Vandag – Sondag 22 Januarie 2023:
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan familie en vriende van Corné en Anneke Mulder en hul seuntjie Harley wat vanoggend gedoop word.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Matt. 4:12-23. Die tema van die prediking is : Geroep om te groei en te laat groei!
- Spesiale Offer by die deure vir die Gemeente-Instandhoudingsfonds.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Gebedsgidse:
Gebedsgidse vir Januarie 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Sondag – 29 Januarie 2023:
- Prediker: Dr. Frans Hancke.
- Doop.
- Spesiale Offer vir die Instituut vir Dowes by die deure.
Omgeebediening :
- In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas. Ons ondervind tans ‘n groot tekort aan groot inkopiedrasakke asook bydraes vir die kruideniers-pakkies soos blikkieskos, suiker, koffie, tee, pasta, skoonmaakmiddels soos gesigseep, tandepasta, skottelgoedseep, wasgoedseep, toiletpapier, ens.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters (082 327 9527).
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
- Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
- Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontakpersoon Riana Briers.
Ons vertrou almal het ’n geseënde feesgety gehad en ons sien uit om in 2023 weer saam die pad te stap en ’n verskil in ons gemeenskap te maak.
Ons datums vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is:
25 Januarie, 8 en 22 Februarie, asook 8 en 22 Maart.
Ons nooi almal weereens uit om deel te neem aan die sopprojek en te help om 80 gesinne te kan bedien. Die voorsiening van sop is ’n deurlopende behoefte en ons vrieskaste is tans redelik leeg. Baie dankie vir u getroue ondersteuning.
Versoeke:
- ’n Tweedehandse fiets vir ’n volwasse man. (Kontak Aletia – 084 783 1308)
- Enige geestelike dagstukkieboeke wat u nie meer gebruik nie. Boeke kan by die kerkkantoor gedurende kantoorure afgegee word.
KLUb 50+
Klub 50+ hou hul eerste saamkuier vir 2023 op Woensdag 1 Februarie 2023 om 10:00 in die kerksaal. Almal is baie welkom, ook nuwe intrekkers. Bring asseblief ’n bordjie eetgoed saam. Vir enige navrae, kontak Mariana (082 922 9291).
Rek en strek oefEninge vir seniors :
Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die kerksaal. Nuwe lede is baie welkom.
Kontakpersoon: Piet Snyman (082 297 3476)
JEUG :
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Blokbyeenkomste :
Ons blokbyeenkomste begin weer vanaf Woensdag 1 Februarie 2023 om 18:00. Ons versoek graag die kerkraadslede / dienswerkers van die onderskeie blokke om die Woensdag voor die byeenkoms in hul spesifieke blok, asseblief die kerkkantoor te laat weet by watter adres in hulle blok die byeenkoms sal plaasvind sodat dit betyds in die afkondigings geplaas kan word.
HULP BENODIG MET BLOMME VIR EREDIENSTE :
- Ons vra graag die talentvolle dames in die gemeente wat so kunstig is met blomme om asseblief met Una Vorster te skakel (072 621 0250). Sy reël die blomme voor die kansel op sekere Sondae. Skakel haar gerus indien u hiermee wil help.
Bybelstudiegroepe
Ons gemeente het weeklikse Bybelstudiegroepe op verskillende plekke. Indien u by ’n groep wil inskakel, skakel die kerkkantoor (044 620 2205) om uit te vind watter groep die naaste aan huis vergader. Die Bybelstudiegroepleiers vergader Dinsdag 24 Januarie 2023 om 10:00 in die konsistorie.
