Nuusflitse Week 46+ van 2022

Nuusflitse

Gebedsgidse vir November 2022 is beskikbaar
Woensdag – 2 November 2022 Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751)
Sondag – 13 November 2022 10:00 Prediker:  Ds. Danie Goosen Doop en belydenis van geloof.
Dinsdag – 8 November 2022 Bestuurspanvergadering 17:30 in die kerkgebou.
Donderdag – 10 November 2022 KLUB 50* hou hulle jaarlikse ete afsluiting vir lede by Searles Village Restaurant & Pub om 13:00
Dinsdag – 15 November 2022 Kerkraadsvergadering 18:00 in die kerksaal
HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS 17 DESEMBER 2022
Uitreikdatums vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 16 & 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022
OMGEEBEDIENING:  KERSPAKKIES Bring dit asseblief terug voor begin Desember 2022
Groenewaldfonds: Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022

Stof tot nadenke: Die geheim van die lewe

Die geheim van die lewe

“…Ek së vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat my gestuur het, het die ewige lewe…”

Joh. 5: 24

Daar word so dikwels gevra: “Wat is die geheim van die lewe? Waarheen is ek oppad?” Ons wonder so dikwels wat ons doel in die lewe is. Wanneer ons deur moeilikhede gekonfronteer word, wil ons altyd iemand blameer vir wat verkeerd gaan. Ons hou so daarvan om vinger te wys na iemand anders. Ons wonder waarom God sulke moeilikhede in ons lewe toelaat. Ons voel altyd dat ons nog nie die geheim van die lewe ontdek het nie.

Terwyl die antwoord al vir eeue lank in ons bereik geplaas is. Ons is so dikwels te hardkoppig om die waarheid van die geheim van die Lewe wat deur Christus self vir ons gegee is raak te sien of ons eie te maak. Die sleutel tot die deur na die ontdekking van die geheim van die lewe is om na die woord van Christus te luister en in God te glo. Dit is die enigste geheim van die lewe wat ons ‘n vrede in ons gemoed gee wat alle verstand te bowe gaan; selfs onder moelike omstandighede. Dit is die wete dat God die Heilige Gees elke dag saam met ons stuur om ons te lei en ons te behoed en bewaar.

Hierdie geheim is gratis en verniet. Ons het elkeen die keuse om te luister, te hoor en te glo en vrede in ons gemoed te hê. Dit is wat God ook vir ons elkeen wil wens, net soos enige ouer net die beste vir sy kind wil hê, net so wil God hê dat dit met ons sal goed gaan. Dat ons vrede in ons gemoed sal ervaar.

GEBEDSGIDS – NOVEMBER 2022

Gebed

“So lank as die aarde bly bestaan,
sal saaityd en oestyd nie ophou nie,
ook nie koue en hitte,
somer en winter
dag en nag nie.” (Genesis 8:22)

Dinsdag, 1 Nov Elektrisiteit en EVKOM

Kom ons bid ernstig dat die elektrisiteit-krisis in ons land opgelos kan word. Dit raak sake-ondernemings, die boere, hospitale en elkeen van ons.

Woensdag, 2 Nov Bemoedig/ondersteun mekaar

Paulus skryf aan die Filippense: “Ek bid dat julle liefde vir mekaar meer en meer sal word… en dat julle ‘n fyn aanvoeling ontwikkel.” Bid dat die Heilige Gees ons tonge so sal beheer dat ons in hierdie moeilike tye mense sal bemoedig en ondersteun.

Donderdag, 3 Nov God se wil

In Jeremia 29:30 sê die Here: “Julle sal vra na My wil en julle sal dan My wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.” Kom ons bid vir ‘n dieper honger na God en ‘n begeerte om Sy wil te ken en te doen.

Vrydag, 4 Nov Swaarmoedigheid

Elke oomblik is ‘n keuse. Ons kies blymoedigheid of swaarmoedigheid. “Here, soms voel dit of ek saam met die Psalmis kan uitroep: …hoor tog my hulpgeroep!” Kom ons bid dat God verligting sal bring waar nodig, en dank Hom vir beskikbare mediese hulp.

Saterdag, 5 Nov Sending

Bid baie ernstig vir die veiligheid van sendelinge wat na lande gaan waar Christene vervolg word, want Jesus het gesê: “Ek stuur julle soos weerlose skape onder die wolwe in. “(Matteus 10:16)

Sondag, 6 Nov Ons kerkpersoneel

Bid vir ons leraars en kerkraad, die kerkkantoor-personeel en koster met haar helpers. Ons sê dankie vir elkeen wat bereid is om ons gemeente te dien.

Maandag, 7 Nov Werkskepping

Ons bid dat ons land se ekonomie so sal verbeter dat meer werk geskep word sodat die oorweldigende werkloosheidsprobleem opgelos kan word.

Dinsdag, 8 Nov Bestuurspanvergadering

Ons bid vir ons kerk se Bestuurspan wat vandag vergader. “Here, gee asseblief vir hulle U leiding sodat elke besluit wat geneem word, volgens U wil sal wees.”

Woensdag, 9 Nov Gee om vir mekaar

Kom ons bid vir meer vergiffenis tussen mense – dat ons mekaar met sagte oë sal aankyk. Kom ons gee belangstelling en liefde waar ons dit nie terug verwag nie. Wanneer ons van ‘n minderbevoorregte kennis neem, kan ons saam met John Bradford sê: “There, but for the grace of God, goes John Bradford”.

Donderdag, 10 Nov Ons Natuur

Kom ons bid dat elke landsburger ons land met die nodige respek sal behandel en nie die natuur sal plunder nie. Hier is nog dele in die binneland wat baie droog is. Pleit om God se genade en dat ons sal saamwerk om ons land op te bou.

Vrydag, 11 Nov Hospitale en Versorgingsoorde

Bid vandag vir ons hospitale en hul personeellede wat dikwels onder groot druk werk. Bid ook vir dié wat weens verskeie redes in ‘n eensame kamertjie, soms onder haglike omstandighede, die laaste entjie moet gaan.

Saterdag, 12 Nov Gestremdes en Bejaardes

Ook in ons gemeenskap is gestremdes en bejaardes wat versorging nodig het. Dank die Here vir elke versorger wat hierdie mense met liefde versorg. “Ons bid dat hulle U sal verheerlik deur die mooi manier waarop hulle hul werk doen.”

Sondag, 13 Nov Beskermingsdienste/Polisie

Ons bid dat elke lid van ons Beskermingsdienste die Here sal ken en hul roeping tot eer van Hom sal uitvoer. Bid ook vir die veiligheid van elkeen wat soms in lewensgevaar verkeer om ons veiligheid te verseker.

Maandag, 14 Nov Namibië

‘n Groot deel van Namibië ly as gevolg van droogte, asook die baie groot brande wat hulle gehad het. Bid vir Namibië dat die Here hulle in genade sal aansien.

Dinsdag, 15 Nov Dankbaarheid

“Dank aan God pas by julle. Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus.” (Efes 5:4,20)

Woensdag, 16 Nov Gebed

  • Hou aan met bid. Wees dankbaar dat God se antwoord wyser is as ons gebede.
  • Bid eerder met ‘n hart sonder woorde as woorde sonder ‘n hart.
  • Gebed is ‘n skild vir die siel, ‘n offer aan God en ‘n roede vir die duiwel.

Donderdag, 17 Nov Eensaamheid

“Draai U gesig na my en bewys genade aan my, want ek is alleen (eensaam) en in diep nood.” (Ps 25:16) “Dankie, Here, dat U altyd by my is wanneer ek eensaam is.”

Vrydag, 18 Nov God se liefde

God se liefde is baie breër as die omvang van ‘n mens se begrip.Kom ons bid daagliks dat God se liefde in ons lewens meer en meer sigbaar sal word.

Saterdag, 19 Nov Kankernavorsing

Ons is baie bewus van kanker omdat dit in so baie families of by bekendes voorkom. “Baie dankie, Here, dat U ons soms deur siektes en soms deur genesing na U toe trek. Ons bid vir elkeen wat besig is met kankernavorsing.”

Sondag, 20 Nov Kies reg!!

“Vermy die pad van slegte mense. … draai daarvan weg en kies ‘n ander koers.” (Spr 4:15) Elke dag maak ons keuses. Bid dat ons God se wil sal kies.

Maandag, 21 Nov Blomme

As ‘n mens maar een van God se volmaakte blomme moes maak, sou dit ‘n leeftyd geneem het. “Dankie, Here, vir al die mooi blomme en bome wat U vir ons gee.”

Dinsdag, 22 Nov Japansending

Bid vir elke sendingaksie wat deur ons gemeente ondersteun word. Dankie vir volgehoue (ook finansiële) steun. Bid ook vir Stephan en Carine van der Watt wat geestelike opleiding in Japanees doen.

Woensdag, 23 Nov Elektroniese Media

Bid vir effektiwiteit van webruimtes, selfone, SAT7 , Feba-radio en televisieprogramme sodat die Woord van God ook in onbereikbare lande gehoor kan word.

Donderdag, 24 Nov Positiewe gesindheid

Vra die Vader om ons elkeen ‘n positiewe gesindheid te gee: teenoor ons medemens, maar ook teenoor ons leiers, en dat ons vir hulle sal bid en nie net hul foute sal beklemtoon nie.

Vrydag, 25 Nov Pyn en lyding

IL de Villiers het gesê: Om vrede te maak met pyn beteken om die God van vrede te sien in jou pyn. God het jou baie lief. Moenie vra dat Hy in die eerste plek pyn moet wegneem nie. Ons moet tot Hom bid om in die pyn by ons te wees.

Saterdag, 26 Nov Somer

CL Leipoldt: “‘n Mens se lewe is baie kort, net soos ‘n wintersdag. Bou op, maak glad die land totdat ons somer kry. “Here, baie dankie vir hierdie pragtige somersdae.”

Sondag, 27 Nov Kerssangdiens

“Redder van ons lewe, Jesus, troue Heer,

uit liefde vir die mense kom daal U neer.”

Laat ons sing en vrolik wees want ons Verlosser leef!

Maandag, 28 Nov Verkeer

Ons paaie is baie besiger gedurende somervakansies. Bid dat motorbestuurders nie onder invloed van drank sal bestuur nie en versigtig en bedagsaam teenoor ander motoriste en voetgangers sal wees.

Dinsdag, 29 Nov Ouerlose kinders

Ons sien dikwels kinders op straat. Baie van hulle bedel op parkeerterreine. Bid vir persone en instansies wat die roeping het om hierdie verwaarloosde kinders op te hef. Selfs ’n glimlag kan vir só ‘n kind iets beteken.

Woensdag, 30 Nov Vakansies

Oor twee weke sluit die skole amptelik, maar kinders wat klaar is met hul eksamens, is reeds besig om te ontspan. Bid asseblief ernstig vir ons kinders dat die Here se hand oor hulle sal wees en dat hulle nie in versoekings sal val nie.

Joël 1:3 – Vertel dit (Woord van die Here) aan julle kinders, en laat hulle dit weer aan hulle kinders vertel, en dié weer aan hulle nageslag.”

Week 4 Dag 18 – Soos Pa! – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 4 Dag 18 God het jou gemaak om Hom te verteenwoordig en sy beeld uit te dra - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Voor jy Bybel lees, gaan kyk gou na jouself in die spieël

Wat het jy gesien?

Natuurlik die weerkaatsing van jou beeld. Het jy geweet dat God ook die weerkaatsing van sy beeld in jou geplaas het?

Maak vir ’n oomblik jou oë toe en sien jouself as klein kindjie op jou Pa se skoot klim. Kyk jou hemelse Vader in die oë en deel jou gevoelens eerlik met Hom – ook jou hartsbegeerte vir hierdie kosbare oomblikke op sy skoot

Luister na lied

Luister na snit 8 (ABBA VADER) op die ingeslote CD.

Johann Botes – Abba Vader

O Vader ek soek na u wil,
My siel wag op U
O Heer ek smag na U,
Hoor my roep, hoor my roep

O Here ek dors na u Woord,
My wese reik na U
Kom Vader ek wag op U,
Hoor my roep, hoor my roep

O Vader, Heer Jesus, Gees van God
Hoor my bid, ek smeek U o God
Abba Vader, Vader Heer, Abba Vader, Vader Heer

Christus Jesus, neem my hand,
Ek kom, ja ek kom
O Heer, hier is my hart,
Neem dit nou, neem dit nou

Lees die Skrif

Lees Gen 1:26-27.

Gen 1:26-27
26God het gesê: “Laat Ons mense maak na ons beeld, as ons afbeelding, sodat hulle kan heers oor die visse van die see, die voëls van die hemel, die diere en oor die hele aarde, en oor al die kruipende diere wat op die aarde rondbeweeg.”

27God het die mens geskep na sy beeld,
na die beeld van God
het Hy hom geskep,
manlik en vroulik het Hy hulle geskep.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Rom 8:29; Kol 3:10.

Rom 8:29;
29want Hy het hulle wat Hy reeds tevore geken het, ook vooruit bestem om gelykvormig aan die beeld van sy Seun te word, sodat Hy die •Eersgeborene onder baie broers kan wees;

Kol 3:101
0en die nuwe mens aangetrek het, wat tot volle kennis en na die beeld van sy Skepper vernuwe word.

Skryf / Vul in

Waarom het God jou gemaak? Wat staan in Gen 1:26-27? Skryf die redes vir die skepping van die mens hier neer.

Gen 1:26-27

26God het gesê: “Laat Ons mense maak na ons beeld, as ons afbeelding, sodat hulle kan heers oor die visse van die see, die voëls van die hemel, die diere en oor die hele aarde, en oor al die kruipende diere wat op die aarde rondbeweeg.”

27God het die mens geskep na sy beeld,
na die beeld van God
het Hy hom geskep,
manlik en vroulik het Hy hulle geskep.


Die Ou Testament is in Hebreeus en hier en daar ook in Aramees, geskryf en in
hierdie gedeelte is daar veral drie belangrike woorde.

Tselem” wat vertaal kan word as skaduwee of illusie en wat in die Nuwe
Vertaling vertaal word as verteenwoordiger . Die doel waarom God mense
gemaak het, is sodat hulle as ’t ware sy skaduwee in die wêreld kan wees. Dit
beteken dat ons God in hierdie wêreld deur ons lewens sigbaar teenwoordig
moet maak – dit is tog wat verTEENWOORDIG beteken.

Demuwth” beteken soos , of om te vergelyk en word in die meeste
vertalings, vertaal met beeld van God . Sonde het hierdie beeld van God in
mense afgebreek, maar Jesus het dit kom herstel en die Heilige Gees is tans
besig met die daaglikse voortgaande herstelproses (Kol 3:10).

Kol 3:10
10en die nuwe mens aangetrek het, wat tot volle kennis en na die beeld van sy Skepper vernuwe word.

Radah” beteken om te heers . Die wêreld het die geneigdheid om mense te
oorheers. Mense is oral in verslawing vasgevang. God se plan is dat die mens
oor die aarde moet heers, nie die aarde (ingesluit die wêreld met sy
versoekings en misleidings) oor ons nie (Gal 5:1).

Gal 5:1
51Vryheid is waarvoor •Christus ons bevry het! Staan dan vas, en laat julle nie weer onder ‘n juk van slawerny indwing nie!

Nou wat het dit alles met gebed uit te waai? Ek is bly jy vra die vraag. Wat het
die feit dat ek God se verteenwoordiger is, dat ek na sy beeld geskape is en dat
ek moet heers, met gebed te doen?

Skryf / Vul in

Ek gee jou ’n paar minute om daaroor te dink. Skryf jou gedagtes neer.


As gelowiges glo ons dat Jesus ons posisie kom herstel het en dat die Heilige Gees ons deur geloof in Jesus Christus, kinders van God maak. Met ander woorde: Ons raak deel van die familie van God. God se besigheid is mense. Hy het hulle so lief gehad dat Hy sy Seun gestuur het om hulle (ons!) te kom versoen met Hom. God se besigheid is om mense wat seer het en swaarkry aan te raak. God se besigheid is om hulle wat weggedwaal het, te vind. God se besigheid is om hulle wat nog nooit gehoor het nie, in kennis te stel van sy verlossing.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Rom 8:15-17;Rom 10:13-15; Ef 1:4-5.

Rom 8:15-17;
15Julle het immers nie ‘n Gees ontvang wat verslawing bring, sodat julle weer bang hoef te wees nie; nee, julle het die Gees ontvang wat bevestig dat ons tot kinders aangeneem is, en deur Hom roep ons “Abba, Vader!” 16Die Gees self getuig teenoor ons gees dat ons kinders van God is. 17Maar as ons kinders is, is ons ook erfgename – erfgename van God en mede-erfgename met Christus mits ons inderdaad saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.

Rom 10:13-15;
13Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word.”
14Hoe kan hulle Hom dan aanroep, as hulle nie tot geloof in Hom gekom het nie? En hoe kan hulle in iemand glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder iemand wat dit verkondig? 15En hoe kan hulle dit verkondig as hulle nie gestuur word nie? Soos daar geskryf staan: “Hoe lieflik is die voetstappe van diegene wat die goeie boodskap verkondig!”

Ef 1:4-5
4So het Hy ons voor die grondlegging van die wêreld in Hom uitgekies,
sodat ons heilig en onberispelik in liefde voor Hom sou wees,
5nadat Hy ons voorbestem het om ons deur Jesus Christus as sy kinders aan te neem,
soos Hy dit volgens sy wil goedgedink het,

As dit God se besigheid is en God is ons Vader en ons dra ons Vader se belange op die hart, dan is ons betrokke in ’n familiebesigheid en bedryf ons as kind van God ’n familiesaak, waarin dit nodig is om baie met die Hoof, ons Vader, te praat. Daarom is gebed noodsaaklik.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: As jy meer wil weet van God se besigheid, lees gerus Luk 4:16-19; Luk 19:10;Luk 24:46-48.

Luk 4:16-19;
16Toe Jesus in Nasaret kom, waar Hy grootgeword het, het Hy op die Sabbat na die •sinagoge gegaan, soos sy gewoonte was. Toe Hy opstaan om voor te lees, 17is die boekrol van die profeet Jesaja vir Hom aangegee, en Hy het dit oopgerol en die plek gevind waar geskryf staan:
18“Die Gees van die Here is op My,
omdat Hy My gesalf het
om die goeie boodskap
aan arm mense te verkondig.
Hy het My gestuur om vir gevangenes aan te kondig dat hulle vrygelaat sal word,
en vir blindes dat hulle weer sal sien,
om onderdruktes te bevry,
19en om die genadejaar van die Here aan te kondig.”

Luk 19:10;
10Die •Seun van die Mens het gekom om diegene wat verlore is, te soek en te verlos.”

Luk 24:46-48
46en vir hulle gesê: “So staan daar geskryf dat die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, 47en dat in sy Naam bekering tot die vergewing van sondes aan alle nasies verkondig moet word. Julle moet by Jerusalem begin, 48en getuies van hierdie dinge wees. 

Ek dink as jy eerlik moet wees, dan sal jy moet erken dat in die wêreld waarin ons vandag leef, bitter min van God sigbaar is. Die wêreld gaan net aan asof God nie bestaan nie. Tog vra mense diep in hul harte die vraag: “Waar is God?” (Ps 42; 43; 73).

Ps 42;

421Vir die •musiekleier. ‘n Maskiel. Van die Koragiete.
2Soos ‘n wildsbok
wat smag na waterstrome,
so smag my siel na U, o God.
3My siel dors na God,
na die lewende God.
Wanneer kan ek in die •tempel ingaan
en voor God verskyn?
4Trane is dag en nag my brood,
omdat daar die hele dag lank
vir my gevra word:
“Waar is jou God?”
5Hieraan moet ek dink
terwyl ek my hart uitstort,
hoe ek optrek in ‘n magtige skare,
hoe ek voor hulle uit gaan
na die huis van God,
met luide jubelkrete
en dankliedere –
‘n feesvierende menigte.
6Waarom kwyn jy weg, my siel,
en is jy so onrustig in my?
Hoop op God,
want ek sal Hom weer prys
vir die verlossing
wat sy teenwoordigheid bring.
7My God!
My siel kwyn weg in my,
daarom dink ek aan U
hier uit die Jordaanstreek
en by die Hermonberge,
hier van berg Misar af.
8Die diep water laat die geluid
van u watervalle weergalm.
Al u deinings en golwe
het oor my gespoel.
9Bedags sal die Here
sy troue liefde laat geld,
en snags sal ‘n lied vir Hom
by my opkom,
‘n gebed tot die God van my lewe.
10Ek wil vir God sê:
“My rotsvesting,
waarom het U my vergeet,
waarom moet ek in rouklere loop
oor die verdrukking deur ‘n vyand?”
11Dit sny tot op die been,
as my teenstanders my tart
deur die hele dag lank vir my te vra:
“Waar is jou God?”
12Waarom kwyn jy weg, my siel,
en is jy so onrustig in my?
Hoop op God, want ek sal Hom,
my God, weer prys vir die
verlossing wat Hy, my God,
deur sy teenwoordigheid bring.

Ps 43;

431Handhaaf my reg, o God,
en verdedig my saak
teen ‘n ontroue nasie;
bevry my van mense
wat bedrog en onreg pleeg.
2U is immers die God by wie
ek toevlug soek.
Waarom verwerp U my dan;
waarom moet ek in rouklere loop
oor die verdrukking deur ‘n vyand?
3Stuur u lig en u waarheid;
laat dit my lei, my bring
na u •heilige berg
en na u woonplek,
4sodat ek kan ingaan
na die altaar van God,
na die God wat my
van blydskap laat jubel,
en sodat ek U, o God, my God,
kan prys met ‘n lier.
5Waarom kwyn jy weg, my siel,
en is jy so onrustig in my?
Hoop op God, want ek sal Hom,
my God, weer dank vir die
verlossing wat Hy, my God,
deur sy teenwoordigheid bring.

Ps 73

731‘n Psalm. Van Asaf.
God is waarlik vir Israel goed,
vir hulle wat rein harte het.
2Maar ek, my voete het amper gegly
my treë was amper wankelrig.
3Want ek het verwaande mense beny;
ek het die voorspoed
van goddeloses gesien.
4Hulle het immers tot hulle dood
geen sorge nie;
en hulle liggame is vet.
5Aan die sorge van sterflinge
het hulle nie deel nie,
en hulle word nie geteister
saam met gewone mense nie.
6Daarom versier hoogmoed
hulle nekke,
bedek ‘n kleed van geweld hulle.
7Van vet peul hulle oë uit,
die versinsels van hulle hart
oorskry alle perke.
8Smalend onderhandel hulle
met bose bedoelings;
uit die hoogte dreig hulle
met afpersing.
9Hulle rek hulle monde teen die hemel,
en laat hulle tonge gaan oor die aarde.
10Daarom draai sy volk hierheen.
Wie vol is,
word deur hulle uitgepers,
11en hulle sê:
“Hoe sal God dit weet?
Is daar dan kennis by die Allerhoogste?”
12Kyk, dit is hoe goddeloses is:
Immer sorgeloos vermeerder hulle
hulle rykdom.
13Ja, tevergeefs het ek my hart
rein gehou
en my hande in onskuld gewas.
14Ek is die hele dag geteister;
my kastyding was elke oggend
opnuut daar.
15As ek sou dink,
ek wil soos hulle praat,
kyk, dan sou ek ontrou wees
aan die nageslag van u kinders.
16Ek het toe probeer om dit te verstaan,
maar het dit as vermoeiend beskou,
17totdat ek in die heiligdom
van God ingegaan het.
Ek het insig gekry in hulle uiteinde.
18Waarlik, U laat hulle
op gladde plekke beland,
U bring hulle tot ‘n val
oor hulle geknoei.
19Hoe word hulle in ‘n oogwink
‘n skrikbeeld,
hoe kom hulle volledig tot ‘n einde
deur verskrikking!
20Asof dit ‘n droom is
waaruit mens wakker word,
verag U hulle beeld, my Heer,
wanneer U ontwaak.
21Toe my hart verbitterd was
en my niere gepyn het,
22was ek dom en sonder begrip;
ek was ‘n dier teenoor U.
23En tog was ek altyd by U;
U het my regterhand vasgehou.
24Deur die raad wat U gee, lei U my,
en daarna neem U my eervol weg.
25Wie is daar vir my in die hemel?
As ek by U is,
begeer ek niks op aarde nie.
26My liggaam en my hart
kan maar wegkwyn,
God is die rots van my hart
en my erfdeel vir altyd.
27Want kyk, dié wat ver
van U af is, gaan ten gronde;
U vernietig dié wat aan U ontrou is.
28Maar wat my betref,
die nabyheid van God is vir my goed.
Ek het my Heer, die Here,
my skuilplek gemaak,
sodat ek van al u werk kan vertel.


Stel jou voor êrens in die hemel is ’n groot skatkamer. Jy staan buite die skatkamer met jou neus platgedruk teen die venster, jou hand bo jou oë sodat jy beter kan sien. In die skatkamer is dit wat die wêreld nodig het. Genade, liefde, vergifnis, vrede, genesing, verligting, redding, noem maar op – dit is daar. Rakke en rakke vol. Jou hart krimp ineen: “Dit is daar, maar ek kan nie inkom nie.” Net toe kom ’n engel aan. “Dit is alles wat die wêreld nodig het.” sê jy hartseer. Dan hoor jy die engel vra: “Wil jy ingaan en dit gaan haal?” “Natuurlik,” antwoord jy opgewonde, “maar die deur is gesluit,” sê jy moedeloos. “Ek sal jou die kode gee, dan kan jy dit gaan haal en dit vir die wêreld gee, want jy is mos die Vader se verteenwoordiger.” “Gee vir my die kode asseblief.” sê jy opgewonde. “Die kode is G-E-B-E-D,” sê die engel…

Voordat jy God se plan aan die wêreld kan gaan vertel, begin dit by Hóm. Jy hoor die strategie, jy hoor waar, wanneer en hoe, by Hom. Daar is voortdurende kommunikasie en stelselmatig sal God sy plan aan jou openbaar, sodat jy sy verteenwoordiger in die wêreld kan wees. Kan ’n mens so arrogant (dom?) wees om God se verteenwoordiger te wil wees, sonder om Hom deel te maak van jou lewe en gedurig met Hom te praat oor sy wil vir jou en die wêreld?

Ons is die plan: Onthou, God vertrou mense om sy verteenwoordigers in die wêreld te wees. Gebed is een manier om God se plan vir jou en die wêreld te hoor.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook 2 Kor 5:14-6:1.

2 Kor 5:14-6:1
14Die liefde van •Christus dryf ons, omdat ons tot dié insig gekom het dat, indien Een vir almal gesterf het, almal dan gesterf het; 15en Hy het ter wille van almal gesterf, sodat dié wat leef, nie meer vir hulleself sal leef nie, maar vir Hom wat ter wille van hulle gesterf het en opgewek is.

16Gevolglik ken ons van nou af niemand meer na sy uiterlike nie. Selfs al het ons Christus eens na die uiterlike leer ken, ken ons Hom nou nie meer so nie. 17Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepping. Die ou dinge het verbygegaan – kyk, hulle het nuut geword. 18En dit alles kom van God af, wat ons deur Christus met Homself versoen het, en aan ons die bediening van die versoening gegee het. 19Dit bestaan daarin dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle nie hulle oortredings toe te reken nie; en Hy het aan ons die boodskap van versoening toevertrou. 20Ons tree dan op as gesante ter wille van Christus, asof God self deur ons ‘n beroep op julle doen. Ons pleit by julle, om Christus ontwil: Laat julle met God versoen! 21Hy wat nie sonde geken het nie, Hom het God ter wille van ons tot sonde gemaak, sodat ons in Hom voor God geregverdig kon word.

61As medewerkers van God doen ons ‘n ernstige beroep op julle om nie die genade van God tevergeefs te ontvang nie!

Skryf / Vul in

Praat met God en as jy daarvan bewus raak dat God met jou praat, skryf jou gewaarwordinge van sy wil neer.


Week 4 Dag 18 God het jou gemaak om Hom te verteenwoordig en sy beeld uit te dra
Week 4 Dag 18 God het jou gemaak om Hom te verteenwoordig en sy beeld uit te dra
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: handboek, p 74-76
Lees gerus ook Jes 60:1-4; Matt 5:16.

Jes 60:1-4;
601“Staan op, laat jou lig skyn!
Ja, jou lig het gekom,
en die heerlikheid van die Here
skyn oor jou.
2Ja, kyk, donkerte bedek die aarde,
en diepe duisternis die volke;
maar oor jou skyn die Here,
en oor jou word sy heerlikheid sigbaar.
3Nasies sal na jou lig trek,
en konings na die helder lig
van jou sonsopkoms.
4Kyk om jou rond en neem waar:
Hulle almal kom byeen,
hulle kom na jou toe.
Jou seuns – van ver af kom hulle aan;
en jou dogters – op die heup
word hulle gedra.

Matt 5:16
16“Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.”

Wenk

WENK: Dink wat beteken die Engelse spreekwoord: “you must talk to God about people before you can talk to people about God” in die praktyk. Praat met Hom… en dan verteenwoordig jy Hom in en deur jou lewe!

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Nuusflitse Week 45+ van 2022

Nuusflitse

Gebedsgidse: Gebedsgidse vir November 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Woensdag – 2 November 2022 Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.
Sondag – 6 November 2022 Kategese om 09:00. Erediens 10:00 Prediker:  Dr. Frans Hancke.
Woensdag – 8 November 2022 Daar sal nie ’n gesamentlike afsluiting vir die Bybelstudiegroepe op 8 November in die kerksaal wees nie. Elke groep gaan hul eie afsluiting vir hul groep reël in November of Desember soos dit hul groep pas.
Donderdag – 10 November 2022 KLUB 50* hou hulle jaarlikse ete afsluiting vir lede op 10 November 2022  Bespreek by Johan Snyman (083 736 5747) / Debbie Nel (083 395 8789). Koste R70 per persoon
HARTENBOS BEJAARDESORGDIENS 17 DESEMBER 2022 Kontak Elize Zinser 044 695 2386 / 044 695 1948
Getuienisbediening2, 16 & 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022.
OMGEEBEDIENING:  KERSPAKKIES voor begin Desember 2022. Ons moet 40 bottels vul.
Daar is ‘n dringende behoefte vir ‘n stootwaentjie en babaklere.
Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022.


Afkondigings – 30 oktober 2022

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 30 Oktober 2022:

  • Die gemeente vier nagmaal en nooi graag alle besoekers om dit saam met ons te gebruik. Plaas asb. u leë nagmaalkelkie in die houers in die voorportaal na die erediens.
  • ‘n Spesiale verwelkoming aan Ronike Steyn wat vanoggend belydenis van geloof aflê.
  • Ons Skriflesing vanoggend kom uit Lukas 19 vers 1 tot 10. Die tema van die prediking is: ‘n Vasgeloopte situasie?
  • Geen kategese.
  • Spesiale Offer by die deure vir Kindersorg.
  • Tee in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Lees meer “Afkondigings – 30 oktober 2022”

Stof tot nadenke: Gee jy regtig om?

“Julle moet doen wat die Woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself”

Jak. 1: 22

Ons Christelike geloof het wonderlike leerstellings, wat die moeite werd is om aan te hang. Dit is egter van min nut indien ons Sondag na Sondag met voorgee gesigte die eredienste bywoon, of selfs aktief betrokke is, maar nie die Christelike voorbeeld uitleef nie. Christus vra dat ons meer en meer soos Hy moet wees. Dat ons alle mense moet aanvaar. Dat ons omgee opreg moet wees. Dat ons nooit uit die oog moet verloor dat ons net nietige mense is nie. Ons moet waak om nie met mense oë na mense te kyk nie, maar met die oë van Christus. Geen mens is te min in die oë van God nie. Dit was die hele rede vir Christus se sterwe aan die kruis. Hy het vir almal gesterwe, ongeag of jy ryk of arm, mooi of lelik is in mense oë.

Ons moet gedurig waak dat ons nie net na die uiterlike van die menslike persoon moet kyk nie. Vir Christus is die innerlike, die wesenlike menswees, die hartseer en pyn, die swaarkry van so ‘n mens belangrik. Dis is ons mense se fisiese en psigiese nood wat ons na God toe dryf. Ons moet mense word wat met oop arms, net soos Christus se arms oop was vir enigeen wat Hom gesoek het, deur die lewe loop. Aanvaarding en net die erkenning van elke mens wat jou pad kruis, se bestaan, deur ‘n kopknip, ‘n groet, selfs net ‘n glimlag, kan ‘n verandering aan ‘n ander se lewe bring. Niks is so sieldodend soos om te voel dat jy onsigbaar is nie – want niemand sien jou eers raak nie.

Ons moet besef dat kerkwees nie net gaan oor die gebou, die reëls en regulasies of ons eie geloof nie. Ons moet elke dag poog om ‘n verskil te maak in hierdie stukkende wêreld waarin ons leef. God wil hê dat ons moet omgee vir mekaar; en dit beteken nie net daardie mense na aan jou nie. Om hulle lief te hê, of voor om te gee, is maklik. Dit is daardie mense wat deur die kunsmatigheid van die wêreld uitgewerp word, of onaanvaarbaar is – vir hulle moet ons opreg omgee. Dit is in ons mag om deur die hulp van die Heilige Gees mense te word wat doen wat die Woord sê. Dit is die enigste manier om in Christus se voetspore te volg.  

Nuutsflitse week 44+ van 2022

Nuusflitse

Woensdag – 26 Oktober 2022 Kooroefening om 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751)
Sondag – 30 Oktober 2022 (HERVORMINGSFEES) Geen kategese. NAGMAAL. Erediens 10:00 Prediker:  Ds. Danie Goosen
Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is 2, 16 & 30 November 2022. Uitdeel van Kerspakkies op 7 Desember 2022
OMGEEBEDIENING:  KERSPAKKIES voor begin Desember 2022
Daar is ‘n dringende behoefte vir ‘n stootwaentjie en babaklere.
Vrydagaand 28 Oktober 2022 Sop, Sjerrie, Stoepstories en ander stuitighede!Plek: Kerksaal 
Saterdag 29 Oktober 2022 – Gemeentefees 09:00
Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2022

Afkondigings 23 – 30 Oktober 2022

Afkondigings

Vandag – Sondag 23 Oktober 2022:

  • Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan dr. Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons Skriflesing vanoggend kom uit 2 Konings 17 en 1 Korintiërs 11. Die tema van die prediking is: Ons voetspore.
  • Kategese om 9:00 vanoggend.
  • Spesiale Offer Gemeente Instandhoudingsfonds.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Lees meer “Afkondigings 23 – 30 Oktober 2022”

Stof tot nadenke: ‘n Afgekeurde hoeksteen

“…Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword”

1 Pet. 2: 7

Christus was as hoeksteen deur mense afgekeur is, het die belangrikste hoeksteen van alle tye geword in die gebou van menslike navolgelinge wat God daar gestel het. Christus was waardig deur sy leiding en getrouheid om die ereplek by God te verdien. Petrus maan ons om elke vorm van kwaad, met alle bedrog, huigelary, jaloesie en kwaadpratery uit ons lewe te werp en ons te wend tot lewens wat ware volgelinge van Christus weerspieël. Indien ons dit nie sou doen nie sal ons struikel oor hierdie onbreekbare en uitverkore hoeksteen, omdat ons aan die woord van God ongehoorsaam sou wees.

Ons moet te alle tye ons daarop toelê om die voorbeeld van Christus te volg. Ons moet alle mense liefhê en alle eer aan God gee. Volgens Petrus is dit genade om pyn van onverdiende leiding te verduur (1 Pet. 2: 18-21). Hy wys ons daarop dat wanneer ons onverdiende lyding verduur, wanneer ‘n mens goed doen, dit deur die genade van God alleen moontlik is. Hoe kan ons anders wanneer ons kyk na wat Christus vir ons gedoen het. Hy wat geen sonde gehad het nie en geen leuens vertel het nie, wat nie ander beledig het toe Hy beledig en gely het nie. Hy het niemand gedreig nie, maar alles oorgelaat aan God. Die wraak kom ons nie toe nie.

Deur hierdie onbevlekte hoeksteen, wat deur God self as uitverkorene verkies is, het dit vir ons moontlik geword om onder leiding van die Heilige Gees ons lewe in gehoorsaamheid aan God se wil te lewe. Ons is deur dié menslik ‘afgekeurde’ hoeksteen verlos en om deur die genade alleen tot verheerliking van God te kan lewe.

Week 1 Groepgesprek: God en sy mense – Ons is die plan: 9 weke van Transformasie

Skryf / Vul in

Bybelverse wat jou vandag aangespreek het:


Belewenisse en ervarings tydens vandag se Bybelstudie:


Wat het jy geleer of ontdek?


Hoe het vandag se studie jou tot aksie geïnspireer? Hoe het jy geestelik gegroei of is jou lewe verander?


Iets wat jy graag met die groep wil deel of bespreek?


Gebed

Gebedsonderwerpe:


Boublokvrae of -stellings:

  1. Waarom sou God se verhouding en kommunikasie met ons vir Hom belangrik wees? Dit is vir Hom belangrik.
  2. Is daar van God se planne wat, as gevolg van ons, nooit uitgevoer word nie?
  3. Wat is die implikasies as ek God dien met ’n what’s-in-it-for-me benadering?
  4. Wat sou ons kon doen, sodat mense se verstaan van wat die Kerk is, kan verander?
  5. Wat is die praktiese implikasies van ons belydenis dat Christus die Hoof van sy Kerk is?

Inhoudsopgawe

Kopiereg:
Dr. Frans Hanke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hanke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Week 1 Dag 4 Nie sommer-so nie – Ons is die plan: 9 weke van Transformasie

Hieronder sien jy drie blokkies. Kom ons kyk of jy ’n goeie kunstenaar is. Teken in blokkie 01 jou siening van die kerk. Met ander woorde, as jy aan die kerk dink, wat sien jy in jou geestesoog? Onthou net, moenie teken wat jy dink die kerk behoort te wees nie, maar wat jy tans prakties van die kerk ervaar.

Skryf / Vul in

01


02


03


Gebed

Praat nou met die Here oor jou belewenis van die kerk. Miskien is daar mense wat jou verstaan en belewenis van die kerk deur die jare negatief beïnvloed het. Dalk is daar mense wat jy moet vergewe of selfs vryspreek … Dalk is jou belewenis van die kerk ’n hindernis in jou geestelike lewe …

Skryf / Vul in

Skryf neer wat jy ervaar nadat jy hieroor gebid en na God geluister het.


Noudat jy op “ golflengte Jesus” is, lees 1 Pet 2:1-10; 1 Kor 6:19-20.
1 Pet 2:1-10
21Lê daarom alles wat sleg is, en alle bedrog en geveinsdheid en jaloesie, en alle geskinder af, 2en smag soos pasgebore babatjies na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan groei, met die oog op julle verlossing, 3noudat “julle die goedheid van die Here gesmaak het”.
4Kom na Hom toe, die lewende klip, wat wel deur mense afgekeur is, maar voor God uitverkore, en vir Hom kosbaar is; 5en laat julle as lewende klippe opbou tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat, deur Jesus •Christus, vir God aanneemlik is. 6Daar staan immers in die Skrif:
“Kyk, Ek sit in Sion ‘n klip neer,
‘n hoeksteen, uitverkore en kosbaar;
maar wie in Hom glo,
sal vir seker nie beskaamd staan nie.”
7Daarom is dit kosbaar vir julle wat glo, maar vir ongelowiges geld,
“Juis die klip wat die bouers afgekeur het,
het die hoeksteen geword,”
8en “’n klip waaroor ‘n mens kan struikel,
ja, ‘n rots wat jou kan laat val.”Hulle struikel, omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is; hulle was daartoe bestem.
9Julle, egter, is “’n uitverkore geslag”, “’n koninklike priesterdom”, “’n heilige nasie”, “’n volk wat aan God behoort”, “sodat julle die deugde kan verkondig” van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderlike lig –
10julle wat eers nie ‘n volk was nie,
maar nou volk van God is;
wat eers nie ontferming ontvang het nie,
maar nou ontferming ontvang het.

1 Kor 6:19-20
19Of weet julle nie dat julle liggaam, wat julle van God ontvang het, ‘n tempel is van die Heilige Gees in julle, en dat julle nie aan julleself behoort nie? 20Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan met julle liggaam.


Kyk of jy hieronder die kerngedagte van elke Skrifgedeelte in een sin kan saamvat.


Petrus se brief, waaruit jy nou net gelees het, is geskryf aan verstrooide groepies gelowiges wat in heidense samelewings geleef het. Hierdie Christene het diskriminasie ervaar en hulle is beskou as dié soort mense met wie jy liewer nie geassosieer wil wees nie. Dit was selfs erger as dit – hulle het lyding verduur omdat hulle hul geloof openlik uitgeleef het. Petrus noem hulle
daarom tereg bywoners en vreemdelinge.

Petrus se motief is om hierdie jong gelowiges te troos en te bemoedig. Hy wil hulle help om hulle identiteit in Christus, sowel as hul roeping, te herontdek. Jesus het hulle spesiaal uitverkies en met sy bloed losgekoop. Op Christus as die hoeksteen en met hulleself as lewende stene, bou God ’n splinternuwe gebou in hierdie wêreld – dít is hulle identiteit. Hulle roeping is nou om in die wêreld ’n heilige (afgesonder vir God) priesterdom te wees. Priesters se roeping is om dienswerk te doen en offers te bring wat God se hart bly maak. Hulle is dus nie maar net bywoners en vreemdelinge soos wat die wêreld van hulle dink nie, nee, hulle moet hulleself eerder as God se kosbare eiendom
sien, mense met ’n spesiale roeping.

In 1 Pet 2:9-10 gebruik Petrus nog ’n klompie Ou Testamentiese beelde om hulle identiteit en hulle roeping as kerk te verduidelik:

  • Uitverkore volk: ’n Term wat net vir die volk Israel in die Ou Testament gebruik is – mense wat in ’n spesiale verhouding met God staan.
  • Koninklike priesterdom: Mense wat in diens van die Koning staan, dienswerk verrig, offers bring wat vir God aanvaarbaar en goed is.

Dit is egter belangrik om te sien dat dit nou nie meer om diereoffers of ander brandoffers gaan nie, maar om geestelike offers. (Kyk gerus ook na Rom 12:1-2.)

Rom 12:1-2
121Broers, op grond van die barmhartigheid van God roep ek julle dus nou op om julle liggame beskikbaar te stel as ‘n offer wat lewend en heilig is, en vir God aanneemlik. Dit is julle sinvolle godsdiens. 2Julle moenie aan hierdie wêreld gelykvormig wees nie, maar verander word deur die vernuwing van julle denke, sodat julle goed kan onderskei wat die goeie en aanneemlike en volmaakte wil van God is.

  • Nasie vir God afgesonder: Die rol wat Israel as lig vir die nasies moes speel, is nou oorgedra aan hierdie verstrooide gemeentetjies wat lig moet bring in die donkerte van ’n oorweldigende heidendom. Waar Israel as volk etnies verstaan is (net Jode), bestaan hierdie nuwe nasie egter nou uit Jode, Grieke, Romeine en ander – mense wat hulle op Christus as hoeksteen in die geestelike huis laat inbou het en daarom deel van die nuwe volk geword het.
  • Eiendomsvolk van God: Hierdie nuwe volk is God se eiendom. Daar is ’n intieme en hegte verbintenis tussen God en sy volk. As die eiendom van God is hulle (die Kerk) daarom ook net aan Hom gehoorsaam. (Kyk na 1 Joh 5:1-5.)

1 Joh 5:1-5
51Elkeen wat glo dat Jesus die •Christus is, is uit God gebore, en elkeen wat die Vader liefhet, het ook almal lief wat uit Hom gebore is. 2Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet, en sy gebooie nakom. 3Want dit is die liefde vir God, dat ons sy gebooie onderhou, en sy opdragte is nie ‘n swaar las nie; 4want elkeen wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dít is die oorwinning wat die wêreld oorwin – ons geloof.
DIE WARE GETUIE OOR DIE SEUN
5Wie anders oorwin die wêreld as hy wat glo dat Jesus die •Seun van God is?

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Nasie vir God afgesonder: Vgl ook Rom 9:6-8; Hand 2:1-11; Kol 3:11-12.

Rom 9:6-8;
6Dit is nie asof die woord van God nou gefaal het nie. Want nie almal wat uit Israel afkomstig is, is die ware Israel nie. 7Ook is nie almal wat nageslag van Abraham is, sy kinders nie. Inteendeel, daar staan: “Dit is deur Isak dat jou nageslag benoem sal word.” 8Dit wil sê: Dit is nie die kinders na die liggaam wat kinders van God is nie, maar die kinders na die belofte, word as nageslag beskou.

Kol 3:11-12
11By die nuwe mens is daar nie onderskeidings soos Griek of Jood, besnedene of onbesnedene, barbaar of Skittiër, slaaf of vry persoon nie, maar Christus is alles en in almal. 12Daarom, omdat julle God se uitverkore •heiliges en geliefdes is, beklee julleself met innige meelewing, goedheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld.

Hand 2:1-11
UITSTORTING VAN DIE HEILIGE GEES
21Toe die dag van die Pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een plek bymekaar. 2Onverwags het daar uit die hemel ‘n geluid soos dié van ‘n kragtige stormwind opgeklink, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. 3Tonge, asof van vuur, het aan hulle verskyn, verdeel en op elkeen van hulle neergedaal. 4En almal is vervul met die Heilige Gees, en het in ander tale begin praat, soos die Gees aan hulle gegee het om hardop uit te spreek.

5Destyds het daar vroom Jode uit elke nasie onder die hemel in Jerusalem gewoon. 6Toe daardie geluid opklink, het die menigte saamgedrom, en was verward, omdat elkeen gehoor het hoe daar in sy eie taal gepraat word. 7Verstom en verbaas het hulle gevra: “Kyk, is almal wat daar praat, dan nie Galileërs nie? 8Hoe hoor elkeen van ons hulle dan praat in die taal waarmee ons grootgeword het? 9Ons – Parte en Meders en Elamiete, inwoners van Mesopotamië, Judea en Kappadosië, Pontus en Asië, 10Frigië en Pamfilië, Egipte en streke van Libië in die omgewing van Sirene, en Romeine wat hier vertoef, 11Jode en proseliete, mense van Kreta en Arabiere – ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God praat.”


DIEPER DELF: Eiendomsvolk van God: Vgl ook Jes 43:1, 4; Hos 11:8; Ef 2:19-22.

Jes 43:1, 4

431“Maar nou,” so sê die Here,
jou Skepper, Jakob,
die Een wat jou gevorm het, Israel,
“moenie bang wees nie,
want Ek het jou losgekoop,
Ek het jou op jou naam geroep –
aan My behoort jy.

4Omdat jy kosbaar is in my oë,
geëer is,
omdat Ek die Een is wat jou liefhet,
gee Ek mense in jou plek,
volke in ruil vir jou lewe.

Hos 11:8
8“Hoe kan Ek jou prysgee, Efraim?
Hoe kan Ek jou oorlewer, Israel?
Hoe kan Ek jou prysgee soos Adma,
jou maak soos Sebojim?
My hart is diep ontroer in My,
die deernis brand in My.

Ef 2:19-22
EEN BOUWERK VAN GOD
19So is julle dan nie meer •vreemdelinge en bywoners nie, maar julle is medeburgers van die •heiliges, en lede van die huisgesin van God, 20gebou op die fondament van die •apostels en profete, met •Christus Jesus self as hoeksteen. 21In Hom verrys die hele gebou, goed saamgevoeg, tot ‘n heilige tempel in die Here. 22In Hom word julle ook saam opgebou tot woonplek van God deur die Gees.


God het hulle wat vroeër geen volk was nie, nou sy eie volk gemaak. Hy het hulle verander van mense wat voorheen in die duister was, verstote was, vreemdelinge was, niks was nie, na ’n nuwe gemeenskap waar daar barmhartigheid, liefde en warmte is. Dit is wat die Kerk is, dit is haar identiteit … of liewer, so behoort dit te wees! As eiendomsvolk het die Kerk die roeping om God se verlossingsdade, hierdie groot barmhartigheid waarmee Hy ’n nuwe gemeenskap, ’n nuwe huis bou, wyd en syd te verkondig.
Met so ’n identiteit en so ’n roeping kan die Kerk (ek en jy) nie anders as om hoopvol en getrou te bly nie – al is dit soms asof ons vreemdelinge en bywoners in hierdie wêreld is. Ons is God se mense (1 Kor 3:22)!
22Of dit Paulus of Apollos of Sefas, of die wêreld, of lewe of dood, of teenswoordige of toekomstige dinge is – alles behoort aan julle. 
Daarom moet ons ook besef: Die Kerk is nie ons vyand nie! ONS is die Kerk!
Inteendeel, as jy die Kerk as vyand beleef, dan beteken dit jy is jou eie vyand – want, jy is die Kerk.

Skryf / Vul in

Dit is nou weer tyd om kunstenaar te speel. Teken ’n beeld van die Kerk in blokkie 03 (p 010), maar hierdie keer soos God sy Kerk sien.

03


  • Hoe verskil God se prentjie (blokkie 03) van die prentjie wat jy (blokkie 01) van die Kerk gehad het?
  • Vul nou blokkie 02 in. Skryf daarin wat die Here van jou vra.

Wat is nodig om jou prentjie (01) te verander na God se beeld (03) van sy Kerk?

Gebed

Wat wil jy vir God sê?

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 18-25
Lees ook Rom 6:1-23; Gal 2:19-20; 3:7; Ef 1:9-14, 22-23; 1 Joh 3:1-10.

Rom 6:1-23
DOOD VIR DIE SONDE EN LEWEND VIR GOD

61Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly voortleef, sodat die genade kan toeneem? 2Hoegenaamd nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog langer daarin bly leef?

3Of weet julle nie dat ons wat in •Christus Jesus in gedoop is, in sy dood in gedoop is nie? 4Deur die doop is ons dus saam met Hom in die dood begrawe, sodat, net soos Christus deur die magtige heerlikheid van die Vader uit die dood opgewek is, ook ons só ‘n nuwe lewe kan lei. 5As ons inderdaad met Hom saamgegroei het in ‘n dood soos syne, sal ons ook met Hom saamgroei in ‘n opstanding soos syne. 6Dit weet ons: dat ons ou mens saam met Hom gekruisig is, sodat ons sondige bestaan tot niet gemaak kan word, en ons nie meer slawe van die sonde sal wees nie. 7Wie gesterf het, is immers vrygemaak van die sonde. 8As ons saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal leef. 9Ons weet dat Christus, nadat Hy uit die dood opgewek is, nie weer sterf nie – die dood het nie meer seggenskap oor Hom nie. 10Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy ter wille van die sonde eens en vir altyd gesterf, maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. 11Beskou julleself dan so dat julle in Christus Jesus dood is vir die sonde, maar lewend vir God.

ALLES TOT BESKIKKING VAN GOD

12Laat die sonde dan nie langer oor julle sterflike liggaam heers, om julle sy begeertes te laat gehoorsaam nie. 13Julle moet ook nie meer julle ledemate as wapens van ongeregtigheid tot beskikking van die sonde stel nie. Nee, as mense wat uit die dood lewend geword het, stel julleself tot beskikking van God, en julle ledemate as wapens van •geregtigheid tot beskikking van God. 14Die sonde mag beslis nie oor julle heers nie; julle is immers nie onder die wet nie, maar onder die genade.

15Wat dan? Sal ons sonde doen omdat ons nie onder die wet is nie, maar onder die genade? Hoegenaamd nie!

16Besef julle nie dat as julle julleself vir iemand beskikbaar stel om hom as slawe te gehoorsaam, julle slawe is van die persoon aan wie julle gehoorsaam is nie? Julle is óf slawe van die sonde, wat tot die dood lei, óf slawe van gehoorsaamheid, wat lei tot geregtigheid. 17Aan God die dank dat julle wel slawe van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die vorm van leer waaraan julle onderwerp is; 18vrygemaak van die sonde, het julle slawe van die geregtigheid geword 19– ter wille van julle menslike swakheid praat ek in menslike terme – want soos julle julle ledemate in diens van onreinheid en losbandigheid gestel het om losbandig te leef, stel nou so julle ledemate in diens van die geregtigheid om heilig te leef. 20Want toe julle nog slawe van die sonde was, was julle nie aan geregtigheid gebonde nie.

21Watter vrug het julle destyds verkry? Oor daardie dinge skaam julle julle nou, want die uiteinde daarvan is die dood. 22Maar, noudat julle van die sonde vrygemaak is en diensbaar aan God geword het, lewer julle die vrug van heiligmaking, en die uiteinde hiervan is die ewige lewe. 23Want die loon van die sonde is die dood; maar die genadegawe van God is die ewige lewe in •Christus Jesus ons Here.

Gal 2:19-20
19Inderdaad, deur die wet het ek die wet afgesterf, sodat ek vir God leef. Met Christus is ek gekruisig; 20ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my! Die lewe wat ek nou liggaamlik leef, leef ek in geloof, die geloof in die •Seun van God, wat my liefgehad en Homself vir my oorgegee het.

Gal 3:7
7Besef dan: Die mense wat uit die geloof is, dié is kinders van Abraham.

Efesiers 1:9-14

9Hy het die geheimenis van sy wil
aan ons bekend gemaak,
soos Hy dit goedgedink en in Christus voorgeneem het,
10om die volheid van die tye te bestuur,
en om alle dinge
– die dinge in die hemel en die dinge op die aarde
–onder een Hoof in Christus saam te bring,
11In Hom is ons ook as erfgename uitverkies,
voorbestem volgens die voorneme
van die Een wat alles volgens sy raad en wil laat gebeur,
12sodat ons,
wat van die begin af ons hoop op Christus gevestig het,
kan bestaan tot lof van sy heerlikheid.
13In Hom is julle, toe julle die woord van die waarheid,
die evangelie van julle verlossing,
gehoor en tot geloof gekom het,
verseël met die Heilige Gees, wat beloof is.
14Die Gees is die waarborg van ons erfenis,
om ons los te koop as God se eiendom,
tot lof van sy heerlikheid.

22Hy het alles onder sy voete gestel,
en Hom aan die kerk gegee,
as Hoof oor alles,
23die kerk wat sy liggaam is,
die volheid van Hom
wat alles in almal vul.

1 Johannes 3:-10

31Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! En dit is ons ook. Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat hulle Hom nie leer ken het nie. 2Geliefdes, nou is ons kinders van God, maar dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie. Wat ons weet, is dat wanneer Hy verskyn, ons soos Hy sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. 3En elkeen wat hierdie vaste hoop op Hom het, hou homself rein, net soos Hy rein is. 4Elkeen wat sonde doen, beoefen ook wetteloosheid, want sonde is wetteloosheid. 5Julle weet dat Hy verskyn het om die sondes weg te neem, en in Hom is daar geen sonde nie. 6Elkeen wat in Hom bly, sondig nie meer nie; elkeen wat aanhou sondig, het Hom nie gesien, en Hom nie leer ken nie.

7Kinders, laat niemand julle mislei nie: wie doen wat reg is, is regverdig, soos Hy regverdig is. 8Wie sonde doen, is uit die Duiwel, omdat die Duiwel van die begin af sondig. Hiervoor het die •Seun van God verskyn: om die dade van die Duiwel te vernietig. 9Elkeen wat uit God gebore is, doen nie meer sonde nie, omdat God se saad in hom bly, en hy kan nie meer aanhou sonde doen nie, omdat hy uit God gebore is. 10Hieraan is dit duidelik wie kinders van God en wie kinders van die Duiwel is: Wie nie doen wat reg is nie, is nie uit God nie. Dieselfde geld vir iemand wat nie sy broer liefhet nie.

Wenk

WENK: Staan nou van jou knieë af op en dan gaan leef jy volgens God se beeld van sy Kerk.

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg:
Dr. Frans Hanke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hanke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 01 Dag 03 – Wat kry ek daaruit? – Ons is die plan: 9 weke van transformasie

Sê-nou-maar is mos ’n speletjie wat ons kleintyd gespeel het. Ek wil dit vir ’n oomblik met jou speel – net sodat ek vir jou ’n baie moeilike vraag kan vra. Wat meer is, jou antwoord gaan sommer ’n klomp dinge aan die lig bring. Hier gaan ons!

Dink na / Besin
Dink na / Besin

Sê-nou-maar jy gaan die ewigheid in die hel deurbring – al is jy ’n Christen:

  • Sou dit jou lewe verander?
  • Indien wel, op watter manier?
  • Sou jy nog steeds ’n toegewyde Christen wees?
  • Sou jy anders opgetree het as tans?

Natuurlik is die sê-nou-maar ongeldig, maar ek wil hê jy moet eerlik dink aan die ware rede waarom jy ’n volgeling van Christus is. Die motief kan so maklik oor myself gaan en dit wat ék uit die verhouding kan kry. Die uitdrukking “what’s in it for me?” is mos juis populêr in ons dag. Dit kan so maklik gaan oor mý redding, mý gewaarborgde eindbestemming. Ja, soms is hierdie motief baie subtiel en wil ons liewer nie hê daar moet gekrap word waar dit nie jeuk nie!

Gebed
Gebed

Ek wil hê jy moet vir ’n paar minute hieroor met die Here praat. Vra Hom om vir jou te wys wat ten diepste jou motief is. Miskien is dit nodig dat jy ’n selfgerigte motief moet bely. Dalk moet jy opnuut verklaar dat jy Hom volg omdat jy Hom liefhet vir wie Hy is – en nie vir enige byvoordele nie – selfs nie ter wille van jou eie redding nie!

Luister na lied
Luister na lied

Luister na snit 2 (NIEMAND SOOS U) op die ingeslote CD.

(Lees net eers Jes 46:3-9.)
3“Luister na My, huis van Jakob,
die hele oorblyfsel
van die huis van Israel,
julle wat gedra is
vanaf die baarmoeder,
wat opgetel is
van die moederskoot af.
4Tot in julle ouderdom is Ek daar;
tot in julle gryse ouderdom
is Ek die Een wat julle dra.
Dit is Ek wat dit gedoen het:
dit is Ek wat optel,
dit is Ek wat dra en verlos.
5Met wie wil julle My vergelyk,
en aan wie My gelykstel,
wie beskou julle as My gelyke,
dat ons dieselfde is?
6Hulle wat goud uit ‘n geldsak skud
en silwer met ‘n weegskaal afweeg,
hulle huur ‘n goudsmid,
en hy maak ‘n god daarvan.
Hulle kniel voor hom,
hulle buig selfs in aanbidding;
7hulle tel hom op hulle skouers,
hulle dra hom en plaas hom
op sy plek –
en daar staan hy!
Van dié plek af kan hy nie beweeg nie.
Selfs as iemand na hom om hulp roep,
antwoord hy nie;
uit benoudheid kan hy iemand
nie verlos nie.
8“Onthou dit,
sodat julle standvastig kan wees.
Neem dit ter harte, oortreders!
9Onthou die dinge van vroeër,
van lank gelede;
want Ek is God,
en daar is geen ander nie,
God,
en daar is niemand soos Ek nie –

Johann Botes – Niemand soos U nie.

Niemand soos U – Johann Botes

O Heer, hoe sal ek ooit verstaan
Hoe kan ek ooit begryp wie U is (wie U is)
O Heer, hoe sal ek ooit kan sê
Die woorde sal ontbreek, wie U is (wie U is)
O Heer, hoe sal ek ooit kan dink
My gedagtes is te klein, oor wie U is
Daar is niemand, niemand soos U
Niemand, daar is niemand soos U
O Heer, u genade is so groot
Ek kan dit nie bepaal, wonderbaar (wonderbaar)
O Heer, u liefde sal my dra
Waar ek ook mag gaan, wonderbaar (wonderbaar)
O Heer, hoe sal ek ooit kan dink
My gedagtes is te klein, oor wie U is
Daar is niemand, niemand soos U
Niemand, daar is niemand soos U
Niemand, niemand

Beantwoord die vrae

Daar is drie Skrifgedeeltes wat jy moet oordink voordat jy hieronder die kernwaarhede neerskryf wat daaruit vir jou na vore kom: Luk 9:23-26; 14:26-33; Kol 1:16.

Luk 9:23-26
23Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand My wil navolg, moet hy homself verloën, en elke dag sy kruis opneem en My volg; 24want wie sy lewe wil red, sal dit verloor, maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit red. 25Want wat help dit ‘n mens as hy die hele wêreld as wins bekom het, maar homself verloor of skade aangedoen het? 26Wie hom vir My en my woorde skaam, vir hom sal die •Seun van die Mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en die heilige engele. 

Luk 14:26-33
26“As iemand na My kom en My nie liefhet bo sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie. 27Wie nie sy eie kruis dra en My volg nie, kan my dissipel nie wees nie. 28Want wie van julle wat ‘n toring wil bou, gaan nie eers sit en bereken die koste, om te sien of hy genoeg geld het om dit te voltooi nie? 29Sodat dit nie gebeur dat, as hy die fondament lê en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, met hom begin spot 30en sê, ‘Hierdie man het begin bou, maar kon nie klaarmaak nie.’ 31Of watter koning trek op om met ‘n ander koning oorlog te voer, en gaan nie eers sit en oorweeg of hy met tienduisend man opgewasse sal wees teen die ander een wat met twintigduisend teen hom optrek nie? 32Indien nie, stuur hy, terwyl die ander een nog ver is, ‘n afvaardiging en vra voorwaardes vir vrede. 33Net so kan nie een van julle wat nie van al sy besittings afstand doen, my dissipel wees nie.”

Kol 1:16
16want deur Hom
het God alles geskep:
alles in die hemel en op die aarde,
die sigbare en die onsigbare dinge,
of dit koninklike of heersende magte,
owerhede of gesagvoerders is –
alles is deur Hom
en tot Hom geskep.

Kernwaarhede:


Dink na / Besin

Dink ’n bietjie krities aan populêre evangelisasiemetodes – en met watter motief ongelowiges gewoonlik “gelok” word om die “sondaarsgebed” te bid, of om “vorentoe te kom”, of om hulle “hande op te steek”.

Word die evangelie nie gewoonlik aangebied in ’n vorm wat sekere voordele inhou nie: redding, geluk, gesondheid, voorspoed en ’n hele klompie ander byvoordele? Hierdie idilliese wêreld wat wag op nuwe bekeerlinge, steier vroeër of later wanneer die realiteite van die gebroke werklikheid waarin ons leef, kop uitsteek. Selfs gelowiges kry by tye swaar, is soms bekommerd, hartseer, moedeloos, word siek en gaan dood. Die gevolg kan dan maklik ’n onhanteerbare ontnugtering en gepaardgaande ongeloof wees. En weet jy wat; meermale is ’n hele boel skuldgevoelens ook nog op die koop toe die wrange vrugte van ’n selfgerigte geloof.

Nee, om God waarlik te dien, beteken dat ons dit doen omdat Hy God is; ongeag die omstandighede of die prys wat dit vra. Daarom is die Christelike geloof nie goedkoop nie, en waarsku Jesus dat voornemende volgelinge moet sekermaak dat hulle bereid is om die prys te betaal (Joh 6:41-71; veral :66).

Joh 6:41-71; veral :66
41Toe het die Jode oor Hom gemor omdat Hy gesê het: “Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het.” 42En hulle het gesê: “Is hy nie Jesus, die seun van Josef, wie se vader en moeder ons ken nie? Hoe kan hy nou sê, ‘Ek het uit die hemel neergedaal?’ ” 43Jesus het hulle geantwoord: “Hou op om onder mekaar te mor. 44Niemand kan na My kom as die Vader, wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie, en Ek sal hom op die laaste dag laat opstaan. 45In die Profete staan daar geskryf, ‘En hulle sal almal deur God onderrig word.’ Elkeen wat na die Vader geluister en van Hom geleer het, kom na My toe. 46Nie dat iemand die Vader gesien het nie – net die Een wat van God af kom, Hy het die Vader gesien. 47Amen, amen, Ek sê vir julle: Hy wat glo, het die ewige lewe. 48Ek is die brood van die lewe. 49Julle vaders het in die woestyn die manna geëet en nogtans gesterf. 50Maar die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterf nie, is dit: 51Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy vir ewig leef. En die brood wat Ek sal gee, is my liggaam wat Ek gee vir die lewe van die wêreld.”

52Die Jode het toe onder mekaar gestry en gesê: “Hoe kan hy sy liggaam vir ons gee om te eet?” 53Daarop sê Jesus vir hulle: “Amen, amen, Ek sê vir julle: As julle nie die liggaam van die Seun van die Mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julle nie. 54Wie my liggaam eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom op die laaste dag laat opstaan. 55Want my liggaam is ware voedsel, en my bloed is ware drank. 56Wie my liggaam eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom. 57Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader leef, so sal die een wat My eet, ook deur My leef. 58Dít is die brood wat uit die hemel neergedaal het – nie soos die manna wat die vaders geëet het en nogtans gesterf het nie. Wie hierdie brood eet, sal vir ewig leef.”

59Dit het Hy in ‘n •sinagoge gesê terwyl Hy in Kapernaum onderrig gegee het.

60Baie van sy dissipels het, toe hulle dit hoor, gesê: “Hierdie woord is erg; wie kan daarna luister?” 61Maar Jesus, innerlik bewus daarvan dat sy dissipels hieroor mor, het vir hulle gesê: “Gee dit julle aanstoot? 62Wat dan as julle die •Seun van die Mens sou sien opvaar na waar Hy voorheen was? 63Dit is die Gees wat lewend maak; die vlees is van geen nut nie. Die woorde wat Ek tot julle gespreek het, is Gees en is lewe. 64Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie.” Jesus het immers van die begin af geweet wie dit is wat nie glo nie, en wie Hom sou verraai. 65Verder het Hy gesê: “Daarom het Ek vir julle gesê: Niemand kan na My toe kom as dit nie deur die Vader aan hom gegee is nie.”

66Hieroor het baie van sy dissipels teruggedraai en nie meer saam met Hom rondgegaan nie. 67Daarop het Jesus vir die twaalf gesê: “Julle wil tog seker nie ook weggaan nie?” 68Simon •Petrus het Hom geantwoord: “Here, na wie toe sal ons gaan? U het woorde van die ewige lewe. 69En ons glo en weet dat U die •Heilige van God is.” 70Jesus het hulle geantwoord: “Het Ek nie julle twaalf uitgekies nie? En tog is een van julle die Duiwel!” 71Hy het Judas, die seun van Simon Iskariot, bedoel, want hy sou Hom uitlewer, hy wat een van die twaalf was.

Soos dit sy lewe gekos het, kos dit in ’n sekere sin ook ons lewens om sy dissipels te wees. Ek moet my kruis opneem en Hom volg, dan kan ons saam met Paulus getuig dat ek nie meer leef nie, maar Christus in my (Gal 2:2020ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my! Die lewe wat ek nou liggaamlik leef, leef ek in geloof, die geloof in die •Seun van God, wat my liefgehad en Homself vir my oorgegee het.).

Enkele jare gelede preek ek in die Oekraïne. Die tema van die boodskap was: In the footsteps of Jesus. Ek verwys tydens die boodskap daarna dat sy voetspore ook dui op die prys van dissipelskap; dat dit nie oor ons gaan nie, maar oor Hom. Na die tyd word ek oorval met die reaksie: “Hierdie is ’n vreemde evangelie. Die boodskap wat ons van evangeliste hoor, is dat Christenskap vir ons voorspoed en die einde van probleme beteken.” Dit laat my dink aan die woorde van ’n “gospel”-liedjie: It’s all about you, Jesus!

Ek wil jou uitdaag om ’n bietjie na te dink oor ’n diep filosofiese vraag. Jy stem mos saam dat God altyd daar was – selfs voordat Hy geskep het. Nouja, as alles sou gaan oor die skepping of die skepsels, waaroor het dit dan vóór die skepping gegaan? Beteken dit dat God eers “betekenis kry” nadat en omdat Hy geskep het?

Dink na / Besin


“Missions is not the ultimate goal of the church. Worship is. Missions exists because worship doesn’t. Worship is ultimate, not missions, because God is ultimate, not man. When this age is over, and the countless millions of the redeemed fall on their faces before the throne of God, missions will be no more. It is a temporary necessity. But worship abides forever.”

Wat dink jy van John Piper se stelling dat: “Mission is not the ultimate goal of the church … worship is.”?

Skryf / Vul in

Maak ’n lysie van die 5 belangrikste prioriteite (ook drywers genoem) wat jou motiewe / keuses in die lewe bepaal: (a) = tans, (b) = behoort.

BehoortTans
01 a)b)
02 a)b)
03 a)b)
04 a)b)
05 a)b)
Gebed

Miskien het jy behoefte om hieroor met die Here te praat …

Delf Dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 14-16
Lees Gen 1:1, 14, 15; Ps 90:2; 115:1-2; Op 21:1, 23, 25.
Gen 1:1, 14,15
1In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 

14God het gesê: “Laat daar ligte wees aan die hemelgewelf om skeiding te maak tussen dag en nag. Hulle moet daar wees vir tekens en vir vaste tye, en vir dae en jare. 5Hulle moet daar wees as ligte aan die hemelgewelf om lig te gee op die aarde.” Dit het toe so gebeur.

Ps 90:2
2Voordat die berge gebore is
en U die aarde en die bewoonbare
wêreld voortgebring het,
ja, van altyd af en vir ewig is U God.

Ps 115:1-2
1Nie aan ons nie, Here,
nie aan ons nie,
maar aan u Naam kom die eer toe,
oor u troue liefde,
oor u bestendigheid.
2Waarom sê die nasies:
“Waar is hulle God dan?”

Op 21:1, 23, 25.
1Toe het ek ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het tot niet gegaan, en die see bestaan nie meer nie.
23Ook het die stad nie die son en die maan nodig om haar te verlig nie, want die heerlikheid van God het haar verlig, en die Lam is haar lamp. 
25Haar poorte sal bedags nie gesluit word nie, en daar sal ook nie meer nag wees nie. 

Wenk

WENK: Toets gerus in die toekoms jou eie motiewe, dié van ander, asook van preke wat jy hoor en die uitsprake wat gemaak word, aan die volgende beginsel: Gaan dit oor God en sy eer, of oor iets of iemand anders?

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg:
Dr. Frans Hanke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hanke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Inhoudsopgawe: Ons is die plan – 9 weke van transformasie

Voorwoord
Wat is jou verwagting?
Hoe om die gids en CD te gebruik

Week 01: God en sy mense
Dag 01: ’n Skroef los?
Dag 02: ’n Dobbelaar?
Dag 03: Wat kry ek daaruit?
Dag 04: Nie sommer-so nie
Dag 05: Eienaar? Vennoot?
Week 01: Groepgesprek

Week 02: Die Plan
Dag 06: Padkaart
Dag 07: Wat soek ek waar?
Dag 08: Ons het dit nie uitgedink nie
Dag 09: Volslae mislukkings
Dag 10: Ons doen beter
Week 02: Groepgesprek

Week 03: Die Heilige Gees en die Plan
Dag 11: ’n Merkie
Dag 12: Ongerieflik
Dag 13: Soos ek
Dag 14: Op my eie
Dag 15: Vandag nog?
Week 03: Groepgesprek

Week 04: God se mense praat met Hom
Dag 16: Tweerigting kommunikasie?
Dag 17: Intiem met God?
Dag 18: Soos Pa!
Dag 19: Kan gebed die wêreld verander?
Dag 20: Die anderkant van die munt
Week 04: Groepgesprek

Week 05: God praat met sy mense
Dag 21: Troebel water
Dag 22: Arm van gees?
Dag 23: “Gaan lê maar weer”
Dag 24: Rooi ligte
Dag 25: ‘n Lewende verhouding
Week 05: Groepgesprek

Week 06: Rigtingloos sonder visie
Dag 26: “Ain’t no definition gonna help”
Dag 27: Ons kan daarsonder
Dag 28: Soekers wat nooit vind …
Dag 29: Die Ferrari en die Caterpillar
Dag 30: As jy aan my druk …
Week 06: Groepgesprek

Week 07: Laat u Koninkryk kom
Dag 31: Uit die mode
Dag 32: ’n Koning …?
Dag 33: Vir burgers van die Koninkryk
Dag 34: “Geestelike” groei?
Dag 35: Die kiem
Week 07: Groepgesprek

Week 08: Leiers en Verhoudings
Dag 36: Die nek van die plek …?
Dag 37: Soos ek sê – nie soos ek maak nie
Dag 38: Soos Alexander!
Dag 39: As jy dit nie het nie …
Dag 40: Jy’s jammer …?
Week 08: Groepgesprek

Week 09: Die Plan kom tot uiting
Dag 41: Tekkie op die teer
Dag 42: My belydenis is ten minste reg …
Dag 43: Dissipels van alle nasies
Dag 44: Verskil … en maak ’n verskil!
Dag 45: Is jy?
Week 09: Groepgesprek

Bylae 1: 45 Boublokke
Bylae 2: Die model in ’n neutedop
Bylae 3: Ek het ’n droom (Snit 15 op CD)
Bylae 4: CD – Nege weke van transformasie
Bylae 5: Om saam met jou te dra

Voorwoord en jou verwagtinge: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Na ’n periode van bykans twee-en-’n-half jaar waartydens Frans Hancke die
Ons-is-die-Plan werkwinkel by verskeie gemeentes en ander geleenthede
aangebied het, was die enigste “negatiewe” kommentaar wat ek van
kerkleiers gehoor het: “Wow! … Hoe kry ons hierdie inligting by ons lidmate?”
Ek het verstaan wat hulle bedoel. Alhoewel die werkwinkel primêr op die
kerkleierskap gerig word, is die inhoud van so ’n aard dat enigeen wat dit
bywoon, werklik besef: Die Bybelse verstaan van die roeping en taak van die
Kerk weerklink in hierdie tyd van teologiese verwarring verrassend suiwer en
Woordgetrou deur hierdie materiaal. Juis daarom is dit belangrik om lidmate
hieraan bloot te stel! Verder het ek verskeie van hierdie werkwinkels self
bygewoon en kan daarom getuig dat die Heilige Gees mense se lewens
aanraak en in sommige gevalle selfs radikaal verander! Dan moet daar mos ’n
antwoord gevind word vir hierdie versugting van kerkleiers!
Die antwoord wat Frans (saam met ’n span) by die Here gekry het, was om die
inligting in die vorm van ’n Bybelstudieboek beskikbaar te stel. Nou kan
gelowiges self vanuit God se Woord deur die Heilige Gees gelei word tot ’n
nege weke proses van transformasie en groei in hul kennis van en verhouding
met God – asook hul geloof in Hom!
Frans het verskeie kundiges genader wat bereid was om as medewerkers op
te tree. Prof Dons Kritzinger, Prop Ensie Enslin, Ds Evert Bergh, Dr Gideon
van der Watt, Me Melanie Strydom, Ds Peet Grobbelaar, Ds Pieter Pretorius,
Prof Pieter Verster, Ds Riaan van der Mescht en Ds TC du Toit het bygedra tot
hierdie boek wat jy in jou hand het. Wat ’n voorreg was dit nie vir elkeen van
ons wat hiertoe meegewerk het nie!
Self kan ek getuig van wat die besig-wees met hierdie Bybelstudiestukke die
afgelope paar maande vir my persoonlik beteken het! Miskien is dit beter
gestel om te sê dat God hierdie tyd met my op ’n besondere manier besig was
… en ek loof en aanbid Hom daarvoor!
Mag dit ook jou ervaring gedurende die volgende nege weke wees!
“Soli Deo Gloria”.

Ensie Enslin


Hierdie is dalk een van die belangrikste vrae wat jy moet antwoord. Dit wil voorkom asof daar altyd ’n sterk verband bestaan tussen wat mense verwag en wat hulle kry. ’n Mens sou kon sê jy kry gewoonlik wat jy verwag. Verwag jy min, sal jy min kry – en omgekeerd.
Dit is dus belangrik dat jy eers hierdie saak met jouself uitmaak:
Ÿ Waarom pak ek hierdie 9 weke van transformasie aan?
Ÿ Doen ek dit vrywillig; of is ek deur persone of groepe onder druk geplaas?
Ÿ Wat verwag ek van die volgende 9 weke?
Ek wil jou aanmoedig om hierdie studies met ’n reuse verwagting aan te pak.
Hoekom sê ek so?
Eerstens, omdat die materiaal op die Bybel, op die Woord van die lewende God, gegrond is. Die Woord van die Here is lewendig en skerper as ’n tweesnydende swaard – sy Woord keer nooit leeg terug nie.
Tweedens, omdat die materiaal te make het met ’n werkwinkel wat al vir meer as twee jaar by gemeentes aangebied word en wat telkens deur die Here gebruik word om die lewens van mense (soms radikaal) te verander.
Derdens is hierdie ’n besondere bundel omdat dit die insette en bydraes van besondere kundiges bevat. Kyk gerus op die agterblad en jy sal verstaan waarom ek so sê.
Vierdens is die materiaal lekker leesbaar, maklik om te verstaan en word vars en nuwe maniere gebruik om te verseker dat hierdie 9 weke ’n besondere ervaring sal wees.
Vyfdens, omdat daar ’n hele netwerk van voorbidders is wat daagliks intree vir elke persoon wat met die materiaal besig is.
Laastens, omdat hierdie materiaal iets probeer openbaar van God se besondere liefde vir en betrokkenheid by sy mense. Dit gaan dus oor God; en hoe kan ons dan ooit in die teenwoordigheid van God kom sónder ’n verwagting?


Ek wil voorstel dat jy eers weer jou verwagting oordink voordat jy verder lees.
Ek wil waag om te sê dat jy met vrymoedigheid kan verwag dat jy die volgende 9 weke ’n besondere ervaring met God sal hê. Ek wil waag om te sê dat jou lewe verryk, verdiep en verander sal word. Ek wil durf sê dat jy na 9 weke sal terugkyk na vandag en erken dat jy nooit weer dieselfde sal wees nie!

Stof tot naddenke: Het jy al moord gepleeg

“…’Jy mag nie moord pleeg nie, en elkeen wat moord pleeg, is strafbaar voor die regbank. Maar ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen wat sy broer uitskel vir ‘n gek, is strafbaar…”

Matt: 5: 21-22

Moord gepleeg, “Moet nie laf wees nie, nie ek nie!” is ons almal se oombliklike antwoord. Indien ons egter bietjie verder lees in Matteus begin ons egter twyfel aan ons eie onskuld aan moord. In die bergpredikasie wys Christus ons op die oordeel wat ons oor onsself kan bring. Om kwaad te word vir my broer (bloedbroer, geestelike broer of selfs iemand wat ek nie ken nie) is in Christus se oë gelykstaande aan moord. Hoe is dit moontlik? As ons mooi daaroor gaan nadink, wat gebeur wanneer jy kwaad is? Jy begin altyd vir jouself regverdiging in die tweestryd soek. Jy bespreek dit dikwels met die mense naaste aan jou, met ander woorde jy versprei ‘n storie met slegs die een kant van die storie in die lig. Jy redeneer: ‘Ek kan maar kwaad wees want hy/sy/hulle het my soveel kwaad aangedoen’. Dit wat teen my gedoen is kan ook iets wees wat hulle nie eers besef nie. Dit kan soms bewustelik of onbewustelik wees.

So ‘n ‘eensydige storie’ kan verreikende gevolge hê. In ons kwaad word reaksie sê ons so maklik iemand is gek, onnosel of ‘n idioot. Sodra iemand nie met ons sienswyse of uitkyk op die lewe saamstem nie, reken ons dadelik dat hulle van mindere verstandelike vermoëns is. Ons gebruik so dikwels snydende taal om iemand te verkleineer en ons self sodoende te laat beter voel. Deur hierdie kwaad word kan iemand uit ‘n gemeenskap verdryf word. Iemand kan eenkant toe geskuif word. Dit pas ons, want ons is kwaad.

Deur so te reageer is ons besig om onsself lelik in die voet te skiet, volgens Christus. In God se oë is dit gelykstaande aan moord. Hoe is dit moontlik? Maklik, want in jou kwaad word verloor jy jouself, asook dikwels insig in die ander kant van die storie. Die ander se seer en pyn. Mense word dikwels eenkant geskuif en dit lei tot ‘sosiale moord’ vir daardie persoon. Mens sien dit dikwels in die normale gang van die dag. Christus maan ons om te besef dat om kwaad te word, voor God dieselfde oordeel sal kry as wanneer jy moord pleeg. Kom ons dink twee maal voor ons in woede, kwetsende woorde uiter! Kom ons dink twee maal voor ons iemand probeer kwaad maak. Laat ons liewer versoening soek met almal vir wie ons kwaad is.