Stof tot nadenke: ‘n Belofte van God

Stof tot nadenke: 'n Belofte van God

En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee.En Ek sal my Gees in julle binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen”

Eség. 36: 26-27

In hierdie Nuwe lewensjaar kom bevestig God weer sy belofte wat Hy in Eségiël 36 aan ons belowe het. Dit is nie in ons om self die veranderinge te bewerkstellig nie, maar God beloof dat Hy ons ongenaakbare harte sal verander en ons harte sal gee wat ‘n deernis vir ander mense sal openbaar. God sal hierdie verandering in ons lewens bewerkstellig. Hy sal ons tot ander insigte bring.

Lees meer “Stof tot nadenke: ‘n Belofte van God”

Vakature: ADMIN- EN KOMMUNIKASIE-BEAMPTE (SKRIBA)

Vakature - NGK Groot-Brakrivier

Die NG Kerk Groot-Brakrivier adverteer hiermee ‘n pos vir ‘n
ADMIN- EN KOMMUNIKASIE-BEAMPTE (SKRIBA).
 God roep ons gemeente om ons visie “Jesus vir ons, vir almal ” intern en
ekstern te leef en die suksesvolle kandidaat moet hierdie roeping bemark en
kommunikeer.
 Pligte sluit in: administrasie; afneem, tik en verspreiding van notules asook
ander sekretariële werk; skakeling met personeel, lidmate en die publiek;
registerhouding; korrespondensie; bedryf van mediaplatforms, bemarking en
media skakeling.
VEREISTES VIR DIE POS BEHELS ONDER MEER:

 ‘n Gelowige wat met ons gemeente se roeping kan assosieer en lojaal sal wees.
 Iemand met goeie interpersoonlike vaardighede wat in ‘n span kan saamwerk en wat
met verskeie mense doeltreffend kan kommunikeer.
 Kennis en vaardigheid m.b.t. administratiewe take, toepaslike rekenaarprogramme,
sosiale media, gedrukte media en bemarking.

Aansoeke moet ‘n kort motiveringsbrief – met die vereistes hierbo in ag geneem – en ‘n
kort CV insluit.
Salaris is gebaseer op sinodale riglyne en posstruktuur.
Werksure is Maandae, Dinsdae, Woensdae en Vrydae vanaf 08:00 tot 13:00, asook enkele
na-uurse verpligtinge vir die afneem van notules by kerkraads- en bestuursvergaderings
en die bywoon van gemeente- en dankfeeste.
Aansoeke moet voor 09:00 op Maandag 23 Januarie 2023 elektronies by
ngkgbr@mweb.co.za ingedien word.
Navrae:
Mnr. Willem du Preez (082 823 5988)
Me. Alfreda Stander (083 444 4724)

Madagaskar Sendingnuus: pic of the week #6

Lynette Madagaskar

We want to wish you a happy and peaceful 2023. Thank you for your love and support in difficult times. We appreciate you.

Hebrews 12:1-2

“Therefore, since we are surrounded by so great a cloud of witnesses, let us also lay aside every weight, and sin which clings so closely and let us run with endurance the race that is set before us, looking to Jesus, the founder and perfecter of our faith, who for the joy that was set before Him endured the cross, despising the shame, and is seated at the right hand of God.”

Lees meer “Madagaskar Sendingnuus: pic of the week #6”

Radio FEBA gebedsgids vir Januarie 2023

FEBA Gebedsfocus

Sondag 1 Januarie: Bid dat FEBC Taiwan se nuwe kinder- en jeugprogramme, “Fun After School” en “Bible Unboxing”, kinders na Jesus toe sal lei.
Maandag 2 Januarie: Wetgewing in Japan verbied enige godsdienstige organisasie om uitsaaitorings te besit. FEBC Japan, die enigste Christelike uitsaaier in die land, saai uit vanaf Jeju Eiland in Suid-Korea. Bid asseblief dat FEBC Japan se programme nog baie verder sal reik.

Lees meer “Radio FEBA gebedsgids vir Januarie 2023”

Stof tot Nadenke: ‘n Nuwe Jaar en ‘n Nuwe Lewe…

Stof tot nadenke Nuwe Jaar - NGK Groot-Brakrivier

“Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood”

1 Pet. 1: 3

Nog ‘n Jaar is verby, maar ons lewe met die verwagting van ‘n hoopvolle toekoms. Die Nuwe Jaar lê voor ons, soos ‘n nuwe bladsy. Dit laat ons weereens met die keuse om die Nuwe Lewe wat God aan ons bied, in 2023 met alles in ons aan te gryp. God, die Vader het Hom oor ons omtferm. Hy het ons so lief dat Hy sy enigste Seun reeds meer as 2 duisend jaar gelede gestuur het, om dit vir ons moontlik te maak om die Nuwe Lewe, wat ons slegs deur in Hom te glo, kan ontvang. Ons kry dus weereens die kans om ons keuses te hernu of te verander.

Lees meer “Stof tot Nadenke: ‘n Nuwe Jaar en ‘n Nuwe Lewe…”

Stof tot nadenke: Johannes kondig Jesus se koms aan

Stof tot nadenke

Johannes 1:1-34

1 In die begin was die Woord,
en die Woord was by God,
en die Woord was God.
2 Hy was in die begin by God.
3 Alles het deur Hom ontstaan,
en sonder Hom het selfs
nie een ding wat bestaan,
ontstaan nie.
4 In Hom was lewe,
en dié lewe was die lig vir die mense.
5 En die lig skyn in die duisternis,
en die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

6 Daar was ‘n man, gestuur deur God, wie se naam Johannes was.

7 Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom kon glo.

8 Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.

9 Die ware lig wat elke mens verlig,
was aan die kom na die wêreld.

10 Hy was in die wêreld,
en die wêreld het
deur Hom ontstaan,
en tog het die wêreld
Hom nie erken nie
11 Hy het gekom na wat syne was
en tog het sy eie mense
Hom nie aanvaar nie.

12 Maar aan almal wat Hom
aanvaar het,
het Hy die reg gegee
om kinders van God te word –
hulle wat in sy Naam glo.

13 Hulle is nie uit bloed nie,
ook nie uit liggaamlike drang nie,
ook nie uit die wil van ‘n man nie,
maar uit God gebore.

14 En die Woord het vlees geword
en onder ons kom woon,
en ons het sy heerlikheid aanskou,
‘n heerlikheid soos dié
van die unieke Seun van die Vader –
vol genade en waarheid.

15 Johannes getuig oor Hom en roep uit: “Hý is die Een van wie ek gesê het, ‘Hy wat ná my kom, is my voor, omdat Hy die eerste was.’ ”

16 Uit sy volheid het ons almal genade ontvang – ja, genade op genade.

17 Want die wet is deur Moses gegee die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

18 Niemand het God nog ooit gesien nie; die unieke Seun, self God, wat teen die bors van die Vader is, Hy het Hom bekend kom maak.

Getuienis van Johannes die Doper

19 En dit is die getuienis van Johannes toe die Jode priesters en Leviete uit Jerusalem na hom gestuur het om hom te vra: “Wie is u?”

20 Hy het verklaar, dit nie ontken nie, maar openlik verklaar: “Ek is nie die Christusl nie.”

21 Hulle vra hom toe: “Wat dan? Is u Elia?” En hy sê: “Ek is nie.” “Is u dié Profeet?” En hy antwoord: “Nee!”

22 Hulle sê toe vir hom: “Wie is u? Ons moet ‘n antwoord verskaf aan hulle wat ons gestuur het. Wat het u oor uself te sê?”

23 Hy antwoord toe,

“Ek is ‘die stem van een
wat uitroep in die woestyn
“Maak die pad van die Here reguit!”’ –
“soos die profeet Jesaja gesê het.”

24 Daar was ook afgevaardigdes uit die geledere van die •Fariseërs,

25 en hulle het hom gevra: “As u nie die Christus of Elia of die Profeet is nie, waarom doop u dan?”

26 Johannes het hulle geantwoord: “Ek doop met water, maar in julle midde staan daar Iemand vir wie julle nie ken nie.

27 Hy is die Een wat ná my kom, en ek is nie werd om die riempies van sy sandale los te maak nie.”

28 Dit het oorkant die Jordaan in Betanië gebeur, waar Johannes besig was om te doop.

Jesus die Lam van God

29 Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: “Kyk, die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!

30 Hy is die Een van wie ek gesê het, ‘Ná my kom ‘n Man wat belangriker as ek is, omdat Hy voor my was.’

31 Ook ek het Hom nie geken nie, maar juis daarom het ek gekom en doop ek met water, sodat Hy aan Israel bekend gemaak kan word.”

32 En Johannes het getuig: “Ek het die Gees uit die hemel sien neerdaal soos ‘n duif, en Hy het op Hom gebly.

33 Ook ek het Hom nie geken nie, maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het vir my gesê, ‘Hy op wie jy die Gees sien neerdaal en bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.’

34 En ek het gesien en getuig, ‘Hy is die •Seun van God

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Gebedsgids Januarie 2023

Gebed

GEBEDSGIDS – JANUARIE 2023

Here, stort U seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder U beskerming en weerhou onheil van my, sodat geen smart my tref nie. (1 Kron. 4 :10)

Sondag 1 Januarie – ‘n Nuwe Jaar

Mag dit deur ons gebede en optrede wees dat mense ervaar ons is van God. Mag die nuwe jaar die begin wees van alle dinge wat nuut is in Christus. Vra dat ons as bidders getrou sal wees om te bid vir die Koninkryk van God en dat Jesus Here van alle mense sal word.

Maandag 2 Januarie – Getuie wees

Lees meer “Gebedsgids Januarie 2023”

Afkondigings 18 Desember 2022 – 8 Januarie 2023

Afkondigings

Sondag – 18 Desember 2022:

  • Prediker:  Ds. Danie Goosen.
  • ’n Spesiale verwelkoming aan familie en vriende van die volgende ouerpare wie se babas vanoggend gedoop word:
     Anró & Wilmarié Boshoff (dogtertjie – Chrisendrie Zelmari).
     Johan & Danica de Klerk (seuntjie – Daniël Petrus).
     Emile & Phelia Klopper (dogtertjie – Margot Alette).
     Paul & Marli Delport (seuntjie – Leon Christiaan).
  • Spesiale Offer vir die Bybelgenootskap by die deure.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir Desember 2022 is beskikbaar in die voorportaal.

Gebedsgids vir Januarie 2023 sal vanaf 26 Desember op die Webtuiste beskikbaar wees

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. Januarie 2023 se gebedsgidse sal ook later in Desember beskikbaar wees.

Desember eredienstye:

Daar sal gedurende Desember slegs een erediens om 10:00 Sondae wees, met uitsondering van 25 Desember – Kersdag. Kersdag eredienstye is 07:00; 08:00; 09:00 & 10:00.

Sluiting van die Kerkkantoor:
Die kerkkantoor sal gesluit wees vir die tydperk 15 Desember 2022 tot 3 Januarie 2023.

31 Desember – Oujaarsdiens:
Die Oujaarsdiens sal om 18:00 plaasvind in die kerkgebou en nie om 23:30 soos op die kalender aangedui nie.

VANAF 1 JANUARIE 2023 BEGIN EREDIENSTE OM 09:00

Sondag – 1 Januarie 2023:
• Prediker:  Dr. Frans Hancke.
• Spesiale Offer vir die Gemeente Instandhoudingsfonds.

Ondersteuningsgroep:

Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontak persoon Riana Briers.

Getuienisbediening:
Baie dankie aan almal wat so getrou deur die jaar betrokke was, op watter basis ookal, om te help met ons uitreike na Wolwedans asook ons sendelinge. Met u ondersteuning het dit ’n groot verskil in die lewens van kinders en bejaardes gemaak.

Kersprojek vir Wolwedans:
Baie dankie aan elkeen wat gehelp het om hierdie projek weer ‘n sukses te   maak  - deur voorbidding, bydraes en pakkies te pak. Ons kon Woensdag  wegry met die wete daar is blymoedige harte en groot dankbaarheid by    ten minste 120 mense met wie ons die liefde van Jesus kon deel.


• D&M van Himalayas se kalenders is ontvang en is beskikbaar by die kerkkantoor teen R120 elk.  Dit is ’n manier hoe ons hulle kan ondersteun vir die werk wat hulle doen met die uitdra van die Evangelie in moeilike omstandighede.

OMGEEBEDIENING: 

Gevulde Kersflesse vir kospakkies

Ons is sò dankbaar! Ons het 40 flesse uitgegee aan die gemeente om met iets lekkers vir Kersfees gevul te word.  Ons het 86 gevulde flesse terug ontvang. Hierdie gemeente is fantasties!!!! Baie-baie dankie. Die omgeebediening waardeer julle. Aan die einde van hierdie jaar wil ons ook vir almal bedank wie ‘n bydrae tot die bediening gelewer het, hetsy deur te werk, te luister, of enige iets te skenk. Sonder julle sal dit vir ons baie moeilik wees om ons opdrag te gehoorsaam.

Bloedskenking
Met die bloedskenking geleentheid op 24 November 2022 is 58 volpinte bloed geskenk. Baie dankie daarvoor, u skenking kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.

Mosambiek het tans ‘n bevolking van sowat 33,2 miljoen mense waarvan 18 miljoen Christene is. Die aantal Christene mag indrukwekkend voorkom, maar die Islamitiese ekstremiste wat Christene vervolg, kan veroorsaak dat baie van die mense bang is om van Islam te bekeer en met Christus te wandel. Gewelddadige aanvalle wat ten doel het om hulle invloed en beheer te versprei, het al die lewens van baie gelowiges geëis. FEBA Mosambiek help om hoop te bring en die nodige hulpbronne te verskaf deur radio’s, oudiobybels asook voedsel uit te deel. Die stasies help ook weduwees om hulle eie gewasse te verbou as ‘n manier om ‘n inkomste te verdien en so te oorleef.

(Inligtingsbron:https://www.opendoorsuk.org/persecution/world-watch-list/mozambique/ )

Ons gebed vir die week: Bid dat God ons uitsaaiers as invloedryke stemme sal gebruik in die Zambezi-gemeenskap, waar hulle twee nuwe stasies, Voice of Hope en Impact FM, se uitsendings geniet.

Die webtuiste (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 11 Desember 2022

  1. Link na die YouTube Preek van 11 Desember 2022.
  2. Kerssangdiens: ‘n Link na die video van die Kerssangdiens is beskikbaar op die webtuiste.
  3. Kommunikasiebediening: “Stof tot nadenke: ‘Feestyd saam met God’”. ‘n Kort boodskap vir die week.
    • Neem kennis dat enige verdere afkondigings oor die plasings op die webtuiste eers weer vanaf 8 Januarie beskikbaar sal wees.
    • Die YouTube preke van 18 Desember en 8 Januarie 2023 sal deur die vakansietyd op YouTube beskikbaar gestel word.

YouTube Eredienste

YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Nuusflitse Week 51 & 52 van 2022

Nuusflitse

25 Desember – Kersdag. Kersdag eredienstye is 07:00; 08:00; 09:00 & 10:00
kerkkantoor gesluit 15 Desember 2022 tot 3 Januarie 2023
31 Desember-Die Oujaarsdiens sal om 18:00
VANAF 1 JANUARIE 2023 BEGIN EREDIENSTE OM 09:00
Sondag – 1 Januarie 2023: • Prediker:  Dr. Frans Hancke
YouTube preke van 18 Desember en 8 Januarie 2023 sal op YouTube en die webtuiste beskikbaar gestel word
Gebedsgids vir Januarie is vanaf 26 Desember 2022 beskikbaar op die webtuiste

Stof tot Nadenke: Jesus se seën en roeping

Vissermanne

Markus 1: 9 – 22

DOOP VAN JESUS

9In daardie dae het Jesus vanaf Nasaret in Galilea gekom, en Hy is deur Johannes in die Jordaan gedoop. 10Net toe Hy uit die water opkom, het Hy die hemel sien oopgaan en die Gees soos ‘n duif op Hom sien neerdaal. 11En ‘n stem het uit die hemel gekom: “Jy is my Seun, my geliefde. Oor Jou verheug Ek My!”

JESUS WORD VERSOEK

12Direk daarna het die Gees Hom die woestyn in gedryf. 13Hy was veertig dae lank in die woestyn, waar Hy deur Satan versoek is. Hy was saam met wilde diere, en engele het Hom versorg.

BEGIN VAN JESUS SE VERKONDIGING

14Nadat Johannes gevange geneem is, het Jesus na Galilea gegaan, waar Hy die evangelie van God verkondig het. 15Hy het gesê: “Die bestemde tyd is vervul, en die •koninkryk van God is op hande. Bekeer julle en glo die evangelie.”

ROEPING VAN DIE EERSTE DISSIPELS

16Terwyl Hy langs die See van Galilea loop, het Hy Simon en Andreas, die broer van Simon, nette in die see sien uitgooi, want hulle was vissers. 17Jesus sê toe vir hulle: “Volg My, en Ek sal julle vissers van mense laat word.” 18Hulle het onmiddellik hulle nette gelos en Hom gevolg. 19Hy het ‘n entjie verder geloop en Jakobus, die seun van Sebedeus, en sy broer Johannes gesien waar hulle in die boot besig was om nette heel te maak. 20Hy het hulle dadelik geroep, en hulle het hulle vader Sebedeus met die huurarbeiders in die boot agtergelaat, en weggegaan agter Hom aan.

21Hulle het in Kapernaum ingegaan, en op die Sabbat het Jesus dadelik die •sinagoge binnegegaan en begin leer. 22Hulle was verwonderd oor sy lering, want Hy het hulle geleer soos iemand met gesag, en nie soos die skrifkenners nie.

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Afkondigings 11 Desember 2022 – 8 Januarie 2023

Afkondigings

Vandag – Sondag 11 Desember 2022:

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan ds. Fanie Bergh wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Matt. 1:18-25, Hand. 4:12.  Die tema van die prediking is : Jesus se geboorte – ’n Goddelike saak?
• Spesiale Offer by die deure vir die Stranddiensspan.
Lees meer “Afkondigings 11 Desember 2022 – 8 Januarie 2023”

Lief en Leed Week 50 van 2022

Lief en Leed

’n Spesiale verwelkoming aan familie en vriende van die volgende ouerpare wie se babas vanoggend gedoop word:

  • Anró & Wilmarié Boshoff (dogtertjie – Chrisendrie Zelmari).
  • Johan & Danica de Klerk (seuntjie – Daniël Petrus).
  • Emile & Phelia Klopper (dogtertjie – Margot Alette).
  • Paul & Marli Delport (seuntjie – Leon Christiaan).

Stof tot Nadenke: Feestyd saam met God

God is saam met ons

Die maagd sal swanger word en ‘n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem, Die naam beteken God by ons. ”

Matt. 1: 23

DIs weer tyd vir afsaal en feestyd, na ‘n jaar van nimmereindige woelinge, in Suid Afrika, asook wêreldwyd. Dis oorloë en terrorisme. Dis vredes-samesprekinge en oorlog-verklarings. Dis vloede en droogtes. Dis vreugdes en hartseer. Dis oorleef in ‘n tyd van toenemende druk op ons finansiële situasies. Dis tye waar ons na die ophef van grendeltyd, weereens moet leer om met ons medemens oor die weg te kom. So lank was ons geïsoleerd en het ons ‘n gemaklikheid in ons alleenwees ontwikkel. Ons het selfs geleer om alleen met God te verkeer, sonder die sosiale samesyn van mede-gelowiges.

Lees meer “Stof tot Nadenke: Feestyd saam met God”

Stof tot nadenke: Eer aan God

Ere aan God

Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur u wil het alles ontstaan…”

Open. 4: 11

Watter heerlike ervaring was die Kerssangdiens van 2022, na jare, waar die grendeltyd ons verhoed het om behoorlik as gelowiges saam te kom, saam te aanbid, saam dankie te sê en saam tot eer van God se lof te kan sing. Die Kerssangdiens was waarlik ‘n heerlike dankie sê waar dinge so stadig maar seker na die nuwe normaal toe terugkeer.

Johannes wys ons weereens hier in Obenbaring dat alles om God gaan en dat alles wat ons het tot eer en verheerliking van God aangewend moet word. Ons kan nie met half-mate gee nie. God soek eenhonderd persent van ons. Alles wat ons het. Dit sluit nie net geld of goed nie, maar elke talent wat ons so mildelik uit Sy hand ontvang het. Of ons mag dink dis te veel of te min, God voorsien ons van genoeg om Hom te eer.

Lees meer “Stof tot nadenke: Eer aan God

Nuusflitse Week 50+ van 2022

Nuusflitse

Daar sal gedurende Desember slegs een erediens om 10:00 Sondae wees, met uitsondering van 25 Desember – Kersdag. Kersdag eredienstye is 07:00; 08:00; 09:00 & 10:00
Sondag – 11 Desember 2022 Prediker:  Ds. Fanie Bergh
Die kerkkantoor sal gesluit wees vir die tydperk 15 Desember 2022 tot 3 Januarie 2023
31 Desember – Oujaarsdiens 18:00
VANAF 1 JANUARIE 2023 BEGIN EREDIENSTE OM 09:00
Getuienisbediening Ons laaste besoek vir die jaar is 7 Desember waartydens die Kerspakkies uitgedeel sal word