| DAG | TYD | PLEK | KONTAK- PERSOON | |
| Maandag | 17:00 | Suiderkruis | Cornie Pieters | 082 499 0516 |
| Dinsdag | 10:00 | Lokaal 6 | Gert Louw | 082 712 7929 |
| Dinsdag | 10:00 | Tergniet/Reebokhoogte | Marita Erasmus | 082 253 2876 |
| Dinsdag | 10:00 | Reebokhoogte | Marietjie Smit | 082 771 6034 |
| Dinsdag | 15:30 | Groenkloof Biblioteek | Ballot Visser | 082 923 2707 |
| Dinsdag | 10:00 | Groenkloof | Tolletjie vd Merwe | 082 412 3153 |
| Dinsdag | 15:00 | Reebok | Julie Viljoen | 082 662 1749 |
| Dinsdag | 15:00 | Reebokhoogte | Johan Muller | 082 823 2162 |
| Donderdag | 09:00 | Tergniet | Carin van Ginkel | 082 891 7791 |
| Donderdag | 18:30 | Glentana | Jan Richter | 072 231 7859 |
FEBA RADIO SA: GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBC Mongolië:
Die val van Kommunisme in 1990 het die eerste Christelike sendelinge toegelaat om Mongolië te besoek en ‘n beweging te begin om die tradisioneel-ateïstiese land te verander. FEBA Mongolië trap al vir meer as twintig jaar diep spore in die harte van Mongoolse mense deur middel van radio-uitsendings. Onlangs het FEBA Mongolië ‘n projek geloods waartydens die stasie verskeie kerke genooi het om opnames in te stuur van liedjies wat hulleself geskryf het. Die stasie het die beste liedjies gekies en daarvan aanbiddingsliedere vervaardig om tydens hul uitsendings te speel. Die doel is om weg te beweeg van aanbiddingsliedere wat uit Engels vertaal word, aangesien baie Mongole steeds die Christendom as ‘n vreemde godsdiens beskou.
Ons gebed vir die week: Bid asseblief vir die uitsendingspan, leiers en direkteure van FEBC Mongolië, dat God hulle die wysheid en krag sal gee om al hul planne vir die nuwe jaar getrou uit te voer.
Die webtuiste(nggrootbrak.co.za)
22 Januarie 2023
1. Link na die YouTube Preek van 22 Januarie 2023.
2. Getuienisbediening:
– Terugvoer van die Rangers, Japan (waar om te begin?)
– ’n Kort oorsig oor die Naaldwerkprojek.
3. Kommunikasiebediening: “Stof tot nadenke: Wat is jou antwoord op God se
belofte?” ’n Kort boodskap vir die week.
VAKATURE
Die NG Kerk Groot-Brakrivier adverteer hiermee ‘n pos vir ‘n
ADMIN- EN KOMMUNIKASIE-BEAMPTE (SKRIBA).
- God roep ons gemeente om ons visie “Jesus vir ons, vir almal ” intern en ekstern te leef en die suksesvolle kandidaat moet hierdie roeping bemark en kommunikeer.
- Pligte sluit in: administrasie; afneem, tik en verspreiding van notules asook ander sekretariële werk; skakeling met personeel, lidmate en die publiek; registerhouding; korrespondensie; bedryf van mediaplatforms, bemarking en media skakeling.
VEREISTES VIR DIE POS BEHELS ONDER MEER:
- ‘n Gelowige wat met ons gemeente se roeping kan assosieer en lojaal sal wees.
- Iemand met goeie interpersoonlike vaardighede wat in ‘n span kan saamwerk en wat met verskeie mense doeltreffend kan kommunikeer.
- Kennis en vaardigheid m.b.t. administratiewe take, toepaslike rekenaarprogramme, sosiale media, gedrukte media en bemarking.
Aansoeke moet ‘n kort motiveringsbrief – met die vereistes hierbo in ag geneem en ‘n kort CV insluit.
Salaris is gebaseer op sinodale riglyne en posstruktuur.
Werksure is Maandae, Dinsdae, Woensdae en Vrydae vanaf 08:00 tot 13:00, asook enkele na-uurse verpligtinge vir die afneem van notules by kerkraads- en bestuursvergaderings en die bywoon van gemeente- en dankfeeste.
Aansoeke moet voor 09:00 op Maandag 23 Januarie 2023 elektronies by ngkgbr@mweb.co.za ingedien word.
Navrae:
Mnr. Willem du Preez (082 823 5988)
Me. Alfreda Stander (083 444 4724)
YouTube Eredienste
YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314


