Afkondigings 15 – 22 Januarie 2023

Vandag – Sondag 15 Januarie 2023:

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr. Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Psalm 126. Die tema van die prediking is : Verander ons lot Here.
  • Spesiale Offer by die deure vir die Jan Kriel Instituut (Kuilsrivier).

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir Januarie 2023 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Sondag – 22 Januarie 2023:

  • Prediker:  Ds. Danie Goosen.
  • Doop.
  • Spesiale Offer vir die Gemeente-Instandhoudingsfonds by die deure.

Omgeebediening : 

  • In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas. Ons ondervind tans ‘n groot tekort aan groot inkopiedrasakke en ook bydraes vir die kruideniers-pakkies soos blikkieskos, suiker, koffie, tee, pasta, skoonmaakmiddels soos gesigseep, tandepasta, skottelgoedseep, wasgoedseep, toiletpapier ens.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters (082 327 9527).

Ondersteuningsgroep :

Ons groep wil graag mense ondersteun met:

  • Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
  • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.

Skakel ons by 081 039 8853 – Kontakpersoon Riana Briers.

Getuienisbediening :

O ns vertrou almal het ’n geseënde feesgety gehad en ons sien uit om in 2023 weer saam die pad te stap en ’n verskil in ons gemeenskap te maak.

Ons datums vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is:

25 Januarie, 8 en 22 Februarie, asook 8 en 22 Maart.

Ons nooi almal weereens uit om deel te neem aan die sopprojek en te help om 80 gesinne te kan bedien. Die voorsiening van sop is ’n deurlopende behoefte en ons vrieskaste is tans redelik leeg. Baie dankie vir u getroue ondersteuning.

Rek en strek oefEninge vir seniors :

Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die kerksaal. Ons eerste sessie begin Dinsdag 17 Januarie. Nuwe lede is baie welkom.

Kontakpersoon: Piet Snyman (082 297 3476)

Kategese :

Kategese begin weer vanaf 22 Januarie 2023. Kontak Pauline Richards (079 557 8591) vir meer besonderhede.

Blokbyeenkomste :

Ons blokbyeenkomste begin weer vanaf Woensdag 1 Februarie 2023 om 18:00. Ons versoek graag die kerkraadslede / dienswerkers van die onderskeie blokke om die Woensdag voor die byeenkoms in hul spesifieke blok, asseblief die kerkkantoor te laat weet by watter adres in hulle blok die byeenkoms sal plaasvind sodat dit betyds in die afkondigings geplaas kan word.

FEBA RADIO SA:  GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBC BOERJATIë, RUSLAND:

Boerjatië is in oostelike Siberië in die Republiek van Rusland geleë. Die vermenging van inheemse bevolkingsgroepe soos die sjarmaniste en die nomadiese Mongole  het in die negende en tiende eeue gelei tot die vorming van ‘n unieke kultuurgroep met Tibettaans-Boeddhistiese invloede. Na die val van die Sowjetunie in 1992 het die gebied die status van outonome republiek gekry. Ongeveer eenmiljoen mense woon tans in die gebied en minder as 1% beskou hulleself as Christene . Die eerste radio-uitsending van die Far East Broadcasting Corporation (FEBC) na Boetjatië het in Mei, 2008 plaasgevind. Sedertdien ontvang FEBA gereeld suksesverhale van nuwe bekeerlinge wat alleen, of saam met hulle gesinne en families, nou die pad saam met die Here loop. Maar daar is nog baie werk om te doen in die gebied. (Bron: https://af.m.wikipedia.org/wiki/Boerjati%C3%AB)

Ons gebed vir die week: Bid asseblief vir die groeiende bediening in die Republiek van Boerjatië in Rusland, waar plaaslike inwoners ‘n mengsel van Boeddhisme, animisme, en voorvader-aanbidding beoefen. Ons span ontvang aanhoudend getuienisse van mense wat hul harte vir die Here gegee het. Bid dat God hierdie wonderlike werk sal seën en dat dit sal aanhou uitbrei.

Bybelstudiegroepe

Ons gemeente het weeklikse Bybelstudiegroepe op verskillende plekke. Indien u by ’n groep wil inskakel, skakel die kerkkantoor (044 620 2205) om uit te vind watter groep die naaste aan huis vergader. Die Bybelstudiegroepleiers vergader Dinsdag 24 Januarie 2023 om 10:00 in die konsistorie.

DAGTYDPLEKKONTAK- PERSOON
Maandag17:00SuiderkruisCornie Pieters082 499 0516
Dinsdag10:00Lokaal 6Gert Louw082 712 7929
Dinsdag10:00Tergniet/ ReebokhoogteMarita Erasmus082 253 2876
Dinsdag10:00ReebokhoogteMarietjie Smit082 771 6034
Dinsdag15:30Groenkloof BiblioteekBallot Visser082 923 2707
Dinsdag10:00GroenkloofTolletjie vd Merwe082 412 3153
Dinsdag15:00ReebokJulie Viljoen082 662 1749
Dinsdag15:00ReebokhoogteJohan Muller082 823 2162
Donderdag09:00TergnietCarin van Ginkel082 891 7791
Donderdag18:30GlentanaJan Richter072 231 7859

HULP BENODIG MET BLOMME VIR EREDIENSTE :

  • Ons vra graag die talentvolle dames in die gemeente wat so kunstig is met blomme om asseblief met Una Vorster te skakel (072 621 0250). Sy reël die blomme voor die kansel op sekere Sondae. Skakel haar gerus indien u hiermee wil help.

VAKATURE

Die NG Kerk Groot-Brakrivier adverteer hiermee ‘n pos vir ‘n

ADMIN- EN KOMMUNIKASIE-BEAMPTE (SKRIBA).

  • God roep ons gemeente om ons visie “Jesus vir ons, vir almal ” intern en ekstern te leef en die suksesvolle kandidaat moet hierdie roeping bemark en kommunikeer.

  • Pligte sluit in: administrasie; afneem, tik en verspreiding van notules asook ander sekretariële werk; skakeling met personeel, lidmate en die publiek; registerhouding; korrespondensie; bedryf van mediaplatforms, bemarking en media skakeling.

VEREISTES VIR DIE POS BEHELS ONDER MEER:

  • ‘n Gelowige wat met ons gemeente se roeping kan assosieer en lojaal sal wees.
  • Iemand met goeie interpersoonlike vaardighede wat in ‘n span kan saamwerk en wat met verskeie mense doeltreffend kan kommunikeer.
  • Kennis en vaardigheid m.b.t. administratiewe take, toepaslike rekenaarprogramme, sosiale media, gedrukte media en bemarking.

Aansoeke moet ‘n kort motiveringsbrief – met die vereistes hierbo in ag geneem en ‘n kort CV insluit.

Salaris is gebaseer op sinodale riglyne en posstruktuur.

Werksure is Maandae, Dinsdae, Woensdae en Vrydae vanaf 08:00 tot 13:00, asook enkele na-uurse verpligtinge vir die afneem van notules by kerkraads- en bestuursvergaderings en die bywoon van gemeente- en dankfeeste.

Aansoeke moet voor 09:00 op Maandag 23 Januarie 2023 elektronies by ngkgbr@mweb.co.za ingedien word.

Navrae:

Mnr. Willem du Preez (082 823 5988)

Me. Alfreda Stander (083 444 4724)

YouTube Eredienste

YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314