mense wat die woord hoor, dit aanneem en vrug dra, een dertig-, ‘n ander sestig- en nog ‘n ander honderdvoudig.”

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Gal 5:6; 6:9-10; Ef 2:10; 2 Kor 5:14-15

Gal 5:6;
Want in Christus Jesus is besnedenheid of onbesnedenheid van geen belang nie, maar wel geloof wat deur liefde werksaam is.

Gal 6:9-10;
9‘n Bietjie suurdeeg maak al die deeg suur. 10Wat julle betref: Ek is in die Here daarvan oortuig dat julle nie anders as ek sal dink nie; maar die een wat julle in verwarring bring, sal die straf dra, wie hy ook al mag wees.

Ef 2:10;
10Ons is immers sy maaksel, geskep in Christus Jesus om goeie werke wat God voorberei het, te doen, en daarvolgens te leef.

2 Kor 5:14-15
14Die liefde van •Christus dryf ons, omdat ons tot dié insig gekom het dat, indien Een vir almal gesterf het, almal dan gesterf het; 15en Hy het ter wille van almal gesterf, sodat dié wat leef, nie meer vir hulleself sal leef nie, maar vir Hom wat ter wille van hulle gesterf het en opgewek is.

Skryf / Vul in

Bid en dink oor die volgende vrae:
Wat sou Jesus bedoel met die woorde: “Bekeer julle en glo die
evangelie?”


Waarom het Hy dit gekoppel aan die koms van die Koninkryk van God?


Wat onderskei mense by wie die saad op goeie grond geval het, van diegene by wie dit op die pad , op klipbanke en tussen die onkruid beland het ? (Hoe sal jy die verskil weet – want volgens die gelykenis het almal gehoor?) (Vgl ook Joh 15:5-85Ek is die druiwestok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, hy dra baie vrug, want sonder My kan julle niks doen nie. 6As iemand nie in My bly nie, word hy soos ‘n loot buite uitgegooi, en verdroog. Hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. 7As julle in My bly, en my woorde in julle bly, vra dan wat julle wil, en dit sal met julle gebeur. 8Hierdeur word my Vader verheerlik, dat julle baie vrug dra en my dissipels kan wees.”.)


In Markus is die teenwoordigheid van die Koninkryk van God KRAG in aksie, nl om te getuig, te transformeer en te konfronteer (Mark 13:10-1110En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word. 11Wanneer hulle julle gevange neem en julle oorlewer, moet julle julle nie vooraf bekommer oor wat julle moet sê nie, maar wat ook al op daardie oomblik aan julle gegee word, dit moet julle sê; want dit is nie julle wat praat nie, maar die Heilige Gees. ). Hy beklemtoon dat Jesus die oorwinnaar is wat die krag van die Koninkryk van God verkondig. Dit bied weerstand teen enige mag of krag wat wil onderdruk of vernietig. Verder daag Jesus ook sy dissipels uit om sy passie vir die Koninkryk deur diens, lyding en opoffering, te deel. So was Jesus se intreepreek ’n bekeringspreek – met die koms van die Koninkryk van God as fokus! Daar moet ’n onbetwisbare verband wees tussen dit wat ons bely ( beweer ? – vgl Jak 2:1414Wat baat dit, my broers, as iemand sê dat hy geloof het, maar hy het nie dade nie? Dié geloof kan hom tog nie verlos nie? ) en dit wat in en deur ons lewens gesien kan word.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Matt 5:16; Mark 16:20; Joh 15:16; 1 Joh 4:1

Matt 5:16;
16“Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.”

Mark 16:20;
0Hulle het toe uitgegaan en oral gepreek. Die Here het met hulle meegewerk en die prediking bevestig met wondertekens wat daarop gevolg het. •Amen.

Joh 15:16;
16Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrug te dra, vrug wat blywend is, sodat, wat julle die Vader in my Naam vra, Hy dit aan julle mag gee. 17Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê.”

1 Joh 4:1
1Geliefdes, moenie elke gees glo nie, maar toets die geeste of hulle van God kom, want daar is reeds baie vals profete in die wêreld. 

“Praktiese uitkomste,” (so het iemand by geleentheid gesê) “ is die genadelose eksaminator van ons kwistige bewerings!”

Dink na / Besin

Dink hieroor na: Teologie gaan nie die wêreld verander nie – Jesus verander die wêreld deur die kragtige werking van sy Gees en deur die lewens van sy Geesvervulde volgelinge (Mark 16:20; Joh 5:39-40).

Mark 16:20;
20Hulle het toe uitgegaan en oral gepreek. Die Here het met hulle meegewerk en die prediking bevestig met wondertekens wat daarop gevolg het. •Amen.

Joh 5:39-40
39Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle dink dat die ewige lewe daarin te vinde is. En dit is juis hulle wat oor My getuig. 40Maar julle wil nie na My kom, sodat julle die lewe kan hê nie.

Skryf / Vul in

Sou julle gemeenskap / dorp / stad / die wêreld, iets mis as julle gemeente sy deure sou toemaak? Indien wel – wat sou hulle mis? (Vergelyk Dawid se gebedsversugting en smeking voor God in Ps 30:10.)

Ps 30:10
10Watter nut het dit
as my bloed gestort word,
as ek na die grafkuil afgaan?
Sal stof U prys?
Sal dit u trou verkondig?


Luister na lied

Luister na snit 12 (GOD GEE DIE NASIES IN ONS HAND Psalm 2:8) op die ingeslote CD.

“12 God gee die Nasies” vanuit 9 Weke van Transformasie deur Johann Botes. Snit 12. Genre: Gospel

God gee die Nasies” vanuit 9 Weke van Transformasie deur Johann Botes

Kom ons bid, kom ons gaan, vertel die nasies van Hom
Kom ons gee, neem hande saam, basuin aan volkere Hy kom
Elk’stam sal hoor, elk’volk en taal, Jesus is ons Hoop
Ons moet dit sê, sy bloed is daar om elkeen los te koop

Ons is gestuur, sy Plan volmaak, om troos en liefde te bring
sy Gees is daar, Hy sal ons dra, sy lof sal nasies besing
sy Woord sal leef, Hom openbaar, niks sal dit ooit weerhou
sy almag en sy reddingswerk sal volkere aanskou

God gee die nasies in ons hand, die hele aarde, elke volk en elke land
Dit word ons erfdeel as ons vra, tot aan die eindes sy gena

Kom ons neem die Woord van God, versprei sy liefdesgeur
Die wêreld wag op sy helingskrag, Hy open elke deur
sy trou is vas, die Rots bly staan, sy hart wil redding bied
Kom Christen laat ons vooruit gaan, sing die oorwinningslied

Gebed

Laat die Heilige Gees jou lei in jou gebed (Rom 8:2627Hy wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, dat Hy volgens die wil van God vir die •heiliges intree.).

Week 9 Dag 43 Dissipelskap is meer as woorde Dis n leefstyl
Week 9 Dag 43 Dissipelskap is meer as woorde Dis n leefstyl
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 187-196
Watter beginsel in 2 Kor 8:1-5 (:5) bevestig die klem wat Markus plaas op praktiese uitkomste vir die Kerk?
Vgl ook Sag 8:23.

2 Kor 8:1-5 (:5)
1Ons laat julle ook weet, broers, van die genade van God wat aan die •gemeentes in Macedonië gegee is: 2dat hulle, te midde van swaar beproewing as gevolg van verdrukking, hulle oorvloedige vreugde en hulle diep armoede laat oorvloei het in ‘n rykdom aan vrygewigheid van hulle kant af. 3Ek getuig dat hulle na vermoë, ja, selfs bo vermoë, bereidwillig was. 4Hulle het pleitend by ons aangedring om deel te kan hê aan die genadewerk van hulpverlening aan die heiliges. 5Dit was nie slegs soos ons gehoop het nie; trouens, hulle het hulleself eers aan die Here gegee, en toe, deur die wil van God, ook aan ons

Sag 8:23.
23“So sê die Here, Heerser oor alle magte, ‘Dit sal in daardie dae wees dat tien mense uit al die tale van die nasies die kleed van ‘n Jood gryp en vashou terwyl hulle sê: “Ons wil saam met julle gaan, want ons het gehoor God is by julle.” ’ ”


Sien Figuur 11 van Bylae 2, p 173

Week 9 Dag 43 Figuur 11
Week 9 Dag 43 Figuur 11
Wenk

WENK: Dink vandag aan die praktiese implikasie van die volgende definisie van ’n dissipel: “
Dis iemand wat ’n lewende verhouding met Jesus Christus het en toegerus is om iemand anders na Jesus toe te lei en dan daardie persoon toe te rus om dieselfde te doen.”

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 8 Groepgesprek – Leiers en verhoudings – Ons is die plan: 9 weke van Transformasie

Week 8 Groepgesprek - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Lofprysing en aanbidding

Skryf / Vul in

Bybelverse wat jou vandag aangespreek het:


Belewenisse en ervarings tydens vandag se Bybelstudie:


Wat het jy geleer of ontdek?


Hoe het vandag se studie jou tot aksie geïnspireer? Hoe het jy geestelik gegroei of is jou lewe verander?


Iets wat jy graag met die groep wil deel of bespreek?


Gebed

Gebedsonderwerpe:


Boublokvrae of -stellings:

  1. Hoe beperkend kan swak leierskap in ’n gemeente wees?
  2. Wat sou gebeur as geestelike leiers nie genoeg tyd in gebed deurbring nie?
  3. Wat sou julle as groep daaraan kan doen indien dit ’n probleem in jul gemeente mag wees?
  4. Is die gemeente waaraan julle behoort ’n voorbeeld van ’n liefdesgemeenskap van gelowiges?
  5. Wat gaan julle as groep daaraan doen indien die liefde nie prakties uitgeleef word tot God se eer en tot opbou van mekaar en ander, nie?
  6. Het julle al beleef dat gebroke verhoudings julle geestelike lewe negatief beïnvloed?
  7. Vertel van verhoudings wat julle al doelbewus herstel het.

Week 8 Leiers en verhoudings
Week 8 Leiers en verhoudings
Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie