Meer as 360 miljoen. Dié syfer verteenwoordig die hoogste vlakke van vervolging van Christene sedert Geopende Deure Internasionaal 30 jaar gelede met ’n jaarlikse Wêreldwaarnemingslys begin het.
Dié lys wys die top 50 lande waar Christene die ergste vervolging weens hulle geloof ervaar en skep bewustheid oor die swaarkry wat vervolgde Christene elke dag beleef.
Die nuutste data wys dat een uit elke sewe Christene wêreldwyd (een uit vyf in Afrika, twee uit vyf in Asië) met baie hoë of uiterste vlakke van vervolging leef.

Noord-Korea is terug in die topposisie nadat Afganistan verlede jaar daar ingeskuif het weens die Taliban-oorname van die land in 2021. Voor dit was Noord-Korea vir 20 jaar in die eerste posisie (2002-2021).
Een van die grootste bekommernisse op vanjaar se lys sluit in dat ’n humanitêre krisis in sub-Sahara Afrika dreig weens godsdienstig gemotiveerde geweld. Net meer as 5 000 Christene is in 2022 oor godsdienstige redes in Nigerië vermoor – ’n skokkende 89% van die internasionale totaal.
Hierdie vlaag van geweld is besig om kommerwekkend vinnig deur die res van die streek te versprei tot sover suid as Mosambiek.
Wêreldwaarnemingslys: Lees meer daaroor hier.
Hierdie artikel het verskyn in die Kerkbode.
Lees die Kerkbode direk op jou foon deur een van die volgende:





