Die NG Kerk Groot-Brakrivier adverteer hiermee ‘n pos vir ‘n
ADMIN- EN KOMMUNIKASIE-BEAMPTE (SKRIBA).
God roep ons gemeente om ons visie “Jesus vir ons, vir almal ” intern en
ekstern te leef en die suksesvolle kandidaat moet hierdie roeping bemark en
kommunikeer.
Pligte sluit in: administrasie; afneem, tik en verspreiding van notules asook
ander sekretariële werk; skakeling met personeel, lidmate en die publiek;
registerhouding; korrespondensie; bedryf van mediaplatforms, bemarking en
media skakeling.
VEREISTES VIR DIE POS BEHELS ONDER MEER:
‘n Gelowige wat met ons gemeente se roeping kan assosieer en lojaal sal wees.
Iemand met goeie interpersoonlike vaardighede wat in ‘n span kan saamwerk en wat
met verskeie mense doeltreffend kan kommunikeer.
Kennis en vaardigheid m.b.t. administratiewe take, toepaslike rekenaarprogramme,
sosiale media, gedrukte media en bemarking.
Aansoeke moet ‘n kort motiveringsbrief – met die vereistes hierbo in ag geneem – en ‘n
kort CV insluit.
Salaris is gebaseer op sinodale riglyne en posstruktuur.
Werksure is Maandae, Dinsdae, Woensdae en Vrydae vanaf 08:00 tot 13:00, asook enkele
na-uurse verpligtinge vir die afneem van notules by kerkraads- en bestuursvergaderings
en die bywoon van gemeente- en dankfeeste.
Aansoeke moet voor 09:00 op Maandag 23 Januarie 2023 elektronies by
ngkgbr@mweb.co.za ingedien word.
Navrae:
Mnr. Willem du Preez (082 823 5988)
Me. Alfreda Stander (083 444 4724)


